English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 130
Total Replies: 49 513
Total Views: 80 819 953
topics: 1 100
replies: 11 152
views: 4 798 282
Jokes and everything else that makes you laugh

SIEKTE???

replies: 20
views: 475
Quick Navigation
18 Apr 2018 @ 16:27:35 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 2491
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Ek plaas die onder "comedy" want dit seker veronderstel om snaaks te wees.

Geweldige stress ( snert man dit bestaan nie} gehad die laaste 2-3 maande. Besig met voorlegging by Myn (wat ek in elk geval nie gekry het nie) wat groot hupstoot kon gee.

So gebeur dit dat ek (ek doen dit altyd) voorraad van my bakkie moes op en aflaai alleen.  (20 Chainblocks nogal n gewig). Moes iets seer gemaak het, sonder om dit agter te kom, maar daar was daai dag een helse belangrike vergadering. Dieselfde dag wat my jongste seun in die motor ongeluk was ( Ford Ranger op ander post)

Eindig by dokter = (R600) Liesbruik

Sien Uroloog = (R1200) Nee wat moenie worry nie. Dis nie nodig vir sny.

Kry voorskrif vir pyn pille

Sak Maandag aand inmekaar van pyn by die huis. Volgende dag weer by Uroloog (R1200)  Nee ek sien niks fout nie. (Ek het die pyn en bewyse daarvoor)

Stuur my vandag vir CT Scan (R10 000) Sorry niks fout. Wys net jou derms is vol str!@#t. 

Terug na Uroloog (R1200)

Sorry ek weet nie meer nie. Jy moet maar Chirurg gaan sien dan Neoroloog.

Nou ja... die CT Scan se al wat fout is, is eks vol "str!!@#t" so nou bly ek vol St!!@#t. Ek het die pyn. Ek sukkel om te loop. Niks fout met enige iets nie. Hoekom nou n Chirurg ens ens ens nog R15 000 betaal. Raai wie het nie meer medies vir die res van die jaar niefrown

Geen Kamp die jaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
18 Apr 2018 @ 17:06:51 pm
Chris L
Moon Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 946
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Dit is rof.

Hulle maak die dokters ook nie meer soos van ouds nie. Sterkte, of liewer beterskap want dit lyk of jy n paar dokters gaan doodklap as jy nog krag ook kry.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
18 Apr 2018 @ 17:42:59 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 6108
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Drink n brannas dan worry jy nie meer nie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
18 Apr 2018 @ 19:08:00 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Offline
Posts: 4159
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

My pa sak pok so skielik in mekaar van pyn, en verstaan nie, ek jaag met hom hospitaal toe die man gaan half dood of iets.. Nierstene......... Na die hele storie ook klomp geld... Maar ja, dit stres mens uit as jy nie weet wat skielik aangaan nie..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
18 Apr 2018 @ 19:14:00 pm
DK
Moon Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 778
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

My pa sak pok so skielik in mekaar van pyn, en verstaan nie, ek jaag met hom hospitaal toe die man gaan half dood of iets.. Nierstene......... Na die hele storie ook klomp geld... Maar ja, dit stres mens uit as jy nie weet wat skielik aangaan nie..

Ek stem met Brommer. Toe ek in die hospitaal beland het, het hulle 1ste getoets vir nierstene, wat dit toe nie was nie??
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
18 Apr 2018 @ 21:25:27 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Offline
Posts: 2547
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Ai Grumpy, niks lekker nie.
Self sukkel ek ook met so spulletjie in my lyf, maar gelukkig met bietjie aanpassing van dieet nou onder beheer.
Voorspoed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
18 Apr 2018 @ 21:46:15 pm
DK
Moon Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 778
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Ek plaas die onder "comedy" want dit seker veronderstel om snaaks te wees.

Geweldige stress ( snert man dit bestaan nie} gehad die laaste 2-3 maande. Besig met voorlegging by Myn (wat ek in elk geval nie gekry het nie) wat groot hupstoot kon gee.

So gebeur dit dat ek (ek doen dit altyd) voorraad van my bakkie moes op en aflaai alleen.  (20 Chainblocks nogal n gewig). Moes iets seer gemaak het, sonder om dit agter te kom, maar daar was daai dag een helse belangrike vergadering. Dieselfde dag wat my jongste seun in die motor ongeluk was ( Ford Ranger op ander post)

Eindig by dokter = (R600) Liesbruik

Sien Uroloog = (R1200) Nee wat moenie worry nie. Dis nie nodig vir sny.

