English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 299
Total Replies: 50 071
Total Views: 80 908 948
topics: 734
replies: 11 416
views: 4 888 313
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.
Quick Navigation

Sleep volgens "fuel comsumption" ?

replies: 14
views: 421
13 Sep 2017 @ 21:32:37 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8982
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Ek het n artikel gelees en wonder wat julle daarvan dink.

Die vraag was oorspronklik in watter rat sleep jy. Die antwoord wat daarop was is dat jy jou "fuel consumption computer" op jou kar daarvoor kan gebruik om dit te bepaal. Die persoon reken dat as jou kar swaar in n rat loop, kan dit jou ratkas beskadig...in dieselfde asem noem hy dat brandstof verbruik ook heelwat swaarder is as kar swaar trek. Hy sleep sy karavaan in n rat volgens wat die fuel consumption op die rekenaar wys....dis geen probleem om tot so 20L/100km verbruik te kry nie. Maar hy sê sodra sy kar se rekenaar wys hier by die 30L/100km, weet hy sy kar sukkel en trek swaar en slaan gevolglik oor na n ander rat....sodoende reken hy sal jy nooit skade aan jou kar of ratkas doen nie.

Ek weet nie of ek so sal kan sleep nie.....ek dink elkeen begin maar sy eie kar leer ken en waar die limiete is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 05:47:04 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2540
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Ek hou verbruik fyn dop terwyl ek sleep. Met my vorige DC het ek gesien hys swaarder in 4e rat.

Met Suzuki dieselfde. Maar ek gebruik dit nie as maatstaf om ratte te verwissel nie. Pad toestande verkeer en weersomstandighede bepaal in watter rat ek sleep. 

Dit het lank gevat om verhouding reg te kry met Suzuki. Daar is Groot verskil tussen diesel/petrol en bakkie/SUV.maar nou verstaan ons mekaar

Geen Kamp die jaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 07:13:14 am
DK
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 897
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Ek ry 'n Nissan X-Trail, 2.0 Dci wat toegerus is met 'n 6-spoed ratkas. Ek sleep normaalweg slegs in 5 de rat. Dit is moontlik om 6 de rat te gebruik en my brandstof verbruik baie te verbeter, maar om my ratkas te beskerm, sleep ek eerder in 5 de.

Ek is baie gelukkig met my brandstof gebruik. Op die snelweg teen 'n gemiddelde spoed van tussen 110 - 120 km/h in 5 de, is my verbruik 8,5-9 lt/100 km. Natuurlik is dit met lig sleep, soos byvoorbeeld gedurende 'n naweek kamp.

Tydens lang kamp en swaar gelaai, is my verbruik 'n gemiddeld van 10,5-11,2 lt/100km.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 09:55:48 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6182
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Met die auto ratkas is dit heel vanpas aangesien hy self sy rat kies.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 12:40:21 pm
Anonymous
Ratkaste wat breek/afloop is gewoonlik omdat daar 'n probleem met smering is.
So as die lagie olie tussen die ratte uitforseer word dan beskadig dit die metaal (high torque/low speed) en as die olie nie vinnig genoeg tussen die ratte kan inkom nie dan beskadig dit die metaal (high speed/low torque).
Om ekstreem te gaan op altwee is sleg, maar die ding wat altwee in gemeen het is die olie.
Ek dink nie 'n normale enjin gaan jou regtig toelaat om in die moeilikheid te kom met enigeen van die twee nie, maar ek sou neig daarna om eerder weg te probeer bly van laer RPMs. Moet nou ook nie iets belaglik doen soos om Kaap toe te ry in derde rat of jou Exclusive teen 'n pas op te sleep met jou 4l diesel bakkie in 6de rat nie ("Kyk!, ek gaan nooit oor 1200rpm nie!")

Ek sou sê sleep nes jy lus het, maar maak seker die olie in jou ratkas (en diff) is in 'n goeie toestand. Vervang dit meer gereeld as normaalweg as jy sleep.

PS. Ek ry met 'n CVT, so hy het 'n miljoen ratte. Die ding hou daarvan om 1500-2000rpm te draai as jy langpad ry sonder 'n sleepding, en hy draai nader aan 3500-4000rpm as jy sleep. So lyk my die rekenaar dink ook hoër rpm's is beter.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
14 Sep 2017 @ 13:21:42 pm
DK
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 897
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years
Dit is beter om automatiese ratkas olie (ATF) te gebruik in ń manual ratkas met die rede daarvoor is dat die olie dunner is met meer smeer viskositeit asook dat dit meer hitte kan hanteer.
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 13:51:31 pm
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2452
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Met die nuwe turbo diesel enjines, raak die exhaust gasse baie warm weens over fueling, wat ook probleme sal veroorsaak.
In kort, jou voertuig moenie sukkel in enige rat nie, veral op opdrane.
Geen probleem om voertuig in hoë rat op afdrane of gelyk pad te ry nie, maar sodra enige opdrane begin, wissel minstens een rat af, meer revs/krag...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 14:47:37 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 48 years
Ek weet regtig nie, ry maar waar hy lekker loop, ek het nie fancy rekenaars nie. Of ek nou roer teen 110 bly ht hier by 6tot7 km per liter. Dit is vir my heel aanvaarbaar.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 15:47:07 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2540
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Hennie

