English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 314
Total Replies: 50 201
Total Views: 80 916 720
topics: 1 081
replies: 34
views: 3 982 196
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.
Quick Navigation

My toer verhaal... alles in een draad

replies: 35
views: 816
13 Mar 2018 @ 20:49:06 pm
Anonymous
Toer verhale.

Hallo, ek is nou nuut hier, nie om oor iets of iemand te kla nie. Ek soek al lankal na ‘n plek waar ek my passie vir toer en idees kan deel. As daar nou een mens is wat van toer hou is dit nou ek. Van karavane kan niemand my niks vertel nie. Baie gesleep, oues reg gemaak en het ook al aan twee verkillende karavaan klubs behoort. Ek het so rof weg uit gewerk… het al so 9 karavane gehad!

So saam met die petrol pryse het die toer ry-goed so al kleiner geraak en het ongelooflike toer kilos op ‘n 250 cc motorfiets gedoen. Die fietsie was sommer gelaai en almal het oral kom gesels en vrae vra.

So saam met die ouderdom het die twee wiel gevare baie realisties geword. Soos ek getoer het, twee groot kant tasse, bo-boks, sagtesak en sommer nog so ‘n klomp los goed wat oral vasgemaak was (‘n pan wat agter gehang het en self by tye ‘n sak houtskool bo-op vasgemaak) was dit ‘n hoop toer goed met ‘n motorfiets aan!

Presies 2 jaar gelede, die tyd van die jaar, ry ek uit Namibië met‘n pan wat agter gehang het… baie moeg. Twee wiele uitgeput. Ek het met ‘n ou vriend van my gepraat en iemand het verstaan dat dit is tyd vir iets anders!

Die Uno Camp Fire, toer-kar onstaan. Dis nou eintlik wat ek met julle wil deel. Iets wat net soos die motorfietse die koppe laat draai. Ek dink het het die kleinste self aangedrewe kampeer voertuig in SA en sommer ook ‘n video daarvan langs die grootste self aangedrewe kamp ding… ‘n skoolbus omgebou en gerigistreer is as “Mercedes Caravan”.

Nou goed, ek dink dis nou ‘n goeie begin van die verhaal. Ek gaan die ding soos ‘n groot storie pos… met fotos en videos. Ek gaan gedurende die brokkies was ek plaas, terug verwys na my vorige ervarings… met nog fotos en videos.

Hier is saam met my inleiding en eerste plasing ‘n video van my Uno Camp Fire Toer-kar. (Van julle sal seker al so voor die tyd my video kanaal bekyk… vir dit wat kan kom… lekker toer goed daar tussen-in… maar volg maar my storie hier met fotos.)
Video link: https://www.youtube.com/watch?v=nvOd9L0oBp8
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
13 Mar 2018 @ 22:30:03 pm
Anonymous
Die Engelse mense oorsee, praat van stealth camping. Dit is aanvanklik ‘n Europese konsep wat deur toer fiets-ryers onstaan het. Mense kamp en oornag sommer so waar hulle kom. Kampeer voertuie word toe ook so gebruik. In die VSA is die metode van stealth camping in voertuie groot as gevolg van mense wat uit nood of hulle persoonlike voorkeure die leefstyl aangeneem het.

Uit die aard van die saak het dit ‘n probleem geraak omdat mense vir veiligheid, gegoede areas begin gebruik het om te “stealth”. Veiligheids personeel en polisie kyk nou uit daarvoor! ‘n Bekende winkel groep in die VSA het stealth in hulle parker areas wettig gemaak. In ‘n bepaalde area staan kampeer voertuie, panel waens en selfs karre ingerig as blyplek. Die vergunning het seker sy eie sosiale probleme ontwikkel.

Wat van hier by ons? Ek het nou-al die stealth ding ‘n paar keer gedoen. Ek wil dit as ‘n goed beheerde aksie beskryf. As dit reg gedoen word sal jy vir niemand ‘n nuisance wees nie. Ek gebruik dan die kekostigbare kamp plekke as alternatief. Op die manier kan ek ‘n toer met ‘n bekostigbare begroting doen.

Ek het verlede jaar die tyd, ‘n bietjie in die Cederberge en Weskus getoer. Ek het dit baie goed beskryf op my fotografie blog. Die volgende link wat ek gee, is die toer beskrywing met fotos en videos.

Copy en paste maar die link in Google. Ek moet nog uit figure hoe om fotos en videos hier te pos.

Link:
http://hobbyphotographersa.blogspot.co.za/p/nikon-photo-tour-17.html
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
13 Mar 2018 @ 23:47:01 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 63 years
Hallo Johan,
Welkom hier op die forum. Na my besoek aan jou het ek ook met my trailblazer gekamp en die spog nou met 'n rally tent.
Laat weet wanneer jy weer in my geweste is.

Groete
Jan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Mar 2018 @ 02:26:23 am
Anonymous
Hallo Johan,
Welkom hier op die forum. Na my besoek aan jou het ek ook met my trailblazer gekamp en die spog nou met 'n rally tent.
Laat weet wanneer jy weer in my geweste is.

Groete
Jan

Hallo Jan! Dis nou 'n verassing. Ek beplan nou iets vir einde Maart. Maandag se week moet ek werk aan 'n karavaan doen vir iemand. Ek het al oor 'n paar jaar kwale op sy karavaan reg gemaak wat maar eintlik swak produksie op daai spesifieke model was. Moontlik pos ek hier 'n foto terwyl ek werk.

Ek weet nog nie waarheen nie... maar die see moet nie te vêr wees nie. As ek jou rigting gaan sal ek bel. Ek is bly jy het al begin om die konsep te toets. Hier rond is baie lekker kamp plekke wat jou sal laat dink aan 'n Botswana avontuur... sonder die vêr ry! Ons gesels weer!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Mar 2018 @ 10:40:48 am
Anonymous
My volgende opmerking is... Waarom kla mense so? Baie keer op toer word die lekker kuier om die kampvuur bederf met iemand wat kla. Toer en kamp is nie meer goedkoop nie. Jy bepaal jou eie begroting. Hoe verder jy ry hoe duurder.

