English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 530
Total Replies: 64 966
Total Views: 80 434 487
topics: 1 002
replies: 14 370
views: 3 946 540
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.

ALWEER HOUTVROT

replies: 21
views: 300
5 days ago @ 14:27:03 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Sou julle se dat houtvrot meer voorkom by n wa wat vanaf kus gebiede kom vs n wa wat meesal net binnelands gebruik is. Soos byvoorbeeld in die droë Vrystaat. vs KZN kus dorpe.

Die teorie is/was mos genoem dat vog ingesuig word met hitte uitsetting en inkrimping en dan op n plek waar die seël n biki tot niet gegaan het.
5 days ago @ 14:32:43 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Sien in Classifieds hele klompie waens te koop. Vanaf KZN tot orals, vandaar my nuuskierigheid.
I love camping all year round
5 days ago @ 15:29:00 pm
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2421
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Nie baie vog in droer gedeeltes nie, Johan.
Sal nog gebeur met reen, ensv,
maar nie so veel as by die kus nie...
On The Road Again
5 days ago @ 15:36:48 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2261
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 41 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Sover ek van 'n werkswinkel kon verstaan is die son ook 'n groot sondebok tesame met die materiale wat sedert omtrent 1995 gebruik word wat nie hou van son nie. Dit beinvloed die seel proses.

As daar wel water onder 'n afdak sou inwaai bly dit langer nat as bv as dit onder skadunet gestoor word. Verder die hitte onder die sinkplate is ook nadelig as daar nie genoeg ruimte tussen die 2 dakke is vir ventilasie nie.

Die naweek stap ek onder my luike deur en skielik voel ek die ekstra hitte onder die luik terwyl wa in die warm son staan. Temp was 43. Ek sit toe 'n stuk mat bo-op die luik en dadelik val die temp onder die luik na 39 grade.

5 days ago @ 17:43:37 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1616
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Ek twyfel sterk of kusstreke iets met houtvrot oorsake te doen het.  Feit is, of jy in die binneland bly of by die kus, jou wa moet gereeld herseel word om waterlekke te voorkom wat sal oorgaan tot houtvrot.

Johan, ek is nie bewus van die teorie waarna jy verwys nie.  Waar kan 'n mens 'n bietjie meer daaroor gaan lees ?

Lennie
Brackenfell, Cape Town
5 days ago @ 17:52:35 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2261
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 41 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Wat oom Johan na verwys. Ek dink die praktiese demo waar vloeistof opgesuig word is waar mens koperpype soldeer. Die soldeersel word in werklikheid opgesuig tussen die 2 oppervlaktes.

5 days ago @ 19:13:24 pm
DK
Titanium Member
Offline
Posts: 640
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 16 years
Vehicle: Nissan X-Trail, 2lt dCi
Camping: My Sprite Swift
My teorie sê, solank ń karavaan elke 2de jaar geherseel en na elke kamp "ge-fumagate" word is die "game" veilig teen houtvrot.
My karavaan staan geberg onder ń shadeport met sy jassie oor waarvan hy 1maal/week oopgemaak word.
Ek glo amper nie provinsies maak ń verskil nie.
Dit is hoe jy is en voel oor jou karavaan.
5 days ago @ 19:26:54 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8095
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 18 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Ek weet nie hoe maklik trek seelug in tot waar die hout is nie....maar ons kom nou terug vanaf die Suidkus en het al die kant panele se vensters moes was van daai vetterige vogtigheid. Selfs alles binne in karavaan kon jy voel het so n "vetterige see lagie" soos yskas en kassies ensovoorts. Tentpale ook alles gewas...selfs die binne tent pale het daai klam vetterige lagie op gehad.
5 days ago @ 21:12:36 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Lennie, op n vorige draad het iemand verwys na dit. Ek het gevra of dit nie hare kloof is om te worry oor houtvrot nie. Danie se verwysing gazn oor inkrimping en afkoeling van kante. As die lug binne by hout panele sou afkoel verander die lugdruk en vogtige lug mag inkom. Ek het gereken as mens n gat azn onderkant van so n probleem boor, en begin opvul met skuim.. bo punt ook n gat om lug uit te laat , dan vul die skuim die verotte hout op.
Dink aan n poging om dit goedkoper te maak as om paneel oop te maak.
I love camping all year round
5 days ago @ 21:20:11 pm
DK
Titanium Member
Offline
Posts: 640
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 16 years
Vehicle: Nissan X-Trail, 2lt dCi
Camping: My Sprite Swift
Lennie, op n vorige draad het iemand verwys na dit. Ek het gevra of dit nie hare kloof is om te worry oor houtvrot nie. Danie se verwysing gazn oor inkrimping en afkoeling van kante. As die lug binne by hout panele sou afkoel verander die lugdruk en vogtige lug mag inkom. Ek het gereken as mens n gat azn onderkant van so n probleem boor, en begin opvul met skuim.. bo punt ook n gat om lug uit te laat , dan vul die skuim die verotte hout op.
Dink aan n poging om dit goedkoper te maak as om paneel oop te maak.
Goeie idee, dit kan werk.
Die belangrikste dan is om baba poeier of blue death reg om die wa te strooi om ongenooide gaste insekte buite te hou.
Ek gooi altyd na die wa ge-fumagate is ń paar motbolle binne die karavaan asook in tent sakke, nosecone ens...
5 days ago @ 21:44:27 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2448
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Kus streke het n hoèr humiditeit, en dit is gunstiger vir fungus. Maar vir die fungus om te groei, moet die vog in die hout ook genoeg wees, dink sowat 25% ??, maw daar moet n lekplek wees waar water deur die hout geabsorbeer word.
So in vogtige lug alleen sal daar nie vrot inkom nie. Fungus spore is die wereld vol, en alreeds op die hout, moet hulle net nie natmaak nie. Hulle funksie is tog maar daar om hout af te breek, en deel van die Groot plan.
5 days ago @ 22:05:17 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Herman , dis dié wat my onrustig stem. As n erkende werkswinkel nie eers n wiellaer oordentlik kan diens nie, hoe nou oordentlik seel. Dis n meer gesofistikerrde joppie. Oues moet eers mooi skoongemaak word en dan nuwe seeler.
Ek wou eintlik se na die storie v.d. wiellaer ordeal dat ek my bedenkinge het oor n goeie, kundige werkswinkel. Daar is goeies...... maar hulle is besig om uit te faseer en die nuwe generasie is nie juis betroubaar nie.... of die opleiding kom kort. Of wat ookal.
Ek het altyd in my werkswinkel dae gevoel. Jy moet die werk beter as die werker kan doen, anders is dit nie goed genoeg nie. Vat jou Truimph se herbou as voorbeeld. Sou jy tevrede gewees het met die kwaliteit op die karretjie vs n vreemde werkswinkel. NEE.
I love camping all year round
5 days ago @ 22:44:12 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2261
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 41 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Oom Johan jy het 'n goeie idee daar. Ek wonder net hoe kan mens bepaal waar die houtvrot oral is. As dit op die dak is sal mens dalk 'n klomp gate moet boor. Die kanker versprei mos die heeltyd. Met 'n oopmaak kan mens sien waar die hout vervang moet word.

Verder as dit op die deel is waar iets moet inskroef soos jou opslaan dak of dalk die gas stutte dan dink ek daar is net een oplossing.

5 days ago @ 22:51:04 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Jip, sal nie weet waar dit is aleer jy nie n vogmeter gebruik nie.
Hehehehe. Dalk het jy nou n skuim karavaan.
Help my reg... daai skuim as dit geset is dan is dit redelik waterdig en as jy dit in n geslote plek inspuit en dit word droog, is dit ook redelik waterdig. As dit die fungi afseel van suurstof en water mag dit dalkies werk. ????
I love camping all year round
4 days ago @ 06:35:51 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2388
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Oom Jeep

Daai skuim kan dalk week maar dis baie moeilik hanteerbaar. Sodra jy dit gespuit het, "expand" dit. Ja dit word hard maar daar is geen waarborg dat jy dit so gevul kan kry dat daar nie gaatjies of "gangetjies" gaan wees waar die water kan in loop nie. 

Ja die skuim het vog nodig om te "cure". (Ek verkoop die skuim aan die myne)

Ek het van die skuim gebruik by my huis om gate in die mure toe te maak vir ongewenste gaste soos slange end muise. Sien fotos

Jip
4 days ago @ 06:45:03 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2388
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

As hy hard is sny jy hom af met n Stanley knife. Dis amper soos polystyrene. 

As jy mooi werk, kan dit waterdig wees. Die vraag is net hoe beheer jy dit as jy dit tussen panele inspuit waar jy niks kan sien nie.

Baie houtvrot kom voor waar die panele aan die "chassis" vaskom. Hierdie is beslis nie n oplossing daarvoor nie.

Houtvrot wat gekoppel is aan die struktuur van die wa moet behoorlik reggemaak word soos by die dak, vensters en chassis anders gaan die wa op n stadium uitmekaar val en dan word die wa n kosstalletjie langs die pad.

Jip
4 days ago @ 07:14:39 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Dankie Hannes. Ek verstaan dat die houtvrot maar immer en orals n probleem is.
Ek bevraagteken NIE die regmaak proses deur panele te verwyder, hout vervang en nuut oortrek nie. As dit moet, dan moet dit.
Soms is n klein gedeelte op n sy-paneel ge-infekteer. Jy kan dit so los of skuim inspuit totdat dit uitpeul by die "inkom" gat of by n gemaakte gat. Het gedink dat dit n manier is om die verspreinding van die vrot te voorkom en af te seel van binne af....goedkoop manier .
Soos FLIP (FLIP&TILLA) verduidelik het op n vorige draad waar hy n klomp karavane getoets het met n vog meter en gevind het dat groot meerderheid van karavane houtvrot het.
As jy kyk soos Herman se verduideliking, dan kan jy die vog persentasie verklein (dalk) en verder verspreiding hokslaan.

