-  Classifieds  -  NEW 2007 Jurgens Classique Patio  -  2017 Armadillo  -  2015 Echo 5   -  2018 Sprite Swing  -  Forums  -  Things are bIgger in the USA  -  army dae  -  Neus blaas in storte  -  Gasbottel verf  -  News  -  Iveco 35S13 4 Berth  -  5 nights camping at R1000  -  Take Time Off!  -  Ongelooflike Naweek Aanbod!
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 801
Total Replies: 223 003
Total Views: 82 059 109
topics: 4 287
replies: 28 839
views: 17 288 713
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 391
replies: 158
views: 7 902
topics: 8
replies: 62
views: 39 615
Kokoriba Game Reserve
North-West, Brits
69
Total Ratings: 69
68   
1
Rated: 07 Jun 2019
Type of Resort:
Family with children: 1
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Kokoriba Game reserve - Terugvoering

replies: 17
views: 259
12 May 2019 @ 19:57:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Daar is tans padwerke op die pad vanaf Brits tot by Kokoriba. Daar is 4x STOP/GO gewees wat dit omtrent 30minute reistyd gekos het.....darem nie te erg nie.....dit hoef niemand te stop om oord te besoek nie. Die grondpad in die oord tot by jou staanplek is baie goed....beter as die teerpad tussen Brits en oord. Daar is ontspannings geriewe vir almal....oud en jonk. Die geriewe wat ons gebruik het was om n golf karretjie te huur en wild te besigtig {baie spesiaal} en het ook hul Putt-Putt bane baie geniet. Ons het ook n hele paar kilometers te voet afgelê in hul veld. Dit was ook fantasties gewees om net n hele ruk in een van hulle hides te sit en te sien hoe die diere paar meter voor jou water kom drink.....sonder dat hulle jou gewaar. Die jonger geslag het hul geriewe geniet soos "pool tafels", veerpyltjies, tafel tennis. Dit was egter al bietjie aan die koeler kant, so die 2x buite swembaddens was nie so baie gebruik nie, maar die binne huise warm water swembad was n wenner vir baie gaste. Die swembaddens en die ontspannings areas om die swembaddens word baie netjies onderhou.....mooi grasperke en water silwer skoon. Die personeel is baie vriendelik....vanaf die wag by ingangs hek, die ontvangs dames, die skoonmaak personeel en alle ander wat daar werk......oral kry jy daagliks n vriendelike groet en is baie behulpsaam. Die badkamers was die hele naweek baie skoon gewees. Vroeg die oggende, as dit nog donker is, was personeel al besig om die badkamers netjies en skoon te maak. Daar was deurgans warm water gewees. Stort hokkies is lekker groot en gerieflik. Opwas areas is ook baie netjies en skoon. Ons het deurgans veilig gevoel......oord het mooi onderhoude elektriese omheining en personeel het kort kort verby ons patroleer. Winkel op oord het al die basiese benodighede wat mens sou nodig kry. Ek sou egter aanbeveel om jou eie kruideniers ware saam te neem aangesien pryse in winkel bietjie aan die stywe kant is.....maar as jy iets vergeet het, gaan hulle jou darem kan help. Die restaurant en kroeg gedeelte is ook baie netjies en kos is lekker en bekostigbaar. Ons het van die moedersdag aanbod gebruik gemaak wat hier op caravanparks.com geadverteer was waar moeders gratis ontbyt kon eet......dit was regtig n lekker atmosfeer gewees. Die algemene atmosfeer in die hele oord is baie lekker.....die rustigheid daarvan is aanvoelbaar. Die meeste van die mense is mense wat ook die stilte kom opsoek van die natuur wat almal saam geniet het. Die staan plekke is maar relatiewe standaard grootte. Daar is nie veel gras nie, so is aanbeveelbaar om maar jou grond seil saam te neem. Die staan plekke pas eintlik wel baie mooi aan met die wildsplaas atmosfeer. Skaduwee wissel maar van baie tot amper niks. Staanplekke is wel afgebaken, maar nie genommer nie.....dit werk op "1st come 1st serve" basis. Ablusies is genoeg.....daar is 5x blokke wat die oord bedien. Die hoofblok het die mans badkamer 7x storte en die res elkeen 2x. Dit wil voorkom of hulle warm water stelsels met gas werk.....so daar behoort altyd warm water vir almal te wees. Ek voel dat mens goeie waarde kry vir jou geld as mens na al die fasiliteite beskikbaar verwys. Daar is paar aantreklikhede in die omgewing, maar ons het maar net van die fasiliteite binne die oord geniet. Ek gaan definitief weer in die toekoms hierdie oord wil besoek en kan dit met n geruste hart vir my mede kampeerder aanbeveel. Die mense wat nie wil kampeer nie......daai huisies/chalets lyk baie aantreklik en gesellig om in te bly......eendag as ek wil cheat, sal ek graag in een van hulle wil bly. 

