English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 975
Total Replies: 225 358
Total Views: 82 170 267
topics: 1 124
replies: 11 430
views: 4 799 662
Jokes and everything else that makes you laugh

Onthou julle vir ou Jan Spies

replies: 24
views: 9114
22 Nov 2014 @ 23:23:57 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 44 years
Wyle Jan Spies het in Namibia n [Plaaaaaaas] gehad Hy het gese dit is so warm en droog op die plaaaaaas dat as die ou vrou die skottel goed water by die agter deur uit gooi kom die windpomppe aangehardloop Hy het ook gese dat sy arme hond ook so warm gekry dat hy al n sloot om die huis gele op sook na koelte As die son so om die huis skyn dan skyf die hond nader aan die skaduwe van die huis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2014 @ 05:50:28 am
Coenoes
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 28 Sep 2014
Experience: 6 years
Is dit die koffie kapitaal oom? Die eerste beste ding van die dag is die tweede beker sawwe lyf. Bietjie voor my tyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2014 @ 07:02:26 am
Andrew
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 22 Apr 2007
Experience: 29 years
Hy het ook gese dat dit do warm word in die dag dat jy konnie in die dag braai nie want die son brand jou vuur uit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2014 @ 10:33:15 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7362
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Saam sy stories groot geword, Koffie Kapitaal.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2014 @ 17:38:39 pm
Kremetart
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 20 Jun 2014
'n Storie van Jan Spies.

Die dinges is n watsem

Ek en my vrou ry eenkeer by mense aan by wie ons vir jare nie n draai kon maak nie. En ons kom so teen skemeraand daar aan. En na ons die tante gegroet en vir haar ges het ons vertoef so n bietjie om darem weer n slag n paar murgbene saam uit te stamp, toe het sy eers n rukkie nodig gehad om tot verhaal te kom van die blydskap. Want die mense het gewoonlik ook maar net mekaar se geselskap gehad en nie dikwels besoek ontvang nie.

En na sy eers so n rukkie geweifel het voor sy ons die huis innooi, miskien om sy gewonner het oor hoe sy die kuier moet aanvoor lat hy sy loop lekker kan neem, toe s sy: Nou maar kom, dan wys ek net vir julle waar die dinges is, lat julle kan watsem as julle wil. Ek het mos nou n dinges innie huis. En sy wys ons die badkamer. Ek s: Dankie Tannie. Dit sal darem lekker wees om n slag die stof van n mens se gesig af te spoel.

Sy s: Nou maar verskoon my, lat ek net die dinges opsteek en n bietjie watsem kook want julle is darem seker al lus vir n bietjie dinges.

Toe ons na n rukkie by haar in die kombuis kom, s sy: Jy kan maar solank hier agter by die dinges deurloop. Die oom is daar innie watsem doenig met die dinges want di se dinges is stukkend en ons wil more na die watsem toe dinges.

Ek s: Dankie Tannie; ek sal oom Harmaans kry. Ek weet mos darem nog waar die motorhuis is.

Maar ek wag toe maar eers vir die koffie, en toe loop ek na die waenhuis toe deur. En ek kom daar, en ek s: Naand, oom Harmaans.

Hy s: Is dit tog nie dinges se watsem wat ek hier hoor nie?

Ek s: Ja Oom, dis eie ek.

Die ou beur toe so effe onner die kar uit, waar hy aan die werk was, en hy hou my die een hand se pols sodat ek nie vol teer moet word nie. En met die ander hand hou hy die liggie so dat ons mekaar darem op n manier kan sien. En ek groet ook vir Klein-Harmaans wat langs die kar staan en die rol van handlanger moet vervul.

Oom Harmaans skuif toe weer onner die kar in terwyl hy s: Jong, jy moet maar solank gesels lat ek hier kan aangaan want die watsem is in sy dinges in en ek moet mre hierdie stuk sinkplaatwatsem afdinges dorp toe. En vir Harmaansie s hy: Harmaansie, vat hierso die watsem en dan lig jy daar vorie dinges en dan kyk jy vir my die watsem daar want hierie orige dinges draai innie watsem.

