English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 098
Total Replies: 227 149
Total Views: 82 257 124
topics: 715
replies: 5 729
views: 2 365 012

Motorband te koop - SPLINTERNUUT!

replies: 1
views: 123
19 Aug 2019 @ 11:36:37 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1037
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dag sê mede kampeerders!

Tydens my trippie na Marekele met "Geit" (die Touareg) skryf ek toe mos een die bande op die motortjie af en moes inderhaas Thabazimbi toe om die band te vervang. Kon net 'n Habilead kry by Best Drive en dit toe maar gedoen (R1260.00)

Probleem is dat die ander bande almal Nexens is, en ek hou nie daarvan om bande van verskillende fabrikaat te gebruik nie, en het dus 'n nuwe Nexen laat pas @ R1500.00 (al het almal gereken dis onnodig). Die bande plek (Minty's) het ook gereken dat die Habilead 'n baie goeie band is, maar nou ja dis nou maar hoe ek is - hardkoppig (Joanie se woorde)

Ek sit dus met 'n band wat skaars 500 kms gedoen het, splinternuut, gewaarborg dat daar geen knoppe, skeure of dergliks is nie en ek sou graag daarvan ontslae wil raak om van my kostes te besnoei.

Enige aanbod?

Bandgroote is 255/55 x 18R

My kontak is: 071 agt sewe sewe 60 sewe 9

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:24:34 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 266
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Ja, meeste buitebande is goeie bande.

Die probleem is dat met verskillende fabrikate verskil die loopvlak en gevolglik is beheer oor die voertuig nie meer dieselfde as wat dit was voor die nuwe/ander band opgesit is nie.

Die probleem wat dan ervaar word, kan derhalwe nie aan 'n swakker band toegeskryf word nie.

Dit het ek uit duur ervaring geleer.

Hou gerus maar al vier bande van die selfde fabrikaat en graad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required