English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 633
Total Replies: 181 415
Total Views: 79 796 355
topics: 665
replies: 10 351
views: 4 805 963
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Karrefaan spieels wat toe vou.

replies: 23
views: 343
17 Jul 2017 @ 14:38:21 pm
Bossie69
Bronze Member
Offline
Posts: 20
Joined: 03 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: Toyota Hilux 2.8 GD 6
Camping: Jurgens Classique
Hi manne
Die mag dalk al bespreek gewees het maar ek is nie seker nie. Ek het twee weke terug vir die eerste keer my classique met my nuwe Hilux 2.8 Auto gesleep na "Weesgerus" in Modimole. Die Hilux sleep baie lekker maar die wind weerstand laat die karrefaan spiels toevou as ek so 100km/h bereik. Dit is nag want ek kan dan glad niks agter sien nie. Met die terugkomslag het ek twee ski toue onder die enjin kap vas gemaak en agter die verlengde spiels. Die toevou weerstand van die spiels is maar min en ek dink die rede is vir veiligheid as mens bv iets raak ry dat die spiel beskerm is en nie afbreek nie. Al probleem met my ski tou plan is as mens die deur oopmaak dan verslap die tou en as jy te hard toemaak, ruk die spiel af. Weet iemand of daar n' ander tipe spiel is wat nie op die bestaande een Koppel nie? Die duurder alternatief sal dan seker n' kamera agter die wa wees.
Lekker dag almal.
Ek sal enige raad wardeer.
17 Jul 2017 @ 15:53:45 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Dis 'n probleem Andrew.  Is dit nie dalk moontlik op jou karavaan se voor en agtervensters se gordyne oop te skuif sodat jy deur die karavaan agtertoe kan sien nie?  Dan hoef jy waarskynlik nie jou kantspieëls te verleng nie en kan dit net gebruik om voertuie te sien wat langs jou ry of besig is om verby te steek.

17 Jul 2017 @ 16:01:40 pm
Johann
Pluto Member
Offline
Posts: 7362
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Fred, die Jurgens Classique het nie 'n agter venster nie, dit gaan hom dus niks help nie.laughing

Andrew, al raad wat ek jou kan gee, is om die kamera pad te loop.

Dit is eenmaal 'n uitgawe en jy sal nooit weer daar sonder kan klaar kom nie. Ek het meer geld op spieëls uit gegee as wat die kamera stelsel my gekos het. Jy kyk na so ongeveer R1500.00, afhahangende waar en wat jy koop.

17 Jul 2017 @ 16:13:12 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2188
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Andrew

Dis n algemene probleem met alle Hilux'e en Fortunes vanaf 2013.

Daar was iemand op die Forum wat n rubber pen gemaak het vanaf spieel tot deur.

Ek het op DC tou binne na deur se skanier gesit. Eintlik poefies vir 1/2milj R kar.

17 Jul 2017 @ 19:26:50 pm
Somer Kamper
Mars Member
Offline
Posts: 1053
Joined: 03 Sep 2014
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 19 years
Vehicle: Fortuner
Camping: Exclusive

Eenvoudigste oplossing is 'n hout "dowel" of sommer takkie langs die pad afgesny van so 30 cm lengte. Sit so bietjie prestik op elke punt en maak so stut van die punt van die spieël tot teen die rubber onder die venster. Die wind maak dit niks nie.

17 Jul 2017 @ 22:01:55 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Wat van daai rek wat mens los in meters koop i.p.v. die tou.
My seun het my nou n klein kameratjie gegee wat hy ingevoer het. Dit is n rearview en het n baie goeie beeld.
Hy vertel my vir n klompie dollars kan hy die rearview plus n monitor kry.
Maar ek dink in pretoria se chinese winkels kry jy ook dit vir ongeveer R1200.
Leon Coetzee sal kan se of Brommer.
18 Jul 2017 @ 06:32:12 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Hi manne
Die mag dalk al bespreek gewees het maar ek is nie seker nie. Ek het twee weke terug vir die eerste keer my classique met my nuwe Hilux 2.8 Auto gesleep na "Weesgerus" in Modimole. Die Hilux sleep baie lekker maar die wind weerstand laat die karrefaan spiels toevou as ek so 100km/h bereik. Dit is nag want ek kan dan glad niks agter sien nie. Met die terugkomslag het ek twee ski toue onder die enjin kap vas gemaak en agter die verlengde spiels. Die toevou weerstand van die spiels is maar min en ek dink die rede is vir veiligheid as mens bv iets raak ry dat die spiel beskerm is en nie afbreek nie. Al probleem met my ski tou plan is as mens die deur oopmaak dan verslap die tou en as jy te hard toemaak, ruk die spiel af. Weet iemand of daar n' ander tipe spiel is wat nie op die bestaande een Koppel nie? Die duurder alternatief sal dan seker n' kamera agter die wa wees.
Lekker dag almal.
Ek sal enige raad wardeer.

