Willie dankie vir die info
Ek sien hierdie oord se ratings lyk nie sleg nie en die fotos wys mooi groen grasperke. Was iemand onlangs hier gewees wat meer kan vertel? Indruk van oord oor die algemeen...is dit loop afstand na die swem strand?
Geert gaan lees op bladsy 46 van Julie maand se Weg Ry en Sleep waar die oord bespreek word.
Die oord is baie naby aan my huis hier in Uvongo maar ek moet eerlik wees dat ek jare laas daar was.
Geert gaan lees op bladsy 46 van Julie maand se Weg Ry en Sleep waar die oord bespreek word.
Die oord is baie naby aan my huis hier in Uvongo maar ek moet eerlik wees dat ek jare laas daar was.
Dankie...gaan bietjie loer. Is dit loopafstand na swem strand?
Geert ja,dit hang af wat jy met loopafstand bedoel. Jy moet die besige Marine Drive kruis en dan nog n hele ent met n teerpad af loop na Uvongo se strand. Die afloop sal nog gaan maar die terugkom na n dag op die strand met die opdraand sal nie almal welgeval nie. Dit sal maar elkeen se keuse wees. Die jonges sal nie n probleem he nie maar as die jare begin aanstap...................

Dis waar...daai opdraande kan begin rof raak. Ons het op n tyd daai trappe gebruik wat mens dan tot op die swemstrand gebring het...maar raak ook soms uitputtend. Is die see darem weer swembaar?...na dit onlangs besoedel was?
Ja die probleem met besoedeling was gou herstel. Dit is egter nou toe omdat die haainette verwyder is asg die sardiens. Jy word darem toegelaat om tot so by jou kniee in die water te gaan.
Sal bietjie 'n ogie gaan gooi daar op die web blad.