English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 463
Total Replies: 218 149
Total Views: 81 859 122
topics: 4 214
replies: 28 503
views: 17 264 729
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 385
replies: 127
views: 5 885
topics: 12
replies: 67
views: 42 579
Thaba Morula Caravan Park
North-West, Brits
25
Total Ratings: 25
24   
1
Rated: 13 Aug 2018
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Vadersdag - Kampeer?

replies: 17
views: 223
13 May 2019 @ 12:33:48 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11980
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wie van julle beplan om op die naweek van vadersdag te kampeer? Ek sien dis n lekker lang naweek....Maandag is n vakansie dag! 

Miskien n "Aan pa...van pa" geskenktongue-out

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 12:34:20 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11980
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wie van julle beplan om op die naweek van vadersdag te kampeer? Ek sien dis n lekker lang naweek....Maandag is n vakansie dag! 

Miskien n "Aan pa...van pa" geskenktongue-out

Vadersdag is 16 Junie....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 12:39:11 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Sal kyk daarna. Maat dit is elke dag wat ek kamp Vadersdag.

Rom 8 - 1&2
Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 12:46:16 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5439
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek sal baie graag wil, maar hier rond gaan dit nie vir ons werk met seilkant waentjie nie.  Beslis nie vir die ou oom nie.

Ons het laasjaar probeer met die verwarmer aan in die waentjie en dit het goed gewerk by Kimberley. Riverside.  Maar ek sal verkies om na n warmer plek te gaan. O wee dis alles te ver vir ons.

Sal by die huis bly en skimp vir n uitstappie by die kinders. 😎

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 13:29:14 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1545
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Gaan diie regering tevrede wees met vadersdag op 16 Junie......? Kla mos oor alles. Het hulle nie 'n paar jaar terug versoek dat die Comrades se datum geskuif word nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 15:35:15 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6247
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Karavaan verkoop gaan nou na rondawels was op die Eiland vir 4 dae nie die selfde nie mense groet jou nie en die admosveer is styf.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 07:22:02 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1129
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Verbasend hoe rondawel kampers verskil van woonwa en tent kampers. Ons het die selfde onderving gehad as WJ. Gelukkig is daar ook die uitsonderings.

Miskien maar Weesgerus se aanbod aanvaar vir Vadersdag naweek. 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 07:28:07 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons beplan om eerste naweek van Junie te kamp. Dus is ek by die huis oor daai tyd.

Nou wonder ek of oorde 'n Vadersdag special gaan hê soos wat hulle 'n moedersdag special gehad het.

Deskriminasie nè! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 07:54:39 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11980
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons beplan om eerste naweek van Junie te kamp. Dus is ek by die huis oor daai tyd.

Nou wonder ek of oorde 'n Vadersdag special gaan hê soos wat hulle 'n moedersdag special gehad het.

Deskriminasie nè! ! ! ! !

Ek dink nie so nie omdat dit oor n lang naweek val en begin is van skool vakansies.....tyd vir skep!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 12:24:00 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 311
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

Booked for that long weekend not realizing it is clashing with Fathersday. Will have to cancel.

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 13:00:27 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons sal die oorde maar moet bietjie oorreed om ook 'n Vadersdag korting te hê.  Hulle doen dit dan vir die Moeders. Wat se strooi is dit die.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 13:35:09 pm
Weskus klong
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 10 Nov 2016
Experience: 35 years

Goeie dag aan almal, gaan vadersdag oorsee wees. Vlieg 14 Junie Bali (Ubud en Kuta) toe tot 22 Junie, dan Singapore (tuis by seun, skoondogter en kleindogters) tot 27 Junie,  Malaysia (Rawa Eiland) tot 30 Junie, Thailand (Phuket) tot 4 Julie en dan terug Singapore toe.  Vlieg terug SA toe vanaf  Singapore op 06 Julie.  Dit is 'n baie bedrywige skedule maar ek glo ons gaan dit geniet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 14:22:29 pm
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 288
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ons gaan saam met die stapklub vir vier aande by The Baths (Citrusdal) uitspan. Daar is 'n paar stappe wat ons gaan doen en dan in die warm water te gaan prut voordat ons 'n G&T vir die seer lywe vat. Toevallig ook my verjaardag daardie tyd.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 06:38:09 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goeie dag aan almal, gaan vadersdag oorsee wees. Vlieg 14 Junie Bali (Ubud en Kuta) toe tot 22 Junie, dan Singapore (tuis by seun, skoondogter en kleindogters) tot 27 Junie,  Malaysia (Rawa Eiland) tot 30 Junie, Thailand (Phuket) tot 4 Julie en dan terug Singapore toe.  Vlieg terug SA toe vanaf  Singapore op 06 Julie.  Dit is 'n baie bedrywige skedule maar ek glo ons gaan dit geniet.

James julle behoort dit te geniet. Was daar in Singapore Malaysia en Thailand gewees met werks verpligtinge.  Ek hou van Bali waar jy in die aand op die strand sit en see kos eet.  Jy kies die vis, kreef, prawns en krappe lewendig uit die glas tanks dan word dit voorberei.

Kyk of julle by die aktiewe vulkaan kan uitkom. Pad soontoe deur die berge en Rice paddies is pragtig.  Thailand is 'n redelike goedkoop vakansie jy kry omtrent 3 Batt (Geld eenheid daar) vir elke een Rand.  Kos op die straat is baie lekker kyk maar eers wat maak hulle gaar  vir iemand anders en as dit jou pas bestel "Same" en wys daarna. Anders wissel dit van sprinkane tot snaakse goete.

Enjoy julle gaan besig wees.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 07:49:01 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11980
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons beplan om eerste naweek van Junie te kamp. Dus is ek by die huis oor daai tyd.

Nou wonder ek of oorde 'n Vadersdag special gaan hê soos wat hulle 'n moedersdag special gehad het.

Deskriminasie nè! ! ! ! !

Ja....dis eintlik n lekker tyd om te kamp oor hierdie tydperk......baie kruip reeds weg vir die koue. Veral as jy n nuwe oord besoek, jou keuse van staanplekke is genoeg. Daar is sekere oorde wat onbespreekte staanplekke het wat ek nie sommer binne seisoen sal besoek nie, maar hierdie tyd van die jaar maak dit ideaal. Ek sal maar moet wag tot skool vakansie nou begin aangesien eksamen tyd binnekort begin

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 08:26:05 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12234
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons het ook al gevind dat dit makliker is om seker staanplekke te kry in die winter. Dit pas my goed al is dit net vir 'n kort naweek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 15:01:58 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6965
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Is in die Karoo besig om my sitvlak nog meer gewoon aan kilos te maak.

Ry die 16de terug. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 21:01:18 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1159
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Kamp reeds daardie tyd by Eiland as die Here wil.

Moes lankstaan afwater van 6 na 4 maande vir 2019.

Vadersdag, wat is dit? Ons kamp in elk geval.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required