-  Classifieds  -  Gypsey Royale 1994  -  CI Escape 1 1996  -  Jurgens Penta 2008  -  Sprite Tourer SW 2016  -  Forums  -  Lus vir kamp  -  GESOEK. BLINKSEIL  -  1992 Sprite Sport tent poles  -  Battery ontplof  -  News  -  Aluminium Table Slide  -  Ford Ranger  -  Toyota Hilux  -  SM130 Beverage Cooler
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 440
Total Replies: 206 470
Total Views: 81 029 933
topics: 748
replies: 11 652
views: 4 910 257
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Tru-kamera

replies: 53
views: 805
page 1 of 2
09 Oct 2018 @ 08:59:48 am
Dansan
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 38 years
More almal, wat kan julle my vertel van n tru-kamera agtrer-op jou karavaan? My Fortuner het reeds 'n kamera agter waarmee ek die haak en karavaan pragtig kan sien en gemaklik kan haak. Maar ek het gewonder wat die voordeel/nadeel is van 'n kamera agter-op die karavaan. Ek wil nie met hom parkeer of agteruit ry nie, ek het wheel-movers. Ek wil bloot sien wat agter my aangaan terwyl ek ry. Wie sou so 'n installasie kan doen?
Gebruik julle manne 'n spieël-verlenging? Ek het een gekry saam met die karavaan-aankoop.   
You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 09:20:31 am
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 370
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years

Danie, hierdie onderwerp is al goed deurtrap en jy sal baie inligting kry deur die woorde "reverse camera" onder "titlle search" in te sleutel.

Ek persoonlik maak ook gebruik van 'n tru kamera saam met die kant spieëls en vind dit werk puik.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 10:21:11 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Kamera is koning... Sien lekker agter jou. Ek geniet dit al die pad. Sal nie sonder kamera wil sleep nie. Mens weet wat agter jou aangaan en dis beslis die moeite werd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 10:39:11 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 195
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 44 years

Puik idee! Jy kan gerus met Pieter (Brommer) kontak maak-hy het myne ingesit en ek was nog nie een dag spyt nie, sy werk is puik en professioneel!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 12:37:36 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Jy kan na 'n duurstelsel gaan kyk wat byvoorbeeld deur Purple Sa verskaf word. Dit is ook beskikbaar by Campworld takke.

Of jy kan 'n draai gaan maak by Montana traders. Daar kan jy die Monitor en trukamera kry vir onder 'n R1000. Die kameras wat saam met die monitors verskaf word draai die beeld ook reeds klaar om sodat as jy na die monitor kyk jy reeds 'n spieel beeld sien van dit wat agter jou aangaan. Kort om dis asof jy in jou voertuig se middel spieel kyk.  Neem net kennis dat die bedrading wat in die boks verskaf word strek van die "dashboard: in jou voertuig tot by die agterkant van die voertuig. Jy moet dus addisionele draad (Ook beskikbaar by Montana Traders) koop om die kamera te skuif van die haak tot by agterkant van karavaan.

Die is alles plug en play en dis vreeslik maklik om te instaleer. DIY.  Daar is verskeie monitors wat jy kan kies.  Wissel van groot tot klein en van hulle kan ook oor die middel spieel vas knip. Hier is 'n voorbeeld:

Ander monitors sit jy op 'n manier op die dash vas.  Ek self het die tipe monitor want dit wat die kamera wys is soortgelyk aan dit wat jy omtrent in die middel spieel sou sien.

Die tipe kameratjie soos op die foto sit met twee klein skroefies vas. Ander boor jy 'n gat in die veselglas van die wa en monteer die hele kamertjie daarin.  Soos die.

Jy sal ook op die foto die twee plugs sien van die kamera. Die rooi is die 12V krag + en - om die kamera te laat werk en die geel is die RCA video sok.  Die ekstra koord wat onderdeur die karavaan moet loop maak reeds voorsiening vir die plug en play op die kamera.

Van die kameras het ook infra rooi liggies vir 'n mate van beligting as jy moet terugstoot in donker tye. Daar is verskeie sigbare hoeke maar dis waar die prys verskil in kom.  Die kameras by Montana Traders se sigveld is van so aard dat:

  • Jy sien duidelik die verkeer agter jou. Jy kan wel nie die drywer se gesig uitdrukking waar neem nie.
  • As 'n voertuig jou sou verby steek is die voertuig reeds sigbaar in die sleep voertuig se standaard truspieels alvorens dit uit die kamera se sigveld verdwyn.
  • Dus kan jy deur middel van die tru kamera en die spieels meer om jou voertuig sien as wat jy van verlengde spieels sou gebruik maak.

Op die ou einde hang dit wat jy gaan betaal af van die behoeftes wat jy het.  Ek self vind dat die Chinese produkte heel goed werk en dit is so goed koop as 'n kamera onklaar sou raak vervang jy dit teen R250.

Hoe jy die instalasie doen, waar die kamera se beste plasing is, hoe groot die ideale monitor is, wat die kamera se sigveld moet wees, koppeling tussen voertuig en karavaan is alles besprekings wat ookal oor gesels is hier.

Sterkte met jou soek tog. Wat belangrik is, is dat ek eerder met 'n kamera sal sleep as met verlengde spieels.  My Classique het dit op gehad (foto hier bo) en ook my huidige Sensation Maia.

Dit werk nou maar net puik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 13:11:39 pm
Dansan
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 38 years

Fanx Leon, my Fortuner het reeds n kamera. Die beeld wys op n nuwe middel-spieel wat bo-oor die oorspronklike spieel geheg word, dit werk pragtig. Die beeld wys net op die een helfte en werk natuurlik net in tu-rat wanneer ek agteruit ry om die karavaan te haak. Ek kan n tweede kamera (dalk hoër op wat afwaarts kyk) laat insit wat dan op die ander helfte van die spieel sal beeld.

Ek gaan jou advies volg en soek vir n dashboard-monteer beeld wat permanent aan is terwyl ek die karavaan sleep wat ek kan afhaal wanneer ek nie sleep nie..  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 13:17:01 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Fanx Leon, my Fortuner het reeds n kamera. Die beeld wys op n nuwe middel-spieel wat bo-oor die oorspronklike spieel geheg word, dit werk pragtig. Die beeld wys net op die een helfte en werk natuurlik net in tu-rat wanneer ek agteruit ry om die karavaan te haak. Ek kan n tweede kamera (dalk hoër op wat afwaarts kyk) laat insit wat dan op die ander helfte van die spieel sal beeld.

