English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 305
Total Replies: 62 143
Total Views: 80 253 638
topics: 316
replies: 3 222
views: 1 420 122
Talk about the current road conditions throughout the country

VLERKIES

replies: 14
views: 350
16 Jul 2017 @ 09:37:52 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4523
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Ek sit nou hierdie onderwerp onder "road conditions" omrede dit die beste pas by wat ek wil sê. Dis die pad wat ons moet loop.
Ons almal het niks om oor te roem nie.

Vanmore toe ek opstaan en so kyk wats nou anders. Kyk en kyk en kyk en ek let op dat ek nog nie vlerkies gekry het nie. Toe besef ek. Daars nog nie vlerkies aan enige mens nie, al dink ons so. Wel ek het nog nie gekry nie. Ek bly n mens vol foute.
Ek was baie ongelukkig oor sekere dinge en het dinge gese aan ander mense wat nie pas by die vrugte van die gees nie. En daarom vra ek nou almal om op te hou met n gedurige verwysing na die volgende deelnemer oppie forum. Al dink jy so, jy het ook nie vlerkies nie. Elke ou dink, doen mos soos dit by hom opkom. Sommiges het minder selfbeheersing. Touche.
Soos ander lede tereg ook sê...... kom ons praat oor iets anders. As jy nie iets wil se oor kamp nie, vra dan raat oor jou stukkende geaser. Of jou kar se voorwiel wat neig om uit te val. Of die nuwe Tuna wat Brommer aan geskaf het. En Wat van hardlywigheid. Dis nou n topic wat ons lekker oor kan praat.

16 Jul 2017 @ 09:43:39 am
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2311
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 39 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Lyk my my vlerkies is geknip...
On The Road Again
16 Jul 2017 @ 10:17:44 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 997
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Johan, ek stem saam dat ons nie mekaar moet seermaak met woorde nie maar 'n goeie argument is tog ook lekker, solank dit nie afkrakend is nie. Ek weet nie wat die oorsaak van die jongste is nie, maar dit klink of dit dalk so-iets was. Mens moet ook nie te fyngevoelig wees as ander van jou verskil en begin byt nie. Stel net jou eie mening- daar hoef tog nie 'n wenner en verloorder met elke argument te wees nie.

Ek weet jy is 'n man van vrede- het dit oor 'n lang tyd agtergekom, en ek, en ek dink ons almal, waardeer dit en respekteer jou daarvoor.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
16 Jul 2017 @ 10:24:10 am
Johann
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7553
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Johan, ek stem saam dat ons nie mekaar moet seermaak met woorde nie maar 'n goeie argument is tog ook lekker, solank dit nie afkrakend is nie. Ek weet nie wat die oorsaak van die jongste is nie, maar dit klink of dit dalk so-iets was. Mens moet ook nie te fyngevoelig wees as ander van jou verskil en begin byt nie. Stel net jou eie mening- daar hoef tog nie 'n wenner en verloorder met elke argument te wees nie.

Ek weet jy is 'n man van vrede- het dit oor 'n lang tyd agtergekom, en ek, en ek dink ons almal, waardeer dit en respekteer jou daarvoor.

Kan net met jou saamstem, moenie persoonlik raak nie, as jy nie laaik  (of jy verloor jou humeur) wat jy lees nie, blaai om.

As mens is ons almal vol foute, maar, ons het nie nodig om enige ander persoonlik te beledig nie.

Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek.
16 Jul 2017 @ 12:29:42 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
Offline
Posts: 1528
Joined: 31 May 2014
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 50 years
Vehicle: Landrover Freelander
Camping: Sprite Swing

As iemand my kwaad maak het ek altyd vir Elmarie gesê dat ek wens dit is nog in die tyd van die Cowboys dat jy hom kan regsien. Haar antwoord was dan was jy lankal nie meer hier nie.  

Het deur die jare geleer om nie iets te sê, skryf of doen terwyl jy emosioneel is nie maar dit is somtyds baie moeilik. 

16 Jul 2017 @ 15:51:06 pm
DK
Titanium Member
Offline
Posts: 528
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 15 years
Vehicle: Nissan X-Trail, 2lt dCi
Camping: My Sprite Swift
Na al die gespottery met my woord "Eerbaarlikheid" en wat ek nogsteeds opmerk, lees ek dit deesdae mis omrede dit verlede se nuus en joke was.
Geensins raak ek meer kwaad daaroor nie, dit is die verlede.
Wat forums betref, bly ek by CP omrede ek hier begin en grootgeword het.
Ek het uit eie my onttrek destyds agv werks verpligtinge en my punte metertjie weer van voor af begin het.
Ek kan weer admin in kennis stel om my terug op die lys te plaas waar ek was, maar ek vind die kompetisie is te veel vir ń persoon wat nog dekades het vir pensioen en sodoende kan ek nie permanent deelneem nie en daarom bevind ek dit beter om onderlangs te dwaal en om saam te gesels en raad te gee waar ek kan
Ken jouself en bly GLO, ongeag omstandighede.
16 Jul 2017 @ 16:24:47 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4523
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Baie dankie.
Sien darem vriend Fred en Johann het agter die kap van byl gekom. Dankie, ek waardeer dit ten seerste. 😣😣😣😣

Her is mense wat se tone soms raakgetrap word.... dan is jy soos n brakkie wat geskop was, as daar weer net na jou gekyk word begin jy sommer byt. Ek herken daai ou in myself.

