English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 530
Total Replies: 64 966
Total Views: 80 434 490
topics: 1 087
replies: 10 983
views: 4 781 615
Jokes and everything else that makes you laugh

WAARMEE HOU OU MENSE HULLE BESIG

replies: 9
views: 227
4 days ago @ 07:44:07 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Waarmee hou julle jul self besig.
4 days ago @ 07:46:15 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
As ek nie op die forum le en gesels nie, loop ek in die komplx rond.

Is soos n miskruier.
Hy loop heeltyd en k&k soek.

I love camping all year round
4 days ago @ 10:02:44 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Ek dink hierdie is gepas vir alle kampers.
I love camping all year round
4 days ago @ 11:39:29 am
Kanneman
Moon Member
Offline
Posts: 998
Joined: 04 Mar 2006
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Fortuner
Camping: Caravan

Oom Jeep, ek dink jy moet eers vir ons 'n definisie gee van "ou mense".

Ek het 'n paar goedjies waarmee ek my besig hou, en gee nie om om dit met jou te deel nie, maar ek wil nou nie uitvind dat ek 'n voor op die wa verspotte snuiter is in geselskap wat met wysheid en lewenservaring na die forum toe kom nie.

Dont confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
4 days ago @ 11:57:21 am
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4650
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Ek wil myself nou darem ook nie as 'n ou mens sien nie maar is wel 'n pensionaris wat nie meer werk nie en by my huis moet besig hou.   Johan, jy en Elma klassifiseer ook nog nie as ou mense nie, hoor! laughing

Nee wat, so tussen die huiswerk, 'n paar stokperdjies, die internet, TV, kosmaak, eet, slaap,  kuier met mense en net eenvoudig niksdoen, gaan die dae om.   Heeltemal te vinnig na my sin, die tyd vlieg behoorlik.   Elke jaar voel of hy gouer verbygaan.   Voel of ek sommer een van die dae wel 'n "ou mens" gaan wees.cry

4 days ago @ 12:11:26 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4726
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Kanneman en Freda
Die definisie van oud... moeilik, eks nog springlewendig.. tenspyte van 75.
Ek dink mens is so oud soos jy voel.
I love camping all year round
4 days ago @ 12:33:58 pm
DK
Titanium Member
Offline
Posts: 640
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 16 years
Vehicle: Nissan X-Trail, 2lt dCi
Camping: My Sprite Swift
Stress, werk, stress en weer werk gepaard met stress.
4 days ago @ 12:51:21 pm
Kanneman
Moon Member
Offline
Posts: 998
Joined: 04 Mar 2006
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Fortuner
Camping: Caravan

Oom Jeep, waar voel 'n mens hoe oud jy is? Ek wil ook daar voel.

Terloops, ek en jy is gedurende dieselfde oorlog gebore.

Ek begin my dag deur vroeg koffie te maak en dan laat te lê, maar van vroeg af op my iPad die wereld se nuus en dinge te bespied. Nadat ek met baie min water gestort het (in 'n plastiek krat, want daardie grys water spoel die toilet) gaan sê ek eers more vir my kruietuin, en vang die vars wurmpies op my suurlemoen boom. Ek spandeer baie tyd met my kamera en sagteware waarmee ek die fotos kan manipuleer. Ek ry elke dag 'n paar kilometer met my fiets en gaan gereeld Mall toe om 'n brood of so iets te koop. Verder maak ek taamlik gereeld kos en neem eenmaal per week die vuilgoed trollie met onder andere so 4 lee rooiwynbottels uit straat toe. Ek kuier gereeld by die bure, en kyk net saans TV, maar spandeer baie tyd voor die rekenaar om op hoogte te bly met wat aangaan. Ek hoef nou nie gras te sny nie, want daar is nie gras om te sny nie. Ek bak gereeld brood in die Weber, en vang so twee keer per week vis, of liewer, ek hengel, want ek vang nie altyd iets nie. Ons gaan stap amper elke vroeg-aand. Ons kamp een keer per maand. Ek het 'n klomp houtwerk kraggereedskap, maar ek kom maar selde daarby uit, want daar is gereeld lekkerder dinge om te doen wat minder stof maak. Die dae, weke en maande vlieg verby. Ek kan nie dink waar ek destyds nog tyd kon kry om te werk ook nie. Ek het my laaste (na aftrede) werk op 70 bedank. Ek sien nie kans vir 'n oue tehuis of 'n kompleks nie. Daar sal ek soos baie ander wat daar woon, voor my tyd oud raak.

Dont confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
4 days ago @ 13:00:51 pm
DK
Titanium Member
Offline
Posts: 640
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 16 years
Vehicle: Nissan X-Trail, 2lt dCi
Camping: My Sprite Swift

Oom Jeep, waar voel 'n mens hoe oud jy is? Ek wil ook daar voel.

Terloops, ek en jy is gedurende dieselfde oorlog gebore.

Ek begin my dag deur vroeg koffie te maak en dan laat te lê, maar van vroeg af op my iPad die wereld se nuus en dinge te bespied. Nadat ek met baie min water gestort het (in 'n plastiek krat, want daardie grys water spoel die toilet) gaan sê ek eers more vir my kruietuin, en vang die vars wurmpies op my suurlemoen boom. Ek spandeer baie tyd met my kamera en sagteware waarmee ek die fotos kan manipuleer. Ek ry elke dag 'n paar kilometer met my fiets en gaan gereeld Mall toe om 'n brood of so iets te koop. Verder maak ek taamlik gereeld kos en neem eenmaal per week die vuilgoed trollie met onder andere so 4 lee rooiwynbottels uit straat toe. Ek kuier gereeld by die bure, en kyk net saans TV, maar spandeer baie tyd voor die rekenaar om op hoogte te bly met wat aangaan. Ek hoef nou nie gras te sny nie, want daar is nie gras om te sny nie. Ek bak gereeld brood in die Weber, en vang so twee keer per week vis, of liewer, ek hengel, want ek vang nie altyd iets nie. Ons gaan stap amper elke vroeg-aand. Ons kamp een keer per maand. Ek het 'n klomp houtwerk kraggereedskap, maar ek kom maar selde daarby uit, want daar is gereeld lekkerder dinge om te doen wat minder stof maak. Die dae, weke en maande vlieg verby. Ek kan nie dink waar ek destyds nog tyd kon kry om te werk ook nie. Ek het my laaste (na aftrede) werk op 70 bedank. Ek sien nie kans vir 'n oue tehuis of 'n kompleks nie. Daar sal ek soos baie ander wat daar woon, voor my tyd oud raak.

Baie rustige en interessante leefstyl wat jy het.
Jy mag nie wens nie, maar ek sal so ń leefstyl baie geniet.
Ek hou baie van jou water besparing idee.
4 days ago @ 14:44:30 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2388
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Ek werk👹👹👹👹👹

Jip
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First