Ek gaan jou advies volg en soek vir n dashboard-monteer beeld wat permanent aan is terwyl ek die karavaan sleep wat ek kan afhaal wanneer ek nie sleep nie..  

Jy kan die truspieel gebruik wat oor die spieel vasheg as truspieel, en reverse kamera en karavaan kamera.. Ek het dit so op my BT50 gedoen, dit het ook self aangekom as ek in trurat sit en self afgegaan daarna en ek het dit net aangeskakel as die karavaan gekoppel word.. Huidiglik het die fortuner sy eie reverse kamera wat met radio skerm werk so die huidige spieel/skerm dien as truspieel en as die karavaan gehaak word sit ek skerm aan en als loop. As karavaan nie gesleep word nie los ek eenvoudig die spieel skerm op want hy wys mooi elkgeval agter omdat hy ook refleksie wys. So jy hoef nie onnodig skerms te monteer nie, ek noem maar net..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 14:12:10 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek stem saam met Brommer oor die monteer van die ekstra monitor. Maar in jougeval gaan die beeld net aan as jy trurat skakel.  Jy sal of ander monitor kry of 'n middeweg moet kry tussen die tru van die voertuig en kamera van die wa.

Soos Pieter sê, as jy 'n monitor soos in die foto hierbo gebruik het jy nie nodig om monitors af te haal of op te sit nie want as die monitor af is, is dit steeds 'n puik tru spieel.

Sterkte met die beplanning. Daar is 'n paar produkte en opsies wat jy kan oorweeg. 

Op my vorige Ranger was die tru beeld ook in die truspieel van die bakkie ingebou. Dit het genoodsaak dat ek die monitor verwyder as ek nie sleep nie. Nou is die tru beeld groot op die radio skerm en kan ek die monitor eintlik op die middelspieel los.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 16:45:49 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Danie

Ek gaan nie doekies omdraai nie.

Ek dra bril vir oor die 50 jaar. Moet nou ook by se ek ry ongeveer 8000km/maand.

Die kamera ding werk net nie vir my nie. Ek kry geen duidelike beeld agter my nie soos met gewone Kant spieels. Ek het my stelsel ook by Traders gekoop. 

Ek het eers monitor gekoop wat oor binne spieel pas. Die gemors. Ek sien meer wat aangaan binne my kar as buite. Toe koop ek 7". Nogsteeds werk dit nie vir my nie.

Vir my is die "schlep" om all die goed aan!mekaar te sit net nie die moeite werd nie.

Die buite spieels....2 min end dis op en ek kan sien!!

Ek kraak niks en niemand hier af nie.....dis net wat my belewenis is. En dis agv my oe

I tried to be normal for one day
I gave up!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 17:22:43 pm

Miskien beter kamera stelsel kry en nie die Chinese ondersteun nie? Dalk is ons mense maar ons eie ondergang ons sal eerder die Chinese ondersteun as die beter produkte? 

Miskien bietjie kyk of jy nie beter stelsel kan kry en kyk of dit beter werk nie.. Daar is defnitief verskille in resolusie en die beeld en ook die refleksie eenhede.. Dalk maar bietjie loer..

Ek moet sê die stelsels wat ek ingesit het sover is almal baie tevrede en kan getuig van die waarde van kamera stelsel (wat nie by Chinese gekoop word nie)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 18:15:46 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Van ek n kamera op die wa het kan ek nie sonder hom sleep nie.

Het dit self gedoen en sien hoe die spietkop in sy neus krap toe hy om die wa stap nadat hy my gestop het.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2018 @ 08:42:19 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Miskien beter kamera stelsel kry en nie die Chinese ondersteun nie? Dalk is ons mense maar ons eie ondergang ons sal eerder die Chinese ondersteun as die beter produkte? 

Miskien bietjie kyk of jy nie beter stelsel kan kry en kyk of dit beter werk nie.. Daar is defnitief verskille in resolusie en die beeld en ook die refleksie eenhede.. Dalk maar bietjie loer..

Ek moet sê die stelsels wat ek ingesit het sover is almal baie tevrede en kan getuig van die waarde van kamera stelsel (wat nie by Chinese gekoop word nie)

Dalk 'n goeie punt wat Pieter aan roer. Om meer die plaaslike vervaardigers te onder steun.  Maar die tipe uitrusting kom meeste van oorsee af en plekke soos Eloptro wat wel kameras hier maak gaan jy en ek nie die geld hê om daarvoor te betaal nie. So of dit van China Japan Europa af kom dis nie gemaak in SA nie

Soos Pieter sê. Doen maar eers jou huis werk.  Ek gaan vanmiddag my karavaan op die plot haal en sal 'n foto neem van die beeld op die monitor wat ek bv gebruik. Ek hoop maar die selfoon kan weergee wat ek as aanvaarbaar vir die doel beskou.

Mens moet onthou dat die tyd wat jy fisies na die monitor kyk gedurende die rit is enkele sekondes of selfs gedeeltes daarvan.  (Soos wat jy na 'n truspieel sal loer)  Dis net om te sien of daar verkeer agter jou is en hoe vêr weg dit is. Jy gaan nie ure na die monitor staar soos as jy 'n video kyk nie. Nou vra ek net vir die praktiese aanwening van vinnig loer wil jy werklik sien wat is die kleur van die bestuurder agter jou se oë.

Ja jy kan die monitor ook gebruik vir DVD kyk in die voertuig. As jy dit wil doen kan die monitor van 'n beter standaard wees.  Dit alles hang van jouself af.  Sommige mense gaan vir goud en koop altyd TOP of the RANGE.  Ander koop wat dalk net prakties aanvaarbaar is.

Ek behoort teen môre oggend 'n foto of wat te plaas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2018 @ 09:23:32 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Dankie Leon ek sal dit ook graag wil sien. Ek het onlangs in die Kaap my kamera vervang met n beter gehalte en beter gehalte draad. Die beeld het toe reeds geweldig verbeter. Ek wil nou ook my monitor (7 duim) in die Fortuner verander na n beter gehalte. Myne begin al sy ouderdom streke uithaal. Gesien na al die jare se gebruik het hy egter sy deel gedoen. Ek wil nou egter terwyl ek verander na n beter kwaliteit verander. Sonder my tru kamera???? asseblief nie weer nie........ek kan nie dink om daarsonder te ry nie. Die veiligheid is n moet veral as jy deur stede en dorpe ry. Ek stem ook met Leon saam dat jy dit slegs sekondes lank gebruik maar daardie sekondes kan n lewe red of n ernstige ongeluk vermy. Gemoedsrus is wat dit vir my doen. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2018 @ 15:49:46 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Die kamera in ons wa en 7duim monitor het ek by die sjinees gekoop. Die monitor kan ek stel vir helderhuid en is baie gelukkig daarmee. Die beeld is dieselfde as my friend se Porsche tru kamera.

