English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 247
Total Replies: 201 762
Total Views: 80 838 583
topics: 349
replies: 3 436
views: 1 436 138
Talk about the current road conditions throughout the country

Eiland Spa na Shingwedzi

replies: 13
views: 276
10 Jul 2018 @ 10:28:27 am
Wielie
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 26 Apr 2014

Goeie dag,

Na ons maand by Eiland Spa, beplan ons om vandaar wildtuin toe te gaan - eerste kamp is Shingwedzi. My GPS beveel die roete via Giyani na Punda-hek toe aan as die korste roete na Shingwedzi. Die algemene roete via Phalaborwa is bykans 50km verder.

Ek het nog net tot by Giyani op hierdie roete gery. Volgens Google Earth gaan die pad soms deur beboude gebied met natuurlik lae spoedbeperkings.

Het enigiemand asseblief kennis van die pad vanaf Giyani tot by Punda-hek? 

Groete

Wilfre

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2018 @ 11:29:48 am
Big5Spotter
Moon Member
77% Profile Strength
Posts: 932
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 9 years

Hi Wilfre ek het Phalaborwa omgery Shingwedzi toe, soos jy se daar buite om gaan jy maar net moet stadig ry deur nedersetting en op die uitkyk wees bokke,beeste ens, geniet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2018 @ 16:07:30 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 459
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years

Ek het die Giyani-pad na Punda Mariahek etlike jare gelede laas gery. Oor die algemeen is dit nie 'n sleg pad (oppervlak) om te sleep nie. Kyk net uit vir spoedwalle in die klein nedersettings. Ek wou nie twee jaar gelede (vanaf Polokwane) via Giyani na Punda Maria ry nie, omdat ek deur 'n vriend in Tzaneen op daardie stadium gewaarsku is vir onrus tussen Giyani en Punda Maria-hek. Ek het toe via Louis Trichardt en Thohoyandou gery.

Ek verkies om die wildtuinhek naaste aan my kampbestemming te gebruik. Gevolglik sou my eerste keuse ook Punda Maria-hek wees indien ek oppad is Shingwedzi toe. Maar 'n vroeë vertrek vanaf Eiland via Phalaborwa-hek is baie haalbaar.

Never trust a woman who's honest about her age.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2018 @ 16:59:43 pm
steamer
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 730
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 44 years

A friend of ours towed back from Punda via Thoyandou and commented how pleasant the drive was, especially how courteous and friendly the local people are including the school children. He recommends that route with confidence.

Your strongest weapon is your mind!
And then, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2018 @ 09:58:45 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5911
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Die manne gooi klippe op die oomblik en versper paaie sal voorstel Phalaborwa. een dag ok die ander dag nie.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2018 @ 10:35:17 am
Wielie
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 26 Apr 2014

Dankie vir almal se terugvoer

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2018 @ 12:16:24 pm
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1347
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ons vertrek Sondag na Shingwedzi en sal Sondagaand op Phalaborwa slaap.  Ons woon in Pietersburg en ek ken al die paaie wat genoem is.  Ek hou nie van die twee oor Thohoyando en Giyani nie omdat jy so ver deur erg plattelandse gebied ry.  As iets verkeerdloop, sal jy nie maklik hulp kry nie.  Dat die mense vriendelik is betwyfel ek nie, maar as jy tegniese probleme ondervind, het jy tegniese hulp en moontlik 'n insleepdiens nodig.  As daar natuurlik stakings en oproer is, is die mense nie so vriendelik nie en dan bly jy in elkgeval maar weg.  Van Phalaborwahek tot by Shingwedzi is sowat 140 kilos wat nogal ver is in die wildtuin met 50k/u op die teerpaaie.  Beskou dit egter as deel van die toer en geniet dit.  Daar is 'n plek of twee waar jy kan stop om koffie te dring (wat jy moet saamneem) en ook een of twee ruskampe (afhangende hoe jy ry) met restaurante.

Wilfred, As ons saam in Shinwedzi is, kom groet gerus.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2018 @ 13:46:54 pm
Wielie
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 26 Apr 2014

Hi Fred, ons gaan eers vanaf 2 September Shingwedzi toe.

Toe ons Januarie in Shingwedzi was, is ek onder die indruk gebring dat die genommerde staanplekke voor September in werking sou wees en het ek gedink dat, ongeag hoe laat ek by die kamp kom, ons 'n gereserveerde staanplek sou he. Ek sal nou maar 'n dag vroeer vanaf Die Eiland ry en op Letaba of Tsendze oorslaap....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2018 @ 13:59:37 pm
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1347
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Wielei, Ons het op Tsendle gestaan 'n paar dae na dit geopen is.  Dis 'n baie oulike plek- reg lang die Mooilplaas piekniekplek en jy kan selfs deurstap daarheen.  Dis baie populêr so jy moet miskien maar nou al bespreek.  Ek gee  persoonlik nie juis om waar ons staan nie- jy sit tog nie die heel dag by die kampplek nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2018 @ 14:25:02 pm
Wielie
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 26 Apr 2014

Fred, ons bespreek altyd staanplekke 3 of 26 by Tsendze - 3 is teen draad en baie privaat en 26 ook teen draad en naby ablusie. Het vir 'n week op Shingwedzi bespreek, dan Tsendze (26), week in Letaba en laastens week in Satara. Alhoewel die suide meer wild en roetes het, is noord van Letaba ons gunsteling deel. Is bietjie spyt, het hierdie keer nie in Punda bespreek nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2018 @ 16:53:15 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5911
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

13 aug- 21 by Shiingwedsi dan weer huistoe Palagat en van daar wie sal weet gaan soos die natuur roep.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 19:17:34 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9547
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Sal seker eendag met my wa daar 'n draai gaan maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2018 @ 17:07:55 pm
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 2 years

Ons was einde Junie by Shingwedzi vir 5 nagte en dit was opmerklik hoe baie wild daar was, veel meer as wat ons gesien het in Satara omgewing die laaste 3 nagte.

Dit lyk of jy nou ook in Shingwedzi die draad staanplekke vooraf kan bespreek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2018 @ 17:51:02 pm
Wielie
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 26 Apr 2014

Alhoewel al die staanplekke al lankal genommer is (ons was Januarie daar toe was dit al genommer), het die kamp my verlede week laat weet dat dat mens nog nie 'n spesifieke staanplek kan bespreek nie.

Daar is ongelukkig nie baie roetes om Shingwedzi nie, maar een van my gunsteling roetes in die wildtuin is die S56 na Babalala.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First