Stem saam jou!🙌🙌🙌

Geen Kamp die jaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 16:49:55 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4177
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ek ry maar op gevoel en wat ookal gemaklik is.... ek hou maar verbruik dop maar dis meer vir rekord hou..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
14 Sep 2017 @ 17:52:23 pm
Andal
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 127
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 5 years

Vergeet van jou brandstof verbruik as bepalende faktor, kry eerder die maksimum wrinkrag van jou masjien en as dit byv 2000 rpm is werk op n 10% wisseling in toere, byv as toere val na 1800 of 1500 skakel oor na laer rat as dit weer klim na 2200 of 2500 skakel na hoer rat,

Dit is n moeilike balanseer toertjie maar jy sal verbaas wees oor wat jy uit die motor kry selfs teen opdraande hou die toere op min of meer die toere waar jy maksimum wrinkrag kry al moet jy bietjie spoed in boet dis die moeite werd.

My stuiwer

 

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 18:23:51 pm
Lennie
Jupiter Member
70% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Ai, ons Kapenaars is darem oulike mense  -  ek verwys nou na Andal (netsoos Nadal is hy ook 'n wenner !) se kommentaar hierbo.  Dis presies wat ek doen.

Ek het 45 jaar gelede die raad gekry om in enige rat te sleep mits jou enjin revolusies nie onder die maksimum wringkrag daal nie.  In my Pathfinder se geval het ek ook 6 ratte en afhangende van die spoed wat jy ry en die helling van die pad waarop jy ry gebeur dit dikwels dat jy gemaklik in 6de rat kan sleep terwyl die enjin-rpm op of selfs bo sy maksimum wringkrag is.

Ek is geen meganiese ingenieur of kenner nie, maar ek pas hierdie jare lange raad nougeset toe en geen van my sleepvoertuie het nog ooit 'n ratkas probleem ontwikkel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 19:05:18 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9288
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek het n artikel gelees en wonder wat julle daarvan dink.

Die vraag was oorspronklik in watter rat sleep jy. Die antwoord wat daarop was is dat jy jou "fuel consumption computer" op jou kar daarvoor kan gebruik om dit te bepaal. Die persoon reken dat as jou kar swaar in n rat loop, kan dit jou ratkas beskadig...in dieselfde asem noem hy dat brandstof verbruik ook heelwat swaarder is as kar swaar trek. Hy sleep sy karavaan in n rat volgens wat die fuel consumption op die rekenaar wys....dis geen probleem om tot so 20L/100km verbruik te kry nie. Maar hy sê sodra sy kar se rekenaar wys hier by die 30L/100km, weet hy sy kar sukkel en trek swaar en slaan gevolglik oor na n ander rat....sodoende reken hy sal jy nooit skade aan jou kar of ratkas doen nie.

Ek weet nie of ek so sal kan sleep nie.....ek dink elkeen begin maar sy eie kar leer ken en waar die limiete is

Dis 'n goeie plan om uit te probeer veral as jy handrat voertuig het.

My tipper doen homself wat sy breinboks vir hom aangee om te doen. En hy wissel ratte en sleep soos 'n droom.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Sep 2017 @ 20:04:17 pm
DK
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 897
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years
Ek het n artikel gelees en wonder wat julle daarvan dink.

Die vraag was oorspronklik in watter rat sleep jy. Die antwoord wat daarop was is dat jy jou "fuel consumption computer" op jou kar daarvoor kan gebruik om dit te bepaal. Die persoon reken dat as jou kar swaar in n rat loop, kan dit jou ratkas beskadig...in dieselfde asem noem hy dat brandstof verbruik ook heelwat swaarder is as kar swaar trek. Hy sleep sy karavaan in n rat volgens wat die fuel consumption op die rekenaar wys....dis geen probleem om tot so 20L/100km verbruik te kry nie. Maar hy sê sodra sy kar se rekenaar wys hier by die 30L/100km, weet hy sy kar sukkel en trek swaar en slaan gevolglik oor na n ander rat....sodoende reken hy sal jy nooit skade aan jou kar of ratkas doen nie.

Ek weet nie of ek so sal kan sleep nie.....ek dink elkeen begin maar sy eie kar leer ken en waar die limiete is
Ek koop nie hierdie een nie.
As ek moet sleep teen 20-30lt/100km, huil ek my mors dood.
Dit sal dan goedkoper wees om in ń chalet of goeie hotel te bly, veral met ver sleep.
Gelukkig is my karavaan lig en dit maak my gelukkig oor my consumption.
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
19 Sep 2017 @ 09:24:59 am
Skonk
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 35 years
Ek sleep my XT140 gewoonlik in 6de rat met gemak en kry n gebruik van so 8-9km/l teen 110-120km/hr afhangende van die pad en hoe besig dit is. Ek gebruik maar dieselfde oordeel as sommige van die lede hier bo naamlik om op rpm te ry en dit so te hou waar die bakkie se wringkrag die beste is en met my diesel vind ek dis so tussen 2000 - 2800rpm.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
Reply to Topic
Not Registered
0% Profile Strength
Posts: 0
Joined: Not yet