Kry voorskrif vir pyn pille

Sak Maandag aand inmekaar van pyn by die huis. Volgende dag weer by Uroloog (R1200)  Nee ek sien niks fout nie. (Ek het die pyn en bewyse daarvoor)

Stuur my vandag vir CT Scan (R10 000) Sorry niks fout. Wys net jou derms is vol str!@#t. 

Terug na Uroloog (R1200)

Sorry ek weet nie meer nie. Jy moet maar Chirurg gaan sien dan Neoroloog.

Nou ja... die CT Scan se al wat fout is, is eks vol "str!!@#t" so nou bly ek vol St!!@#t. Ek het die pyn. Ek sukkel om te loop. Niks fout met enige iets nie. Hoekom nou n Chirurg ens ens ens nog R15 000 betaal. Raai wie het nie meer medies vir die res van die jaar niefrown

Grumpy, doen jouself ń guns, maak vir jou ń afspraak by die Wits Universiteit mediese sentrum, Donald Gordon hospitaal by proffessor Rhamos. Hy spesialiseer meer in kanker gevalle, maar moet byvoeg, die ou is damn goed.
ń Afspraak kos jou R 980, maar na 2-besoeke, sal jy weet wat die probleem is. Sterkte mater.
Beide jy en ek is sekerlik dieselfde ouderdom?
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
19 Apr 2018 @ 06:58:38 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 5796
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Gaan spreek die Groot geneesheer, as jy siek is roep die ouderlinge dat hulle ver jou kan bid,vir die siekes sal ons bid en hulle sal gesond word.

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
19 Apr 2018 @ 07:39:03 am
Lennie
Jupiter Member
70% Profile Strength
Offline
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Hannes, ek weet nie wat het jy by die uroloog gaan maak nie want 'n liesbreuk is die taak van 'n algemene chirurg.

Jy het 'n baie duur GP (konsultasie R600 !) wat die liesbreuk geïdentifiseer het, maar jou verkeerdelik na 'n baie duur uroloog (R1200)  verwys het. Die R10 000 koste van 'n CT scan is roofgeld.  My vrou het verlede week 'n CT scan gehad en die koste was R1124.

Ek het jare terug 'n liesbreuk gehad wat deur 'n algemene chirurg in 'n operasie herstel is en het sederdien nooit weer 'n probleem  gehad nie.

Ek dink jy moet van mediese praktisyns verander !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
19 Apr 2018 @ 15:57:27 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 2491
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Dankie Lennie

Ek word NOOIT siek nie. Elke keer as my vrou siek word of operasie moet ondergaan neem ek haar Pta toe. Ek is spyt ek het nie dieselfde gedoen nie. Moet by se ek het myself uit my sokkies geskrik toe ek die pryse sien. Dis blykbaar normale tariewe hier in Polokwane.

Soos ek en klient vandag op die myn gesels, al wat ek het om te wys vir daai geld is pynpille. Ek kon net so wel Penados by PnPay gaan koop het vir n R100.00

Die ergste is jy voel soos n wurm voor jou base. "Moet jy alweer n dokter gaan sien? Wat is fout?" Nee ek weet nie en die dokters ook nie!

Myself berus hierby en besluit om te maak soos ek met karre maak. Snaakse geluid?....ry hom tot hy breek dan weet jy wat dit was. (draai net die radio se volume harder dan hoor jy nie die geluide nie)

Geen Kamp die jaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
19 Apr 2018 @ 17:09:14 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 8747
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Gestel jy vat bv jou ketel wat nie werk nie na Makro. Al wat hulle sê is: ons weet nie wat is fout nie....hulle sê vir jou om dit na Game toe te vat en gee vir jou n invoice???...sal mens dit betaal???. Ongelukkig werk dit nie so in alle beroepe nie......
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
19 Apr 2018 @ 20:39:15 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Offline
Posts: 4159
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Gestel jy vat bv jou ketel wat nie werk nie na Makro. Al wat hulle sê is: ons weet nie wat is fout nie....hulle sê vir jou om dit na Game toe te vat en gee vir jou n invoice???...sal mens dit betaal???. Ongelukkig werk dit nie so in alle beroepe nie......
Probleem is jyt iemand wat "hoogs" gekwalifiseerd is in iets en almal hardloop soontoe met allerhande probleme.. Wanneer moet die ou dan geld maak? Ek hoor ook kliente wil deesdae net raad vra... Gratis... Hoe moet ek dan eet? Is dit regverdig?

