English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 481
Total Replies: 234 461
Total Views: 82 523 325
topics: 940
replies: 12 915
views: 3 214 965
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

NUWE Nissan Navara Sleep probleme

replies: 43
views: 628
18 Sep 2019 @ 06:29:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het gelees op die 4x4 forum dat daar nou twee gevalle is waar die nuwe Nissan Navara se onderstel buig net agter die Kajuit as dit 'n karavaan deur dik sand veral sleep.

Beide gevalle het plaasgevind in Botswanna.  Die onderstel het so gebuig dat die eienaar van die voertuig sy vuis tussen die kajuit se dak en die canopy kon indruk.  Die ander geval toon die fotos dat die buig baie meer is as in die huidige geval.

Die eienaar het die Navara in Maun gelos nadat Nissan hom 'n ander voertuig verskaf het om sy toer mee voort te sit.

Nissan SA het hom laat weet dat die Onderstel wel gebuig het en dat hulle die voertuig sal oorbou op 'n nuwe onderstel.

Hierby aangeheg die LINK.

https://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php/318593-Nissan-Navara

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 06:58:01 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14452
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Sjoe Leon.....daai fotos lyk erg! Beslis nie n goeie advertensie vir Nissan nie.....

Ek het laas by Thaba Morula gaan kyk hoe ry die ouens met hul verskillende 4x4's daai 4x4 roete van hulle. Daar het ek gesien hoe verskil 4x4's van mekaar....sekere "brands" sukkel maar erg.....kon sien sekeres het n 4x4 badge op, maar is nie eintlik gebou vir 4x4 nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:08:37 am
George
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years

and they built the mercedes on that chassis.

 

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:09:34 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ok dis scary.

Ek kan nie uitmaak hoe swaar sy wa is nie. Sou vir my sin gemaak het as hy oorlaai was. Hulle praat ook hier van die X class waarmee dit kan gebeur.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:14:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink dit is verseker daai heffboom aksie tydens die wieg van die wa as jy hom deur die dik sand sleep.  Ek het dit telkemale gevoel met die boot op die strand maar dis gelukkig nie kilometers vêr nie.

Sien daar is 'n derde ou wat noem dat dit gebeur het en Nissan hom die rug gedraai het.  

Groot ding is die ou se Offroad wa is nie eers baie groot nie, maar ja mens weet nie wat is als gepak en hoe swaar is hy nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:24:32 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Vir my speel 3 goed hier n rol.

1 spoed 

2 gewig

3 terrein

Daar is altyd 3 kante van n storie. Jou kant, my kant en die waarheid. N onderstel buig nie sommer nie. Ek het al menigte bakkies oorlaai. Maar dan ry jy ekstra stadig en net op teerpad.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:36:14 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2591
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis seker waarom MB die Navarra gebruik: onthou a Mercedes Bends!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:42:37 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 701
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

jy kan kies `n Nissan knipmes of `n Mercedes knipmes.

Of doen die bakkie dit nie dalk om oor obstacles te kom? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:54:17 am
George
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years

Dis seker waarom MB die Navarra gebruik: onthou a Mercedes Bends!

chuckle

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 08:01:37 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Klink vir my amper soos om n selfoon in die swembad te gooi en dan te kla omdat die electronics uitgebrand het🀣🀣🀣🀣

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 08:03:50 am
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2040
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Is julle seker daai outjie het nie n myn raak getrap 😳

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 08:17:50 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2591
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Onthou die Mercedes bakkie se produksie is gestaak, seker nie oor die buigbaarheid  van die Navarra nie, maar bloot omdat mense nie bereid was om soveel vir 'n bakkie te betaal nie wat hulle waarskynlik as 'n opgesmukte Japanese voertuig gesien het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 08:28:16 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4157
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

It appears that this is going to be a huge problem for Nissan they better come up with a solution quickly. I would like to know just how they vehicle was loaded weight wise as well as the caravan / trailer that they pulled. 

