English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 315
Total Replies: 50 201
Total Views: 80 916 769
topics: 639
replies: 4 946
views: 2 304 418
Quick Navigation

Fiets rak

replies: 20
views: 450
11 Nov 2017 @ 18:44:21 pm
Fransman
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 06 Jan 2008
Experience: 37 years
Ons aftree toer begin einde Februarie 2018 en ek is op soek na n fiets rak wat agter op my trekstang kan pas vir n mans en dames fiets. As daar dalk iemand is wat so iets te koop het, laat weet my asb. Anders gee bietjie raad waar kan ek vir so iets gaan soek.

Kamp groete
Fransman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
11 Nov 2017 @ 22:09:36 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Frans
Geluk met begin van planne vir aftreetoer. Dis nogal opwindend.
Ek het einde Feb 2017 klaargemaak en is sederdien op pad iewers. Sedert Maart van die huis af tot einde november.

Die maklikste fietsrak wat pasgemaak is vir jou trekstang is die Thule een vir 2 fietse. By meeste groter fietshandelaars beskikbaar of Thule self.
Ek het een en dit werk baie maklik. Dit klou met 'n klamp om jou towball en daar sit hy. Stewig en kan met gemak 2 fietse dra. Ek gebruik dit op my kar as ek nie karavaan sleep nie.

As jou haak agter op jou karavaan is, moet jy tweemaal dink oor die fietse. Die ekstra gewig, vermenigvuldig deur die afstand na jou as waar die draaipunt is, veroorsaak 'sway' wat gevaarlik kan raak.
Gaan lees gerus op hierdie forum onder towing advice wat die manne sê.
Nadat ek gelees het was die konklusie "nee".
Ek ook dit so gedoen maar het van my plan afgesien na my eerste trip met die fietse agter op die wa se haak. Die uiteinde is dat ek die towbar van die Penta afgehaal het as gevolg van 'sway' wat rof geraak net.
Maar, ek het ook met slepers gesels wie hulle fietse op die karavaan se towbar laai sonder probleme.
So, daar is meer as een antwoord. My aanbeveling is om dit nie agter op die karavaan op 'n towbar te laai nie. Persoonlik slegte ervaring daarmee gehad.
Sterkte met die besluit.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Nov 2017 @ 06:49:11 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4420
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 33 years
Welkom terug Fransman het lanklaas van jou gehoor. Geniet die aftrede kamp lekke en hou ons asb op hoogte
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Nov 2017 @ 08:51:41 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2453
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Dis nou net 'n kwessie va tyd dan is julle daar...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Nov 2017 @ 12:27:48 pm
Fransman
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 06 Jan 2008
Experience: 37 years
Soos Proffie se wil ek die fietse nie agter op die Regal sit nie, het al gehoor wat kan gebeur as dit gedoen word. Ek soek eintlik een wat ek op die Navara es trekstang kan vas maak saam met die Yellew Blade se bracket. Lekker om weer n slag te kan gesels op die forum. Die rekenaar gaan saam toer so ek sal kort-kort in loer en laat weet waar ons is en hoe dit gaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
12 Nov 2017 @ 12:52:24 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Frans
Ek gaan hierdie draad dophou want ek sit ook met 'n probleem om my fietse te vervoer.
Het nie 'n bakkie om agterop te laai nie, so ek wil ook ander oplossings sien soos jy dit tussen die voertuig en die wa te hang/haak/vassit.
My alternatief is om die fietse half uitmekaar te haal en in die wa te sit. Maar dit bring nou weer sy eie moeite veral as mens oppad oorslaap, soos ons baie doen.
Ek hou die draad dop.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Nov 2017 @ 15:22:40 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9311
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years
Ons aftree toer begin einde Februarie 2018 en ek is op soek na n fiets rak wat agter op my trekstang kan pas vir n mans en dames fiets. As daar dalk iemand is wat so iets te koop het, laat weet my asb. Anders gee bietjie raad waar kan ek vir so iets gaan soek.

Kamp groete
Fransman

Ek het so 'n fietsrak wat twee fietse kan dra. Hy het ook twee van die monteer plate wat dan gebruik van die fietsrak maklik maak op twee verskillende voertuie.

