English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 078
Total Replies: 212 586
Total Views: 81 644 600
topics: 756
replies: 11 928
views: 4 937 525
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Wa sleep

replies: 10
views: 374
21 Feb 2019 @ 14:53:47 pm
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Hi mede sleepers/kampers.

Ek het pas my 1ste wa gekoop 'n 1985 Jurgens Fleetlin L en soos vroeër in ander draad genoem met die 1ste sleep na die dienssentrum het ek nie seker gemaak die coupler click nie en halfpad soontoe verloor ek die wa, gelukkig teen 40km/h en geen skade behalwe die jockey wiel (wat op laaste asem was) nie.

Het vandag gou weer my wa gaan optel na hy vernuwe is deur Oom Klaus die Caravanman in Centurion. Nou weet ek nie of dit my verbeelding is of net angstigheid of wat nie maar die kombinasie voel nie vir my so stabiel soos my boswa wat ek gewoont aan is nie.

Ek is besig om al die parte bymekaar te maak vir om die ou Jurgens Stabilizer op te sit, kort nog net die bracket met hakkies wat op die wa se neus vaskom. Ons kamp die 1ste keer 15 Maart by Dube en wil seker maak die kombinasie is veilig en my kop speel net met my.

Waar kan ek aanklop vir hulp? Enige lede in Centurion wat dalk ogie kan gooi vir my?

Dankie

Hentie

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2019 @ 21:13:07 pm
Dries
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Geluk met jou kopie. Ek neem aan dat jou wa heeltemaal leeg was. Dan sal hy nie "reg" voel nie. As wa gelaai is dan sal al's beter gaan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 06:42:27 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11376
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sal so "bracket" laat buig uit 38x38 SQ Tubing uit.  Twee hakkies op elke punt vas sweis (Dis nou as die stabiliseer arms kabels en nie kettings op het nie) vir hoogte verstelling.

In Potgieter straat af op regter kant is 'n uitlaat pyp plek wat vir jou die SQ Tubing sal kan buig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 09:54:48 am
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Geluk met jou kopie. Ek neem aan dat jou wa heeltemaal leeg was. Dan sal hy nie "reg" voel nie. As wa gelaai is dan sal al's beter gaan. 

Dankie Dries, 

Ek het gisteraand bietjie geloer en sien al 3 tente is agter onder die bed aan een kant so dit sal ook effek gehad het omdat hy verder leeg was.

Sal hom die naweek mooi pak en dan weer sleep en kyk hoe gaan dit.

 

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 09:56:19 am
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Ek sal so "bracket" laat buig uit 38x38 SQ Tubing uit.  Twee hakkies op elke punt vas sweis (Dis nou as die stabiliseer arms kabels en nie kettings op het nie) vir hoogte verstelling.

In Potgieter straat af op regter kant is 'n uitlaat pyp plek wat vir jou die SQ Tubing sal kan buig.

Danie Leon,

Kry vandag die stabilizer bars dan kan ek die mates kyk en iets laat bou. Hoop maar ek kry iewers die bracket dat maak dit dinge soveel makliker. Ouens by Discovery & Outdoor is baie behulpsaam en behoort my te kan uitsort.

 

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 13:45:25 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1345
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Hentie, daardie karavaan van jou lyk baie bekend.

As ek mag vra: Het jy hom dalk by 'n ou omie gekoop wat hom gesleep het met 'n rooi KIA Soul?

Indien so, sal ek kan verduidelik hoekom jy 'n probleem gekry het met die haak.

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 13:57:28 pm
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Hentie, daardie karavaan van jou lyk baie bekend.

As ek mag vra: Het jy hom dalk by 'n ou omie gekoop wat hom gesleep het met 'n rooi KIA Soul?

Indien so, sal ek kan verduidelik hoekom jy 'n probleem gekry het met die haak.

Hi DK,

Het hom by 'n ou in Woodmead gekoop wat hom Augustus by ander oom gekoop het en toe oorgedoen het. Onder andere het hy 'n nuwe coupler opgesit.

Ek het in Centurion hom laat diens en ook die damper shock voor laat vervang want hy was moeg. Eers geruk en pluk en raak met ry en briek maar nou is hy baie stil en briek beter.

Dit is vir my asof hy nogal "body roll" het so ek glo die oorspronklike stabilizers sal baie help. 

Kyk, ek het nie eers op skool so baie navorsing gedoen soos nou niesmile

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 14:11:22 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1345
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Hi DK,

Het hom by 'n ou in Woodmead gekoop wat hom Augustus by ander oom gekoop het en toe oorgedoen het. Onder andere het hy 'n nuwe coupler opgesit.

Ek het in Centurion hom laat diens en ook die damper shock voor laat vervang want hy was moeg. Eers geruk en pluk en raak met ry en briek maar nou is hy baie stil en briek beter.

Dit is vir my asof hy nogal "body roll" het so ek glo die oorspronklike stabilizers sal baie help. 

Kyk, ek het nie eers op skool so baie navorsing gedoen soos nou niesmile

Die rede hoekom ek vra is:-

Ons was verlede jaar Maart by Dube gewees en die ou oom en tannie het so skuins oorkant ons gestaan op die plaveisel.

Een middag hoor ek net een hengse slag en kyk toe. Die ou omie het nooit die voorste steadies laat sak nie en die karavaan net so laat rus op die jockey wat toe besluit dat hy nou genoeg stremming hanteer het.

Die karavaan het baie hard geval op sy haak gedeelte dat ek gereken het dat daar moet definitief skade wees.

Dit is hoekom ek vra. Indien dit dieselfde karavaan is, sal ek ondersoek instel as ek jy is en kyk of die haak raam gedeelte inlyn is met die res van die karavaan se algehele staal raam werk. 

 

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 14:38:53 pm
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Die rede hoekom ek vra is:-

Ons was verlede jaar Maart by Dube gewees en die ou oom en tannie het so skuins oorkant ons gestaan op die plaveisel.

Een middag hoor ek net een hengse slag en kyk toe. Die ou omie het nooit die voorste steadies laat sak nie en die karavaan net so laat rus op die jockey wat toe besluit dat hy nou genoeg stremming hanteer het.

Die karavaan het baie hard geval op sy haak gedeelte dat ek gereken het dat daar moet definitief skade wees.

Dit is hoekom ek vra. Indien dit dieselfde karavaan is, sal ek ondersoek instel as ek jy is en kyk of die haak raam gedeelte inlyn is met die res van die karavaan se algehele staal raam werk. 

 

Dankie DK,

dink toe ek hom in die pad verloor het op die die jocket sou meer skade as daai val van die oom veroorsaak het. 

Hy is darem nou van voor tot agter deurgegaan en als is in orde.

 

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 20:36:29 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3568
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek dink self menige jockeywiel gaan deur die lewe net meer stampe en stote o. a. as dit teen iets haak met movers. 'n Rantsteen of spoed wal raak as noodwendig die val teen 'n jockeywiel af sonder stutte. Dalk nie nodig om alles op die onderstel na te gaan omdat mens die ergste skade verwag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2019 @ 14:54:43 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6677
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Aanhouer wen. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First