(Vanmore loop ek n kampvriend raak. Hy se nou anderdag besoek hy n persoon i.v.m. sy werk. Toe hy die klokkie lui staan daar n pitboel anderkant die draad. Hy probeer toe die hond paai. Net toe kom daar n tweede een aan en voel die nuwe een klaarblyklik bedreig/jaloers en netdaar spring die twee aanmekaar wat die hondegeveg manne oor sou gedroom het.)

Miskien is dit belangrik om jou eie foute en tekortkominge raak te sien en nie te konsentreer op iemand anders sin nie.
Waaroor sou jy dan jaloers wees op jou naaste.

Die skrif leer ons tog om verdraagsaam te wees. Dit se ook GOD haat oë wat straal van hoogmoed. En dis dan hier waar ons in die moeilikheid beland deur te hoogmoedig te wees en te dink jyt "vlerkies"
I love camping all year round
16 Jul 2017 @ 17:46:08 pm
HM
Uranus Member
Offline
Posts: 2949
Joined: 06 Jan 2009
Province: Other
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 44 years
Vehicle: SUV
Camping: Caravan

Na al die gespottery met my woord "Eerbaarlikheid" en wat ek nogsteeds opmerk, lees ek dit deesdae mis omrede dit verlede se nuus en joke was.
Geensins raak ek meer kwaad daaroor nie, dit is die verlede.
Wat forums betref, bly ek by CP omrede ek hier begin en grootgeword het.
Ek het uit eie my onttrek destyds agv werks verpligtinge en my punte metertjie weer van voor af begin het.
Ek kan weer admin in kennis stel om my terug op die lys te plaas waar ek was, maar ek vind die kompetisie is te veel vir ń persoon wat nog dekades het vir pensioen en sodoende kan ek nie permanent deelneem nie en daarom bevind ek dit beter om onderlangs te dwaal en om saam te gesels en raad te gee waar ek kan

Ja. Die insinuasies kom nie op 'n einde nie.

Sou jy besluit om jou ou profiel weer te registreer maak seker jou "Date Joined" is korrek asseblief. Anders gaan ons jou ook weer van voor af as 'n nuwe lid welkom heet.laughingwink

The Happy Campers.
16 Jul 2017 @ 18:05:51 pm
DK
Titanium Member
Offline
Posts: 528
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 15 years
Vehicle: Nissan X-Trail, 2lt dCi
Camping: My Sprite Swift

Ja. Die insinuasies kom nie op 'n einde nie.

Sou jy besluit om jou ou profiel weer te registreer maak seker jou "Date Joined" is korrek asseblief. Anders gaan ons jou ook weer van voor af as 'n nuwe lid welkom heet.laughingwink

Nee HM, dit was Desember 2013.
Jy en ek het mekaar gereeld gejaag op die metertjie. Een week is jy een bo my en daarna ek weer een bo jou, LOL.
Ek geniet dit meer hier onder.
Ken jouself en bly GLO, ongeag omstandighede.
16 Jul 2017 @ 19:22:05 pm
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5757
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 35 years
Vehicle: Toyota Fortuner 4x4 Auto 2013
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014

Geniet dit, die lewe is te kort.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Oupa se Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
16 Jul 2017 @ 19:27:18 pm
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5757
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 35 years
Vehicle: Toyota Fortuner 4x4 Auto 2013
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014

Raak die ding aan die loop.

Wou nog sê.

Was die maand by drie begrafnisse. Twee familie lede en een vriend wat die dag toe hy my vertel hy van sy siekte die volg week in die hospitaal is en ek vir twee maande elke dag hom besoek het tot sy laaste dag.

Geniet dit terwyl jy kan.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Oupa se Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
16 Jul 2017 @ 20:30:31 pm
DK
Titanium Member
Offline
Posts: 528
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 15 years
Vehicle: Nissan X-Trail, 2lt dCi
Camping: My Sprite Swift
Waar wat jy skryf, Jin.
My boesem vriend is 2 maande gelede ontleed met erge brein kanker op ń baie jong ouderdom.
Hy was opgeneem by Unitas en is ontslaan. Hy is nou heeltemal blind en op doeke, medisie kan niks meer vir hom doen nie. Dit is nou net ń geval van ń telefoon oproep.
Ken jouself en bly GLO, ongeag omstandighede.
17 Jul 2017 @ 17:25:55 pm
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2311
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 39 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Die lewe is te kort vir onaangenaamdheid...
On The Road Again
17 Jul 2017 @ 21:03:50 pm
HM
Uranus Member
Offline
Posts: 2949
Joined: 06 Jan 2009
Province: Other
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 44 years
Vehicle: SUV
Camping: Caravan

Ek stem saam.

Ek het rede om te glo dit weer rustig hier sal wees. 

The Happy Campers.
18 Jul 2017 @ 20:02:01 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4391
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
As jy niks goed te se het nie hou verby dit werk soos n bom
Haak daai wa kamp bly koning
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First