Ek is hoopenlik eers 18de terug in SA. Skakel my dan kan jy hom kom haal.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Nov 2017 @ 16:29:36 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Ek maak huidiglik soos Proffie...haal net fiets se voorwiel af...draai toe in komberse en sit bo-op beddens. Ek oornag eintlik nooit...so daai probleem is uitgeskakel. Ander faktor is natuurlik weer die gewig storie van die wa met fietse binne in....😎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Nov 2017 @ 16:37:02 pm
Fransman
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 06 Jan 2008
Experience: 37 years
Baie dankie Leon,laat my weet deur die forum as jy terug is in SA en jou tel. no dan kontak ek jou. Jy kan my ook kontak op 0 agt twee vyf vyf 3 agt 0 twee een.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Nov 2017 @ 17:12:42 pm
Expo / Jan
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 476
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 26 years

Proffie, ek het holdfast carrier gekoop vir 4 fietse, dis goedkoper as die Thule produk. jy het plaat wat tussen towbal en towbar vasgeboud word met dieselfde boute van towbar. met twee fietse gaan jy nie probleem hê dat dit neus van wa krap nie maar as mens 4 fietse opsit mag dit bietjie lank raak. Holdfast het nou huidog op mark 1x fiets carrier en dan 3x fiets carriers. ek weet daar was onlangs sprake gewees dat die carriers wat agter towbar vaskom uitgefaseer gaan word en slegs die wat op towbar vasklamp gebruik gaan word. nugter weet hoekom, want jy kan nie towbar gebruik om iets te sleep, as die carrier vas is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
12 Nov 2017 @ 21:25:21 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Dankie Jan
Ek sal bietjie loop soek in Nelspruit en Pretoria as ons eers weer tuis is en kinders toe gaan in Pretoria.
Nelspruit is die plek waarheen ons gaan as ons "dorp" toe gaan soos in die ou dae, want Malelane het nou ook nie alles beskikbaar nie.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Nov 2017 @ 15:44:24 pm
Nico
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 925
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 10 years

Fransman, jammer, maar ek stem nie saam met van die ander boodskappe hierbo nie.

My Sprite Offroad SC het 'n trekstang wat ons ontwerp en gebou het vir die karavaan. Pas op die onderstel en is doelgemaak.

Ek gebruik (afhangende van wat ek wil vervoer) gewoonlik 'n Bike Caddy (waaraan die fiets hang  - ek vervoer net een fiets so) of dan 'n BuzzRack wat 3 fietse kan neem wat staan.

GEEN PROBLEEM in beide gevalle - ek het ook die negatiewe kommentaar ens. ens. ens. gelees en besluit om voort te gaan met my planne - die fiets(e) MOET saam!

Ek karwei gewoonlik 1 fiets agterop , maar met tye al selfs 3 .

My fiets wat hang (genoem "Monstrosity #1" a.g.v. die feit dat die ding swaar is en my algemene kampfiets is) weeg by die 15kg. Die rak waaraan dit hang is die gewone een wat aan die hak vassit met 'n aparte deel. Dis die normale gewone Bike Caddy - kan 2 fietste neem.

My BuzzRack kan 3 fietse neem en ek sal daar my Scott MTB, my TREK padfiets en moontlik 'n ekstra een (seun/dogter s'n) saamneem. Die BuzzRack is swaar, seker so 10-15 kg, en die fietse daarmee, gemiddeld so 12 kg elk. Geen geswaaiery hoegenaamd nie, alhoewel ek nooit vinniger as 100 km/u sleep nie.

Dus, neem jou fiets saam, en geniet dit! Sal graag by 'n kampeerplek uitkom waar ons saam kan gaan ry!

