English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 492
Total Replies: 218 527
Total Views: 81 874 032
topics: 1 117
replies: 11 257
views: 4 791 229
Jokes and everything else that makes you laugh

Slegs vir Ford Eienaars

replies: 27
views: 535
15 Mar 2019 @ 10:39:29 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Wie onthou die ou Ford advertensie....” Have you driven a Ford lately?”

...En Landrover/Toyota fans se antwoord...”Have you driven over a Ford lately !?” 😁😁

 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 13:46:23 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Eina......!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 14:32:06 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6985
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Mooi man.......... yell

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 16:22:33 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1185
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Nie 'n halwe kans nie...die LR gaan sukkel want hy sal aanhou gly op die olie wat hy lek terwyl die Toy sal omdinges die oomblik wat hy teen daai groot Ford moet probeer uitklim. Maar ja soos ou Arie dit altyd so goed stel op die ander forum, 'n Ford is slegs vir vir die bevoorregtes onder ons :) Die res soek maar na redes om hulle eie tekortkominge mee te regverdig ;)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 16:27:01 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Nie 'n halwe kans nie...die LR gaan sukkel want hy sal aanhou gly op die olie wat hy lek terwyl die Toy sal omdinges die oomblik wat hy teen daai groot Ford moet probeer uitklim. Maar ja soos ou Arie dit altyd so goed stel op die ander forum, 'n Ford is slegs vir vir die bevoorregtes onder ons :) Die res soek maar na redes om hulle eie tekortkominge mee te regverdig ;)

Groot woorde..................voorwaar!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 17:07:49 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2032
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Netso Hurricane!  Maar gelukkig vir die ander ouens: Hulle weet nie wat hulle mis nie, so hulle voel dit nie so erg nie.wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 18:47:15 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4725
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Nou ja, die manne wat Fords (en Ford produkte) verruil het vir ander sing ander deuntjie as die wat nog op Ford vashaak en nie kan aanbeweeg vorentoe nie.....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 18:48:49 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4725
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wie onthou die ou Ford advertensie....” Have you driven a Ford lately?”

...En Landrover/Toyota fans se antwoord...”Have you driven over a Ford lately !?” 😁😁

 

Goeie een.. Sal dit onthou...

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 19:22:17 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ry tans my Ford met trots en voor dit Freelander 2 wat mense hier al baie nonsens oor gepraat het. laughing In my 54jaar van voertuie besit het ek nog nooit 'n "slegte" een gehad nie. Daar is wat ek nie weer sal koop nie maar dit is oor slegte diens van agente. 

Wys my enige iets wat vervaardig word waar alles altyd klop disselboom is.innocent Askuus ek is verkeerd - die Toy manne dink solaughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2019 @ 05:42:25 am
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 172
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 21 years

Ford het my baie jare terug met die Courier diesel reekse nie net genees van hulle produk nie maar sommer van enige diesel produk.

Ek moes een gekoop het wat op n vrydag of maandag gemaak was want ek het meer tyd in die garage spandeer met herstel werk as wat ek op die pad was. 😕

Goeie ou dae
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2019 @ 06:46:11 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2852
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Kyk ons sal altyd hieroor spot. Ek was altyd n VW man. Het geglo jy ry VW, bly in Pta, en skree vir die Bulle. As jy Toyota gery het, het almal geweet jys n WP ondersteuner😂😂😂

Toe koop ek v ma n nuwe Polo Vivo. Uit woede vir VW se swak diens hom net 18 maande gehou en toe verkoop. (My kar met 7000km op vol gate geboor)

Sy dienste was ook duurder as my Hilux sn.

Wat Ford betref....baie meer speelgoed in as Toyota,, ongelukkig wil ek n voertuig he wat kan werk!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2019 @ 08:29:07 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2032
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Hannes, oor die werk aspek: Enige voertuig kan tog as advertensiebord gebruik word, of doen jou voertuig ook ander werk?  Ek spot ook maar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 09:48:49 am
Skolopad
Gold Member
70% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 28 Feb 2018

They never made a" Lately "as say a Ranger, dont know why the spend so much money advertising it 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 11:23:44 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 664
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek het aanbeweeg en ry nogsteeds 'n Ford. Sedert 1984 nog altyd 'n Ford produk gehad.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 12:13:21 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek kyk maar net en luister wat julle alles kwyt raak.   Maar my ou Fordjie skop gat .........

standaard soos hy is............... Ek geniet dit vreeslik as julle so gesels. Vele vermaak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 21:47:35 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1087
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Feite: Ek dink Toyota eienaars kan baie dankbaarheid betoon teen Ford. As dit nie was dat Ford die Mark ernstig laat skrik het nie met sy nuwe Ranger reeks paar jaar terug sou Toyota vandag een teen tien dieselfde gelyk het as die ou reeks. In my opinie was Toyota verplig om daadwerklik veranderings te bring om n mark verwante produkte te bemark of tweede in die ry te staan. Dan altwee produkte Ford en Toyota is nie foutloos en probleme steek kop uit by beide produkte. Toyota het n beter herverkoop waarde maar wonder vir hoe lank. Tegnologie daar buite is so dieselfde. So kom ons wag en kyk.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2019 @ 06:59:59 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Toyota het net goeie herverkoop waarde by 'n Toyota handelaar.