En Harmaansie gee hom daar van voor die kar af n stuk gereedskap uit n bondel werkgoed wat daar op n sak l. Maar sommer so op die voel af s oom Harmaans: Nee man, nou gee jy dan vir my die dingesgrip, en ek het jou die watsem gevra.

Harmaansie s toe: O, ek het gedog die watsem is beter. Wag, ek gee vir Pa die dinges. En hy bring hom die tang.

Maar toe begint word die oom warm. Hy s: Moet ek nou hier onnerie dinges uitwatsem om vir jou te kom wys hoe die dinges lyk? Gee my die watsem ons het nie dinges nie en netnou watsem dinges lat ons moet kom dinges en jy ken vir dinges: sys watsem as n mens nie daadlik dinges as sy roep om te kom watsem nie.

Vir n wyle skep hy toe eers asem, voor hy min of meer op dieselfde trant voortgaan: Gee my die watsem, man. En maak dinges, jong. Jy weet tog die ou watsempie hier orie dinges se kop is te klein om die watsem by in te druk en hom vas te hou lat hy nie in sy dinges in in die rondte watsem nie.
Ek se: Jong, jou pa wil die skroewedraaier h.

Hy s: Nou waarom s Pa nie Pa willie dinges h nie? Toes oom Harmaans glad nie meer lekker nie en hy smaak ook sommer na krag-maak: Jy moet ophou watsem! Ek sal vir jou dinges; jys deesdae glads te watsem.

Nou ja, uiteindelik het hy toe die boutjie uit, en die affre in orde gewatsem en weer aanmekaar gedinges en toe vra hy ek moet tog asseblief in die dinges klim en die watsem trap en s wanneer hy hom genoeg opgestel het.
En toe ons omtrent klaar is, toe roep die tante: Pa-a, julle moet nou kom dinges.

Hy skree toe trug: Ja Ma, ek wil net my dinges met n bietjie watsem was.
En hy laat suig toe vir Hermaansie n bietjie watsem met die watsem uit die dinges. En hy s vir my: Moet nou net nie jou dinges hier by my opsteek nie; dan slaan ek anie watsem.

Aan tafel is daar toe vir die n bietjie dinges en vir darie n stukkie watsem aangegee tot ons almal geholpe was, en die oom s: Nou toe, hou toe julle dingese, lat ons watsem.

En toe was dit vreeslik snaaks toe hy reg bid, want ek het in my sondigheid verwag: Segen Watsem, gee ons dinges.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2014 @ 18:01:32 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Eie spreektaal is nie noodwendig streektaal of kultuurtaal nie,ek wonder of ander taalgroepe ook sulke snaaksighede het.Ek het in die verlede sulke familie taalgebruike ervaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2014 @ 19:15:58 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ja ou Jan kom maar n storie vertel
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2014 @ 20:36:37 pm
Nemo
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 292
Joined: 17 May 2013
Experience: 44 years
Ja, dit was nou tipies Jan Spies daai. Hy kon 'n storie rek tot jy sommer ongemaklik raak en begin dink hy gaan nie by die einde van sy storie uitkom nie.
Vroer jare het my pa altyd Monitor geluister soggens. Dan was daar ook altyd so storie wat Jan Spies vertel het. Kyk jy mog dit dalk nog waag om tydens monitor te raas maar as Jan op was het jy maar liewer stilgebly want dis die een deel wat my Pa nie wou mis nie!

Goeie ou tyd daai.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2014 @ 07:34:18 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Daar was maar min mense wat so droee storie kan vertel dan lag jy nog maar dit is net Jan Spies

Jammer dat hy in n motor ongeluk moes sterf

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2014 @ 11:09:14 am
Kremetart
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 20 Jun 2014
Nog een van Jan Spies

Tert na smaak

Ek ontvang ek n telegram van n ou vriend daar uit die Nossob se wreld in die Kalhari. En die ou oom Ammeltjies Kok telegrafeer: Vertel van die melktert.