Soos reeds genoem is dit nou maar 'n probleem op die toyas. Jy het een van drie opsies:

  1. Sleep sonder die spieels en probeer so oor die wegkom. Maar ek sal dit nie aanraai nie want dit het 'n implikasie op verkeersveiligheid.
  2. Maak 'n stut tussen die verleng spieel en die kant van die toya so dat dit die toevou verhoed.  Gebruik 3mm threaded rod, boor gaatjie in om hulsel van spieel en maak vas met twee boudjies, buig die threaded na die kant van voertuig en druk die punt daarvan deur die suig plakkers wat mens gebruik om vatdoeke teen teels mee op te hang.
  3. Laaste en beste opsie volgens my is om 'n trukamera met 'n klein monitor te instaleer. Jy kan die R4000 keuse maak of die Chinese produkte koop wat max so R1200 gaan kos. Beide goedkoop of duur werk puik en doen wat dit moet. Die voordeel hieraan is jy sien daadwerklik reg rond om jou karavaan deur die gewone spieels en die kamera te gebruik.

Dis maar vir jou om te besluit.

Hier is 'n foto van die kamera wat ek op my Classique geinstaleer het.

Die verskeie tipes monitors as ook die groote daarvan is eintlik 'n bespreking op sy eie. Sommige bestuurders wil die groot en duidelik hê want hy kyk nie vinnig na wat agter aangaan nie soos vir loer na die gewone truspieel nie. Hy ontleed die voertuie wat agter hom ry. Ander weer soek 'n klein monitor wat net kan wys dat daar wel iets agter jou karavaan is.

 

18 Jul 2017 @ 08:06:37 am
Bossie69
Bronze Member
Offline
Posts: 20
Joined: 03 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: Toyota Hilux 2.8 GD 6
Camping: Jurgens Classique
Dankie Leon. Se my, is die kamera wireless of is daar kabels vanaf die karrefaan na jou monitor toe in die motor?
18 Jul 2017 @ 11:00:36 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Myne en meeste van die forum lede se kamera stelsels werk met kabels.

Die groot rede hiervoor is maar steurings met die BLUE TOOTH sein veral as jy 'n wireless stesel gebruik binne beboude gebiede.  So ek wil my verstout om te sê dat almal of 98% van ons wat 'n trukamera gebruik eerder die kabel sal aanbeveel.

Jy kan meer gaan lees as jy by die soek funksie Reverse camera of tru kamera in tik. Daar is baie al oor die onderwerp gesels.

18 Jul 2017 @ 12:58:45 pm
Bossie69
Bronze Member
Offline
Posts: 20
Joined: 03 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: Toyota Hilux 2.8 GD 6
Camping: Jurgens Classique
Dankie baie almal vir julle raad. Ek wardeer dit en gaan definitief die Tru-Kamera roete gaan en dan verkieslik n' 7" skerm. Ek wil net nie gate maak om die display vas te sit nie. Ek het nou net ge wonder of die bakkie se eie klank stelsel skerm waarop sy tru kamera werk nie n' extra "AV" "input" het vir n' extra kamera agter die wa nie.
Lekker Dag
18 Jul 2017 @ 14:48:35 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Dankie baie almal vir julle raad. Ek wardeer dit en gaan definitief die Tru-Kamera roete gaan en dan verkieslik n' 7" skerm. Ek wil net nie gate maak om die display vas te sit nie. Ek het nou net ge wonder of die bakkie se eie klank stelsel skerm waarop sy tru kamera werk nie n' extra "AV" "input" het vir n' extra kamera agter die wa nie.
Lekker Dag

Goeie idee wat jy het om te kyk vir so ekstra AV punt. Ek kan bv vir 'n feit sê dat die Ranger glad nie so punt het nie. Het hom al in die ouer en nuwe modelle gesoek.

Dalk is jy gelukkig op die Toya

 

18 Jul 2017 @ 19:22:33 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4126
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Bossie laat weet of jou probleem toe uitgesort is
18 Jul 2017 @ 19:32:52 pm
pwven
Jupiter Member
Online
Posts: 1712
Joined: 03 Jan 2015
Province: Northern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: 2016 Ford Everest XLT 3.2 4X4 6AT
Camping: 2016 Jurgens Exclusive Deluxe

Ek moet nog vir my ook die Tru-Kamera op die karavaan installeer, sal maar wag tot dit warmer is en dit dan doen.