My oorspronklike vraag was nie die herstel proses nie maar n karavaan wat meesal in Vrystaat/karoo omgewing gestaan het vs een wat in kus gebiede gestaan het.
Soos Herman ook hierbo verduidelik het, moet die fungi vog kry om te groei. Dus dan ook suurstof.
Ek glo nie die "buite-seël" alleen gaan die ding doen nie, al doen jy dit 110% per jaar.... daar sal immer n plek wees vir vog om in te kom.

Ek het ongeveer tien jaar terug n wa gekoop in KZN. Vandag weet ek die ou het my NIE gese van die houtvrot nie, eers agterna uitgevind, toe skroefies uit getrek het wat vrot geroes was.
Die wa het NIE uitmekaar geval nie en ons het vele kampe met hom geniet. Ek het opgegradeer na Exclusive omrede die badkamer wat die ou oom se blaas nodig gehad het.
I love camping all year round
4 days ago @ 07:42:08 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Lees gerus die draad wat vorentoe gekom het
HOUTVROT.
Almal se kommentare asseblief.
I love camping all year round
4 days ago @ 08:15:34 am
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1616
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Ek dink ons dwaal iewat af van die oorspronklike vraag, naamlik is houvrot meer moontlik by kusgebiede as in die binneland ?

Dankie Johan, ek het Leon se teorie op die ander "Houtvrot" draad gelees.  Hierdie teorie is daarop gebaseer dat water of klammigheid iewers penetreer by 'n las op 'n wa wat nie behoorlik geseel is nie.  'n Wa wat by die kus staan gaan natuurlik aan meer vog blootgestel word as 'n wa wat in die droeë Kalahari staan. Sou so 'n wa nie behoorlik geseel wees nie, maak nie saak waar hy staan nie, en die wa word aan vog (of dan water) blootgestel, gaan die water na binne lek en houtvrot tot gevolg hê.

Die punt wat ek probeer maak na aanleiding van die inleidende vraag is dat dit is nie die kus-omgewing wat houtvrot veroorsaak nie, maar wel die nie gereelde seeling van 'n woonwa.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
4 days ago @ 09:56:56 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Dankie Len.
Dit beantwoord my vraag. Hetsy swak seël, gereeld seël en kus / binneland waens.
I love camping all year round
3 days ago @ 17:44:28 pm
Kanneman
Moon Member
Offline
Posts: 998
Joined: 04 Mar 2006
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Fortuner
Camping: Caravan

Ek is van mening dat houtvrot te wyte is aan die patetiese vakmanskap van ons plaaslike karavaanbedryf.

Waar is die vakmanskap en bouvernuf van die Jurgens modelle tot en met middel tagtigs? My Fleetline 5 was ligter as my Gypsey Romany, kon slaggate baie beter hanteer, was stof en waterdig, kon die Etosha grondpaaie sonder moeite of skade hoeveel kere kafdraf, het geisoleerde dubbel venster "glas" gehad vir die Vrystaat se koue winternagte, en het meubels gehad wat gebou was om te hou. Geen kassies het ooit vanself oopgegaan nie.

Meubels word deesdae met kramme (staples) aan mure en vloere geheg. 

Aluminium panele word met sagtestaal (mild steel) spykers en skroewe aan onbehandelde dennehout sparre vasgeslaan/geskroef. Hulle leef nog in die era voor vlekvrye staal.

Sikaflex is iets waarvan hulle nog nie gehoor het nie.

Oorvleueling van panele (dakteels oorvleuel, en lek nie eens in 'n reenstorm met wind nie) is iets waarvan hulle nog nooit gehoor het nie.

Behandeling van hout teen elemente, soos met dakkappe, is ook 'n onnodige uitgawe vir hulle. 

Die gebruik van hout soos saligna wat geen kwaste bevat nie in plaas van dennehout vol kwaste in die raamwerk is ook iets vreemds vir hulle.

Onder-vloer sëelaars om verotting van die vloer vanaf opslaan vogtigheid te voorkom is ook 'n vreemde begrip by hulle.

Minimum spesifikasie bande was vir jare al wat hulle op aangedring het om te pas.

Gegalvaniseerde onderstelle is ook onbekend aan hulle.

Die gehalte van stoffeerwerk is pateties in verhouding met die ou dae.

Ek sou graag Amerikaanse woonwabou standaarde in Suid Afrika toegepas wou sien. Net 'n paar kampeersleepwa bouers sou die paal gehaal het. CI Jurgens sal die toets elke keer dop.

Dont confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
3 days ago @ 18:24:51 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1135
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 46 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Kanneman ek stem saam met jou. My ou 1984 Jurgens Fleetline is nou by my dogter hulle. Glo my in al die jare is hy nog nooit herseel nie....en het nie houtvrot nie. Sy bearings is nog oorspronklik en word net elke 5de jaar nuut ge ghries. Alles is nog oorspronklik behalwe dat n dubbeldeur ys/vrieskas jare gelede ingebou was.
Goeie en betroubare vakmanskap van daardie jare. Ek gee toe hy het sy hele lewe lank onder n afdak gestaan. Vandag se nuwes kan dit nie ewenaar nie. Daardie ou Fleetline se bearings lyk soos pierings teenoor die nuwe karavane se vaseline proppies.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First