English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 078
Total Replies: 212 586
Total Views: 81 644 584
topics: 756
replies: 11 928
views: 4 937 522
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Sleep met my NP200 Nissan

replies: 23
views: 3891
21 Nov 2016 @ 17:39:12 pm
Tjaartjie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 21 Nov 2016
Naandsę almal!! Ek is nuut op die blad en geniet dit vreeslik baie. Ek wil bietjie raad vra, ons het n Caravette 5 '89 model onlangs gekoop. Tans sleep ek hom met ons Nissan NP200. Hy sleep gemaklik in 4de rat gemiddeld 90-100km per uur. Ons sleep nie op die stadium verder as 100km vanaf Robertson nie. Dink julle dit is enigsins gevaarlik om met die NP200 die karavaan te sleep?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2016 @ 17:52:25 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1136
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years
Welcome Tjaart.
Just check your Tare & GVM, according to previous posts and if it is all okay, no danger!
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2016 @ 18:01:51 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5389
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Die ding is die gewig van die wa vs die gewig van jou ldv.
Tarra van jou bakkie moet gelyk of swaarder wees as die gelaaide gewig van die wa (volgens die plaatjie/lisensiedisc se bvm) Verkieslik swaarder as die wa se bvm.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2016 @ 18:21:42 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years
Tjaart, welkom op die forum
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2016 @ 18:28:06 pm
Tjaartjie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 21 Nov 2016
Dankie julle, ek het gou gaan kyk, daar is omtrent 460kg verskil wat die bakkie swaarder is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2016 @ 18:52:24 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11376
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Tjaart as die BVM (Totale gewig) van jou karavaan ligter is soos jy sê as die Tara van die Nissan. Is alles puik en behoort jy nie probleme te hê nie.

Vat dit maar rustig met die sleepery en kyk maar dat jy jou wa reg pak (Meeste gewig op die as of net net vorentoe daarvan).

Geniet die kampery en welkom hier by ons. Dit gaan nie lank vat nie dan wil jy verder sleep as net die 100km.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2016 @ 19:45:54 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Tjaart aanstaande skoonseun ry ook een kyk ek haal my hoed af vir die trokkie
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2016 @ 19:57:26 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11060
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Welkom Tjaart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2016 @ 22:25:44 pm
Wessel
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 22 Mar 2016
Experience: 5 years

Hou hom in 4de en jy sal kort kort net die spoedmeter moet dophou...!

Ek het ons Caravette 4 met vroulief se Tiida gesleep, en as ek dit reg het is dit mos maar dieselfde 1.6 petrol wat die NP200 in het. Die Tiida gedra hom mooi op die pad, net nie so lief vir die knikke en gate in pad nie, maar hier in Wes-Kaap het ons gelukkig nie so baie van dit nie.

Bulte wegtrek met los gruis gaan dalk lol, maar dalk in jou bakkie se geval lig die voorwiele nie te kwaai met die haak nie.

Dalk net 'n sak hot of 2 agter in die bak gooi, of vir skoonma (koes) innocent dan is die bakkie lekker vas op die pad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 06:23:54 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6677
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 15:31:19 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1851
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Tjaart, As jy begin, sleep jy maar met wat jy het.  Jou karavaan is lig, so die bakkie behoort hom te kan hanteer.  Sleep egter maar stadig en versigtig.  Ek sou die bakkie redelik laai om meer stewigheid te kry.  Ons het vir 'n paar jaar 'n Sprite Sport, baie soortgelyk aan jou Gypsey, met 'n 1989 Opel Rekord 2L gesleep en jy kan waarskynlik nie 'n treuriger sleepvoertuig kry nie, so ek dink jou bakkie is nie te sleg  Geniet die karavaanlewe.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 15:44:11 pm
Tjaartjie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 21 Nov 2016
Dankie julle! Ons het n Renault Duster 1.5 Diesel ook maar, sy hak gaan my n paar kampe terug sit!! Ek sal wag vir Januarie en dan sy hak laat opsit, ek dink dan is ek uitgesort.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 17:47:38 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1851
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die Duster voor jou karavaan is doodreg- het met mense wat 'n groter karavaan as joue sleep, gepraat.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 18:21:18 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11376
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dankie julle! Ons het n Renault Duster 1.5 Diesel ook maar, sy hak gaan my n paar kampe terug sit!! Ek sal wag vir Januarie en dan sy hak laat opsit, ek dink dan is ek uitgesort.