Eendag was ek en 'n pastoor met ons motorfietse by 'n bekende strand-oord. Ek sou nou graag 'n foto hier wou bysit, maar weet nie hoe nie. Miskien kan iemand help. Dit was in seisoen en die nag se kamp het R450 gekos. Ons het dit betaal en daar gebly. Dit was ons keuse.

As jy jou 4-wiel karavaan met 'n V8 sleep, moet dan nie by my kla as ek jou vertel dat my Uno gee 20 kilos op 'n liter nie en 'n 7 dae toer kan ek met ongeveer 'n duisend rand doen. As jy een persoon alleen is kan jy gerieflik in jou eie voertuig slaap wat dan die totale koste baie afbring. As jy een persoon is en in seisoen met jy V8 en Gypsy 5 gaan kamp is dit jou keuse.

Baie kamp plekke hou nie daarvan dat besoekers in karre slaap nie. Daarom ry ek 'n klein tent saam, slaan dit langs die kar op. Dit is my keuse of ek in die kar of tent wil slaap. As julle my vorige link bekyk het, sal jy agterkom ek het 2 nagte stealth balanseer met een nag kamp terrein. Dus deel ek die een nag deur 3. Nou begin my toer begroting anders lyk.

As jy met jou gesin van 4 by die see in seisoen gaan kamp, deel jy die nag se begroting deur 4 dan kom jy agter dat R100 per persoon normaal is. As ek wat alleen is R400 betaal balanseer ek my eie begroting. Dit sal dan 3 nagte stealth wees en die 4 de nag, die kamp plek. Maak somme... R100 per nag en dis normaal.

Moet nie by my kom kla terwyl ek iewers kamp nie. Jy bederf my toer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
14 Mar 2018 @ 12:38:32 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6182
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Welkom op die forum.
Kamp in n skoenboks is kamp.
Lekker kamp.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Mar 2018 @ 14:10:01 pm
Anonymous
Dankie Chuck...
Wenke vir Stealth kampering.

Ek het aanvanklik ‘n video gemaak, maar het die konsep al vervolmaak na die video. Ek wil nou nie eintlik ‘n nuwe Afrikaanse woord vir die konsep skep nie omdat dit dalk verwarring gaan veroorsaak. Die definisie van “stealth” is eintlik om in ‘n voertuig te slaap sonder dat ander mense vermoed dat daar iemand slaap. Met ander woorde jy slaap in ‘n openbare gebied wat nie vir kampering aanvaarbaar is nie.

Vir stealth moet die voertuig dan so voorkom om as gewone geparkeerde voertuig te lyk. Dis juis waarom my Uno so goed werk, want niemand verwag dat iemand in so ‘n klein voertuig kan lekker slaap nie. Ek sal vorentoe meer oor die Uno gesels.

My wenke. Maak seker iemand weet dat jy daar slaap, anders gaan jy deur die nag wakker geklop word. Meeste Garages op hoofroetes laat toe dat reisegers in hulle voertuie slaap. Stop so dat jou voertuig sigbaar is vir die pomp joggies. ‘n R10 tip help baie. Meeste garages het dan ook stort en toilet geriewe wat die vragmotor bestuurders bedien. Gewoonlik is die stort tarief so R10. Afhangende van die vragmotor verkeer en tyd van die dag, is die storte skoon en netjies.

Meeste garages het dan ‘n gerief winkel en alles is beskikbaar. Sommige garages laat nie oornag toe nie. Daar sal dan gewoonlik ‘n teken wees en ook parkeer ruimte tydperk. Moet dan ook nooit voor die winkel ingang stealth nie. Die pomp joggies sal aandui waar jy kan staan.

Op ander openbare plekke stealth ek by ‘n sekuriteis hokkie waar nag sekuriteit heeltyd aan diens is. Dit werk baie goed. Jy kan selfs by die polisie stasie stop. Laat weet die aan diens personeel jy is op reis, moeg, en gaan in jou voertuig slaap. Ek het nog nooit ervaar dat ek weg gewys word nie.

Moet nooit die rusplekke langs paaie gebruik nie. Dit is nie veilig nie en heel waarskynlik gaan die vragmotors jou heel nag hinder. Moet beslis nie in woongebiede stealth nie. Soms met geselsies aangeknoop, kon ek al in mense se inritte oornag. Dit was nogal aangename herinneringe.

Ek dink dit is die basiese reels. Hou daarby en jy sal die tegniek van stealth bemeester. In my volgende bydrae gaan ek die voorbereiding van die kar bespreek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Mar 2018 @ 20:26:32 pm
Anonymous
Die voorbereiding van die toer-kar. Binne kan jy dit maak soos jy wil, al is dit net die agter sitlekke platgeslaan met 'n matras. Die belangderikste aspek is dit wat mense van buite af sien. Die donker tint op die agter ruite is beslis 'n moet. Ek noem dit in my video, die dag uitleg en nag uitleg.

As mense van buite af kyk ek afskuwelike goed sien wat die venster ruite bedek gaan jou kamp kar nie werk nie. As hulle beddegoed en alle soorte goed binne kan sien, gaan jou kar nie werk nie.

My kar het ek so ontwerp, met dag uitleg is dit my mobiele fotografie werkstasie. Ek kan agter-in sit en met fotos werk. Niemand vermoed dat ek ook daarin kan slaap nie! Dus is daar niks sigbaar wat aanduiding gee dat dit 'n camper is nie.

In die aand sit ek die twee deur ruit donker skerms in. Van buite af sien die toeskouer net swart ruite. Vra vir Jan, hy het dit self in die dag gesien! Gordyne help vir die atmosfeer binne die kamp kar. As ek die binne lig aanskakel, sal mense van buite af sien wat binne aangaan. Dit is die basiese beginsel waarmee jy die kamp kar beplan.

