English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 786
Total Replies: 209 421
Total Views: 81 315 829
topics: 4 076
replies: 28 293
views: 17 182 632
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 392
replies: 30
views: 3 767
Royal Natal National Park, Mahai - KZN Wildlife
KwaZulu-Natal, Bergville
10
Total Ratings: 10
10   
0
Rated: 23 Jan 2018

BROMMER | MAHAI CAMPSITE ROYAL NATAL 01-2018

replies: 27
views: 636
21 Mar 2018 @ 21:52:44 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Hier was ons by Royal Natal se Mahai Camp in Januarie op pad terug huis toe..

 

Die Kamp....

Pragtige plek vir 'n paar dae in die natuur....

Die omgewing:

Hierdie staproete net buite die park noem hulle die "Cascades"... Kom uit by waterpoele en watervalle

My dogtertjie (4jr), Seuntjie (1jr 4mnd) en my vrou (ouderdom N/A)

 

As jy bietjie van die pad afdwaal langs rivier...

Hier stap ons op een van die roetes.. Die kamp is in die middel van foto... Ek dink dis my wa daai in die middel....

Min het sy geweet sy gaan 8.5km stap.. Al die pad eers links om die kop en dan al langs daai berg daar agter tot diep in daai donker bosse by Tiger Falls, en dan al die pad af terug kamp toe wat so effe wys regs in foto.. SHE DID IT!!! Baie trots!

Kamp is doer ver onder...

 

 

Uiteindelik by Tiger Falls... Bietjie afkoel in die water.. Ons het onder daai watervalle gestaan om net af te koel.. Sommer klere en al.. Baie lekker..

Hier geniet ons die watervalle (Cascades)

 

Kinders geniet die water... Boetie se eerste waterval ervaring...

Poele is redelik vlak op meeste plekke.. Ons klouter maar oral op om te ondersoek wat is wat..

 

  

Beautiful verby! Baie lekker om sulke plekke te kan ontdek en verken.. Die paar dae in die berge doen mens baie goed...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2018 @ 07:16:25 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6451
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Baie mooi dankie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2018 @ 08:30:23 am
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3482
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Pragtige fotos. Dankie vir die deel.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2018 @ 16:36:46 pm
Ad Rem
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 163
Joined: 28 Mar 2016
Experience: 38 years
Baie dankie Brommer.
Dit lyk asof julle dit baie geniet het.
Mooi plek ne'.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2018 @ 17:22:51 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Dankie Brommer. Dit is amper op my voorstoep en ek was nog nie daar nie. Dit is asemrowend mooi. Ek moet n plan maak. Die stap......ek wonder!!!!!!!!
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2018 @ 17:40:12 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years
My jonger broer gaan jaarliks soontoe....daar was laasjaar n artikel in Wegsleep waar hulle betrokke was by hierdie oord. Lyk pragtig! Dankie vir die deel van foto's....sal moet plan maak om daar uit te kom.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2018 @ 09:27:44 am
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 35 years

Dankie vir die fotos- altyd n mooi plek te besoek

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2018 @ 18:30:21 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Gelukkig is die kampterrein groot genoeg en mooi genoeg as jy nie die stappies wil aandurf nie... en cascades watervalle is baie naby gelukkig... dis net ver na tiger falls, gudu falls, thukela falls (iets soos 990m drop)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2018 @ 20:23:03 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3482
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

So bietjie trivia.

Die Tugela Valle word beskou as die tweede hoogste ter wereld. Maar nuwe afmetings wat nog verifieer moet word maak dit hoer as die Angel Valle.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2018 @ 21:59:25 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Sal daai waterval NOU wil sien.....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2018 @ 21:00:25 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Hoe ver is Tugela falls vanaf Mahai?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2018 @ 22:50:20 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Wel dis op een van die staproetes maar jy gaan stap........ Daar is 'n kaart erens wat dit op het en hulle het so inligtingsblad van hoeveel ure jy stap om by daai valle uit te kom by onderpunt en by bo punt...

As jy wel bokant wil makliker bereik ry om die berg en daar is ook 'n korter (en makliker) roete... Die roete van onder af sou ek sê is vir baie gevorderde stappers en nie vir kleintjies en ouer mense nie.. Daar is een plek waar jy letterlik 2x 100 trap leertjies uitklim teen die kranse... Dis rof... Maar dis in die omgewing - hang maar af hoe ver is jou ver.. Ek sal dit nie nou durf met my kleingoed nie.. daai 8m draai stap na die Tiger Falls en Lookout Rock was vir my 4 jarige genoeg.. As ek mense kan raad gee gaan na Tiger Falls via Cascades, dis steil maar hel dis korter vir die kinders.. Die ander roete is nie so erg nie, net lank...

Selfs my vrou doen nie die Tugela Falls roete van onder af nie.. Daars nie manier nie ;-) Dink dis as jy regtig fiks en gesond is..