Die ding het so gebeur.

Hy en die ou tante kom ry een donker-aand hier by my in Johannesburg aan, en hy s vir my: Jong, jou pa het my vertel jy bly aan die duskant van Johannesburg, en toe vra ek jou adres. Nie vir hiernatoe ry nie, maar lat ek vir anner kan vra om my die pad tot hier by jou te beduie. En hier is ek nou. Nou moet jy my asseblief onnerdak gjee virrie nag. En dan moet jy my mre hier deur die gopse na n plek toe help wat hulle die Oos-Rand noem. Ek sal jou die adres gee. Ons wil daar by familie gaan kuier.

Maar voor ons daarheen versit, moet jy my eers help lat ek n pakkie hier iewers by n meisiekind afgjee.

Ek vra: En vir wie is die pakkie? Ken ek die mens?

Hy s: Man, dis vir ou Annie Blomkamp se dogter, Tollie. Sy leer mos hier vir verpleegster.Ek s nee, maar dis als reg. Ons pak hulle goed af en dan slaap hulle die nag hier by my en ons kuier die annerdagmore en ons vind oor die telefoon uit wanneer die kind by haar losiesplek sou wees en dan ry ons en ons gee die pakkie af. En dan kom laai ons, en ek help hulle verder op hulle pad aan na die Oos-Rand.

En ons begin laai die goed af en dra dit in die huis in. En ons kom by die eerste van die goed wat binne in die kar is.

En ou oom Ammeltjies hou n ding by die deur uit. Vat tog mooi aan, s hy. En hou hom net so. Hierie kant bo. Hiers onner andere glo n melktert in. Ek kom die hele pad met hom in die posisie. Ou Annie het ook daar geskrywe hierie kant bo.

Ek s: Wat? Wil Oom vir my s Oom kom nou hier in Johannesburg aangery met n melktert uit die Nossob? En die ou kom uit die kar orent, en toe sien ek hy kan nie langer sy leed verswyg nie.

Hy s: Ai man, ek ry al die heel ent pad van laasnag af met die bleddie ding of hy n klein babatjie is.

Want so gaan dit mos: jy wil n anner mens help, en dan maak hy van jou misbruik. Ou Annie kom annerdag by my en sy vra of ek dan nie tog vir Tollie n pakkie sal saamneem nie. Dit sal net n kleinigheidjie wees.

En ek s: Seker Annie, bring maar. Ons ry Woensdagnag, want ek wil deurry lat ons Donnerdagaand in Johannesburg is.

En gistermiddag kom ry sy toe daar aan met die pakkie. Daar is dan nou glo allerhanne eetgoedjies in, met bo-op n melktert.

Want man, ou Annie het mos die naam lat sy kan melktert bak. En nou verbeel sy haar as sy nie melktert ook bak nie, dan het sy, jy kan maar s, glad nie gebak nie.

Maar haar storie is toe lat die kind geskryf het lat alles in Johannesburg in orde is, maar een ding waarsonner sy nie kan klaarkom nie, is sonner haar ma se melkterte. Want sy is so lief vir melktert, en die goed wat hulle daar n melktert noem, is net n kors met so n slympie oor. Dis die wat sy gister n lekker melktert gebak het en wil he ek moet die pad daarmee waag Johannesburg toe.

En ons loop praat-praat die huis in.

Ek s: Oom, om te verwag dat n mens met n melktert die ent pad moet aanpak, is vir my darem die limiet. Hy s: Jong, ja. Jy kan self dink die vrou moes die eerste ent pad orie duine die pakkie op haar skoot hou. Ons kon dit op die gelyk pad eers waag om die ding op die agterkussing neer te sit. Maar jy kan glo: van ons laasnag in die pad geval het, bly maal die ding in my kop. Dit was so goed ek ry met swak bande wat my aanmekaar onrustig hou.

Maar hier is ons dan nou darem, en ek hoop die tert is nog heel.

In die kombuis bekyk ek die pakkie in die helder lig, en daar staan toe geen hierdie kant bo op die bokant nie. En ek lig die doos tot bokant my kop. En daar sien ek toe teen die onderkant geskrywe: Tert vir Tollie. Hierdie kant bo!
Ek s: Oom Ammeltjies, hierie doos se bokant sit onner.

En hy lees ook van onder af, en maak self seker van hoe die onderstebo bokant lyk.

O hemeltjie, wanneer sal die ding dan nou so onnerstebo te lanne gekom het, kla hy.

Toe kapittel hy die outannie, maar sy staan haar man. En toes hulle saam kwaad vir ou tan Annie Blomkamp oor die verleentheid waarin hulle toe nou sit om hulle voor my en my vrou met mekaar woorde moes gehad het oor die teleurstelling vir Tollie Blomkamp.

Na hulle tot verhaal gekom het, se oom Ammeltjies: Ek het nou lus en word stout en maak die ding oop en kyk wat gaan binnekant aan.

En ons maak so.

En toe is dit soos ons gevrees het, want darie melktert lyk toe of jy hom deur n hamermeul gehad het.

En ons beraadslaag oor die verdere lot van die tert, maar alle planne is groen.
Om die hele spulletjie net so toe te maak en dit vir Tollie Blomkamp te gee, het geen sin nie. Buitendien voel oom Ammeltjies dit sou n te vreeslike klad op sy naam wees. Die klonte en smeersels tert buite los, sou ook nie deug nie, want ou tan Annie het n briefie saamgegee, en daarin sou sy so seker as wat die Kalhari rooi is, geskryf het van die eetgoedjies en die tert.

Om te maak of oom Ammeltjies op sy beurt van hom af ook die tert per geleentheid na Tollie toe gestuur het, en dat dit haar toe nie bereik het nie, wil oom Ammeltjies se gewete weer nie toelaat nie. (Hy sou baie maklik vir ou tan Annie kon gaan vertel het dat hy my gevra het om die pakkie in haar hande te besorg, en ek sou weer kon s dat ek dit vir een van haar maters gegee het omdat sy nie by die koshuis was toe ek na haar gaan soek het nie, en so sou die pakkie dan tussen bek en klou kon verdwyn het.)

En toe voel ek ook ek het lus en word stout, en ek doen n vars plan aan die hand: ons eet die verfonkfaaide tert daar en dan op, en die volgende more loop koop ek n vars tert by die bakkery, en ons maak die pakkie van voor af op en ons gaan gee hom vir Tollie, en ons kyk wat word.

Terwyl ek nog praat, begin oom Ammeltjies se oe al blink.

Man, die Kalhari leef nog in jou, was al wat die ou s.

Ons maak toe so en die volgende more gaan koop ek die mooiste melktert wat die bakker in sy rak het, en ons maak die pakkie oor op, en gedurende die middag-uur begeef ons ons na Tollie se losiesplek en ek laat roep haar na die kar toe.

Jong, hiers n pakkie van die huis af, maar jy sal hom maar moet gou oopmaak, want binne is glo n melktert, en hy kom nou al n ver pad met my saam van jou ma se oond af. So raak oom Ammeltjies van die turksvy ontslae.

Tollie s: Oom Ammeltjies, ek sal die pakkie nou gaan oopmaak, en dan nooi ek my maters lat hulle darem eenmaal in hulle lewe kan proe hoe melktert moet smaak.

En ons is daar weg en huis toe, en ek het oom Ammeltjies-hulle oor die pad gehelp tot by hulle bestemming, en so vurk ons we toe uiteen totdat ek hom n jaar of wat later gedurende n vakansie, in die Kalhari raakloop.

Het oom Ammeltjies toe weer iets van my melktert gehoor? vra ek hom.

Hy s: Jong, na ek en die vrou truggekom het, het ou Annie my, jy kan maar s, kom toeval oor darie tert. Sy s vir my: Ammeltjies, die kind skryf die tert het daar aangekom soos ek hom hier uit die oond gehaal het, en hy het gesmaak of sy hom aan my eie stoeptafel eet. En haar maters kan nie genoeg oor my tertbak praat nie.