Ek wil nou net so ietsie byvoeg oor kamp plek tariewe wat ek voorheen genoem het. Gewoonlik as ek by 'n kamp aankom, noem ek dat ek net een persoon is en meestal pas die kamp die tarief vir my aan. Die gemiddelde kamp tarief, buite seisoen is so R160 vir twee persone. Baie keer kry ek dit vir 100 of 80 Rand. Dit maak 'n verskil.

Ek sê altyd vir die kamp plekke wat my help. Vir julle sal ek deur "word of mouth" 'n goeie woord doen. Die plek wat nie bereid is om 'n vergunning te maak nie, is hulle eie saak, maar verdien dan ook nie my ondersteuning in bemarking nie. Onthou ek blog my toere en 'n slegte ervaring kan baie verskille maak.

Sovêr die motorfiets blog, dit het ek gesluit en heelwat goeie stories verloor. Daar was 'n goeie rede om die blog te sluit wat baie te make gehad het met borge. As fotograaf moet ek versigtig wees vir product placement. Product placement is wanneer 'n baie spesifieke plek in 'n publikasie genoem word. As dit goeie publikasie is kry jy nie die dankie nie, maar pasop vir slegte publikasie! Jy mag dalk in die hof draai!

MAW, wees versigtig as jy begin plekname noem in jou beskrywing. Vir die komplimente sal jy in elk geval nie die dankie kry nie.
Word vervolg...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Mar 2018 @ 10:16:39 am
Anonymous
Toer beplanning. Baie lesers sal nou dink, ek weet, maar lees bietjie verder. Miskien leer ek jou nog iets. Dis jammer ek kan nie fotos plaas nie. My storie lyk vervelend sonder fotos.

Wanneer ek begin beplan aan ‘n toer, kyk ek eerste na my budget. Ek sit dan my petrol geld eerste uit. Dit bepaal my draai-punt. Baie mense gaan toer iewers en aan die einde van die dag kos die toer twee keer duurder en die maand daarop vervang droë brood die braaivleis en water die bier.

Ek kyk dan na wat wil ek graag huistoe bring van my ervaring. Vir my as fotograaf, mooi fotos. My draaipunt moet dan iets bied wat besonders gaan lyk in my gallery. Vir jou doelwit, miskien wil jy gaan rus in die veld waar daar nie selfoon opvangs is nie. Jy wil siels-rus ervaar.

Ek kyk eerste in my pad-kaart boek. As ‘n omgewing iets nuut is waar ek nog nie was nie, google ek die algemene omgewing. Die google kaart en dan die satteliet foto. Nou kan ek inzoom en alles bekyk.

Daarna soek ek kamp plekke. Ek kontak die plek per e-pos as Mnr Swanepoel. Hulle gee dan ‘n prys as kwotasie. Baie keer as ek op die toer by die plek aankom, is ek Mnr du Toit. Mnr du Toit betaal R80 vir kamp, waar Mnr Swanepoel R180 gekwoteer is en dan dit moet betaal.

Ek ondersoek ook backpackers. Baie keer is backpackers ‘n beter opsie as ‘n kamp terrein. Backpackers werk op die beginsel van deel-kamers met ‘n deel-badkamer, met of sonder beddegoed. (Onthou in ‘n kamp terrein is die badkamers ook deel- badkamers!) Die meeste backbackers laat toe dat jy in jou toer-kar kan slaap en betaal half-prys vir die gebruik van die deel- badkamer, sitkamer en kombuis en wat hulle bied. (In PE, bly ek in Koning srand vir R40 per nag, loop afstand van alles af en toesluit hekke. Geen kamp plek kan dit bied nie!)

Nadat ek my draai-punt en oornag moontlikhede ondersoek het, beplan ek om met ‘n sirkel roete te ry. Dit maak seker sin en is nie nodig om dit te bespreek nie. Ek hou van laat slaap en begin so 10H00 ry. As standaard is dit jou uitboek tyd op die dag van vertrek. Hotelle, kamp plekke.... almal werk so. Teen 14H00 of 15H00 begin ek weer my oornag plek soek. In 4 ure kan mens vêr ry!

‘n Vroeë aankoms gee jou die geleentheid om die plek te bekyk en rond te loop! So het ek al pragtige plekke ontdek wat ander mense nooit sien nie! Gesels met die mense van die plek. Baie keer kry jy ‘n uitnodiging om by mense te kuier om ‘n braaivleis vuur en jou ervaring te deel... lekker oornag in jou kamp-kar by ‘n woonhuis, van nuwe vriende!

Miskien sê jy nou ah-ha... Nog nooit so daarna gekyk nie! Vervolgens gaan ek begin toer-beskrywings deel. Ek gaan verder terug begin as my toer-kar... omdat al my vorige ervaringe gelei het tot die konsep wat ek nou gebruik!

Ek gaan kamp plekke noem waar ek goeie ervarings gehad het. Plekke wat nie lekker was nie sal ek net deur die dorp-naam aandui en jy kan jou eie afleidings maak! ... vervolg...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Mar 2018 @ 11:43:20 am
Anonymous

Ah-ha! Maar dit is complicated om 'n foto hier te kry! Lyk dit nou nie lekker nie! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
15 Mar 2018 @ 14:28:36 pm
Anonymous

Sover ek kon vas stel, die grootste en kleinste self aangedrewe campers in SA. Die bus is gerigesreer as Mercedes Caravan. Beide die bus en Uno spog met alles wat oop en toe maak en beide voertuie kan in die veld "off the grid" vir ten minste 10 dae met alle geriewe voorsien... insluitende 220 V krag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Mar 2018 @ 15:01:30 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3354
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Welkom Johan?

Tel dit as kamp as mens heelnag in die biertent deurbring?cool

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Mar 2018 @ 15:32:55 pm
Anonymous

Welkom Johan?

Tel dit as kamp as mens heelnag in die biertent deurbring?cool

Hahaha! Het jy dan vir my in Luderitz gekry, 2 jaar terug? Die aand van die 22ste? Ja, dit tel vir kamp! hahaha! Of het die motorfiets die Gringo's aand weg gegee?

 

Ek lief Namibië en gaan met my volgende beskrywing daar begin! Insluitende Otavi se kameel!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Mar 2018 @ 18:04:19 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4420
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 33 years
Welkom op die forum geniet die kamp kamp is koning
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Mar 2018 @ 18:30:46 pm
Anonymous

Dankie Bostoe!
Kamp in Aus. Ek was eerste daar. 'n Pizza en koue bier by Aus hotel, toe ek terug kom is dié mense van Robertson en Worcester ook daar! Ek het die foto die volgende oggend geneem! Dit was 'n ongelooflike lekker kuier om die kampvuur!
Namibië vervolg...


‘n Toer na Namibië.

Ek is baie lief vir Namibië en het al 5 vol paspoorte en elke stempeltjie het sy eie besonderse herinneringe. Ek ek dié land al plat gery en was al by alle plekke, behalwe Upuwa. Die Noorde van die land bly vir my die mooiste!

Kom ek begin by die grens. Ek gee uit my ondervinding altyd die raad. Voor jy van die huis af vertrek, laat doen ‘n Police clearance op jou voertuig. Maak ‘n afskrif van die registrasie sertifikaat en heg dit aan die klaring.

By die grens. Eers aan die SA kant, daar kan nie foute kom nie want ‘n klein vormpie vergesel, wys elke toonbank wat nodig is vir die besoeker. Aan die Namibië kant is daar soms onsekerheid. Eerste besoek, immegrasie. Dan verklaar jy by customs. Maak seker jy het nie vleis nie anders sal “meat board” jou dag omkrap. Maak seker jy betaal die “road fund” en hou ten alle tye die strokie byderhand. Ek plak dit sommer in die windskerm vas. Meeste kere sal jy deur die pad-blokkade gaan en wees maar vriendelik. (By immegrasie soek hulle die voertuig vin en daarom hou jy die klaring en registrasie byderhand.) Baie belangderik, daar moet ‘n bestemming aangedui wees met kontak nommer van die besoek punt in die land.

Die Suide. Grunau het maar een kamp plekkie en is nou onlangs bietjie opgradeer. Daar bly maar veiligheids situasies. Keetmanshoop bied ‘n goeie kamp by Maritz Game Lodge wat voorheen Lafenis was. Die garage eienaar het die “lodge” en kamp.
Daar is nie veel ander opsies nie. Kokerboom woud bied ‘n basiese kamp terrein en natuurlik die Visrivier omgewing.

Rigting Luderitz is die kamp plek by Aus baie oulik. Sien foto. O ja, Rosh Pinah het geen kamp terrein nie. Luderitz bied ‘n oulike kamp terrein en heelwat opsies. Mariental het Hardap en ook ‘n paar opsies.

Sentraal. Windhoek het ‘n paar opsies. Ek het al by Daan Vijoen gekamp en naweek besoekers het dit nie lekker gemaak nie. Andersins was dit lekker. Okanhandja kamp terrein is langs die hoof roete. Ek verkies die Groot 5 daar. Karabib en Usakos bied nie veel nie. Swakop en Walvis het nog nooit teleur gestel nie. Selfde met Henties. Ietwat oos hou ek van wat Gobabis bied. Aranos, meer suid, bied ook nogal iets besonders.

Noorde. Otjiwarongo bied ‘n hele paar baie oulike opsies. Selfde met Omaruru. Outjo, onderweg na Etosha is een van my gunsteling. Meeste mense vermy Ovamboland. Julle mis iets. Vanuit die Etosha Noorde hek sien jy ‘n ander wêreld! Tsumeb en Otavi is altyd op my toer plan! Ry die driehoek. Vanaf Grootfontein bly Kavango land na Rundu altyd mooi. Onthou die hekke, Maruranie in Kavango en Oshivello in Ovambo.

Nambië se ou vingerklip naby Mariental het omgeval en die nuwe vingerklip naby Xhorigas. Die versteende woud is al weg gedra en dit is ‘n teleurstelling. Ek is dankbaar om dit nog van die 68 en 71 toere te kon onthou.

Ek dink ek sal Namibië met bepaalde vrae wil antwoord. As jy iets wil weet... vra my.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
15 Mar 2018 @ 19:33:16 pm
Anonymous

Die foto is een van my gunstelinge in my gallery. Die woestyn, die swart teer, swart fiets met chrome vertel 'n storie. Die mooi dreun van die V enjin in die mooi landskap. Eendag het 'n bekende vir my gesê, die deel van die wêreld is so mooi dat die Skepper het eintlik omgekyk toe Hy dit klaar gemaak het. 

Die woestyn is 'n plek waarna jy twee maal moet kyk. Die persoon wat dink dat alles net dieselfde lyk, is verkeerd!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Mar 2018 @ 21:53:42 pm
Anonymous

Die risikos aan motorfiets toere is groot. Diefstal, pad toestande en letterlik elke aspek weeg meer negatief op. Die ergste van alles was, kamp plekke hou nie van motorfietse nie! Ek het 'n hele nag, dood moeg by 'n garage opgesit omdat die kamp terrein nie motorfiets ryers toegelaat het nie!

Die Uno toer-kar het nou in meer as een opsig sin gemaak. My goed kan toesluit. Ek hoof nie meet met al my besittings badkamer toe te gaan nie. Ek reen nie nat nie. Die wind pla nie meer nie... en die beste van alles is dat die Uno gee dieselfde petrol gebruik as wat die fiets gegee het.

