English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 137
Total Replies: 227 867
Total Views: 82 288 689
topics: 1 125
replies: 11 447
views: 4 802 504
Jokes and everything else that makes you laugh

army dae

replies: 29
views: 4988
04 Feb 2014 @ 07:55:11 am
SHARKMAN
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 63
Joined: 25 Aug 2011
Experience: 49 years
In die ou SAW tydens diensplig wys die bombardier die eerstekeer 'n G5 kanon aan die nuwe troepe:

Bombardier: "Troepe! Sien julle hierdie kanon?"

Troepe: "Ja, Bombardier!"

Bombardier: "Nou hierdie is 'n G5 kanon! Hy kan 40 kilometerver skiet! Verstaan julle troepe?"

Troepe: "Ja, Bombardier!"

Bombardier: "Nou tel julle hom op aan daai disselboom enswaai hom reg in die rondte!"

Troepe: "Reg, Bombardier!" en hulle tel die kanon op en swaai die loop in die rondte.

Bombardier: "Goed. Nou sien julle dat hierdie kanon kan in'n volle sirkel van 180 grade skiet?"

Na 'n ongemaklike stilte staan een slim troepie op: "Maar Bombardier,is daar nie 360 grade in 'n volle sirkel nie?"

Bombardier: "Jou dom troep! Het jy nie geweet 'n mens kry groot sirkels en klein sirkels nie?
CANT WAIT TO CAMP FULL TIME
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2014 @ 08:12:52 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

JY sien daar is n' dom antwoord vir elke vraagLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2014 @ 08:18:47 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2329
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

He-he-he!!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2014 @ 15:06:56 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ja ons troepe was soms skerper as die sersant self lekker gelaag nou
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Feb 2014 @ 07:49:12 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years
Ek ken daai bombardier, hy is nou in die politiek.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2014 @ 07:16:11 am
Anonymous
Ek dink weer hy is 'n forum moderator erens?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2014 @ 14:31:32 pm
Pieta
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 422
Joined: 02 Nov 2011
Experience: 46 years

Mooi man, dit was nog die goeie ou dae.

Kamp Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2014 @ 15:06:20 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years

Mooi man, dit was nog die goeie ou dae.

Pieta, was jy 'n samajoor in die army ?? Jy het darem maar 'n ordentlike snor Smile

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2014 @ 16:08:51 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3625
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Was een jaar vir 'n 3 weke kamp net buite Pretoria. Elke dag het ons klas gehad. Die dag het dit onder andere gegaan oor hoe om afstand te skat om jou visier in te stel. Hy kyk so om en verwys na die telefoonlyn in die verte en se die afstand tussen die pale is 100 meter en is 'n goeie verwysing. Ek was 'n telekommunkasie tegnikus vroeer jare en korrigeer hom dat die afstand tussen die pale is 80 meter aangesien dit 'n hooflyn is en baie drade dra. 

Wel, ek moes toe na die telefoon lyn hardloop die afstand aftree en weer terug hardloop omdat ek my slim gehou het. Toe ek terugkom het die klas al verdaag en die instukteur het nooit gevra hoeveel tree dit is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2014 @ 16:17:29 pm
Anonymous

So is dit innie army.

Toe ek my diensplig, net na basies, gedoen het is ons op parade. Sersant vra wie wil lorry drivers word. Nou ja,  ons kry toe elk n krywa om tuin diens te doenYell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2014 @ 17:59:16 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Was 25 jaar in die mag. Ek kan nou weer 'n paar staaltjies vertel van dinge van troepe.
Kom ons los dit maar eerder net nou word ek van die forum geskors.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2014 @ 18:05:06 pm
Pieta
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 422
Joined: 02 Nov 2011
Experience: 46 years

Ou Froggy nee ek het net diensplig gedoen in die 70's die snor het maar met die jare saam gekom.  Wink

Kamp Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2014 @ 20:43:41 pm
Anonymous

Leon ek dink ons uniforum manne kan dit vat.