As ek reg onthou was een van die staproetes 22ure as jy gematig stap.. Dis rof.. Jy slaap oor en weersomstandighede moet jy voorsiening maak voor en dus dra jy baie swaarder as met die korter stappies....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2018 @ 23:00:38 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Gaan ek al hierdie inligting by die oord kan kry? Sal graag daai Tugela valle wil sien...maar sal miskien maar omry soos jy voorstel...hoe om te ry en watter roetes daar is...is hierdie inligting by oord beskikbaar?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2018 @ 08:20:13 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Geert dis by die Royal Natal ontvangs.. Al die inligtingsvelle en staproete kaarte met verwagte tyd van stap ens is daar. Ek onthou ekt vinnig gekyk na 'n 3D skaal model van die bergreeks deel van die Royal Natal Park en mens kan vinnig vir jouself die sommetjies maak, van daai roetes is maar erg en ander is heel plesierig.

Jy moet ook as jy enige staproete begin, inteken in register met basiese detail van jou klere en sakke ens dat as jy in sekere tyd nie weer terug is dat iemand jou kan gaan soek en hulle weet watter rigting jy beplan het.. Alhoewel ek die effektiwiteit daarvan betwyfel want ek en my dogtertjie het op stadium elkgeval afgedwaal en ander roete gevolg terug... Maar dit help seker ietsie..

My vrou het ook BAIE inligting op die internet gekry oor Royal Natal staproetes waar mense geskryf het oor hul ervarings.. Dit het ook soms gehelp.

TIP:

VAT JOU SELFOON SAAM. MAAR SIT HOM DALK OP AIRPLANE MODE DAT BATTERY LANGER HOU.. 

Indien nodig kan jy jou GPS gebruik op foon met satelliet view dat jy kan sien waar jy is en waar is ander roetes ens naby jou.. Het my gehelp om te bevestig ek is op die regte pad to dit vir my begin verkeerd voel.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2018 @ 13:53:57 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Dankie vir die waardevolle en nice terugvoering....waardeer dit baie! Waar is die Royal Natal Parks se kantore?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2018 @ 15:17:05 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Die ontvangs is binne as jy inry oppad na die kampplekke.. Dis so half links  as jy so klein entjie ingery het, maar daar is 'n klein bordjie wat wys "reception office" of so iets.. Ekt amper 2 keer verby dit gery maar as jy eers die draai ingegaan het is dit nogal lekker groot kantoor ens. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2018 @ 17:17:54 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Dankie....waardeer!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2018 @ 08:36:55 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Mens hoef ook nie die leertjies te gaan klim nie, ek is seker mens kan die valle van heel onder ook waardeer weet net nie as dit redelik droog is of jy veel gaan sien nie. Maar die uitsig van bo is baie mooi...


👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
04 Dec 2018 @ 00:08:03 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Moet mens maar liewer al jou kos soos vleis ensovoorts saamvat, of is daar winkels in gemaklike afstand?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2018 @ 15:46:17 pm
Ash
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 28 Jul 2016
Experience: 19 years

Wow that beautiful,

Were is this place?

Ashly Bartlett
0609701795
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 00:27:43 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Wow that beautiful,

Were is this place?

Drakensberg...Natal. Not very far from ATKV Drakensville and Hlalanathi 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 07:48:49 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Moet mens maar liewer al jou kos soos vleis ensovoorts saamvat, of is daar winkels in gemaklike afstand?

Geert, die dorp is nie baie ver nie (seker relatief tot hoe ver is ver?), ek het nie nodig gehad om kos te gaan koop in die paar dae wat ons was nie, ons het alles reeds op pad gekry.. Mens kan ook maklik net om die hoek ry na Hlalanathi se restaurant indien nodig..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 22:22:59 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Geert, die dorp is nie baie ver nie (seker relatief tot hoe ver is ver?), ek het nie nodig gehad om kos te gaan koop in die paar dae wat ons was nie, ons het alles reeds op pad gekry.. Mens kan ook maklik net om die hoek ry na Hlalanathi se restaurant indien nodig..

Dankie. Sal maar liewer saamvat....nie lus vir rondrits as mens daar is nie. Die winkel op site het seker darem die basies soos melk, brood,  eiers ens.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 08:22:38 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Dankie. Sal maar liewer saamvat....nie lus vir rondrits as mens daar is nie. Die winkel op site het seker darem die basies soos melk, brood,  eiers ens.

Is daar 'n winkel op site? Ek het nie eers geweet nie.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 09:19:15 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Is daar 'n winkel op site? Ek het nie eers geweet nie.. 

Ek weet nie...het maar so aangeneem

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 08:52:45 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ek weet nie...het maar so aangeneem

Dink nie daars 'n winkel nie. Mahai is baie basic... 

Dink die naaste winkel is by Hlalanati se winkeltjie en dan terug Bergville toe?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 12:58:54 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ek weet nie...het maar so aangeneem

My jonger  broer is reeds laasweek soontoe...sê daar is blykbaar winkeltjie met basics. Hy sê die kamp is heelwat voller as ander jare.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 13:36:46 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

My jonger  broer is reeds laasweek soontoe...sê daar is blykbaar winkeltjie met basics. Hy sê die kamp is heelwat voller as ander jare.

Interessant.. Wonder waar die winkel is.. sal maar kyk.. Ja die plek is een van daai wat gou gewild sal raak...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous