English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 980
Total Replies: 225 427
Total Views: 82 175 582
topics: 892
replies: 11 935
views: 3 181 524
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Courier dienste

replies: 18
views: 294
16 Apr 2019 @ 23:27:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13089
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is soms verbaas oor die vinnige diens wat sekere courier dienste lewer....en dan soms die prys ook wat hul vra. Ek het al paar kamp en ander items via internet gekoop en dan deur couriers laat aflewer. Ek het laas week daai krag meter bestel 9h00 die oggend. Dieselfde dag word die pakkie nog by my huis afgelewer.....en dit teen n prys van slegs R49. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 07:21:00 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 354
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Bly daar's darem nog IETS in die land wat betroubaar en effektief werk. Maar dan, dit is 'n privaat organisasie...

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 08:19:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die courier dienste werk redelik goed. Het drie items al van die kaap af bestel en dit is in puik kondisie vinnig by my afgelaai.

Wat ook lekker is jy kan die vordering van die pakkie volg op die net.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 09:10:01 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dit werk verseker en hulle is betroubaar. Hul pryse is natuurlik volume gedrewe. Hoe meer pakkette hoe lar die koste. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 10:05:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My dogter het al aandele in TAKE A LOT.  Dis seker nou nie 'n koerier diens nie maar dit werk net so goed.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 13:00:23 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Take-a-Lot se sukses van die laaste paar maande verstom my. Die omkeer het gekom toe hulle 'n buitelander (ek dink hy kom van e-Bay af) aangestel het. Hulle diens en beskikbaarheid is voortreflik. Ek is nie seker of hulle hul eie koerierdiens het nie, en of hulle van ander plaaslike koeriers gebruik maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 13:54:48 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2325
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Heindrich, ek stem saam met jou, hulle diens is voortreflik, en ek dink ook hulle kyk na jou kooppatroon. Ek koop baie laredrukker benodigdhede, en het al gesien dat sekere "verskaffers" na jou inskakel op die webwerf monitor (my opinie) want ek soek sekere produknommers (kleure), dan  is 1 kleur R193 per item, en die ander produkte R245 per item, maar as ek deur die lysie werk, is die ander wat ek soek/benodig, ook af na R193 per kleur. Dit het dan in so 4 of 5 minute se tyd gebeur. Vir my is dit besparing van tot 55% teenoor plaaslike produkte.

Ek/ons het ook al in een besending 'n 450g houer met "Warm Sjokolade" pasella gekry, en volgens my wederhelfte is dit amper R50 item!!

Ek moet ook noem dat die kwaliteit van die produkte is ewe goed vergelykbaar met ander produkte wat êrens anders te koop is teen baie duurder eenheidsprys.

Hulle het nie "eie" koerierdiens, maar afhangende van waar jy bly en waar die "verskaffer" is, kom goed wat ek van Kaapstad af moet kry, oor omtrent drie werksdae - as jy bestel laai koerier volgende dag by hulle op, en dit gaan daardie nag lughawe toe en  vlieg dit tot in Johannesburg. Dit word dan gesorteer en gaan na die koerierdepot om volgende dag - soos by ons, te vorder tot in Potchestroom, waar 'n klein/privaat persoon dit ontvang en Klerksdorp toe kom.  Wanneer ek vir minder as die minimum bedrag bestel, is koerierkoste van R60 betaalbaar, waar dit dan meer betaalbaar is om nog 'n item te neem om bedrag op te maak.

So in kort, hulle maak van 'n buitestaander koerierdioens gebruik teen 'n BAIE LAE tarief, ek dink die outjie wat van Potch na Klerksdorp ry met sy ou VW Golfie kry die "grootste" deel van die R60.00 wat hulle sou vra.

Ek is BAIE tevrede met die diens, waar teenoor die plekke wat ek vir JARE plaaslik ondersteun het, se SWAK DIENS my genoop het om elders te koop, MAAR met my GROOT besparing wat ek nou kry, een LEKKER BONUS!! Plaaslike ondersteuning was vir 30 jaar!!!! nou is dit BEEEEEEEEEEE!!! en watookal, met patetiese diens!

Groete.

