English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 295
Total Replies: 49 989
Total Views: 80 905 111
topics: 1 079
replies: 5
views: 3 980 975
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.
Quick Navigation

Jurgens spaar sleutel ???

replies: 11
views: 326
14 Nov 2017 @ 20:46:29 pm
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 187
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years
Ek het my broer gehelp om n tweede handse 2009 Jurgens Classique te koop. Ongelukkig het hy nie n spaar sleutel gekry. Ek sien hy het n nommer op. Hoe maak n mens? Kan eek na n gewone slot snyer toe gaan? Sal hy blanks he? Eimand se nie se hulle is spesiaal.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 06:46:27 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8973
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Peter. Ek het n keer my karavaan sleutels verloor. Ek het toe vir Jurgens Ci gebel en vir hulle die onderstel nommer van my karavaan gegee. Hulle het n data basis waar hulle rekord hou van alle karavane en hul sleutels. Hulle het toe vir my sleutels laat aanstuur na die naaste Campworld.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 07:02:03 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1666
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Peter, weet nie van Jurgens nie maar vir die Sprite kan jy nie 'n blank kry by sleutelmakers nie. Het die nommer op die sleutel na woonwa plek geneem en hulle het vir my spaar sleutels bestel. 

Wat my bekommerd het is dat van die sleutels vrylik op hulle rakke hang en verkoop word. Hulle het nie myne op die rak gehad nie en moes bestel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 07:13:57 am
DK
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 895
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Ek het al telkemale my sleutels verlê. Gelukkig is my jonger broer se buurman 'n ''Locksmith''.

Ek het die Swift se slot uitgehaal en hy het vir my oor as genoeg sleutels gemaak.

@ Jan, ek moet byvoeg dat sommige ''Locksmiths'' wel blanks het vir Sprite.

Om die vraag te beantwoord, ek dink dit sal baie goedkoper wees as om 'n sleutel te sny by 'n Locksmith as om volgens die nommer te koop by Campworld.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 08:07:09 am
Nabro
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 12 years
Ek kon nie 'n sleutel laat sny met die sleutel alleen nie. Ek moes slot uithaal en saambring, maar dalk is daar mense wat dit wel kan doen sonder dat die slot saamgaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
15 Nov 2017 @ 09:35:46 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2690
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Peter ek weet nie hoe lyk die sleutel wat jy wil laat maak nie maar my sleutel se profiel lyk net soos hierdie algemene sleutels wat jy op garagedeure kry. Ek sal dus verbaas wees om te hoor dat slotmakers nie 'n "blank" het om dit te kan sny nie. Baie v d ouer petroldoppe het ook dieselfde sleutel gebruik. So ook die slotte wat mens koop by hardeware plekke om 'n skuifdeur te sluit dat dit nie kan skuif nie.

Hoop jy kom reg. Dalk wil jy by 'n slotmaker uitkom wat jare op sy "trade" is ipv die sleutel kiosks wat in party winkels is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 10:10:04 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 467
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

Ek het verlede Saterdag vir my Raven 'n spaar by Deon's locksmiths hier in Roodepoort laat maak. Ek kon wel nie by die gewone plekke laat sny nie. Het R65 per sleutel betaal.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 10:34:03 am
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 187
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years
Dankie almal. Ek het 'n Campworld gebel, nommer gegee, in vooraad R69.00 stuk - wat 'n plesier.
Maar klink die porta-pottie sleutel kan dalk 'n probleem wees. Hulle praat van vervang die hele slot met nuwe sleutels.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 13:13:07 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9284
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

As die gewone sleutel plekke nie blanks het nie probeer Chubb security winkels. Hulle sny ook sleutels en moontlik sal jy daar reg kom.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 17:40:40 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4177
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Wel ekt my wa eendag gevat na waterkloof woonwaens en sleutels by hui vergeet.. daars blykbaar n sleutel wat ALMAL oopsluit

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
15 Nov 2017 @ 19:35:18 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4420
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 33 years
Hier leer ek nou puik
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Nov 2017 @ 19:44:44 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9284
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Tydens Randse Paas skou in 2000 het ek en my broer elk twee nuwe Pentas bestel. Toe ons hulle in Julie van daai jaar gaan haal toe pas ons sleutels op mekaar se karavane. Selfde nommers gewees.  Dit was heel toevallig gewees.

Dit sê vir my daar is meer as een karavaan daar buite wat van dieselfde sleutel nommer gebruik maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
Reply to Topic
Not Registered
0% Profile Strength
Posts: 0
Joined: Not yet