English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 784
Total Replies: 222 735
Total Views: 82 045 508
topics: 4 284
replies: 28 825
views: 17 287 337
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 214
replies: 111
views: 5 610

Almega Karavaan Park - Terugvoering

replies: 6
views: 178
18 Jun 2019 @ 20:34:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die meeste van julle ken al die oord goed. Ek gee maar terugvoering vir die mense wat nog nie hier was nie en miskien oorweeg om te wil kom inloer daar. Die toegangs roete tot die oord is teerpad en van die hek tot jou kampeer staanplek is goeie grond pad....seker so 500m. Die ontspanning van hierdie oord is basies om die natuur te geniet en wilds besigtiging te doen. Op die oord self is daar heelwat bok spesies....die wat ons gesien het sluit in Rooibokke, Koedoe, Eland, Njala, Zebra, Vlakvark, Blesbok, Rooiharte bees, Blou wilde bees en Waterbokke. Dan kan mens in die Dinokeng Wilds reservaat wat aan Almega grens die Big5 gaan opsoek. Ons was hierdie keer gelukkig om die leeu te kon raaksien. In die kamp self kan mens n wildsbesigtings toer bespreek op 2-wiel aangedrewe motorfietse. Dit kan ek baie sterk aanbeveel....dit was regtig baie spesiaal gewees en lekker gewees om na al die interesante stories en feite wat Andrè vertel op die toer te luister {leersaam}. Dan is daar n baie aantreklike swembad {in die vorm van n kitaar} wat seker baie lekker sal wees op die warm somers dae. Ons het egter nie daarvan gebruik gemaak nie.....winter! Daar is n jungle gym en trampoline in die oord vir die jonger geslag. Vir die bergfiets entoesias: daar is heelike paadjies in die veld vir julle gebruik....ek kon sien die manne met fietse het dit baie geniet. Die personeel is almal baie vriendelik en behulpsaam. Dis n familie besigheid en mens kan sien dat die mense trots is op hul geriewe wat hulle aanbied en as mens dit sien sal mens dit verstaan. Elkeen van die staanplekke het sy eie privaat badkamer wat van uitstaande gehalte en netjies is. Die bouwerk kan mens sien is van top gehalte.....baie profesioneel gedoen en pragtige afwerkings. n Privaat opwas area is ook deel van jou privaat geriewe. Ons het deurgaans veilig gevoel. Daar is nie fisies n winkel op die oord nie, maar dit lyk of hulle tans besig is om een te bou by die ingang van die karavaan park. Tans verkoop hulle daar hout en ys wat by jou staanplek afgelaai word....en pryse is billik. Daar heers oor die algemeen n heerlike atmosfeer in die kamp...mense is rustig en geniet almal saam waarvoor elkeen daar is en dis die natuur. Die enigste wat bietjie gepla het was die lawaai van die verkeer op die verbygangs pad....veral op die Vrydag aand was dit relatief aan die gang weens die aanvang van die lang naweek en almal op hul pad na bestemmings. Die staan plekke is almal heerlik groot....niemand kamp op mekaar nie.....van die staanplekke is seker 4x so groot as ander oorde se standaard staanplekke. Dit was lekker gelyk en gras nog groen, so dit was nie eers nodig om n grondseil uit te haal nie. Ek kon nie sien dat staanplekke genommer was nie, maar by aankoms neem die eienaar jou na jou staanplek toe en wys vir jou duidelik waar die grense van jou staanplek is en verduidelik die basiese belangrike reels. Kragpunt, waterpunt en asblik is by privaat ablusie gebou....so gerieflike afstand. Ordentlike braaiers word voorsien en word daaliks skoongemaak. Ek dink dit was goeie waarde vir geld....veral as mens kyk na die netheid van oord, ablusies en geriewe en staanplek op homself....meeste beter fasilitiet as wat baie ander oorde bied. Daar is nog ander besienswaardighede in die omgewing soos Mystic Monkeys, maar ons het maar die geriewe van die oord geniet en die wilds besigtiging in die Dinokeng reservaat langsaan. Ek sal graag weer na hierdie oord wil terugkeer en kan hierdie oord met n oop hart aan al my mede kampeerders aanbeveel. 

Ek plaas n paar fotos....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 21:00:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 21:03:33 pm
Meerkat
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Een van ons gunsteling oorde.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 21:15:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 21:19:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Van die fotos is in die Dinokeng reservaat geneem....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 06:41:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek is dit eens........ Almega is nou maar net 'n puik oord.  Ons het nou al twee keer daar gekamp en sal verseker weer terug gaan.

Dan op 'n ander nood................. kyk die bouer wat daai ablusie blokke se stene lê kan maar 'n Universiteit vir bou praktyk oop maak want hy kan bou.  Baie netjiese hande werk.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2019 @ 17:21:57 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7186
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dit is ons gunsteling Kamp. 

Nog altyd did beste met sy puik privaat badkamer. 

Netjies en professional. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First