Frans

Aan ADMIN: ek adverteer nie, en maak geen spesifieke maatskappy by sy naam sleg nie - as plasing onvanpas is, verwyder asseblief.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 14:24:45 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons kleinhandellaars kan dus baie by hulle gaan leer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 17:16:05 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4099
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Takealot het Mr Delivery oorgeneem as ek reg onthou en dit is nou hul koerier diens. In die verlede dink ek hul het kontrakteurs gebruik want een v d aflewerings mense het vir my genoem hulle moet hul eie voertuie koop om te kan aflewer.

Omdat ek nie altyd tuis is verkies ek die diens waar mens in jou eie tyd goed gaan optel by Lewis of Clicks nadat jy jou sms met pin gekry het. Al neem dit 'n dag of 2 langer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 18:16:46 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7365
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het ook nog net goeie diens van hulle gekry. 

Op tyd en bel vooraf. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 02:53:40 am
Louw
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 25 Apr 2017
Experience: 27 years

Currier Guy se diens is puik hier by ons.

GROOT IS ONS GOD!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 07:11:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My skoon Sussie werk vir Time Freight in die Kaap.  Ek is gelukkig om goeie tarief te kry as ons iets vir Oupa en Ouma moet afstuur.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 07:27:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13089
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Currier Guy se diens is puik hier by ons.

Dis juis van hulle waarvan ek hierbo melding maak

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 09:02:14 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2325
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Louw en Geert - ek maak sowat 3 jaar al gebruik van T C G, het rekening by hulle, maar sorg dat daar altyd so R200 op rekening lê - voordeel van rekeningklant is soms effe beter tarief (soos hulle vir my gesê het oorspronklik). Die diens in Johannesburg vanuit verkskaffers IN Johannesburg ( of is dit GAUTENG)?) is goedkoper as wat dit na BUITE daardie area sou wees.

Die HELE diens (goed of sleg)  is TOTAAL aangewese op die kantoorpersoneel van die tak (soos in my plaaslike tak) en hulle skakeling met hoofkantoor (Johannesburg, vanwaar die dinge noet gebeur. Glo my, ek kry goeie diens (SOMS), en dit gaan ook SOMS met harde geraas en baklei!!

Oor die algemeen kry ek minsens 'n diens wat goedkoper was as vorige maatskappy - gelukkig is ons in AFSKAAL proses van besigheid en bedrywige lewe - so my geraa en baklei raak minder!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 10:57:39 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

As jy 'n koerier diens wil toets, stuur iets Malelane toe.

Gewoonlik die eerste vraag is, waar is dit? Ons is al gewoond daaraan.

My vrou het ook Buy a lot ontdek. Ek sien Takealot het heelwat van hulle eie driewiel aflewering scooters in Pretoria.

As hulle iets in voorraad het, is die die volgende middag al in Malelane voor ons deur.

Onlangs iets uit VSA moes kry, ons het daagliks geweet hoe vêr die bestelling verwerk is en binne 2 weke was dit in ons hande.

Duidelike bewys dat kompetisie die privaatsektor laat werk.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 13:07:39 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Pottie..................dit is sekerlik 'n balngrike aspek vir julle omdat dit die enigste wyse is hoe julle sekere verbruiksgoedere in die hande kan kry. selfs van Nelspruit af. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 20:00:42 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Heindrich,

Maak dit makliker maar nie noodwendig goedkoper nie.

Nelspruit is darem nie te ver nie en ons gaan minstens weekliks. Ons kerk op Nelspruit.

Daar is heelwat mense wie in Nelspruit bly en in Malelane werk en omgekeerd.

Elke derde mens weet ook van iemand. So dis redelik maklik om iets van daar af met iemand saam te laat stuur.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 08:59:17 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1267
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Maybe I will get a courier service to deliver my caravan to the next camp!

Less stress.winklaughinglaughing

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 10:19:45 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Maybe I will get a courier service to deliver my caravan to the next camp!

Less stress.winklaughinglaughing

John

Have you ever thought how incredibly uncomfortable and strange it will feel to go on a caravan holiday without towing a caravan?

I assume like you do, we all make towing part of the holiday.......and experience.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required