Ek vra: En wat s Oom toe?

Hy s: Man, toe s ek vir haar: Ja, Annie, soos wat jy kan bak en soos wat Tollie kan proe, so kan ek ry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2014 @ 21:46:18 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Almal my se mense,is so gemaak en so laat staan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2014 @ 15:06:45 pm
Kremetart
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 20 Jun 2014
n Deeglike problem

Jan Spies

Daar in die Boesmanlandse wreld het Visser-mense gewoon. En hulle het - dit was nog in die oudae - n geweldige groot plaas gehad, met net een water op.

In die groen tyd as die veld volop is, het dit goed gegaan. Dan kon daar direk van die huis af geboer word. Maar in die dro tyd was dit lastig, want dan moes die wagter met die vee so ver van die huis af gaan wei dat hulle dikwels n aand moes uitslaap, of soos dit ook genoem word buitekant oorstaan. Gewoonlik is daar vir di doel in die buiteveld veewerwe gemaak, met natuurlik by die tydelike kraal ook n soort van skerm waarin die wagter kon oornag.

En so kom dit dat die Vissers een jaar baie skrappies ren kry en dat die inkomstetjie maar effens was. Ou-oom Visser het toe op die pad gaan werk en hulle oudste seun, met die naam van Klasie (so n opgeskote knaap), moes die vee oppas omdat hulle nie anders kon nie, en hulle moes die wagter laat loop.

Een middag kom Klasie toe met die vee uit die veld terug. Oudergewoonte keer hy hulle so n stuk of tweehonderd tree van die krip af voor en dam hulle daar op tot hy van die krip af die teken kry dat hy maar n klomp kan laat verbyspring om te gaan suip. Die storie het so gewerk: die ou krippies van vanslewe was maar klein en om die vee water gegee te kry, moes daar altyd n verstandhouding tussen die werfmense en die wagter wees. As hulle hom nog doer ver met die vee sien aankom, dan moes een van hulle al spring en sorg dat die krip vol water is. Sodra die krip dan vol is, skree die krel by die kraan vir die wagter: Laat kom! En dan laat bars di n klomp van die dors diere by hom verby tot hy dink hulle is genoeg vir die krip. Dan moet hy katstaan voor die ander tot hy weer die laat kom hoor. Die watergeer wag natuurlik telkens tot elke troppie klaar gesuip en eenkant toe padgegee het en die krip weer vol is, voor hy van hom laat hoor. So hou dit aan tot die wagter die laaste bondel by hom laat verbykom dan kom hy alleen agterna gestap, gewoonlik asvaal van die stof. Ook hy doen by die krip aan - nie juis om te drink nie, behalwe as hy vreeslik dors is, maar om die ergste stof van sy gesig af te was.

So het dit dan die dag soos al die ander dae met Klasie gegaan. Na hy klaar sy hande en gesig en bolyf en voete by die krip gewas en die water van hom afgestroop het, loop hy huis toe. Solank die veetjies nog naby die water rondl en party nog teen die tweede dors n paar bekkevol water kom drink, sit en rus hy so n bietjie en wag dat sy ma sy knapsak met die nodige proviand vir die uitstaan pak.

Maar haar program was die dag om een of ander rede omvergegooi en sy het nie klaar gebak gekry voor hy uit die veld gekom het nie. Sy sit toe maar vir hom n tweepond Golden Syrup-blik vol ingesuurde deeg bo-op in die knapsak sodat hy die aand by die veewerf vir hom n askoek kon bak.

Hy het toe die knapsak se bande oor sy skouers en die haelgeweer, wat hy altyd met hom saamdra, aan di se band ook oor n skouer sodat hy sy hande kon vry h vir sy konsertina. Want meeste van die tyd het hy maar vir tydkorting agter die skape loop en konsertina speel.