Ek plaas n paar fotos.......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 20:37:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 20:55:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 21:06:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 21:22:39 pm
Rare Breed
Gold Member
66% Profile Strength
Posts: 159
Joined: 18 Feb 2016

Looking very very good. Do you mind sharing camping fees?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 21:27:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 21:32:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 21:35:37 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 203
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Geert ek glo julle het die week geniet by Kokoriba. Ons kom ook van tyd tot tyd daar en geniet die stilte van die deel van die bosveld. Ek is bly om te hoor hulle werk aan die pad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 21:38:23 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Looking very very good. Do you mind sharing camping fees?

Normal weekends R180/site plus R75/person. The full price list is on their website www.kokoriba.co.za

Items like golf cart rental is extra

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2019 @ 21:46:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert ek glo julle het die week geniet by Kokoriba. Ons kom ook van tyd tot tyd daar en geniet die stilte van die deel van die bosveld. Ek is bly om te hoor hulle werk aan die pad.

Ja Kobus....dis nice.....ek weet nie of hulle alles oor gaan doen nie, maar daai gedeeltes wat GO/STOP is het hulle al die teer weggeskraap....so dit gaan heeltemaal nuwe oppervlak kry. Ek hoop nie dit gaan jare neem soos ander paaie soos bv daai pad tussen Middelburg en devoetpadskloof nie. Maar as hul eers klaar gaan wees behoort dit lekker te wees. As jy die roete verby Klein Paradys neem en dan regs draai op R511, mis jy 1x STOP/GO.....net 3x om te gaan. Wagtyd as jy heel voor staan is omtrent 10min elk...so dis darem nie te erg nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 05:58:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die plek het heel wat verander sedert ons laas daar was. Sien daar is 'n effe se poging om gras op die staanplekke te kry.

Lyk heel Chapperig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 06:35:40 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7194
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Baie netjies. 

Dankie vir die fotos. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 12:15:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die plek het heel wat verander sedert ons laas daar was. Sien daar is 'n effe se poging om gras op die staanplekke te kry.

Lyk heel Chapperig.

Dit lyk nie of hulle gras aanplant nie....ek dink dit wat mens sien is wat nog oorbly

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 15:08:11 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 692
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

En hulle het n' lang aanloopbaan. Geskik vir tot Cessna Caravans. Ek het al paar keer as n' groep outing, daarheen gevlieg en dit baia geniet. Die chalets is baia aangenaam en perfek in stand gehou.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 19:54:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

En hulle het n' lang aanloopbaan. Geskik vir tot Cessna Caravans. Ek het al paar keer as n' groep outing, daarheen gevlieg en dit baia geniet. Die chalets is baia aangenaam en perfek in stand gehou.

Ja...blykbaar 1400m lang.

Foto nie so duidelik...maar landingsstrook word netjies onderhou

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 17:23:59 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1361
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Lyk na 'n opsie as ons weer in daardie area wil gaan kamp.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2019 @ 17:48:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

En hulle het n' lang aanloopbaan. Geskik vir tot Cessna Caravans. Ek het al paar keer as n' groep outing, daarheen gevlieg en dit baia geniet. Die chalets is baia aangenaam en perfek in stand gehou.

Stem saam...die chalets lyk baie aantreklik en gesellig

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2019 @ 14:42:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Warm Winter Aanbieding
30% Afslag op alle verblyf/staanplekke
1 Junie - 31 July 2019

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First