5 days ago @ 07:26:00 am
Bossie69
Bronze Member
Offline
Posts: 20
Joined: 03 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: Toyota Hilux 2.8 GD 6
Camping: Jurgens Classique
Ek het gekyk op die Toyota se klankstelsel en hy het wel n' "AV" input wat baie goed sal werk maar, die stelsel het n' funksie wat jou verbied om video te kyk terwyl jy bestuur op die DVD nou hoop ek net die "AV" funksie met die tru kamera gekoppel sal werk. Ek het ook op die web gekyk na die radio se insette agter en alles werk met plastiek sokke en nie RCA kabels nie so mens moet dus ook uitvind waar om die conversion plug te koop. As dinge hiermee te moeilik en moeite raak gaan ek maar eerder n' extra skerm gebruik. Die vas sit van die skerm pla my net want ek wil nie gate maak om dit vas te sit nie. n' Koppelstuk wat teen die windskerm vas suig soos n' gps koppelstuk sal egter goed wees as mens so iets kry.

Lekker dag
5 days ago @ 19:56:31 pm
Hurricane
Moon Member
Online
Posts: 747
Joined: 25 Apr 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Saterdag met die terugkom van Scottburgh af het 'n nuwe Fortune koekie met nuwe Sensation agteraan by ons verbygevlieg net om weer af te trek om aan sy spieels te vroetel wat platgevou het....dan weer teen 'n spoed by my verby en ent verder herhaling van die spieel ding. Later het die ou by my verbygekom sonder sy ekstra spieels :) Moet maar tough wees om soveel vir jou kombinasie te betaal en dan bly die spieels platslaan :)
5 days ago @ 23:37:04 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

As mens nie die kamera roete wil volg nie sal ek met hierdie of ander idees rondspeel. Dit klink asof dit 'n algemene probleem is op genoemde voertuig.

1.   Die blokkie op die spieel sal ek die kontoer merk en dan gate boor en met 'n mes die gleuf uitsny en dan met 'n dun spons uitvoer en poog om teen die regte hoek 'n gat te boor vir die dowel stick.

2.   Die ander blokkie wat op die magneet vel is kan mens skuur volgens die kontoer v d deur en op die magneetvel vasplak en ook 'n gat boor @ die regte hoek.

3.   Hier kan mens klein gaan en 'n 5mm turn buckle gebruik waarvan die punte afgesaag is en gate in die dowel boor en versigtig indraai of indraai en plak met super glue.

4.   Dis die magneetvelle wat gebruik word as advertensies op voertuie.

Mens kan dan die turn buckle styf draai selfs in die ry as dit sal lyk asof daar speling is.

Wonder wie is lus vir speel en so iets maak? Baie tyd maar sekerlik beter as om gefrustreer te moet ry met spieels wat toevou.

 

4 days ago @ 06:08:22 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Danie jou plan is goed maar baie voorbereiding en verskeie dele.

Ek stel volgende voor.  As mens na jou skets kyk sien die verduideliking dan as volg:

  1. Sien hout blokkie 1 as net 'n gaatjie deur die karavaanspieel se arm.
  2. Sien hout blokkie en magneetvel 4 as een van die suigplakkers wat teen die kombuis teels gebruik word om vatdoek op te hang.  verwyder net daai plastiek hakkie.
  3. Sien die dowel stick as 'n 3mm threaded rod waarvan die punte 'n effense buig gegee is. Om die eenkant makliker aan die spieel deur die gaatjie vas te bout en die ander kant druk hy net deur die gaatjie van die suigplakker.

Nie nodig vir die turnbuckle nie want as alles in plek is druk jy die spieel net effens meer na vore (wind in) en plak die suigplakker teen die kar se deur vas.

Ek het die dit op my Ford Saphire gebruik want die spieels het nou wel nie toe geslaan nie maar vreeslik baie vibreer dat ek amper niks kon sien nie. Het die spieels so verkoop.

4 days ago @ 07:14:37 am
Bossie69
Bronze Member
Offline
Posts: 20
Joined: 03 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: Toyota Hilux 2.8 GD 6
Camping: Jurgens Classique
Dit is n' baie goeie idee Danie en Leon. Net een laaste vraag voordat ek afsluit van my kant af. Is die beeld op die skerm nog duidelik as as die son effens van agter op die kamera skyn? Ek weet dat ek ook niks in die tru spiel sal sien as die son op n' sekere koek skyn nie maar het maar net gewonder oor die kamera.
Dankie vir al die goeie raad manne. My sukkel dae is verby. :)
Andrew
4 days ago @ 10:06:44 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Leon my probleem is dat die suigplakker gaan skuif in die ry. Selfs as mens die tipe vir selfoon of GPS gebruik kan dit beweeg daarom wat ek die idee v d turn buckle gebruik om hom net 'n paar draaie te gee sommer in die ry. Die suigplakker kan gevaarlik wees as mens hom weer wil vassit.