My seun is al 20 jaar staandemag in Bloem, my jongste dogter is in SAPS speurtak, my broer SAPS . Albei my oupas, pa en ooms was weermag. My seun se hy sal oo pension gaan as lid dit is sy loopbaan hy is Komandand.

Maar voor iemand dalk tog iets se sal ek ook liewer hier afstap, ek is uit n uniform familie van beide my ouers se kant af.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2019 @ 19:16:48 pm
Anonymous
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2019 @ 13:54:44 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ha ha ha dis seker nou se ARMY nè......................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2019 @ 13:58:37 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 725
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek lag eintlik oor daai teddie.....

Ons shit het gebeur die oomblik toe ons deur die hekker gestap het hier by Sturrock park.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2019 @ 21:50:40 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 229
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Die RSM kry die boodskap dat Piet se pa oorlede is maar hy weet hoe om dit oor te dra nie. Hy roep toe die hele peloton bymekaar en bring almal op aandag. Die volgende oomblik brul hy: Almal wat se pa nog lewe gee een tree vorentoe en Piet waar dink jy gaan jy heen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2019 @ 20:49:27 pm
Anonymous

Vanaand is dit koud hier in GP.

My vrou en ek besluit ons eet sop wat ons gevries het saam rolletjies en toe begin ek weer dink toe ek daai rolletjie smeer met kaas smeer.

Die lekker ou bos burger:

- 1x Ratpack elk/p/seksie.

- Vorige dag is die voete deurgestap.

- Volgende dag is siesta waar die kos besluit word.

Die esbit stofies, ratpacks en esbits word nader getrek.

Jy neem die doggy biscuits en daai blikkie doggy vleis en jou cheesie en bou ń burger.

Die stofie word staande gemaak met sy twee uittrek potjies en die esbit brand.

Die burger is gebou.

Die karton van die ratpack boks maak jy klam en plaas onder en bo oor jou burger en seel met die plastiek van die ratpack.

Maak die dixie klammerig en sit die burger gedoente binne die dixie op die stofie en laat kook.

Kyk, siffie straat se burger was nie so lekker nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2019 @ 13:39:23 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Nie n grap nie. Sien nou die aand hoe die weermag perde in Potch verhongerd en verniel is. Waar is die dae wat ons in ons perde se stalle deurgag gesit het om te kyk dat die perd nie sieker word en ok is. Die verskonings gemaak is ongrondig, pateties en bewys van onkundigheid, geen belangstelling ook geen teenwoordigheid.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 10:00:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nie n grap nie. Sien nou die aand hoe die weermag perde in Potch verhongerd en verniel is. Waar is die dae wat ons in ons perde se stalle deurgag gesit het om te kyk dat die perd nie sieker word en ok is. Die verskonings gemaak is ongrondig, pateties en bewys van onkundigheid, geen belangstelling ook geen teenwoordigheid.

Dit is uiters swak. As dit iemand in die privaat sektor was is hy hof toe gesleep deur die SPCA.

Dink julle nie ook dat die Army moet maar verby kom vir 'n drag slae nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 12:13:09 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 542
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Feit van die saak is, ons manne van die army-jare kan VERTEL. Ons kan vir ure VERTEL. Ek was NEGE maande lank op die grens waarvan DRIE in Mosambiek was. Ons het Ondangua gaan vestig . Noudat ek terugkyk kan ek nie glo dat die weermag SO onvoorbereid was nie, so MIN geweet het van die "vyand" se vermoë nie en hulle troepe aan soveel onnodige gevaarblootgestel het nie.  Maar een ding is onweerlegbaar waar, ons weet tot vandag nog wat ons limiete is, ons weet tot vandag steeds waar om die lyn te trek. Ons gooi nie sommer n middelvinger rond soos die jongmanne van vandag nie en ons is nie hardegat met manne wat jou dalk net n paar klappe kan gee nie. Ons het respek vir iemand wat jou meerdere is en ons salueeer steeds stilletjies manne van ons ouderdom wat dalk nie meer n sixpack het nie. Nog net n paar jaar dan is ons army-anne n vergete geslag.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 13:55:34 pm
Anonymous