En dit is seker maar geldig vir enige handelsnaam voertuig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2019 @ 08:19:55 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2032
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Herverkoopwaarde het nie direk iets te doen met die kwaliteit van 'n voertuig nie.  Dit slegs die opinie van die kopens wat dit bepaal. As baie kopers van tweedehandse voertuie dink 'n sekere voertuig is baie goeie waarde dan styg die tweedehandse prys van die voertuig en vice versa. Die opinie is sekerlik tot 'n mate geskoei op werklike kwaliteit en gedeeltelik op sommer net geloof, of sal ek sê bygeloof  en konserwatisme, met ander woorde, ek het so besluit en ek hou daarby.  Mense is ook maar geneig om te glo die meerderheid kan nie verkeerd wees nie, so ek gaan maar vir wat die meerderheid gaan. Is Ford en Toyota werklik beter as die ander make sodat die twee in die hoogste posisies is?  Ek weet nie wat almal se beweegrede is nie, maar toe ek my Ford oorweeg het, was my finale keuse bepaal deur die feit dat Ford baie meer handelaars, en met ander woorde, werkswinkels het as die ander moontlike keuse. Ons ry baie lang pad, so hulp langs die pad as die Kuga dalk probleme gee, is belangrik. Ek glo werklik nie daar is noemenswaardge verskille in kwaliteit tussen die ouer make nie.  Ek het egter nog ernstige twyfel oor die klompe Sjinese en Indiese voertuie wat soos padastoele verskyn.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
27 Mar 2019 @ 20:32:28 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12035
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2019 @ 23:01:05 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4725
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Met stukke wat afval en gekraakte bak ry hy darem nog ;-) Well done ;-) hehe


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2019 @ 06:30:26 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dêm ou Geert het my voorgespring.  

Kan jy nou glo 'n Toy eienaar wat sy eie Tipper sleg maak.  As jy sukkel met 'n produk dan dryf dit jou seker tot drasties optrede.................laughinglaughingtongue-out

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2019 @ 07:04:00 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek lag lekker vir al die kommentare..Dankie menere!

Wie onthou die Landrover een...

”Best 4 x4 x Far”

of

”Best 4x 4 on Tar”

Hulle het destyds Landrovers vir die Camel Trophy (wie onthou dit nog) gebruik juis om dit meer moeilik te maak...

😁😂

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2019 @ 10:18:51 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 288
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Wel ........ nou gaan Ford en VW SAAM 'n bakkie bou. Kan jy nou meer. Hulle probeer ALLES om die Toyota-mark aan te vat.

Wat gaan hulle daai bakkie noem? Ford-krokko?   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2019 @ 10:30:57 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2032
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit klink soos goeie nuus.  Die Amarok is beslis een van die beter indien nie die beste bakkie nie, op die mark en daar is hoegenaamd niks met Ford verkeerd nie. Hulle gesamentlike poging sal interessant wees.  Die feit dat die Amarok nie goed verkoop nie, het niks met sy kwaliteit te doen nie- eerder maar met sy prys.

So terloops, kan die persone wat so afbrekend teenoor Ford is, asseblief verduidelik in watter opsig is Ford bakkies minderwaardig?  Ek kan dit nie sien nie.  En moet nou nie sê die kenteken staan julle nie aan nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2019 @ 11:05:21 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 288
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Nee wat, ek dink nie Ford is noodwendig minderwaardig nie. Dis n uitstekende produk. Aan die einde van die dag hang alles af van die DIENS wat jy in jou dorp kan kry wanneer jy moet kies tussen Ford en Toyota. Ek ry al baie lank Toyota's, het begin met n UN-cruiser wat ek op Windhoek se lughawe gekry het, stock-standard en een 40 wat in die oorgang-jare ingevoer is, ek het R50 000-00 vir haar betaal. Het my bygestaan deur al my Buite-Burger en Weg-tydskrif en Drive Out jare, n pragtige monster wat uiteindelik deur n passievolle lektor in Gauteng van my afgerokkel is met n onaanvegbare aanbod. 

 

Maar ek het darem al met n Ford V6-bakkie gesleep en n blitsigge XR6 Sierra gehad en n 2,4 Sierra V6. Saam met die Escort was almal uitstekende karre.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2019 @ 21:18:16 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1087
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Praat met n Toyota agent en hy reken daar kom n facelift uit elende van die jaar op die Fortuner en dalk weer n nuwe engin. Daar mag dalk ook veranderinge op die Prado se diesel engine wees. 

Wonder wat die kap agter die byl is

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 06:39:00 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2852
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek sien die Kuga sage van die man wat dood gebrand het is Nou hoog nuus!

My gevoel is dit was nie n Ford probleem nie. Wag in spanning vir die saak om afgehandel te word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 06:43:17 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2852
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Dis nou daai Toyota wat so ge-photoshop is.

Die een ook op FB gesien. Daar was geen beskrywing van wat die probleem is nie.

Jare terug het n man so probleem met Isuzu gehad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required