So many factor can influence the result.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 08:37:39 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2591
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

So terloops, watter bakkie was dit wat Koos van der Merwe se seun die onderstel van gebuig het so 'n paar jaar gelede.  Hy het daarop laat verf "the worse 4X4 by far"

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 09:12:20 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1381
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

So terloops, watter bakkie was dit wat Koos van der Merwe se seun die onderstel van gebuig het so 'n paar jaar gelede.  Hy het daarop laat verf "the worse 4X4 by far"

Was 'n Isuzu gewees, hy het gereeld hier in Centurion langs Lenchen Weg gestaan met sy logo's en baniere. Isuzu het destyds hom so min of meer geignoreer en gereken dat dit misbruik was...Weet nie of daai gedoente ooit uitgesorteer was nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 09:23:02 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2591
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja, dit het geëindig in 'n hofsaak waar Koos sy seun verteenwoordig het.  Die van der Merwes het die saak gewen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:02:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel Nissan gaan hom nou nie 'n nuwe Tipper gee nie maar hulle is bereid om die voertuig oor te bou op 'n nuwe onder stel.

Hoop dit is wat eindelik gaan gebeur.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:29:19 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1095
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Fred, die Isuzu storie was in die Van der Merwes se guns beslis deurdat die hof hulle reg om te sê die bakkie is die slegste 4x4, erken het.   Die bakkie en dit wat gesleep was, was wel volgens al die fotos wat destyds geplaas is, goed oorlaai.   Die sleepwa alleen was sowat 2ton gelaai - as ek reg onthou - en daar was nie ag geslaan op GM se beperking op sleepgewig nie.  Netso was die bakkie lekker swaar gelaai.   Soos wat party van mense maar steeds doen en boswaens sleep waarvan die gewig op die sleephak die wet en SABS beperkings wat goedgekeur/voorgeskryf is, ignoreer.   General Motors (of was dit nog Delta) was geensins verplig om skade te vergoed nie.

Dit is maar laatlik dat voertuie volgens hulle vervaardigers skielik meer mag sleep as wat selfs ons land se eie Regulasies voorskryf.   EN vele van ons mense ignoreer die wetlike beperkings.

groete 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:08:24 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2591
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Theo, met ander woorde Koos-hulle het net die lastersaak gewen maar nie skadevergoeding gekry nie?  Ek was onder die indruk dit was 'n eis van hulle teen die vervaardiger.  Ek het nie juis die saak gevolg nie so ek het nie die ware feite geken nie. Dankie vir die regstelling. 

As jy 'n artikel gebruik anders as waarvoor dit ontwerp is en jy ly skade, behoort jy maar die gevolge te dra- dis net billik. Dis net in Amerika waar jy mildelik vergoed word vir jou eie sotlikheid en dit is beslis nie billik nie.

Die nuwe Toyota-storie is vir my nogal eienaardig.  Die onderstel het opwaarts gebuig terwyl 'n mens sou verwag dat dit sou uitsak as dit oorlaai was, tensy natuurlik daar 'n reuse massa heel agter in die bak sou wees.  Kan die agterwiele so sterk stoot dat dit die onderstel sal buig- dis hoe dit lyk- maar dit klink nie vir my moontlik nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:23:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Bevestig jy bedoel die Navara storie, Fred?

Jy sien met 'n redelike gewig op die bak agter en dan die gewieg van die karavaan wat deur die diksand veroorsaak word is dit seker moontlik.

Mens moet regtig al die omstandighede in ag gaan neem as jy regtig wil bepaal wat die oorsaak is.

In die 4x4 forum praat iemand van die feit dat blad vere ook 'n mate van onder steuning bied en die Navara het Coils springs agter vestaan ek so daai onder steuning verder na agter soos bv op die Ford is nie daar nie.

Ek sal bietjie gaan dop hou wat is die persoon se terugvoer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:07:21 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Fred

Merc het nog nie opgehou om hom te bou nie. Hulle oorweeg dit nog. Geen amptelike besluit is al geneem nie.

 

Ford Australie wil kyk na n "Bantam DC". Shame!!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:36:42 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2591
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja, Leon, ek bedoel die N avarra storie- net verkeerd getik.  Ek is onder die indruk die besluit om die MB bakkie te staak, is 'n voldonge feit.  As hy nie verkoop nie, kan daar tog nie voortgegaan word met produksie nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:55:51 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ja, Leon, ek bedoel die N avarra storie- net verkeerd getik.  Ek is onder die indruk die besluit om die MB bakkie te staak, is 'n voldonge feit.  As hy nie verkoop nie, kan daar tog nie voortgegaan word met produksie nie.