Hier is my toer-kar van buite...

 

Merk op, die donker ruite agter. Die volgende foto is my toer-kar terwyl ek op die Weskus gekamp het. Die kamp terrein in St Helanabaai.

Ek gebruik krag by kamp terreine as dit beskikbaar is. In my toerkar is 'n elektriese ketel en ek kan dan ook die ander fotografie rekenaar gebruik. Andersins gebruik ek net my laptop om met fotos te werk.

Hier kamp ek by een van my gunsteling plekke, die seiljag klub by Villiersdorp. 

My volgende plasing gaan bietjie meer oor die binnekant wees, wat alles saamry en wat alles inpas! 

Ek is nou besig om vir die einde van die maand se toer te beplan! Miskien sien ek een van julle op toer!

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
16 Mar 2018 @ 11:47:14 am
Anonymous

Soos ek al genoem het, werk ek ook aan karavane. Miskien sal julle die werk wat ek nou moet doen, dalk self vorentoe moet doen. Die wiel het gebars en die band stukke het die plastiek wheel arch stukkend geslaan.

U moet onthou, dan wanneer in die reen gesleep word, die water sproei is amper so sterk soos 'n "pressure washer".

Ek maak nou eers de arch reg, omdat die nuwe onderdele duur is en net by groot diens sentrums beskikbaar is. Vandag moet ek alles waar die arch monteer moet word, goed skoon was om dit stof vry te kry. Anders is die "sealent" nie effektief nie.

Ek sal met fotos die taak beskryf. 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
16 Mar 2018 @ 12:55:41 pm
Anonymous

Ek het nou net 'n boodskap gekry en Jan vra waarom pos ek alles op een draad. Ek het op 'n ander forum geleer dat my storie ontvou soos 'n verhaal. Uiteindelik is alles gekoppel en dit maak dan sin vir die persoon wat daarvan hou om my te volg. (Soos 'n time-line.)

Wanneer baie verskillende drade geskep word, word die forum "ge-clutter" en bebaalde onderwerpe verdwyn, word dan 'n ou draad. Later as iemand die ou draad ontdek en daarop kommentaar lewer... word daar gesê, Ons is in 2018, die ou wat dit gevra het in 2009 is nie meer hier nie. MAW, die draad is eintlik ek en my storie.

Eie keuse, die mense wat daarvan hou om my te volg sal dit doen en daar is genoeg ander onderwerpe vir die wat my verhaal vervelend vind.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
16 Mar 2018 @ 14:02:34 pm
Anonymous

Die stukkende stuk uitgesny en met plastiek weld regemaak. Merk op die foto, dat die dwars stukkie nog nie gedoen is nie. Dit doen ek nadat die arch in is. Die regte produk om die werk te seel word Semestic genoem en is die gelykstaande aan dit wat CI gebruik. 

Semestic word ook soms as "cable compound" beskryf. Dit is baie sag as dit aangewend word en raak amper soos putty wat sag bly. Ek gebruik sommer genoeg sodat dit lekker uit-peul as ek die komponente bevestig.

Op die spesifieke karavaan het ek al die hele voor neus afgehaal, herstel en weer terug gesit. Ook die dak lasse onder die pop-up herstel. CI was maar baie suinig met die gebruik van die seel produk. 

Onthou net, met dié model karavaan is die voor en agter moulds plastiek en nie glasvesel nie. As die karavaan jare in die son gestaan het, kan jy sommer met jou vinger 'n gat in die mould druk!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
16 Mar 2018 @ 16:06:00 pm
Anonymous

 

Teen môre het die Semestic geset en ek kan begin met die afronding. Hierdie is werk wat ek waarborg. As die wiel weer sou bars sal die wheel arch miskien op ander plekke breek, maar nie daar nie. Ek het vir die man genoem dat hy bly kan wees dat die buite plastiek trimming heel gebly het. Aai, maar daai ou goedtjies is duur!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
16 Mar 2018 @ 16:51:07 pm
Anonymous

Dankie mense! dat julle my volg en bietjie kyk na my blogs. Ja, fotografie is my lewe en om te kan toer bied vir my ongelooflike ervaringe. Elke boodskappie op my blogs is awesome! Ek voel sommer tuis!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
16 Mar 2018 @ 17:31:32 pm
Anonymous

As van julle nou wonder hoe? My Google profile is klein omdat die bladsye groot is. Ja, ek kan regtig vlieg! Klik op die woord "profile".

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
17 Mar 2018 @ 11:35:05 am
Anonymous

Al wat nou moet gebeur, die novilon moet weer netjies teen die arch vas geplak word.

My volgende trip is Stilbaai omgewing. Moontlik sluit Jan van die forum aan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
18 Mar 2018 @ 10:35:28 am
Anonymous

Ek wil nou 'n video link gee na Porcupine Bos Kamp. Die video is maar swak gehalte maar mens kan darm sien wat daar aangaan. Porcupine lê tussen Ladismith en Laingsburg op die Seweweekspoort roete. 

Daar is 4 of 5 boskampe en die boskampe is vêr genoeg van mekaar dat besoekers by 'n ander kamp nie pla nie. Hoewel die terrein vir hoofsaaklik vir tente ingerig is, kan 'n 4x4 tipe kamp voertuig werk. Ek twyfel of die boskampe karavaan vriendelik is. 

Dit is die tipe kamp plekke waarvan ek hou omdat die atmosfeer dit maak. Joy en Allen is die eienaars en hulle het alles beskikbaar wat jy mag nodig het. Selfs ys pakkies en hulle woon "off the grid".

Klik net op die skakel onder.

Porcupine Bos Kamp

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
19 Mar 2018 @ 09:42:55 am
Anonymous

Een van die lekkerste bos-kampe waar ek al gebly het is Bushwacked langs die Oranje rivier. Mens sou dink dat dit vreemd is dat elke kamp staanplek met sy eie gras heining toegemaak is... maar eintlik gee dit 'n ongelooflike atmosfeer en privaatheid van ander kampeerders. Elke staanplek het dan ook sy eie afdakkie "kuier plek". 