Baie mense besef nie die waarde van opgeleide professionele mense nie.. Dis besig om die land te knou, want die ouens wat dink hul kan tjoef tjaf die professionele ou se werk doen, bevark die ekonomie en die publiek, en maak so die regte man vir die werk se deure toe of net duurder om aan die gang te hou.... So vang ons onsself maar op die ou einde...

Kan nie van dokters verwag om free consulations te gee nie.... Ongelukkig as jy iemand konsultasie fooi wil vra in ander beroepe kyk hul jou skeef aan...

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
19 Apr 2018 @ 21:16:06 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 8747
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Probleem is jyt iemand wat "hoogs" gekwalifiseerd is in iets en almal hardloop soontoe met allerhande probleme.. Wanneer moet die ou dan geld maak? Ek hoor ook kliente wil deesdae net raad vra... Gratis... Hoe moet ek dan eet? Is dit regverdig?

Baie mense besef nie die waarde van opgeleide professionele mense nie.. Dis besig om die land te knou, want die ouens wat dink hul kan tjoef tjaf die professionele ou se werk doen, bevark die ekonomie en die publiek, en maak so die regte man vir die werk se deure toe of net duurder om aan die gang te hou.... So vang ons onsself maar op die ou einde...

Kan nie van dokters verwag om free consulations te gee nie.... Ongelukkig as jy iemand konsultasie fooi wil vra in ander beroepe kyk hul jou skeef aan...

 


Ek hoor wat jy sê.....maar ek het byvoorbeeld laasjaar n geval gehad waar my seun vreeslike pyne in sy maag deur die nag gekry het. Ek het hom na n bekende hospitaal hier naby my geneem. Hulle het klomp toetse op hom gedoen....selfs sonars! Hulle het ons toe huis toe gestuur met n sak vol medikasie. Na meer as n week was daar nog geen teken van verbetering nie. Ons neem hom toe na ons GP toe...hy sê toe hy het n virus opgedoen en gee hom toe medikasie daarvolgens.....dieselfde middag begin hy beter voel en die volgende oggend was hy tops!

Die hospitaal kostes....pille en alles het my R6300 gekos....en dit was foutiewe diagnosis en was 8 dae daarna nogsteeds net so siek.
GP het my afspraak koste gekos en R 235 se medisyne....en hy was binne 18h weer homself!

Nou vra ek vir myself of die hospitaal hul geld verdien het?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Apr 2018 @ 08:46:56 am
Lennie
Jupiter Member
70% Profile Strength
Offline
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Brommer, ek stem saam, betaal 'n professionele persoon vir sy dienste gelewer, maar verwag dan 'n professionele diens om gelewer te word.

In Hannes se geval waarmee hy hierdie draad ingelei het, is dit baie duidelik dat hy in vergelyking met algemene mediese marktariewe, buitensporige tariewe moes betaal vir totaal verkeerde advies deur professionele persone sonder dat sy probleem opgelos is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Apr 2018 @ 12:10:46 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 5028
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
My siening.

As jy niks weet nie en raat vra op n forum of ander dan verwag jy nie om te betaal nie.

Die punt is die hospitale is veronderstel om die "kundige" te wees. En dan verwag jy profesionele diens.
As ek wil liggies in my wa installeer en ek weet n biki, vra ek die forum of n ander vriend. As ek niks weet nie, ry ek na Brommer toe en verwag ek pro diens.
Ek glo dat die pro mense wel hulle geldjie maak want daar is baie mense wat nie weet nie.
N mediese beampte is n spesiale persoon en moet rerig pro diens lewer.
As jy wou panado of asperine wou getraai het, kon jy n kettingwinkel probeer het.