Hi Fred

Nee nog nie. Vat mos lank om te erken as jy fout gemaak het. Merc werk nog aan strategie oor hoe hulle dit aan die wereld gaan meedeel. Sal seker uitkom met die...mark is versadig vir DC,s of iets dergliks.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 13:28:05 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek dink dit kan ook wees omdat die bakkies versag word (2liter engines en dus kleiner ratte en sagter vering en en en) sodat dit eintlik nou dorpskarre is, Nissan Navara was nog altyd vir my 'n "moenie daar gaan nie" (nie so erg soos Ford nie) maar dis net asof dit te "sag" is..

Dis 'n baie mooi bakkie en ry baie lekker in die stad... Maar hoe maak mens nou?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 13:31:35 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2591
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Leon, Ja die kwessie van bladvere teenoor kronkelvere kan sekerlik 'n verskil maak.  Ek verkies kronkelvere omdat hulle 'n sagter rit gee en ek meestal op teerpaaie ry.  Ek het regtig nog nie ernstig hierdie aspek oordink nie, maar wat jy noem maak absolute sin.  Ek het 'n boek oor 4X4 voertuie waarin die skrywer ook sê bladvere is taaier op swak paaie en omdat dit harder ry, het dit ook die effek dat daar versigtiger gery word op omdat die voertuig meer skud as een met kronkelvere.  Ek het nie juis 'n opinie oor hierdie aspek nie, maar dit klink nogal vir my aanvaarbaar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 14:33:53 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 881
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Dis seker waarom MB die Navarra gebruik: onthou a Mercedes Bends!

Skerp!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 06:32:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons moet maar dop hou wat doen Nissan met die Tipper.  En dan of hulle enige standpunte gaan in neem rakende die toekoms van die Navara vorentoe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 07:34:45 am
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 131
Joined: 10 Oct 2007

Ek het my Navara verkoop omdat die onderstel gebuig het. Ek het 'n Jurgens Classique gesleep net op teerpad. Ons het wel redelik gereeld gesleep. Ek was 2 keer by 'n weegbrug afgetrek en albei kere was die wa sowel as die voertuig nie oorlaai nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 08:16:54 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1381
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Beginne nou wonder....Nissan se Go het het op 'n stadium ZERO sterre vir die NCAP botsingtoetse gekry. Die bevinding, as ek reg onthou, was dat die karretjie se struktuur so swak is dat selfs lugsakke nie veel verskil sou maak nie. Blykbaar het die voertuig tydens die toetse struktureel heeltemal in duie gestort. Dit, na my mening, toon 'n gebrek aan behoorlike ingenieurswese? Of anders het iemand sy somme verkeerd gehad. Dalk dieselfde probleem met die nuwe Navarra? En dieselfde ou wat die somme gemaak het :)

Dit daar gelaat, sal graag wil weet wat die uiteinde hiervan sal wees. En as ek reg onthou, het Mercedes destyds met die X-klas bakkie se aankondiging ook gesê dat hulle die Navarra onderstel gebruik maar dat hulle dit aansienlik versterk het...dalk weet mens nou hoekom?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 17:05:25 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2591
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dankietog- nou skinder ons vir 'n slag nie meer oor Ford nie!laughing

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 17:08:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14452
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankietog- nou skinder ons vir 'n slag nie meer oor Ford nie!laughing

Moenie slapende honde wakker maak nie😜

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 18:50:58 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Ek is nie ingelig nie,maar sou dit slegs die nuutse modelle wees wat so soepel en buigsaam is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 06:57:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dirk tans is dit net drie gevalle waarvan ons weet. Twee waar fotos by is en een wat 'n persoon dit net noem.

Dit is genoem op die 4x4 Forum en die fotos is daar geplaas.  Byde die gevalle waar fotos geplaas is het die mense offroad karavaan of trailer gesleep in dik sand (Botswana)

Die manier van sleep in sand het gewoonlik 'n wieg tot gevolg en dit kon bydrae tot die buig maar daar is regtig nog geen feit rakende hoekom en waarom behalwe dat dit wel gebeur het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 07:01:36 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14452
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

.....maar dan is die sleepstang wat 140kg gerate is sterker....want hy is nog heel?🀫

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 07:18:29 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

.....maar dan is die sleepstang wat 140kg gerate is sterker....want hy is nog heel?🀫

Sleep stang baie sterk beteken net mooi niks as die voertuig se onderstel dit nie kan hanteer nie.  Wat is die Navara se sleep rating? 2,5 - 3Ton?

Dit is natuurlik "rolling weight" op gelyk pad met rooi tapyt uitgerol as jy my vrae. 