Daar is die heeltyd vibrasie op die spieels selfs @ 100km/h. Ek het die vibrasie al probeer wegkry omdat my karavaanspieels veroorsak dat my spieels met tye vibreer. Ek het met GPS suigplakker dit probeer maar sonder die turn buckle.

As jy so deur die lyne lees sal jy sien nie almal sal gate deur die spieel wil boor nie. Meeste mense sal ook nie die bakkie wil koop as daar gate deur die spieels is nie.

Jou idee is baie goed en maklik en eenvoudig. Ek glo daar is mense wat dit virseker gaan doen.

3 days ago @ 06:55:40 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Leon my probleem is dat die suigplakker gaan skuif in die ry. Selfs as mens die tipe vir selfoon of GPS gebruik kan dit beweeg daarom wat ek die idee v d turn buckle gebruik om hom net 'n paar draaie te gee sommer in die ry. Die suigplakker kan gevaarlik wees as mens hom weer wil vassit.

Daar is die heeltyd vibrasie op die spieels selfs @ 100km/h. Ek het die vibrasie al probeer wegkry omdat my karavaanspieels veroorsak dat my spieels met tye vibreer. Ek het met GPS suigplakker dit probeer maar sonder die turn buckle.

As jy so deur die lyne lees sal jy sien nie almal sal gate deur die spieel wil boor nie. Meeste mense sal ook nie die bakkie wil koop as daar gate deur die spieels is nie.

Jou idee is baie goed en maklik en eenvoudig. Ek glo daar is mense wat dit virseker gaan doen.

Ek kan jou verseker die suig plakker skuif nie.   Ek weet.............................  is nie 'n idee net op papier nie, ek het my Penta karavaan van 1997 af tot 2005 so gesleep (8 jaar).  

Ek het die "stutte" reeds ingesit vir die vibrasie want ek kon nie mooi sien na agter toe as die karavaan spieel so gebewe het nie. My Saphire se spieels het nie toegeklap nie. Dit was 'n Ford ........ nie 'n Toya nie....... Ha Ha Ha

Die gate word nie geboor nie. Die  spilpunt/skêr punt op die karavaan spieel se boutjie word vervang met die threaded rod. Of selfs sommige "kar" Karavaan spieels het reeds die gaatjies adisioneel in. Jy raak nie aan die voertuig se spieel met die rod nie.

Rede waarom ek sê jou "turn buckle" is nie nodig nie. Jy plak net die suig plakker nader aan of eerder meer vorentoe tten die deur vas. Onthou die karavaan spieel is met rekke aan die voertuig spieel vas so daar is baie speeling.

Die ergste wat dit tewee bring is 'n droë spoegmerk teen die kant van die kar as jy die plakker en spieel verwyder na 'n sleep trippie.

 

 

3 days ago @ 11:40:37 am
Somer Kamper
Mars Member
Offline
Posts: 1053
Joined: 03 Sep 2014
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 19 years
Vehicle: Fortuner
Camping: Exclusive

 

 

3 days ago @ 11:40:44 am
Somer Kamper
Mars Member
Offline
Posts: 1053
Joined: 03 Sep 2014
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 19 years
Vehicle: Fortuner
Camping: Exclusive

Hierdie was tydens 'n noodgeval op pad na Hartenbos. Die wind het gewaai en elke keer as 'n vragmotor van voor af kom, het die spieëls toegeklap. By Bloemfontein is hierdie takkies sommer van 'n boom afgesny en die kinders se Prestik is gegryp. Dit het so goed gewerk dat ek later van "dowels" dieselfde ding, maar netjieser, gemaak het. Dit is lig en eenvoudig en werk.

 

3 days ago @ 12:34:28 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Hierdie was tydens 'n noodgeval op pad na Hartenbos. Die wind het gewaai en elke keer as 'n vragmotor van voor af kom, het die spieëls toegeklap. By Bloemfontein is hierdie takkies sommer van 'n boom afgesny en die kinders se Prestik is gegryp. Dit het so goed gewerk dat ek later van "dowels" dieselfde ding, maar netjieser, gemaak het. Dit is lig en eenvoudig en werk.

 

Kyk nou net daai vinnige oplossing. Dis natuurlik as jy prestik byderhand het.

 

3 days ago @ 14:01:08 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Leon sorry iewers het ek 'n heel ander idee gesien as wat jy gese het. Dis hoekom hulle op skool gese het lees 3 maal - dink 2 maal en skryf 1 maal.

Gelukkig is die goeie idee met prestik darem so dat as mens deur klein dorpies ry jy dit in die hande kan kry.

 

Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First