Feit van die saak is, ons manne van die army-jare kan VERTEL. Ons kan vir ure VERTEL. Ek was NEGE maande lank op die grens waarvan DRIE in Mosambiek was. Ons het Ondangua gaan vestig . Noudat ek terugkyk kan ek nie glo dat die weermag SO onvoorbereid was nie, so MIN geweet het van die "vyand" se vermoë nie en hulle troepe aan soveel onnodige gevaarblootgestel het nie.  Maar een ding is onweerlegbaar waar, ons weet tot vandag nog wat ons limiete is, ons weet tot vandag steeds waar om die lyn te trek. Ons gooi nie sommer n middelvinger rond soos die jongmanne van vandag nie en ons is nie hardegat met manne wat jou dalk net n paar klappe kan gee nie. Ons het respek vir iemand wat jou meerdere is en ons salueeer steeds stilletjies manne van ons ouderdom wat dalk nie meer n sixpack het nie. Nog net n paar jaar dan is ons army-anne n vergete geslag.

Een van die dae wanneer ons nie meer die ou weermag stories en gedagtes kan deel nie, sal ons nageslagtes net daarvan lees.

Dit gaan bykans wees soos die uitsterf van die Rhino.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2019 @ 14:41:28 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Hoe kan jy jou tyd in die weermag (diensplig) beskryf?

Myna was 'n tros tyd wat ek nooit sal vergeet nie want dit was ook lekker en soms baie interessant. 

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2019 @ 21:36:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2019 @ 08:43:16 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

ja, die eens trotse SAW...... nou down and out! baie sad! 

ek het die weermag gehaat met 'n passie, maar moet in dieselfde asem sê dat was dit nie vir weermag nie was ek tien teen een 'n ruglaatlose jellievis wat laer as slangbollie op die bodem van die see was..... die weermag het van ons manne gemaak. ons was die beste guerilla vegters in die wêreld en was opgelei in alle fasette van oorlogvoering. ons was fiks...topfiks en rookfiks. het nie twak gevat van enige siviele makatees nie. ja, dit was ons. die beste!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2019 @ 10:50:00 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Net jammer van al die jong manne wat dood is of vermink of geestelik gebreek teruggekom het né.  Ek dink aan Freddie Zeelie wat 'n jaar na my in dieselfde skool was, 'n baie belowende en aangename jong man wat die eerste soldaat is wat op die grens gesneuwel het. Wat 'n vermorsing van 'n jong lewe! En op die ou end was dit alles maar tevergeefs.  Na genoeg mense aan beide kante doodgeskiet is, moet die twee kante maar bymekaarkom om oor vrede te onderhandel.  Dit leer die geskiedenis ons oor en oor, maar soos hulle sê wat ons uit die geskiedenis leer, is dat ons NIE uit die geskiedenis leer nie. 

Die klug dat dit slegs die weermag is wat manne van ons gemaak het, is ook nie waar nie.  Jong seuns wat die afgelope dertig jaar of so volwasse geword het, het nie diensplig gedoen nie en ek ken baie van hulle wat MANNE geword het sonder om geboelie te word. MANNE is nie mense wat enige ou wat skeef vir hom kyk, onderstebo klap nie- dis 'n boelie.  Daar is baie ander belangriker eienskappe wat 'n MAN maak.

En dan die groot stories oor die dapper army dae: Dis meestal maar stories.  Die soldate wat werklik in gevegte betrokke was en dood gesien het, praat nie daar oor nie want dit laat letsels wat moelik genees.  Meeste van ons het maar ons dae in die boskampe omverveel en net van die vyand gehoor.  Of dapper Bedfords bestuur op Voortrekker Hoogte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2019 @ 14:45:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sien weer die manne ding as iets tussen reg en verkeerd.  Meer aan die disipline kant en later self disipline.  Verskil tussen die twee:

Disipline is optrede volgens die reels en regulasies.......