Voorspoed, en hopelik, stel ek nie ander mense ongelukkig omdat ek my eie mening omtrent die saak het nie!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Nov 2017 @ 17:07:00 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1670
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Stem saam met Nico. Het vir baie lank fietsrak waar drie fietse regopstaan agter my wa gehad en sonder enige stabiliseerder gesleep sonder probleme. Eers toe ek by die forum aangesluit het stabiliseerder gekoop wat ek nou altyd gebruik. Heelwat forum lede hier het lugverkoeler agter die wa en het nie sleep probleme nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Nov 2017 @ 20:18:53 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9311
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years
Baie dankie Leon,laat my weet deur die forum as jy terug is in SA en jou tel. no dan kontak ek jou. Jy kan my ook kontak op 0 agt twee vyf vyf 3 agt 0 twee een.

Sal so maak. Lyk asof ek nog so bietjie langer weg gaan wees. Sal jou kontak as ek daar is.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Nov 2017 @ 20:28:52 pm
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 182
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 44 years
Daar is 'n produk met die naam "Bike buddy" wat op die disselboom monteer en wat twee fietse kan dra-Campworld verkoop hulle (altans ek het hulle by Discovery Campworld in Waterkloof in Pretoria gesien - ongeveer R2000
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
14 Nov 2017 @ 20:39:24 pm
Fransman
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 06 Jan 2008
Experience: 37 years
Dankie vir almal se insette. Sal maar kyk en alles probeer om fietse saam te ry en veilig te sleep.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Nov 2017 @ 13:26:12 pm
Anonymous
Ek self beplan om 'n fietsrak op die kar se dak te kry. As jy nuut koop gaan jy waarskynlik moet hoes. So rondom R11,500 vir alles wat jy nodig het van Thule. Maar daar is heelwat ouens wat die goed tweedehands verkoop. As jy van daai permanente "bars" op die Navara het gaan jy maklik een kan kry. Omtrent alle karre met the "bars" vat die Thule 757, en daar is hope van hulle te koop. Ek het vrydag een op OLX gekyk en hulle gaan so rondom R5,000. Jy kan maklik soveel betaal vir 'n "towbar" en fietsrak agter op die karavaan.
Daar is 'n nou juis 'n ou in Boksburg op bikehub dot coza wat 'n top-of-the range stel vir twee fietse verkoop vir R5,000.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Nov 2017 @ 17:34:17 pm
Fransman
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 06 Jan 2008
Experience: 37 years
Dankie Chris, ek het gedink aan fietse op die dak, maar met n skouer wat wie weet wat vekeerd is, gaan dit moelik op & af haal. Ek sal maar wag en kyk as Leon terug is wat hy te koop het wat agter op "tow bar" pas.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Nov 2017 @ 18:09:30 pm
Anonymous
Dankie Chris, ek het gedink aan fietse op die dak, maar met n skouer wat wie weet wat vekeerd is, gaan dit moelik op & af haal. Ek sal maar wag en kyk as Leon terug is wat hy te koop het wat agter op "tow bar" pas.

Ek sien jy het ook 'n regal blue. Wat ek tot nou gedoen het is om die fietse reg op in die gang van die karavaan te sit en hulle dan met straps weerskante van die kombuis vas gemaak aan daardie "convenient" pilare. So hulle staan stewing en met 'n pool noodle en kombers of twee gaan jy ook nie te maklik iets krap nie. Ek kry gemaklik 3 fietse daar in.
Ek het ook 'n fietsrak wat op die kar se hak pas, en persoonlik vind ek dit baie makliker om die goed binne die karavaan te laai as om hulle op die fietsrak vas te kry. Ek het wel nie 'n dodgy skouer nie, maar wel 'n paar dodgy vingers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Nov 2017 @ 18:15:02 pm
Anonymous
Ek het ook al 'n paar ouens gesien wat die hang-on tipe rakkie gebruik. Hulle kom nie om 'n hak vas nie, en behoort lekker te kan rus op die "vensterbank" agter op die regal. Dan kan jy 'n strap deur die handvatsels weerskante gebruik vir ekstra versekering.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
20 Nov 2017 @ 20:36:37 pm
Fransman
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 06 Jan 2008
Experience: 37 years
Sal bietjie kyk na jou idee Chris, nog nooit daaraan gedink. So dit sal wees fietse laaste in en eerste uit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
Reply to Topic
Not Registered
0% Profile Strength
Posts: 0
Joined: Not yet