In onse land is daar te veel "ma-ken-niks" wat onder die dekmantel van weet opereer.
Verskoning.... hyt nie n pa gehad nie.. of hyt nie opleiding gehad nie. BULL-SHIT

Stem saam met LEN.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
20 Apr 2018 @ 13:37:23 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Offline
Posts: 4159
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Len ek stem ook saam, dit gebeur ook, dis hoekom ek sê daar is 'n wesenlike probleem in die land.. Ek glo ook nie alle dokters is die titel se naam werd nie...... Net soos ingenieurs, boekhouers ens..

In die mediese wereld is dit moeilik, want die een ou moet kyk om te sien of dit in sy veld van werk is, en as dit nie is nie, word hy nog vir sy konsultasie betaal.. Ongelukkig was sy tyd opgeneem daarvoor... Jy het nou wel nie die resultaat van hom af gekry wat jy wou he vir die geld nie, dis baie moeilik om te kou..

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Apr 2018 @ 14:57:43 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 8747
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Verwysing van een dr na n ander een is verstaanbaar en soms ook nodig...kan nie sommige dokters sien sonder verwysing nie. Maar as jy hospitaal toe gaan en 3 "profesionele mense" help jou vanaf die wal in die sloot....dis skrikwekkend (sal dit beslis nie onder profesionele diens kan klassifiseer nie)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Apr 2018 @ 18:01:20 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Offline
Posts: 1275
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Hierdie hele bedryf is wat my betref skeefgetrek. Ek verstaan dat mediese fondse deur sekere individue sekerlik misbruik word. Nou kom al hierdie beperkings. Gestel jou mediese fonds laat vir my en Susan 12 dokters besoeke per jaar toe. Heeltemal regverdig en sekerlik genoeg vir ons twee. Sy is egter n kankerlyer in remisie. Ek is n diabeet. Elke ses maande moet ons beide gaan vir n hernuwing van ons kroniese medikasie. Heeltemal korrek. In die jaar is daar dus 4 besoeke van die twaalf bestee aan ons kroniese medikasie se opdatering. Sy moet n sekere tyd van die jaar vir haar jaarlikse bloedtoetse gaan om die kankertellings te monitor. Om die dokument by die onkoloog te kry is 1 besoek. Na die toetse gedoen is moet sy hom weer gaan sien....nog n besoek. Alles is goed vir die huidige jaar en ons is dankbaar. Reeds 6 besoeke verby. Nou moet ek gaan vir my jaarlikse bloedtoetse vir die diabetes. Nog 2 besoeke om die magtigingsbrief te kry en die uitslag te kry om my insulien aan te pas. Nou is 8 besoeke vir die jaar verby en niemand was nog regtig siek nie. Die gevolg is ons twee het elkeen 2 besoeke aan die GP as jy regtig sou siek raak in die boekjaar. Ek het hierdie al met die mediese fonds opgeneem maar daar het dadels van gekom. "Pay up and look pleasant" jou voordele is uitgeput.
My oud wergewer betaal n subsidie aan die mediese fonds en steeds moet ek maandeliks R6000.00 van my kant af by betaal. Met beide van ons se mediese geskiedenis is dit nie n opsie om die medies te los of na n laer opsie oor te skakel nie of selfs na n ander mediese fonds oor te skakel nie. Die ironie is dat ek aan hierdie mediese fonds vir 52 jaar behoort. Nooit nodig gehad om te eis toe ons jonger was nie. Nou is ons ou bene en daar is nou geen simpatie nie. Die ouer garde (soos ons) is sleg vir n mediese fonds se eise afdeling!!!!!!!!
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Apr 2018 @ 22:59:14 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Offline
Posts: 5480
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 31 years

Miskien moet ek oral oor ook my stempel\ indruk om ;n beter meter telling te han kry.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
21 Apr 2018 @ 13:18:06 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Offline
Posts: 1275
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Wat is die bedoeling hiermee. Is ek te dom om te verstaan.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
yesterday @ 22:00:39 pm
Kamp is Koning
Silver Member
85% Profile Strength
Offline
Posts: 65
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 20 years
Hoekom gee hulle vir jou n koevert by n dokter as hulle jou na n ander een toe stuur.
Dit is om te se ons het genoeg gemaak kyk wat kan julle maak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
Reply to Topic
You
Member
% Profile Strength
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First