Net toe hy wou weg, se die ou-tante nee wag, sy wil hom net n slopie gee om die aand die oorskietbrood vir die volgende dag in te sit. Hy vat toe die sloop en steek dit sommer in sy broeksak. En hy moet tog met die geweer versigtig wees lat die sneller nie altemit aan n takkie haak as hy deur die driedoringlaagte loop nie, vermaan sy vir oulaas.

Ja, s hy. Ma is verniet bekommerd; Ma s elke slag ek moet oppas, en ek is so versigtag.

En met di is hy daar weg. En die skape loop mooi, en die son is warm, en omtrent so aaneen soos die sonbesies se sing loop en speel hy Grootrivier se voel. En later is hy in die driedoringlaagte. En dit was ook toevallig net daar dat die blik vir die ingesuurde deeg te klein word. Klasie het nog so versonke in Grootrivier se voel geloop toe die deksel met n plof van die blik afskiet en hom met die deegkant agter die kop tref.

In sy skrik het hy net een gedagte gehad: die haelgeweer het afgegaan en die skoot het sy agterkop gevang. Voor die konsertina nog grondvat, toe stroop hy al die geweer van hom af waarskynlik uit vrees dat die ding homself kon oorhaal om weer te probeer.

En hy voel agter sy kop, en daars dit die ene pappery. En hy kyk in sy hand, en dis net harsings.

En hy vlie weg huis toe. Hy wil toe nou daar probeer aankom voor hy doodgaan. Maar die knapsak henner hom te veel, en daarom raak hy sommer so in die hol en sonder omkyk daarvan ook ontslae. En hy wens hy het iets gehad om sy kop mee te verbind. En daar val dit hom by van die sloop, en hy pluk dit uit sy broeksak en trek dit sommer soos n mus n ent oor sy kop - agter tot in sy hals en voor tot bokant sy wenkbroue.

En hy kom uitasem by die huis aan.

Wat gaan nou aan? vra sy ma baie onrustig.

Hy s: Ma, die geweer het toe in die driedoringlaagte afgegaan soos Ma bang was sou gebeur het. En my hele agterkop is weggeskiet. Dis net die ene harsings.

En die ou tante skrik haar in die oortreffende trap in. En sy skree vir die jongeres hulle moet als wat kan kar trek op die werf bymekaar keer en die kar inspan sodat hulle kan dorp toe jaag om Klasie by die dokter te kry.

En sy sleep n stoel agter Klasie in en s hy moet doodstil sit. Sy gaan soek eers gou nog n doekding om om sy kop te draai, want netnou kry die spulletjie te veel lug en n mens weet nooit hoe nadelig dit dalk kan wees nie. En die eerste wat sy in die hande kry wat skoon is, is n handdoek. En sy kom hol daar aan met di en n paar spelde.

Klasie s sy moet seblief tog versigtig werk; netnou verongeluk sy hom heeltemal.

Sy s: Ja, toe maar - van jou kleintyd af werk ek al met spelle. En sy draai die handdoek sommer bo-oor die sloop om sy kop en speld dit was. Toes sy kop dan nou na haar sin toe genoeg vir die pad.

En hulle jaag met die ongelyk span trekdiere dorp toe, reguit na die ou paarkamertjiehospitaaltjie toe. En daarvandaan kry die ou suster gelukkig met die ou koffiemeultelefoontjie die dokter in die hande - sommer met die eerste probeerslag.

En die dokter kom daar en hy vra: Wat gaan hier aan?

Klasie s: Dokter, die haelgeweer het afgegaan en my heel agterkop weggeskiet; dis net harsings waar ek voel.

Die dokter s: Maar, man, dit kan nie wees nie. Hoe lyk die harsings?

Hy s: Dokter, so vaal-wit. As ek moet s: soos deeg.

Die dokter s dan verstaan hy nou ook nie die ding nie, want dit klink of dit harsings moet wees.

En hy krap n bietjie kop, en hy kry n plan.