Self disipline is wat jy doen en hoe jy optree as niemand vir jou kyk nie.

Op 'n manier het basiese opleiding almal by mekaar gebring plaas seun, stads japie, bederfde brokkie, dagga rokker of groot sport man.  Almal het dieselfde dissipline gehad al was dit afgedwing het dit later 'n leef wyse geraak self disipline sonder dat jy dit geweet of gedink het om te doen.  Dis in gedril en na 'n tyd het jy dit gedoen sonder om te dink.

Dit het sonder dat ons dit werklik weet oor gespoel in ons samelewing. Die laaste vrye militere diens (VMD) was in 1995 as ek reg onthou. Tel bietjie af............... die seuns wat in 1996 nie militere diens verrig het nie se kinders is ongeveer 2006/7 in die skool sisteem.  Gaan kyk self van wanneer af het die afrikaanse skole begin kla oor disipline in die skool/klasse.

Ek se nie oupa dat jy dit nagelaat het nie, ek se dit was nie meer belangrik gewees nie en so is dit agterwee gelaat.

Dis wat ek bedoel met die manne.  Dit is daardie goue draad van wat is reg en hoe om op te tree al se niemand dit vir jou nie.  Dis maar hoe dit gewerk het.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2019 @ 14:52:44 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dus om 'n man te wees vir my is om reg op te tree maak nie saak in watter situasie jy jy bevind nie.

Klein goedsoos:

Ek eet of drink nie met 'n hoed op nie uit dankbaarheid vir my Vader wat die spys en drank voorsien het.

Loop nie en eet nie, dis slordig en kanse om op jou self te mors is groot. Praat nie eers van chappies kou nie.

Wag tot almal klaar ge-eet het voor jy van tafel verskoon word. Dis maniere

Laat 'n dame eerste deur 'n deur loop

Ons almal sal 'n baie lang lys kan maak.  Help nie ons maak die lys en leef dit nie. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2019 @ 20:53:55 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Vir ons het goeie maniere 'common sense' geword. Die wat daarmee grootgeword het en die wie dit aangeleer het tydens diensplig.

By vandag se jonges het dit 'non sense' geword, want als het om die eie ek begin draai wat deur ouers versterk word om prestasie uit die kind te kry. Ons kinders het hulle kinders begin 'applous gee' vir elke klein dingetjie wat die kind regkry. Naderhand kan die kind nie meer sonder dit presteer nie en sy locus van beheer skuif na buite hom/haarself.

Moet darem sê dis nie almal nie, so daar is nog hoop.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2019 @ 22:17:16 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het nie regtig iemand gehad om my te leer, ek het die lewe en sy seer gesien en dit het my  geleer om beter ander kant uit te kom. 

Op 13 het ek n klok kaart gehad en by n maatskappy deeltyds gewerk, elk Vrydag middag na skool, elke naweek, elke skool vakansie. Nooit een sent verdien, nooit n vakansie gehad. My selaris net so vir my ouers gegee. As ek R5 wou hê om n meisie uit te vat het ek gaan vra of ek dit kan kry.  Op 15 sit ek in 4 SAI middelburg, op 16 en nog steeds kind in die kaplyn bo in Namibië en sien hoe mense doodgaan. Op 17 het ek my 2 jaar diensplig voltooi met rang. Dadelik daarna begin werk, kampe gedoen en het verder deeltyds ge  studeer.

Nou sê ek as dit nie vir jou n werklike  opsomming van reg of verkeerd, simpatie en empatie, tafel en badkamer maniere gee sal niks. As ek kyk na sommige mense se grille en giere kyk skud ek net my kop. Nie met veroordeling maar met ongeloof.

Die army het my grootliks gevorm en het dit nie toe besef maar wel daarna.

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required