'n Bier of wat minder gedurende Desember en jy is halfpad daar.  Daai 1500 Diesel masjien gaan daai Vaantjie van jou sleep dat hy soos 'n Venter trailer lyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 20:33:39 pm
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2578
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Welkom op die forum Tjaart.
Laai die bakkie meer as die karavaan, dan is dit nog makliker.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 21:13:30 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4623
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kyk na wat is werklike sleepvermoe van daai bakkie vor jy kopkrap oir bvm en tarras ens. As Nissan se sleepvermoe se tot op 800kg en jou wa is 900kg, is jy reeds "onwettig", maak nie saak wat jou tarra is nie... ekt lankal daai duur les geleer


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2016 @ 07:46:39 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Dit wil voorkom asof die tarra wissel; 1055 kg vir sekere modelle en 1083 kg vir die ander. Dit is uit 'n wetlike oogpunt waar die limiete van die karavaan is. Die karavaan se bvm mag nie daardie gewig oorskry nie.

Iets wat meer problematies is, is dat Nissan spesifiseer die maksimum sleepvermoë vir 'n geremde wa is 650 kg en 580 kg vir 'n ongeremde wa. Laasgenoemde is sekerlik omdat, uit 'n wettige oogpunt, die ongeremde sleepwa se bvm nie meer as 50% van die sleepvoertuig se tarra mag wees nie. As jy dus 'n swaarder (binne wettige gewig) woonwa sleep, sal Nissan nie betaal vir enige skade aan die voertuig nie. Erger nog, 'n versekeringsmaatskappy kan dit as verskoning gebruik om nie uit te betaal nie. Die ander party gaan jou dagvaar en aanvoer jy was nalatig, want jy weet mos dat volgens Nissan kan jou voertuig nie meer gewig veilig hanteer nie.

Speel dus maar veilig en gaan maak seker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2016 @ 09:11:49 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1345
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek kan ook byvoeg dat my maatskappy bestaan uit 'n vloot van die Nissan NP200 LDV's. Vir my was dit nie 'n baie goeie winskoop nie a.g.v. die feit is dat die voertuie verskriklik swak is met die verwysing na krag vermoë.

Tjaart, u noem nie wat u het nie, die gewone 1.6, 1.6, 16 Valve of die Diesel modelle nie. My maatskappy het die gewone 1.6 en soos bo genoem, baie swak is in krag vermoë. Indien u dieselfde in besit het, mag u dalk oor die lange duur ratkas probleme bevind a.g.v. die swaar sleep met die karavaan.

Neem ook asb. kennis dat ek om geen of ander rede 'n negatiwiteit wil skep by u nie, maar dit is net my inset.

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2016 @ 09:40:22 am
Tjaartjie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 21 Nov 2016
Ons die gewone 1.6, ek stem 100% saam met die krag probleem. Ons gaan volgende naweek by Vloedbos kamp en ek vermoed dit sal die laaste sleep met hom wees. Ek gaan maar die Duster se hak opsit. Dit sal my gemoed goed doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2016 @ 07:56:41 am
Frikadel
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 66
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 33 years

Niks fout met die trok nie, soos die slim manne hierbo se, passop vir oorlaai.

Manne, die lewe is wat jy daarvan maak!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2016 @ 09:26:01 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4623
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Sleepvermoe van 680kg? Dan moet my defnitief nie sleep nie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2016 @ 10:50:12 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3568
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Sleepvermoe van 680kg? Dan moet my defnitief nie sleep nie

Die vermoee deur Nissan is maar baie laag. Hulle het seker hul redes.

Ek het nou die dag met iemand gesels wat al jare 'n Super Sport sleep met sy petrol NP200. Hy wou sommer op 'n dag probeer om my Scenic te sleep GVM 1267kg net om te voel wat doen die NP200 want volgens hom sleep die NP200 sy wa met baie gemak.

Dit sal dan amper dubbel wees wat hy mag sleep en ook onwettig wees.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 11:46:21 am
HanliLom
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 22 Feb 2019

Hi daar,

Net vir interessantheids onthalwe - wat is die brandstof verbruik wat jy kry as jy die karavaan sleep met die NP200?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2019 @ 12:33:28 pm
Tjaartjie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 21 Nov 2016

Hi daar,

Net vir interessantheids onthalwe - wat is die brandstof verbruik wat jy kry as jy die karavaan sleep met die NP200?

Hi, hy het gemideld geval na 8 - 8.3 toe.  Die bulte en wind het maar `n groot verskil gemaak. op die reguit stukke het hy homself goed gedra.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First