Hy sal Klasie n ligte narkose gee en sy kop behoorlik verbind en ook seker maak of hy dit kan waag om met sy tjorrie vir Klasie Kaap toe te probeer vat.

Daar sou n spesialis dalk darem iets kon uitrig.

En hy het Klasie daar onder narkose gesit en klaar gemaak soos wat sy diagnose hom lei, en hy wag dat Klasie bykom.

Hy s vir hom: Jong, jou kop makeer niks. Hy s hy weet nie veel van geweers nie, maar waarmee was die ding gelaai? Dis vir hom die vraag.

Klasie se met n bokhaelpatroon.

Die dokter se: Wragtag, as ek nie geweet het dis n patroon nie, sou ek gesweer het die geweer skiet met pap.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2019 @ 16:58:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Onthou julle nog?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 09:47:52 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2222
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja, ek onthou dit en gee daarmee 'n aanduiding van my ouderdom.  Op die treinstasies het hulle so 'n maskien gehad by die kaartjieskantoor waarin die kaartjieverkoper die kartonkaartjie ingedruk het en wat met 'n luide klapgeluid die kaartjie gestempel het (ek dink).  Dit het my altyd beindruk.  Asook die tangetjie waarmee die kaartjiesondersoeker later die kaartjie geknip het.  Ek dink hulle het verskillende vorms gaatjies gedruk.  Dit het altyd vir my pret gelyk om die tangetjie te hanteer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 20:28:38 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Munisipale busse in Benoni se drywers het dit gehad.  Hy het jou geld aan die bokant in gegooi en jou klein geld onder uitgedruk.

Ai die ou dae wat mens nog met sente dorp toe kon ry op die bus.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 22:04:30 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Jan vertel toe ook van die reen wat so plek,plek kan uitsak. Hy en sy buurman het glo die middag by die grens draad gestaan en praat toe sak daar n kwaai reen bui uit dat hy eintlik vir sy buurman moet se klim tog deur die draad buurman jy reen pap mat.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 22:34:12 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 100
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Onthou julle nog?

Hier in Engeland as jy ‘n pensionaris is kry n mens n bus kaartjie en ry ‘n mens gratis bus na 09:30 in die oggend   As jy vroeër ry moet jy 50P bybetaal en die bus tye is elke 20 minute maar Sondae net uurliks. (Nie heel seker  nie).  Stem saam met Leon  Dis lekker as alles werk en betyds is  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2019 @ 16:18:03 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jan vertel toe ook van die reen wat so plek,plek kan uitsak. Hy en sy buurman het glo die middag by die grens draad gestaan en praat toe sak daar n kwaai reen bui uit dat hy eintlik vir sy buurman moet se klim tog deur die draad buurman jy reen pap mat.

Kyk hy het vele .............van melee se stories gehad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2019 @ 21:16:19 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ja "its not inside its on top". 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2019 @ 22:04:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja "its not inside its on top". 

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2019 @ 06:03:30 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Memories is ou Benkie nog op die forum hulle

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2019 @ 07:03:00 am
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Dis nou koffie kapitaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2019 @ 07:23:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13077
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ruik lekker proe pure plaas 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2019 @ 16:54:34 pm
kleinman
Silver Member
48% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 27 Nov 2017

Ek het 'n paar CD'S van Jan Spies. .. lekker stories vir die Lang pad ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2019 @ 09:38:15 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1097
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Ek het erens in ‘n boekrak ‘n bundel met ‘n versameling van Jan se stories wat oor die radio of op TV gehoor kon word.

Wanneer jy die stories lees besef jy dat dit nie noodwendig as leesstof bedoel was  nie, maar eintlik staat gemaak het op die vernuf van die storieverteller om die toehoorder te kon boei.

Dit kan seker vergelyk word met die dialoog van ‘n sepie. Sonder die karakters wat lewe  gee aan die storie moet dit seker maar vervelig wees om die manuskrip te lees.

As gevolg van bogenoemde het ek tot vandag toe nog nie die boek deurgelees nie.

 

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required