English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 975
Total Replies: 225 358
Total Views: 82 170 248
topics: 4 331
replies: 29 041
views: 17 304 303
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 393
replies: 182
views: 9 305
topics: 13
replies: 87
views: 42 890
Thaba Morula Caravan Park
North-West, Brits
26
Total Ratings: 26
25   
1
Rated: 12 Aug 2019
Type of Resort:
Family with children: 1
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Thaba Morula - Terugvoering

replies: 15
views: 214
12 Aug 2019 @ 21:17:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die toegangs roete na die oord is teerpad en die laaste km tot by staanplek goeie grondpad wat heel geskik is vir enige voertuig en pad karavaan. Op die Thabazimbi pad vanaf Brits is hulle tans besig met padwerke wat effe van n vertraging gee weens die STOP/GO stelsel wat daar inwerking is. Diè gedeelte vanaf Brits moet volgens beplanning in November 2019 afgehandel wees.....hoop maar so, want dit sal die pad heelwat meer plesierig maak. Ek het baie van hierdie oord se ontspannings fasiliteite gehou....veral vir die kinders. Dis waar kinders weer soos kinders kan speel. Daar was verskeie aktiwiteite wat die oord aangebied het. Een van hulle was onder andere kleilat gooi. Ek en ander pa's het ook van dit gebruuik gemaak en saam gegooi.....lekker fun gewees. Dan was daar foefie slide en swings waar jy dan in hul plaasdam beland. Ook n selfgemaakte supertube wat in die dam inloop. Klompie brawe kinders het die hindernis baan aangedurf. Kinders het ook baie die lantern bekruip in die aand geniet. Ek was mal daaroor om in die veld te kon wees en die rustigheid daarvan kon geniet....daar is kilometers en kilometers om te stap en dan net lekker rustig by n watergat te gaan sit. Die oord het die manne met die 4x4's genooi om hulle tegnieke in die veld te gaan wys.....van die gedeeltes het die manne maar gesukkel en vasgesit, maar alles deel van die pret gewees. Saterdag aand het die oord n gemeenskaplike braai gereel waar hulle n groot kuiervuur aangesteek het en hulle die gaste trakteer het met heerlike bykosse soos pap en sous en tuisgebakte broode....jy was net verantwoordelik vir jou eie "dop en tjop".Daar was ook 2x per dag wildsritte waarop jy kon gaan teen R40 per persoon....vroeg oggend en laat middag. Die warmwater swembad was natuurlik ook n groot bonus gewees....veral waar dit nog so bietjie gebyt het van die winters koue. Vir die kinders was daar nog n speelraam, trampolines, speelkamer en n groot buite skaakbord gewees. Fietsry kan mens oral daar doen...ook in die veld. Die personeel is oral baie vriendelik. Die seuns wat die avontuur kampe by die oord aanbied was ook verantwoordelik vir die aanbieding van ontspanning en het gesorg dat elkeen heerlike kamptyd daar het. Hulle het kort kortverby gekom om te hoor of alles nog in orde is en het ook met elke aktiwiteit elkeen persoonlik kom uitnooi om deel te wees. Hulle het ook daaliks die braaiers kom skoon maak en asblikke leeg gegooi. Die ablusies was nie 100% in ons smaak nie. Daar is oral op kampterein badkamers wat lyk soos privaat ablusies soos meeste van ons dit ken, maar dis vir almal se gebruik.....so as jy die deur sien oopstaan, gaan jy daar in en sluit en daar binne het jy nou n toilet, wasbak en n stort. So daar is ook nie aparte geriewe vir mans of dames nie....almal gebruik dieselfde badkamers. Die probleem wat ons gehad het was n groep wat bietjie dors was en gekuier het....daar is geen urinale nie, met ander woorde mans moet ook die toilet gebruik....hulle mik dan nie mooi nie of flush nie die toilet nie, ongelukkig moet dames ook daai toilets gebruik het wat mens maar afgesit het. Daar was darem deur die dag skoonmakers wat gesorg het dat dit skoon bly. Sekuriteit....ons het veilig gevoel....daar was 2x wagte met Herders honde wat die grensdraad patrolleer het. Die winkel verkoop maar net baie basiese items....ek sou voorstel dat mens maar die meeste moet saamneem, veral kos.....ys en hout was daar wel. Daar het deurgaans n heerlike ontspanne atmosfeer geheers. Al die staan plekke het gras gehad en die meeste darem ook n lekker skaduwee boom.....die gras was so lekker sag en groen, was nie eers nodig om n grondseil uit te haal nie.....altyd n groot pluspunt vir ons. Ek voel ons het goeie waarde vir ons geld ontvang.....netjiese rustige oord wat billik geprys is. Ons het nêrens anders in die omgewing besoek nie....oord het ons goed besig gehou die hele lang naweek. Ek sal definitief weer wil terug keer na hierdie oord.. Ek sal egter hierdie kamp vir ouers met kinders sterk aanbeveel.....

 

Ek plaas n klompie fotos......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 21:40:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 21:46:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ablusies......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 22:15:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 22:26:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 22:47:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 23:16:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 05:37:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit lyk na 'n heel aangename kamp plek. Ons was 'n paar jaar terug daar net om te kyk hoe lyk die oord.  Dit lyk nou baie beter as daai tyd.

Dit wil vir my voorkom of die oord meer aandag gee aan skool kampe se behoeftes en programme of so iets as die normale karavaan kampeerder se behoeftes.

Lyk steeds chapperig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 11:15:58 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7362
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie Geert vir Dir terugvoer

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 12:13:05 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4093
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Baie dankie Geert. Dit lyk na 'n lekker en mooi plek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 13:00:10 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dit lyk voorwaar oulik. Ek verstaan dat hulle tariewe ook redelik billik is. Weet iemand miskien hoe die sekuriteit daar is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 15:51:03 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7362
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dit lyk voorwaar oulik. Ek verstaan dat hulle tariewe ook redelik billik is. Weet iemand miskien hoe die sekuriteit daar is.

Lees Geert se terugvoer.

🐕🐕 X met hul hanteerders.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2019 @ 19:04:43 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Baie nice dankie Geert vir terug voer

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 13:16:10 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 15:03:28 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1156
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Dankie Geert, met sulke terugvoer is dit baie makliker om n keuse te maak.

 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2019 @ 06:09:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die tipe van aktiwieteite wat hulle aanbied is vir my baie goed en dit hou die kinders besig met andergoed wat kreatiwiteit bevorder eerder as om heeldag met 'n slim foon te speel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required