Hiedie is een van die plekke waar jy vir een nag inboek en dan vir 3 nagte bly. Daar is 'n ongelooflike riet dak bar wat oor die rivier uitkyk! Vir belangstellendes kan ek nog baie fotos van die plek pos.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Mar 2018 @ 19:18:58 pm
Anonymous

Hallo mense! Elke jaar, die tyd van die jaar wil ek iewers wees! Altyd op die 22ste van Maart. Ek verjaar dan. Ek het nog net een aaklige verjaarsdag gehad... op die 22ste toe ek 50 jaar oud geword het, het ek langs die pad in 'n lorrie verjaar. 10 kilos voor Victoria Wes het ek myself verloor.

Ek was baie hartseer en was nêrens! Niemand het geweet wie ek was nie. Ek het my 50ste beplan... Op Sakkie se arkie in Upington, op die Oranje Rivier. My baas, het besluit, nee, jy gaan werk op sy lorrie. Daai sement lorrie sr@nt op my youtube kanaal.

Dit was nou 4 jaar terug. Laas jaar was ek op die dag by Villiersdorp dam. Vorige jaar, bier tent in Luderitz. 

More ry ek see toe. O ja, die kappie op die o wil nie. Sien julle oor 'n paar dae met fotos. 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
22 Mar 2018 @ 15:48:00 pm
Anonymous
Ek was toe nie see toe nie. Gister uit gereen. Ek skryf mos kort toer stories en die een was al voorheen ge-publiseer.

Jam roll met miere.

As mens so bike ry, is inkopies maar al ewig ‘n gesukkel. Die soentoe ry is nou nie die moelikheid nie, maar die daar gekom. So op my bike toer het die mense van twee kampe verder my genooi vir die bring en braai. Gesamentlik het die tannie gesê, sy gaan slaai maak.

Nou goed, so maak ons. Ek moet nou vir 40 liter koop… dit klink al te stupid, maar dis nou hoeveel die top boks kan vat… en ja, tegnies as jy al die dop daarin gaan gooi laat dit nie by die gleufies en gate uitloop nie, dis hoeveel daar sal in. Maar wies nou so stupid.

My stukkie vleis met so ‘n paar lang biere sal werk. Paar, is minder as ses, want die goed sal warm word en dan is die slaankrag van een gelyk aan drie. So vir ses se gekletter werk twee. Vir die gesamentlikheid moet daar mos nou darm iets bykom. Nou drentel ek so doelloos en bekyk wat. Nee, pak tjips is te min… so ‘n groote eet ek alleen op. Ons is mos seker so vyf al te saam.

Ek voel so op my sak, nee hy is nie so dik nie en is net so plat as hy leeg is. So by die gebak steek ek vas en bekyk die specials wat so op “sell by” is. Aaah, die jam rol sal werk… met custart ook. As daar nie bakke is nie en die jam roll kom in papier borde, score ek mos op my custart… of hoe?

Alles pas in en dis nie nodig om met ‘n plêstiek sak op die handles te ry nie. Dis so net na middag en die mense ry nog rond… Die motorbike het nie ‘n yskas nie en so moet goedtjies maar in die koelte bly. Ek gaan lê bietjie… lekker op my rug…

Later snork ek myself wakker… so ‘n keel seer gesnork en nog gedroom ook van ek weet nie wat nie. Meteens onthou ek van die goedtjies wat moet koel bly, gelukkig het die son nie daar geval nie… Ek kyk, en kyk weer… ja dis aangeval! Die Jam roll… die miere… So sonder om te dink val die ou army taal sommer so uit my bêk… Ek kyk en die mense is nogie daar nie…

Nou sit ek by die sement tafetjie… met die jam roll en die blik Doom. Ek dag toe nee, as die ding geëet word. Moet ek saam eet en as ons nou almal gelyk moet klein huisie toe storm, sal die jam rol met Doom nie werk nie. Aan ons kant is daar ook net twee en wat van die een wat moet wag?

Nou sit ek pik ek die miere so af met my vinger punte… Dit lyk as hulle af is maar nou sit en kyk ek die ding. Wat as daar nog miere uitkom waar die jam is… Seker vir ‘n half uur staar ek vir die jam roll. Iemand anders wat verby loop sê, jy kyk net die ding, eet hom… Ek sê ek kyk eers.

Dit tref my toe soos ‘n nat vis… die jam rol is uit sy verpakking uit, hoe beduie ek nou dit? Ek stop toe die jam rol sommer so in die sak. In my tent kry ek my braaivleis pakkie en sit die vleis in ‘n plêstiek bakkie sonder deksel. Die ontdooi verskoning sal daar werk. Ek spoel die swart foam bakkie mooi af en met die skoonste punt van my handdoek droë ek hom mooi af.

Nou lê die jamroll op die swart foam bakkie… O ja, darm op ‘n servet. Nou hoe nou? Ek het altyd so ‘n paar van daai deurskynende plêstiek sakkies vir wat ookal. Net soos die tannies in die ou dae met die bazaar koeke gemaak het, blaas ek ewe bêkvol lug sodat die sakkie nie so op die jam rol lê nie. Nee dit lyk nog nie reg nie…

Ek pluk so ‘n paar van daai oranje blommetjies… mooi afgespoel en al kant van die jam rol. Toe lyk hy reg. Nadat ek hom mooi geknoop het soos die ou bazaar anties die koeke geknoop het… bêre ek hom waar die miere nie weer sal bykom nie … en net so ‘n spuit Doom in daai rigting.

Daar gekom sê die antie maar dit lyk mooi! Na die braai so met die agterna pratery kling die microwave binne die karavaan. Die tannie kom mooi uit met ‘n skinkbord… vyf groen Jurgens bakkies met ‘n snytjie Jam roll en custart.