Hoe lank hy gaan hou weet ek nie maar jy hoef nie altyd die duurste te koop nie. Vir my gaan dit hoeveel jy wil spandeer vir wat my kry. 

Probeer ook trots Afrikaans koop maar het ook al gemors gekry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 07:55:46 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Die kamera in ons wa en 7duim monitor het ek by die sjinees gekoop. Die monitor kan ek stel vir helderhuid en is baie gelukkig daarmee. Die beeld is dieselfde as my friend se Porsche tru kamera.

Hoe lank hy gaan hou weet ek nie maar jy hoef nie altyd die duurste te koop nie. Vir my gaan dit hoeveel jy wil spandeer vir wat my kry. 

Probeer ook trots Afrikaans koop maar het ook al gemors gekry.

Ek sal ook 'n SA produk ondersteun. Probleem is ons suid afrikaners wil skatryk raak deur net een item te verkoop of die inset koste is so hoog dat die ontwikkeling groot bedrae geld kos. Kom ons vat 'n Tru Kamera en Klein Monitor as voorbeeld. Gee my 'n maatskappy in SA se naam wat enige van die goed hier vervaardig?  Daar is nie! En die enigste rede is dat dit groot inset kostes vat om so iets tot stand te bring en te "Industrialiseer".  Baie goed koper om dit in te voer.

Belangrik in die geval is om eers jou behoefte te analiseer. Dit bepaal wat jy nodig het en dan uiteraard die koste om te kry wat jy soek.

My vrae is .................. gaan jy op die monitor soos in jou sitkamer sit en 'n movie kyk? Is die beeld wat 'n duur kamera verskaf omgedraai vir die doel van 'n spieel beeld (Trukamera).   Kan 'n duur kamera die stampe en stote van 'n ongelyk pad hanteer.  Hoe wye hoek wil jy sien as 'n klein kamera jou reeds die vermoë gee om steeds voertuig op monitor te sien, terwyl jy dit in die bestaande sy spieel reeds kan waarneem.  Hoe vêr wil jy na agter sien, 80m, 100m, 150m? As 80m genoegsaam is vir jou om veilig laan te wissel.

Hier is die foto van my monitor toe ek my wa gister gaan haal het.  Jammer bietjie gesukkel om te bestuur en pics te neem maar tenspyte van dit kan julle sien jy het eintlik niks meer nodig as die goedkoop items nie.

Ver kyk

Kan gemaklik vêr terug kyk. Veilig genoeg om laan te wissel.

Voertuig agter

Foto minder duidelik verskoon die fotograaf asb. Maar die voertuig is sigbaar op monitor en in die regter sy spieel. So daar is nie 'n oomblik eenigsins wat die voertuig dalk onsigbaar of in 'n blinde kol van die monitor is nie.

As dit vir jou belangrik is om die drywer se oë kleur te kan sien dan koop jy 'n beter stelsel as hierdie.

Terloops die kamera is net bokant die nommer plaat van die wa gemonteer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 07:58:33 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Die monitor wat ek gebruik is nou so 6,5 jaar oud en die kamera 3,3 jaar oud. Werk steeds puik. Vir die R800 wat ek daaityd betaal het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 09:49:35 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Interessant dat mense die top of the range van sekere karre kan koop en die top of the range karavane en dan wil kla oor die suid afrikaners wat skatryk wil word terwyl hulle self dan die duurste van alles besit??? Ek wonder ook wat daai mense doen vir 'n lewe en hoe mens bietjie goedkoper sonder hulle tipe vaardighede moet kan klaarkom?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 10:09:30 am
Dansan
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 38 years

Leon kan jy my sê waar jy daai movie-ding gekry het? Is daar n koop-plek in die Kaap? Ennnn, is dit n remote-meneer of is daar drade wat getrek en gespan moet word? Ek sit reeds met 'n tru-skerm op my Fortuner wat vir die towbar aangesit is en absoluut heerlik werk. Hoe sal ek maak met 'n karavaan-kamera se skerm? Ek sit reeds met n GPS en bande-druk-monitor, as ek NOG iets soos nog 'n skerm op die dashboard moet sit gaan ek met my kop by die venster moet uitry om die pad te kan sien. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 10:41:20 am

Soos ek gese het jy kan 2 kameras op die skerms gebruik.. Wanneer jy sleep wys die kamera van karavaan op skerm en wanneer jy nie sleep nie wys jou reverse kamera op skerm wanneer jy "reverse"....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 14:07:24 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Leon kan jy my sê waar jy daai movie-ding gekry het? Is daar n koop-plek in die Kaap? Ennnn, is dit n remote-meneer of is daar drade wat getrek en gespan moet word? Ek sit reeds met 'n tru-skerm op my Fortuner wat vir die towbar aangesit is en absoluut heerlik werk. Hoe sal ek maak met 'n karavaan-kamera se skerm? Ek sit reeds met n GPS en bande-druk-monitor, as ek NOG iets soos nog 'n skerm op die dashboard moet sit gaan ek met my kop by die venster moet uitry om die pad te kan sien. 

Ongelukkig kan ek jou nie sê waar in die Kaap jy dit in die hande gaan kry nie. Soek 'n plek of omgewing soos 'n vlooimark wat baie chinese of Indieer produkte verkoop. Kanse is goed jy sal dit daar kry.

Die monitor wat ek het was ook beskikbaar by Montana traders hier in Pretoria, dis waar ek myne gekoop het. Na 'n tyd het ek nie meer van hulle gesien nie en toe het ek van dit saam gebring uit Dubai uit.  Twee of drie op n slag.  Terwyl ek daar was het ek hier op die forum gevra wie stel belang en dit dan saam gebring.  Dit aan die mense verskaf sonder vergoeding want dit kos my niks om dit saam te bring nie. Hulle het my net betaal dit wat ek daar betaal het, omgeskakel in Rand.  Dink dit was met die "exchange rate" op daai stadium R1000.