Volgende vrae kom by my op:

  • Wat is die neusgewig van die wa op die manier wat hy gelaai is?
  • Wat is alles op die bak gelaai en waar was die meeste gewig gesentreer of was dit eweredig versprei.
  • Is daar dalk 'n "drop plate" en wat se invloed rakende addisionele hefboom kragte het dit tot gevolg gehad.

Dis maar om 'n paar te noem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 07:50:49 am
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Leon,dankie vir antwoord,my broer sleep met navarra gelukkig slegs met padkaravaan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 08:02:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14452
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is geen kenner op hierdie gebied nie, maar wat ek kan dink wat moontlik kon gebeur het is dat Nissan oor n hobbel of klip gery het wat Nissan se vryhoogte oorskry het waarop onderstel op gewipplank het en die voor  en agtergewig het hom geknak in die middel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 08:10:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon,dankie vir antwoord,my broer sleep met navarra gelukkig slegs met padkaravaan

Beide die gevalle met fotos is nuwe "Shape" Navara.  Ek kan getuig van die oues het nie so probleem gehad nie want ek het self met een gesleep. In dik sand ook.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 09:07:01 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1381
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Dankietog- nou skinder ons vir 'n slag nie meer oor Ford nie!laughing

Want hulle is "Built Ford Tough"! :)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 10:04:20 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8368
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Ek het my Navara verkoop omdat die onderstel gebuig het. Ek het 'n Jurgens Classique gesleep net op teerpad. Ons het wel redelik gereeld gesleep. Ek was 2 keer by 'n weegbrug afgetrek en albei kere was die wa sowel as die voertuig nie oorlaai nie.

Darm is jy een van duisende wat dit erken.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 10:58:44 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 270
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Ek weet onderstelle wat buig is nie uniek tot die Navara nie.  Ander fabrikate soos Ford en Toyota en nog ander het met dieselfde probleme gesit wat intussen uitgesorteer is.   

Alles kom weer neer dat vervaardigers alles sal doen om R10 te bespaar op die vervaardiging van voertuie.  Eers as dit 'n "GROOT" probleem word sal hulle aandag daaraan gee en in baie gevalle kyk hulle weg en ontken alles totdat hulle verplig word om dit te herstel wat saamgaan met groot boetes. Duisend kliente wat kla oor 'n produkfout word afgelag tot op die laaste voordat hulle aandag gee.   Hulle gee nie om as jy kla of van maak verander nie want jy het klaar geld uitgegee en gebruik klaar hulle produk.

Deesdae se bakkies word 90% gebruik in dorps omstandighede waar daar lekker op 'n teerpad gery word.  Die bakkies word al sagter en swakker.   Dis tyd dat vervaardigers in die bek geruk moet word as dit by swak produkte kom ongeag maak en fabriekaat.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 14:17:49 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8368
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Het die fotos gaan kyk. Daar kan darm nie sulke swaar goed agter op gelaai word nie.

Wie sal nou daar eaar dit vêr is jou voertuig wil opneuk.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 16:47:50 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek weet onderstelle wat buig is nie uniek tot die Navara nie.  Ander fabrikate soos Ford en Toyota en nog ander het met dieselfde probleme gesit wat intussen uitgesorteer is.   

Alles kom weer neer dat vervaardigers alles sal doen om R10 te bespaar op die vervaardiging van voertuie.  Eers as dit 'n "GROOT" probleem word sal hulle aandag daaraan gee en in baie gevalle kyk hulle weg en ontken alles totdat hulle verplig word om dit te herstel wat saamgaan met groot boetes. Duisend kliente wat kla oor 'n produkfout word afgelag tot op die laaste voordat hulle aandag gee.   Hulle gee nie om as jy kla of van maak verander nie want jy het klaar geld uitgegee en gebruik klaar hulle produk.

Deesdae se bakkies word 90% gebruik in dorps omstandighede waar daar lekker op 'n teerpad gery word.  Die bakkies word al sagter en swakker.   Dis tyd dat vervaardigers in die bek geruk moet word as dit by swak produkte kom ongeag maak en fabriekaat.

Net so


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 21:04:40 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1931
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Hoe die voertuie dalk "verkeerd" gelaai was of nie is wat my betref nie ter sake nie. Baie ander fabrikate ry dieselfde pad met soortgelyke sleepwaens en kom oenskynlik niks oor nie. Dit blyk vir my n Navara probleem te wees wat aandag nodig het.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required