Dit was lekker… wel as daar iewers nog ‘n mier sou wees, sou die microwave hom seker gaar genoeg gemaak het! Aai, lekker herinneringe so op ‘n bike toer, maar my geheime bly my geheime… of dalk nie?
Tour Biker

Die volgende storie is op pad en ek gaan hom hier deel, die groot toer lieg bêk wat ek vandag raak geloop het!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
22 Mar 2018 @ 17:16:45 pm
Anonymous
Liegbêk met groot oë.

Ek ken mos van toer en was al daar. My broer bedryf hier van die huis af, so ‘n klein werkwinkeltjie waar hy ander se vlenter ry-goed reg maak. Ek sit maar hier buite op my hout stoeltjie toe die mooi 4x4 Toyota Land Cruiser kampeer ding hier inry.

Ek vlië op om te kyk. Hulle gepraat is oor dit wat stukkend is. Na die gepraat vra ek hom nou waar die ding al oral was. Botswana, Mosambiek, Zimbabwe, Namibia en so vloei die stories. Waar na-toe volende... Hy sê, maar weer Kalahari toe. Ek ken van Kalahari!

Hy praat so graag, ek kry nie eens ‘n woord in nie. Twee Rivieren is mos so... ek was ook al daar! Waar hy noual in die park was, maaki-saaki. Daarna was hy Namibië toe. Ekke was ook al daar.

Sonder asem haal... kom hy by ‘n plek... haak vas, bly stil, seker om asem te haal! Ek kry so vinnage woordtjie in en sê dat een van my lekkerste plekke waar ek ooit gekamp het was by Aroab. Hy beduie toe dat nog nooit daar was nie. Hy het al van Kalahari af, Keetmans toe gery.

Ek vra... Rietfontein? Die man kry toe so ‘n blou kleur, nee sê hy. Ek verduidelik toe in my swak Afrikaans wat ek van geboorte af praat, ... As jy uit die Kalahari uit ry, kom jy in die dorpie, Rietfontein... Daar stamp jy uit en aan Namibië kant, Klein Mannasse.... Dit is paspoort stempels wat raar en skaars is! Dan moet jy deur Aroab ry om by Keetmans uit te kom!

Ek het nog nooit so ‘n gesig gesien nie! Toe ek die padkaart uithaal beduie ek toe...
As jy dan al langs die draad op of af gery het, af moes jy dan tot Hohlweg gery het... dan kon jy nog nie Aroab misry nie... en as jy op gery het tot by die “toe” Mata hek, het jy iets awesome gedoen....

Ek begin toe vertel van Aroab. Die keer praat ek en hy bly stil. Ek vertel van die grond pad. Baie mense vra my, ek het ook al die fout gemaak! 170 of 171 kilometer? Dit ‘n ‘n Map Studio druk fout! Die werklike afstand is 168 kilometer. Beide afstande, 171 en 170 is aangedui en die afstand is nie 341 kilos nie!

Ewe skielik voel die man ongemaklik. Dit is nou maar een voorbeeld van sy gepraat! Ek bly bietjie stil. Ons kyk terwyl my broer mechanic aan sy Toy krap. Ek vra hom of hy al in Marra- cuenene was? Juis met die asem haal tussen-in. Nee sê hy, hy was nog nie in Angola oor die Kunene nie.

Hoe kan jy in Mosambiek getoer het sonder om deur Marracuene te ry? Miskien was jy dan net by Maputu by die see... dan kamp ek liewer op die Suid-kus van Natal. Nie gesê nie... net gedink. Die geselskap is nou uitgedoof. Toe ek loop sê ek, maar geniet jou toer.... weer op die hout bankie.

Nou sit en luister ek lang afstand. Die ou sien my nie sit agter die skuiling nie. Hy vra my broer... Die ou was oral? Ja, vertel my broer tot bo in Lubango. Wat gekos, met borge, bla bla bla.... Twee wiele, 4 wiele, 18 wiele en 26 wiele. Hy was daar, regs en links gery.
Later is die Toy se probleem uit-gesort en die ou ry. Intussen was ek weer in my flêt in en anner dinge gedoen. My broer was toe dié een wat begin gesels het, soos hy werk. Hy het vir die jafel vertel waar ek al oral was!

My broer vertel my agterna, dat die ou se bêk het oop gehang. Dis nou toe ek gepraat het, terwyl hy asem gehaal het. Hy, my broer het hom so in een asem, my radio en TV onderhoude genoem van die werk wat ek in Afrika gedoen het. Toe raak hy stil.

As jy wil lieg oor ‘n plek waar jy was.... nie gewas was nie, lieg dit net vir die regte ou!

Tour Biker verhale.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
22 Mar 2018 @ 20:18:11 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3354
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Lekker verhale Johan!

Laat waai.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
22 Mar 2018 @ 21:23:29 pm
Anonymous
Dankie HM, "Komlimente vir knape" het ek vir besonderse mense geskryf... Die gesigte op geld note.

Komplimente vir knape

‘n Knaap is nou een wat mens se naam nie ken nie of net van weet. Van dié het ek ‘n foto. Dis lekker om bike te ry as dit warm is, maar dan kry jy ‘n ander soort warm ook. Die warm woestyn wind brand amper. As jy stop waar daar nie ‘n boom is nie, is dit eintlik koel. Ek is nou net verby die bortjie… Lüderitz 50.

Ek dink weer, mense gaan ek ontmoed maar wie die keer? As ek die laaste afdraende sak, is die spoed bortjie 60, nogal lekker om te sien… want jy is nou daar. Daar is meer drank in Namibië as koue melk. Die eerste winkel sê sommer klaar op die swart opvou bord… KOUE BIER HIER. O ja, en KOUE YS. Ek het nog nooit warm ys gesien nie. Net soos die ou wat om die ronde sirkel gery het. Nogal ‘n mooi naam wat die plek het… Koop en Loop… omdat sommige plaaslike mense net daar op die stoep sit en later daar lê van die goed wat hulle gekoop het.