Die monitor het ook twee RCA video sokke wat dus twee kameras kan hanteer. Op die skerm kies jy dan net AV1 of AV2.  In jou geval dan die kamera op die haak of die kamera agter die wa.

Weereens 'n funksie wat die "goedkoop" monitor het sonder om jou plaas af te staan om dit te kan koop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 14:58:31 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Interessant dat mense die top of the range van sekere karre kan koop en die top of the range karavane en dan wil kla oor die suid afrikaners wat skatryk wil word terwyl hulle self dan die duurste van alles besit??? Ek wonder ook wat daai mense doen vir 'n lewe en hoe mens bietjie goedkoper sonder hulle tipe vaardighede moet kan klaarkom?

Vir my gaan dit gelukkig nie oor dit wat ek ry en dit wat jy ry nie maar die diens/ inligting wat ek hier kan verskaf.

In Suid Afrika gaan dit oor kennis oor produkte en ongelukkig is die ou wat niks weet van iets af nie die een wat lelik uitgebuit word.  (Dis nou die makkers wat skatryk wil word deur een ding te verkoop)

As dit kom by, as voorbeeld, sonpanele en laai vermoë van batterye. Dan los ek dit by die mense wat KAN, soos jy en ek leer by jou en die ander spesialiste.  Maar as ek weet dat iets goedkoper is en dit werk net so goed sal ek dit bevorder sodat ander wat nie die kennis het nie ook die gemak daarvan kan hê sonder om sy pensioen te verloor in die proses.

So ek weet nie waarom jy die aanmerking gemaak het tov top of the range karre en top of the range karavane nie. Ek is 'n salaris trekker en werk elke dag vir my geld. Wonder hoekom my top of the range goed jou so pla.

Punt is:  Ek weet dat die Chinese produkte in hierdie geval werk puik.  Daar is niks fout met dit nie.  En kan eintlik sê hulle werk netso goed soos die duur kameras. En sou die chinese kamera breek kos dit ongeveer R250 om te vervang. (Laas wat ek geprys het)

Die grap van alles is mense kan steeds die goed koop items koop en jou vra om dit te installeer. Jy kan steeds jou instalasie kostes maak uit dit uit. Want ek verseker jou die kamera en monitor doen hul werk net so goed.

Jy sien dalk kom dit nou hier neer op daai "EEN".

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 15:03:31 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Soos ek sê. Ondersteun maar die Chinese maar hou dan daarby en moenie daarna praat oor hoe dit in die land gaan nie. Dis juis daai tipe denke wat die goeie ouens al duurder en duurder maak ;-) Want om te oorleef moet hy nou meer geld maak op 1 unit want mense ondersteun eerder die cheap Chinas. En ek weet in my werk trap baie mense daai stel lelik af en huil lang trane na hulle na sulke raad van koop sommer by Chinese gevolg het.. So uiteinde moet elkeen maar sy eie besluit maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 16:33:53 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Die tipe mense wat so skimpy is om by die Chinese te koop sal nie sommer na my toe kom vir installasie nie ;-) Net soos my kliente die kwaliteit werk soek, soek ek kwaliteit kliente, en die geld lê nie in die produk nie, maar in die arbeid. Die produk is bysaak en ek kry eerder die ordentlike produk vir my klient. Anders is daar nou weer 'n beskuldiging van hoekom die Chinese ding nie reg werk nie dan word die installeerder die skuld gegee. Nee dankie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 21:57:29 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Dit is dan regso ek sal dan die mense wat nie iemand het om  dit vir hulle te installeer nie verniet help.  Soos ek in elkgeval tot dus ver gedoen het.

Want daar is mense wat nie bereid is om R4000 vir so iets te betaal nie. Of dit nie kan bekostig nie. op die manier is hulle ook geholpe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 22:32:24 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Dit is dan regso ek sal dan die mense wat nie iemand het om  dit vir hulle te installeer nie verniet help.  Soos ek in elkgeval tot dus ver gedoen het.

Want daar is mense wat nie bereid is om R4000 vir so iets te betaal nie. Of dit nie kan bekostig nie. op die manier is hulle ook geholpe.

Dis great van jou Leon.. Wys jou jy verdien te veel geld ;-) Dalk bietjie sponsor na ander is dalk goed vir die siel... Ek sal seker maak as ek so iemand kry om hulle eerder na jou toe te verwys.. Moet dalk jou baas gaan sien en ek jou werk vir hom verniet gaan doen en hoor wat se hy? Haha

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2018 @ 04:51:16 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Elke P@#p$l op sy eie pot.

Die vraag lyk vir my is, wil ek een keer in 5jaar R4000 betaal, of elke 3jaar R1000.  Ek het gelukkig rekene in graad 1 gehad - al moes ek graad een in twee jaar voltooi - en weet wat ek sal doen. 

My duur voertuig en woonwa is vir veiligheid van my gesin. Kamera is n luuksheid want ek kan met tru spieels ook goed sien indien nie beter nie. Terloops, ek het kamera's op.

Vermoed Leon is juis so geseend oor dit wat hy reeds doen. Dink sy BAAS sal bly wees om te hoor van die goedhartigheid van sy werkers, dalk kry hy n bonus. Haha

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2018 @ 19:47:19 pm
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 295
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years

Ek dink ons moet eenvoudig aanvaar dat nie almal so geseënd is om baie geld te verdien nie, sommige moet noodgedwonge probeer om met goedkoop / goedkoper produkte klaar te kom. My uitgangspunt is altyd om die beste te koop wat ek kan bekostig en nie om met enige iemand mee te ding nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2018 @ 20:30:16 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Ek stem saam met jou Johan. By die ou pensionarisse is dit maar n kwessie van koop die bekostigbare een dan het jy n kamera wat darem werk. Die duur een is buite my bereik en as ek vir hom wou gaan sou ek dan glad niks gehad het nie,dalk nie omdat ons dit gladnie kan bekostig nie maar daardie verskil in prys vul weer n ander gaaitjie. Ek het boontoe gese my Chinese stelsel werk reeds vir baie jare goed genoeg vir wat ek wil he. Dit was bekostigbaar en gee aan my en Susan gemoedsrus en help ons veilig met die Fleetline ry. Ek beny die manne wat n "top of the range" stelsel kan bekostig. Baie "nice to have". My punt wat ek wil maak is dat daar n mark vir beide stelsels is. n Nuwe duur ML Mercedes het sy mark vir die wat dit kan bekostig en n behoefte aan so n voertuig het.......ons wat nie kan of wil nie.......is tevrede met n goedkoper voertuig wat steeds ons van punt A na B met veiligheid neem. Dankie tog vir die baie beskostigbare items wat beskikbaar gemaak word en dalk tog nie so minderwaardig is nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2018 @ 23:58:11 pm
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

Ek skud maar net my kop vir van die aanmerkings wat gemaak word. Lyk my as jy nie die "beste" het nie dan word daar neergekyk op jou. Vir my gaan dit of ek dit nodig het en of ek daai geld het wat rondle om dit te kan koop.

My bakkie (DC) is die beste op die mark, want hy is klaar betaal. So ook my karavaan. 

Ek glo daar is 'n verskil in die kwaliteit van die kameras maar het jy dit werklik nodig. As die goedkoper een aan jou behoeftes voldoen, dan is dit mos maar ok.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 04:08:16 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Net soos jy se, Hennie. Dit wat in my behoeftes voldoen en in my prysklas val is ek tevrede mee. So is ek ook bly saam met jou oor jou goed al is dit beter en duurder as myne. Ja ok, ek is so bietjie jaloers maar ek gaan nie negatiewe kommentaar daaroor lewer nie. Leef en laat leef.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 08:05:59 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Ek het saam met my wa we kamera n stelsel vir die huis gekoop. R4000 vir 8 kameras.

My buurman het n stelsel ingesit R25000 vir 6 kameras. Geen verskil in kwaliteit nie.

Ek kon seker vir my wa n 10 000 stelsel laat insit het. Maar soos ek tevore gese het, agv my OE werk dit nie vir my nie. As dit gewerk het sou ek later opgegradeer het na n beter stelsel. Daarom kla ek nie oor die R1000 wat ek verloor het nie.

I tried to be normal for one day
I gave up!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 14:56:10 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ek skud maar net my kop vir van die aanmerkings wat gemaak word. Lyk my as jy nie die "beste" het nie dan word daar neergekyk op jou. Vir my gaan dit of ek dit nodig het en of ek daai geld het wat rondle om dit te kan koop.

My bakkie (DC) is die beste op die mark, want hy is klaar betaal. So ook my karavaan. 

Ek glo daar is 'n verskil in die kwaliteit van die kameras maar het jy dit werklik nodig. As die goedkoper een aan jou behoeftes voldoen, dan is dit mos maar ok.

Dit is so Hennie en ek stem saam. Maar dit lyk meer of die ouens wat dienste lewer en ook lewe maak daaruit nou moet buig voor die almagtige verbruiker en slim stories van hoe goedkoop dit moet wees? Regtig? As jy so cheapskate is gaan koop by die Chinese, as jy dink die ouens so geseend is deur goeie harte te he en alles verniet te wil doen, oh please, meer skynheiligheid het ek regtig nog nie gesien nie.. Want dit wat vir ander ou brood vir sy gesin verdien sal so ou nou afmaak as wil ryk word met een projek? Ekskuus my, gaan meet jou Rand per uur in jou salaris met tax en alles en kyk wat jy verdien en vertel my wat ek moet verdien!

EK lewer myself 'n goeie diens aan ander en soos genoem, soek ek kwaliteit kliente vir wie ek kwaliteit werk kan doen, die res kan maar na Leon toe gaan. Ten minste kan hulle hom nie juis dan kwalik neem as iets foutgaan of so nie want hul het dit gratis gekry.

Dis duidelik dat hier 'n sindroom van "ek is God" nogsteeds hier onder mense is wat dink besighede en diensverskaffers moet bloei ter wille van die verbruiker? Besighede en diensverskaffers is ook mense met kinders en gesinne, en kan ook maar geld maak, kan ook maar aan pensioen bou, kan ook maar gaan kamp met karavane ens.  Of is julle te heilig daarvoor?

Daar is 'n uiterse goeie rede hoekom kliente R100k, R200k, R300k en selfs al R550k projekte gee terwyl hul weet daar is goedkoper opsies  daar buite! Dink jy regtig ek wil die ou wat homself so hoogmoedig plaas dat hy neersien op ander wat met hul hande werk elke dag in die son en weer dat hul niks soos hy mag verdien nie? Jou moer pel!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 16:01:02 pm
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 295
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years

Brommer, ek dink jou kommentaar is “erg”, laat elkeen toe om die diensverskaffer te kies wat hy/ sy wil gebruik, of om die werk self te doen.

Om ‘n goedkoop diensverskaffer te kies is nie noodwendig “cheap skate” nie, dalk is dit al wat ek kan bekostig. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 17:06:53 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Brommer, ek dink jou kommentaar is “erg”, laat elkeen toe om die diensverskaffer te kies wat hy/ sy wil gebruik, of om die werk self te doen.

Om ‘n goedkoop diensverskaffer te kies is nie noodwendig “cheap skate” nie, dalk is dit al wat ek kan bekostig. 

Dis fine, maar om die wat wel hier gebeur is dat al die franchises en besighede basies ge-oormerk word en geteiken en sleggemaak word omdat hulle kostes het om te dra en so moet pryse aanpas en word dan beskuldig van oornag ryk-wil-word.. Ag asseblief man, dis hoekom dit so gaan in SA, en die mense met die witbrood onder die een arm en die Bybel onder die ander wat ander net wil sleg afmaak en benadeel omdat 'n China shop nou goedkoper is. So maak van my kommentaar wat jy wil, maar ek sê jou nou dis skynheiligheid man. Dieselfde persone wat so sleg van Jurgens gepraat het, wil nou weer hiep hiep hoera oor die fabriek dalk weer oopmaak. Spring maar net na die kant van die gewildste kommentaar lyk dit vir my....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 06:58:40 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

Dit is so Hennie en ek stem saam. Maar dit lyk meer of die ouens wat dienste lewer en ook lewe maak daaruit nou moet buig voor die almagtige verbruiker en slim stories van hoe goedkoop dit moet wees? Regtig? As jy so cheapskate is gaan koop by die Chinese, as jy dink die ouens so geseend is deur goeie harte te he en alles verniet te wil doen, oh please, meer skynheiligheid het ek regtig nog nie gesien nie.. Want dit wat vir ander ou brood vir sy gesin verdien sal so ou nou afmaak as wil ryk word met een projek? Ekskuus my, gaan meet jou Rand per uur in jou salaris met tax en alles en kyk wat jy verdien en vertel my wat ek moet verdien!

EK lewer myself 'n goeie diens aan ander en soos genoem, soek ek kwaliteit kliente vir wie ek kwaliteit werk kan doen, die res kan maar na Leon toe gaan. Ten minste kan hulle hom nie juis dan kwalik neem as iets foutgaan of so nie want hul het dit gratis gekry.

Dis duidelik dat hier 'n sindroom van "ek is God" nogsteeds hier onder mense is wat dink besighede en diensverskaffers moet bloei ter wille van die verbruiker? Besighede en diensverskaffers is ook mense met kinders en gesinne, en kan ook maar geld maak, kan ook maar aan pensioen bou, kan ook maar gaan kamp met karavane ens.  Of is julle te heilig daarvoor?

Daar is 'n uiterse goeie rede hoekom kliente R100k, R200k, R300k en selfs al R550k projekte gee terwyl hul weet daar is goedkoper opsies  daar buite! Dink jy regtig ek wil die ou wat homself so hoogmoedig plaas dat hy neersien op ander wat met hul hande werk elke dag in die son en weer dat hul niks soos hy mag verdien nie? Jou moer pel!

Ek hoop nie daai laaste opmerking in jou terugvoer was op my bedoel!!!!

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 07:08:20 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Indien ek Geert se laaste bydrae in Bosveld oase lees. Weet ek wie die skynheilige is en dit is nie Geert nie. Ek is nie en wil ook nie brommer se "PEL"  wees nie, derhalwe is die laaste sin nie van toepassing op my nie. 

Brommer, ek dink jy moet groter onderbroeke koop. Die kinder onderbroeke is te klein verjou en druk jou onnodig. Koop een grootte groter. Probeer "small". Dit sal dalk die drukking verminder jou gemoed stemming verander.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 07:19:59 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

Indien ek Geert se laaste bydrae in Bosveld oase lees. Weet ek wie die skynheilige is en dit is nie Geert nie. Ek is nie en wil ook nie brommer se "PEL"  wees nie, derhalwe is die laaste sin nie van toepassing op my nie. 

Brommer, ek dink jy moet groter onderbroeke koop. Die kinder onderbroeke is te klein verjou en druk jou onnodig. Koop een grootte groter. Probeer "small". Dit sal dalk die drukking verminder jou gemoed stemming verander.

Ja Chris. Dit is heeltemal onvaspas en ongevraagd.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 07:30:51 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Dit is darem vreeslik snaaks hoe 'n mens regageer as jy jou self moet verdedig. Nou wonder ek waarom jy eerstens dinge teenoor my aanhaal wat niks met die onderwerp te doen het nie (Top of the range storie) en dan mense begin vloek nie.

Jy sien ek bv het niks om te verdedig nie.  Enige persoon kan na die groen dakkies toe gaan 'n goed koop kamera stelsel gaan koop wat hom onder R1000 gaan kos en dit vir my bring en ek sal hom help om dit geinstaleer te kry. Dit is oop en maklik verklaar baar en dan werk die ding nog in my geval langer as 6 jaar al en die wat ek van Dubai af gebring het weet ek nog nie van klagtes af nie.  Wel die persoon wat dit by my gekry het het my nog niks laat weet nie.

Wat is jou gemiddelde kwotasie Pieter?  Dis nou vir 'n kamera stelsel se verskaf en instalasie ............. R8000?????  As dit so is ..... vermoed Ek ........ die rede hoekom jy persoonlik raak en hier kom vloek is dat dit sus jou gemoed makliker om R3000 vir 'n instalasie te vra as dit R5000 kos as om die selfde prys te vra as iets R1000 kos.  Jy sien die drade wat deur getrek word vir die goed koop item en die  duur item is dieselfde hoeveelheid werk.  Die konneksies is by die prys van die stelsel ingesluit. Die arbeid... die R3000......... dis wat mens moet verklaar.

Ek gun jou altyd jou geldjie wat jy wil maak.  Maar die kleure wat jy hier weerspieel deur persoonlik te raak en mense te vloek vertel vir my jy sal enige storie spin 

Nou is ek vreeslik spyt ek het altyd mense hier op die forum na jou toe verwys. Want dit wat jy voorgee en dit wat jy nou hier wys klop nie.

Sterkte vorentoe

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 09:41:46 am
Frikadel
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 65
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 32 years

Brommer, jy kort dadelik n baie goeie beeld poetser, dalk kan Heinz Winkler jou help met een.

Manne, die lewe is wat jy daarvan maak!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 10:37:13 am
Dansan
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 38 years

Hulle sê dat 'n man wat gou op sy perdjie klim gewoonlik 'n baie klein perdjie het want hy kan nie op 'n groot perd kom nie.  So kan elke ou seker 'n storie vertel van diens by goedkoper firma's en diens by duurder firma's. Ek het onlangs my Fortuner laat bedraad vir twee bykomende batterye (ja die V6 Fortuner kan DRIE batterye onder die kap inpas) deur 'n welbekende besigheid. Ongelukkig het die stelsel nie gewerk in Mabuasehube se hitte nie en moes ek die hele bedrading, wat regtig heel goed gelyk het, laat oordoen. Hierdie keer het ek dit deur 'n BOSCH-agent laat doen ---- wat 'n groot verskil!

Die prys was ---- eish ---- dubbel. Maar skielik sit ek met geen pap batterye nie en NOU lyk die bedrading professioneel.

Gepraat van tru-kamera. Ek moes nou my sleep-hak laat sak vir die karavaan. En ..... eish .... nou is die sleep-hak nie meer in sig van die kamera nie. Ai. Ha ha ha. Ek sal die kamara moet laat skuif na 'n hoër plek op die agterdeur om AFWAARST te kyk.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 12:30:50 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ek hoop nie daai laaste opmerking in jou terugvoer was op my bedoel!!!!

Hennie nee, ek het nie "jou moet pel" direk aan jou toegeskryf nie ;-) Sommer in die algemeen vir die persoon wat dink net hulle mag geld verdien.. ;-)

Ag Leon asseblief, ek sal regtig nie verwag om besigheid van jou tipe te kry nie. Los liewer. Want ek is seker as hulle soos jy redeneer gaan hulle my net kopsere gee. Dankie maar nee dankie. Ek hoef nie aan jou te verklaar waar ek aankope doen nie, en defnitief kry ek nie stelsels net vir belaglike R1000 nie, miskien by jou China pelle maar dis nie waar ek gaan rondloop nie. 

Dankie vader daar is meer mense daar buite wat besef waaroor dit gaan en nie spoeg en braak oor kostes nie..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 12:54:12 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Hulle sê dat 'n man wat gou op sy perdjie klim gewoonlik 'n baie klein perdjie het want hy kan nie op 'n groot perd kom nie.  So kan elke ou seker 'n storie vertel van diens by goedkoper firma's en diens by duurder firma's. Ek het onlangs my Fortuner laat bedraad vir twee bykomende batterye (ja die V6 Fortuner kan DRIE batterye onder die kap inpas) deur 'n welbekende besigheid. Ongelukkig het die stelsel nie gewerk in Mabuasehube se hitte nie en moes ek die hele bedrading, wat regtig heel goed gelyk het, laat oordoen. Hierdie keer het ek dit deur 'n BOSCH-agent laat doen ---- wat 'n groot verskil!

Die prys was ---- eish ---- dubbel. Maar skielik sit ek met geen pap batterye nie en NOU lyk die bedrading professioneel.

Gepraat van tru-kamera. Ek moes nou my sleep-hak laat sak vir die karavaan. En ..... eish .... nou is die sleep-hak nie meer in sig van die kamera nie. Ai. Ha ha ha. Ek sal die kamara moet laat skuif na 'n hoër plek op die agterdeur om AFWAARST te kyk.   

Net daar, hoeveel het alles en alles toe gekos na dit 2de keer oor gedoen moes word? Sit asb die koste in Rande hierso?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 13:07:48 pm
Dansan
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 38 years

Die eerste installasie het ongeveer R2500 bedra. Die tweede installasie was ongeveer R2900, maar toe het ek natuurlik reeds die drie solenoids en drie battery-monitors gehad. Die tweede installasie het twee nuwe sonpaneel-pods bygekry wat gerieflik voorop aangebring is waarvandaan ek buite-toebehore kon voer of direk aan n sonpaneel kon koppel.  

Die fout met die eerste installasie was dat die batterye paralel gekoppel was, die tweede installasie het die batterye heeltemal apart gesit, so monitering was baie beter. Maar daar was ook ander foute, soos die bedrading wat te na aan die uitlaatpyp was. 

Die eerste kontrakteur het regtig n goeie naam, miskien was my projek aan hom net op sy afdag, dit was net sy "houding" wat my teleurgesel het en ek hom gevra het om nie met my te neuk nadat ek terug na hom gekom het nie.

Ek gaan, soos Leon, ook maar bietjie rondshop vir n tru-kamera, ek kan darem ook n spanner draai en gaatjies boor, dalk tel ek ook n skrefeies-oog-ding op wat voldoende vir my gaan wees.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 13:21:23 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Dis great Danie. Dit is hoe ons seker maar die forum moet gebruik.  Kyk wat sê die manne en besluit self wat jy wil doen.

Wanneer jy daarby uitkom en die kamera ding doen........... laat weet ons asb wat jy besluit het. Dalk kom jy op iets af wat ons nog nie van weet nie.

Terloops, wat ons tot op hede nagelaat het om te noem is dat die draad vrye kameras en monitors (Bluetooth tipes) nie goed werk nie. Dis asof die afstand van agter die karavaan tot voor by die DASH van die voertuig net daai nipsie te vêr is en dan is dit asof jy onder die kamera se sein ook uit ry.  Steurings is beboude gebiede het ook 'n uitwerking daarop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 13:21:37 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Indien ek Geert se laaste bydrae in Bosveld oase lees. Weet ek wie die skynheilige is en dit is nie Geert nie. Ek is nie en wil ook nie brommer se "PEL"  wees nie, derhalwe is die laaste sin nie van toepassing op my nie. 

Brommer, ek dink jy moet groter onderbroeke koop. Die kinder onderbroeke is te klein verjou en druk jou onnodig. Koop een grootte groter. Probeer "small". Dit sal dalk die drukking verminder jou gemoed stemming verander.

Ek het geen issue met Geert nie, ek het ook geen rede om "kwaai" met Geert te wees nie, so ook nie met ander lede met wie ek al te doen gehad het of ontmoet het nie.

Leon, gemiddelde koste van installasies sal jy nie eers van droom nie. Ek doen wel NIE kameras vir 'n lewe nie, maar 'n addisionele ekstra in die meeste gevalle.. Daar is letterlik dalk 1% waar mense NET kameras by my kom doen.

My punt was oor hoe (nie net ek) besigheid aangevat word en vergelyk word met klomp Chinese wat letterlik net vir 'n brood 'n dag werk en dan wil jy hê ons moet ook so werk? Selfs die Dolphin oord het al deur jou deurgeloop oor hul kostes? Wie is jy om hul te oordeel? Elke ou het sy insiet kostes en moet dit verhaal en sorg dat sy kinders ook kan eet, klere he, warm slaap, en o ja, ook kan gaan studeer ens, en die persoon self ook kan voorsiening maak vir pensioen. Nou wil jy heeltyd die Chinese pryse voor almal se neuse kom afsmeer en vergelyk asof mens werklik dieselfde goed kry? DIS MY ISSUE. Gaan nie eers net oor my nie. Ek praat ook nie net vir myself nie, so selfgesentreerd is ek ook darem nou nie. Maar nes die Solar draad, please be my guest en gaan spandeer jul tyd en energie aan wat ookal, eks daardeur al klomp jare terug en bedrywig elke dag daarmee. So ek hoef nie aan jou te verduidelik nie. Ek verduidelik aan die persoon wat die tjekkie uitskryf wat ek doen en hy kan dit sien reflekteer in die werk.

Selfs hier het ek beperkte fotos geplaas van sekere werke dat dit darem gesien kan word van hoe dinge kan lyk, en het ook al gewys hoe dinge lyk as dit uit fabrieke kom. Ek help die wat gehelp wil word en ek vra my tarief, of jy van die tarief hou of nie.

Ek probeer uiters hard om elke klient gemoedsrus te bied, ek gaan nie gratis werk nie en ek weet wat my hande werd is. So gun elke ou sy plek en wat hy in sy besigheid doen.

Om jou oë bietjie oop te maak:

Daar is mense wat my selfs daai R8000+ wat jy van praat betaal net om hul karavane en karre te gaan haal by hul huise in Gauteng omgewing ens en dan die kameras te installeer, dus moet die kamera stelsel koste nog bykom, wat bepaal word deur die voertuig, karavaan en hoe die stelsel geinstalleer word, hetsy met aan/af skakelaars, gekoppel aan kar direk of aan die karavaan se battery ook.. Ek praat met die klient oor hoe hy dinge gedoen wil he, dis nie net 'n insit en daar gaat jy meneer nie.  So nee, die gemiddelde koste is nie R8000 nie. As jy 'n Mobi Lodge en Land Rover Discovery 4 vir my bring is dit BAIE meer. Jy spandeer baie meer ure om daai installasie reg te doen veral as jy die kamera oo op die krag van die mobi koppel.

En ek dink daar is mense op die forum wat daarvan kan getuig dat ek nie nou nonsens praat nie. Ek gaan met hulle deur die opsies en kyk wat ons kan doen. Ek sê reguit vir enigiemand daar is goedkoper ouens daar buite as prys die ding is wat hul pla.

As jy daai duur plugs van trail-link wil he, gaan jy dit self gaan haal of jy gaan my tarief betaal om dit te gaan haal vir jou. Punt. Daar het die klient die keuse.

Daar is mense wat al kameras ingesit het elders en na rukkie werk dit nie meer nie en dan begin ek maar oor, ek maak nie ander se nonsens reg nie, want ekt gekry in die een exclusive dat die draad by die kamera met rooi begin, en nader aan wiele is dit groen en nader aan haak is dit weer geel soos die drade ingelas en verleng is op die swakste standaard... 

OP HIERDIE DRAAD het ek Dansan probeer help deur hom die inligting te gee dat hy nie 2 skerms hoef te gebruik nie, deur dalk moontlik indien nodig net die skerm te vervang op die spieel hy albei doele kan dien deur die reverse kamera en die karavaan kamera direk op die een skerm te kan koppel.. Dan kan alles reg werk soos ek dit op my BT-50 destyds gedoen het.. Wat in my opinie sy beste uitweg sou wees om een skerm vir alles te gebruik. Use it, or dont use it.... 

Inteendeel, ek sou nie eers verwag om besigheid uit Dansan te kry nie, want hy is in die Kaap... Ja, ek het selfs kliente wat my af vlieg kaap toe en vir verblyf, etes, en travel tyd baie betaal, maar dis nie sommer mense wat hier sal uithang nie ;-) 

So moenie raai wat my kostes is nie, jy sal op jou rug val as ek jou vertel en wys waarmee ek alles besig is en watse projekte mense doen op hul karavane, huise, karre, ens. Kamera stelsels is vir my 'n persoonlike diens, iets ekstra wat ek bied aan mense wat van my diens wil gebruik maak.

Ek wys maar my werk, juis omdat jy (en soms ander) heeltyd die goedkoop Chinese voor almal se neuse hang die hele tyd, en omdat mense heeltyd kla oor kostes, en dan oor hoe dinge nie werk nie, en dan kla oor kostes, en hoe daar nie meer diens in die land is nie.. Kla oor kostes, en dan nie verstaan hoekom die vakmanne nie meer beskikbaar is nie, maar werk op beter betalende plekke gaan kry. Soos genoem, geniet jou Chinese pelle ;-)  Vir my wys dit meer wie is wie en wat iemand ondersteun en waar die persoon se standaarde en denkvlakke le?

En vir die wat dink ekt 'n onderbroek probleem, dalk bietjie self uitkruip en besef waaroor die gesprek eintlik gaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 13:25:23 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Die eerste installasie het ongeveer R2500 bedra. Die tweede installasie was ongeveer R2900, maar toe het ek natuurlik reeds die drie solenoids en drie battery-monitors gehad. Die tweede installasie het twee nuwe sonpaneel-pods bygekry wat gerieflik voorop aangebring is waarvandaan ek buite-toebehore kon voer of direk aan n sonpaneel kon koppel.  

Die fout met die eerste installasie was dat die batterye paralel gekoppel was, die tweede installasie het die batterye heeltemal apart gesit, so monitering was baie beter. Maar daar was ook ander foute, soos die bedrading wat te na aan die uitlaatpyp was. 

Die eerste kontrakteur het regtig n goeie naam, miskien was my projek aan hom net op sy afdag, dit was net sy "houding" wat my teleurgesel het en ek hom gevra het om nie met my te neuk nadat ek terug na hom gekom het nie.

Ek gaan, soos Leon, ook maar bietjie rondshop vir n tru-kamera, ek kan darem ook n spanner draai en gaatjies boor, dalk tel ek ook n skrefeies-oog-ding op wat voldoende vir my gaan wees.

Hoe kan 3 battery stelsel ingesit word vir net R2500 en net R2900? Die batterye kos dan meer as dit?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 13:29:37 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

En wat ek ook nie kan glo is die storie dat die probleem is dat batterye in parallel vir jou probleme kon veroorsaak nie???? Ekt al installasies waar selfs 8 addisionele batterye in 'n stelsel gebruik word in voertuig en wa.. En almal is in effek in parallel en werk met al die inverters en groot kragvretende items????? Weet nie so mooi nie. Maar nou ja ek moet seker dit los, netnou word ek beskuldig dat ek nou weer net iets wil se om iets te verkoop ;-) 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 14:38:21 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years

Na n langerige stilte sien ek die bespreking, en is juis op die oomblik op die uitkyk vir n trukamera stelsel.

Wragtiewaar loop ek in n bekgeveg vas, lyk my dinge wil nie juis bedaar nie. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 15:17:00 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Gaan soms maar rof. Minstens is hier menings verskille wat jou moontlik kan help met jou besluitneming. Die res moet jy sien as vermaak.laughing

Ja, 'n mens moet maar gereeld hier inloer. Kan nie lekker wees om onderwerpe te lees waar almal altyd saamstem nie.cry

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 16:27:50 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Herman, bly om weer van jou te hoor jou deelname gemis.

👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
15 Oct 2018 @ 16:54:26 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Herman, bly om weer van jou te hoor jou deelname gemis.

Stem heelhartig saam.

Herman, jou koelkop deelname is altyd 'n plesier om te lees.

Bly jy is terug.

Darem is daar een ding in die lewe wat belastingvry is :"amusement value"

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
page 1 of 2
View First