English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 943
Total Replies: 212 802
Total Views: 81 544 764
topics: 4 107
replies: 28 612
views: 17 222 366
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 200
replies: 5
views: 155

Lebra Rest in Dinokeng

replies: 7
views: 165
4 days ago @ 07:46:31 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons gaan die naweek by bogenoemde oord kamp saam met ons kerk.  Het iemand al daar gekamp en wat dink julle van die plek.

Daar is glo 'n plaas dam waar mens 'n lyntjie ook kan nat maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 07:54:12 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10713
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My broer hulle het laasjaar daar met hul kerkgroep gekamp en het dit baie geniet.....hulle het weer vir hierdie jaar geboek. Wat lekker is dat dit n klein plek is {ek dink so 12-15 staanplekke} en julle seker ook die hele kampeerplek vir julle groep bespreek het....alle fasiliteite vir julle groep alleen. Die dammetjie was begin laas jaar relatief leeg, maar soos ek verstaan is hy nou lekker vol

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 19:17:17 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10713
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Leon...jy moet maar gas stofie saamvat. Hulle werk daar vanaf solar krag en laat nie items toe wat swaar op elektrisiteit is nie....soos aircons ens. Ek weet nie of jy Snappy Chef daar mag gebruik nie....miskien maar vooraf uitvind as jy van plan was om so iets te gebruik. Jy moet maar vir ons fotos van oord plaas.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 07:26:37 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dankie vir die vooraf waarsku Geert.

Gelukkig is gas standaard toetusting in die wa,  en ek sleep sommer 'n gas braaitjie saam.  Vandat ek die ding by my boetie gekry het is die lewe met ontbyte veel makliker.

Die reën lyk my is hier om te bly die naweek. Die kerk kamp is so effe in gedrang.  Ons met die karavane is okay maar die tent mense gaan maar swaar kry.

 Sal maar hoor wat sê dominee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 08:14:42 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1069
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Report back please Leon!

Dinokeng is our favourite "Quick getaway spot" for a couple of nights and we have only been to Willem's.

Keen to try somewhere new.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:02:03 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Report back please Leon!

Dinokeng is our favourite "Quick getaway spot" for a couple of nights and we have only been to Willem's.

Keen to try somewhere new.

If you enjoyed Willems Rus, you will be crazy about Almega.  And another plus about Almega is only the gravel road in the resort the rest to the resort is tar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:06:43 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1069
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Ja thanksLeon,

We tried to have a look at Almega on your recommendation last time we were at Dino, but no-one answered the gate phone, & we couldn't get in.

However, being a pair of reasonably 'ou ballies' we prefer peace & quiet and game driving.

That's why we get away, mid-week out of season. Which also brings security worries to mind.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:30:28 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3464
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Met my kamp by Almega wou ek by Lebra's Rest kyk hoe lyk dit maar die selfoon tegnologie wou nie die hek oopmaak nie. Dit was 1 van hul af naweke waar daar niemand in die kamp was. Dit klink baie lekker daar met blykbaar diere wat ook in die kamp kom.

Dankie vir die inligting rondom solar en min of geen verhittings dinge wat krag vreet.

Hoop om meer inligting te kry as mense wel daar gekamp het. Dis op ons wish list.

Vir luukse en rustige kamp is die groot staanplekke by Almega darem vrek lekker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First