So regs van die winkel is ‘n verslete stukkie skadu net…. Langs die geroeste kar voel ek vir my plat pakkie. Almal is al so krom en die boksie voel so klam gesweet. Ek hoor die stem… Engels met die Duitse aksent. Sommer gou gaan ek weer deur die vrae… ja en nee. Hy het sulke lang tooiing hare en bied iets aan… en sommer gou sak die groen bottel af, sonder om kante te raak. Op dié toer gaan ek nie Windhoek toe nie.

Ek sien jou weer… so sê mense al weet jy, jy gaan hom dalk nie weer sien nie. Daar is net ‘n paar strate… en dis maklik om my adres te kry. Schinz Straße. Ek verstaan van daai woorde. Ek kan dit skryf ook.

Ek weet nie van ander nie, maar die eerste wat ek aantrek is ‘n kort broek. So asof alles moet wind kry. Dan loop ek deur die strate… Om die plek te bekyk is gou. Ek was al baie daar met werk. Snaaks, hoekom gaan mens altyd daar waar jy klaar was? Môre sal ek sien waar ek nognie was nie.

Die volgende knaap is saam sy meisie daar. Alles verkoop en op ‘n wêreld toer. Hier met die grys Polo. Hoekom rol die Merikane hulle woorde so, amper moeilik om te verstaan. Sy naam is Timmon en haar naam kan ek nie onthou nie. Gelukkig werk “You” goed sonder ‘n naam. Ons eet saam. Die praatjies was maar oor hoe om te ry.

Die volgende dag is ons saam spookdorp toe. Ek het verjaar en alles was okay om te doen en te hê, ‘n babalaas ook. Toe ek uitry is dit nog donker. Ek prewel die dankie vir die ou by die skadunet wat ek nie weer gesien het nie. Die Merikane het ek ‘n paar maal weer gesien… so onbeplan saam gery.

Dit was al son onder… ek gaan donker daar kom. My groot dubbel ligte werk mooi… Op bright, dim die karre vir my. Dis ‘n lekker warm aand… Dis asof die donker die klank van die V enjin mooi laat klink… soos musiek.

Ek het nie eens geworrie van die tent nie. Dit was warm genoeg. Die oggend moes ‘n knaap vir my help met jump start. Seker het die groot ligte die battery bietjie gekou en met die gekarring van die petrol ruik van erens… bietjie gesukkel. Ek weet nie wat was sy naam nie. Weereens prewel ek die dankie toe ek daar uit ry.

Knape wat ek nou nie juis wil onthou nie is daar by die groot hekke na die Noorde. Altyd kyk hulle jou so asof jy smokkel of iets verkeerd doen. Mens kry ‘n skuld gevoel oor niks. Daar verby voel dit asof jy nou by die huis is… al is die huis nog vêr.

Ek weet ek gaan nog knape ontmoed.

Mandella se gesig vervang nou vir Hendrik Witbooi. Twee knape se gesigte wat ek rond gedra het en nooit eens ontmoed het nie. Ek prewel weer dankie vir die knape se gesigte. Was dit nie daarvoor nie sou ek nie so kon toer nie. Komplimente vir daai knape.

Tour Biker
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
22 Mar 2018 @ 21:35:08 pm
Anonymous

Foto van die ou in die boonste beskrywing wat die koue groen bottel gebring het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
24 Mar 2018 @ 17:08:31 pm
Anonymous

Wat dink julle? Is die stories wat ek gepos het die waarheid, of uit gedink? Hier is die foto vir die storie: Liegbêk met groot oë.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
03 Apr 2018 @ 11:43:35 am
Anonymous

Ek wonder hoeveel ouer mense "tick" so maklik soos ek. Ek noem dit nou "tick" omdat die dokter dit aan een of ander mediese toestand toeskryf.

Ek raak van my kop af as iemand 'n radio hard speel. Doef doef musiek ook. Iets wat flikker... of soos die foto gallery op die forum wat die volgende foto soek en bly rol.

Agter ons werk daar 'n grondverskuiwings masjien. Dit maak die hele tyd peep peep. Ek raak van my kop af. Honde wat aanhoudend blaf. 

Iets wat my mal en naar maak, is mense sonder tande wat aanhoudend praat. Die mense wat op straat loop en vloek. Jongmense se klere, veral 'n broek wat nie opgetrek is nie en sy onder goed moet uitsteek.

Toe ek jonger was het dit my nie gepla nie... Nou raak dit net erger. Oor die algemeen raak ek maklik geirreteerd. Iemand wat aanhoudend goed vra, asof jy die wyse man is wat alles weet, maar hy luister nie na jou nie.

So kan ek nog baie voorbeelde noem. Nou voel ek beter nadat ek dit geskryf het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
03 Apr 2018 @ 22:28:34 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 63 years
Johan dit lyk my jy ly aan 'n siekte genoem Misophonia. Google dit en kyk wat jy dink.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
04 Apr 2018 @ 11:50:37 am
Anonymous
Jan, ek het nou daai ge-google. Wat ek begin ontwikkel is maar net met ouderdom verwante as mens se draad begin kort raak. Sommige dae kan jy meer vat as ander dae.

Die dokter sê... Die menslike liggaam word deur hormone beheer. Met ouderdom, of wat ookal kom daar veranderinge in hoe die hormone vir jou laat werk en dink.

Sovêr die benamings van siektes... elke ding het al 'n naam en dan het ek seker ook 10 miljoen siektes onder lede... Ek ken nie die naam van die skewe tone wat maak dat ek omtrent nie 'n skoen kn dra nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
Reply to Topic
Not Registered
0% Profile Strength
Posts: 0
Joined: Not yet