English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 306
Total Replies: 215 678
Total Views: 81 766 478
topics: 813
replies: 10 631
views: 3 131 870
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Standard Bank volg Telkom

replies: 22
views: 393
14 Apr 2019 @ 11:49:28 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3681
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dis wanneer mens swig om geld te wil maak vir geen dienste gelewer.

My vrou sluit haar rekening by Standard en kry 'n bewys dat dit gesluit is. Groot is haar skok toe haar baas in haar ou rekening haar salaris inbetaal en sy 'n SMS van Standard af kry.

Met haar besoek met bewys van sluiting by die Std tak moet sy uitvind daar is dadelik die maand se combo pakket se bankkoste van R200 afgetrek maar hulle sal dit regstel. Omdat sy nooit met meer as R500 in persoon rondloop nie wil sy nie die hele bedrag in kontant trek soos Std op aandring. Na onderhandeling besluit Std om haar 'n GUNS te bewys deur dit na haar nuwe rekening oor te plaas.

Na 3 sake dae is die geld steeds nie in haar rekening en na 'n oproep na Std klantediens reken hulle nee sy moet maar nog so paar dae wag.

Dit lyk dus asof Std 'n blaai geleen het by Telkom om eerder vorige kliente in te doen en op so manier die laaste paar onverdiende Rand in te palm. Dit gaan egter nie werk in ons gesin nie en glo ook vir baie ander kliente. Die skade sal wel met tyd meetbaar word.

Volgens syfers beskikbaar is die 500 000 nuwe kliente wat Capitec bygekry het die afgelope 12 maande blykbaar meestal van Std en Nedbank of volgens hierdie steekproef is dit juis hul kliente wat dreig om hul rekeninge toe te maak.

Hierdie ondervinding is seker nie so erg as iemand wat nou die dag meer as R100 moes betaal omdat 'n foutiewe pin by 'n kassiere ingetik is.

https://www.iol.co.za/business-report/companies/capitec-takes-top-spot-among-sa-banks-17691354

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 12:23:36 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11892
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Standerdbank het mos einde laas maand kennis gegee dat hulle 93 takke gaan toe maak. Redes wat later verskaf is dat hulle eerder 'n bankis wat "digital banking" verder wil vat en bevorder of so iets.

Ja kyk dit is 'n moeilike storie.  My dogter het 5 maande gesukkel om haar selfoon kontrak by Telkom gestop te kry.

Dan het sy laas week 4 dae gesukkel om die kliente diens afdeling van KING PRICE in die hande te kry om haar versekering te stop.  Toe sy uit eindelik hulle in die hande kry sukkel sy 40 min op die foon om die konsultant te kry om die versekering te kanseleer so probeer hy die heeltyd om hulle strooi aan haar af te smeer.

Ek was altyd tevrede met Stannic voertuig finansiering van Standard bank. Lyk my hulle is nou maar eens op die afdraande pad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 12:30:58 pm
Nico
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 984
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ek is al jare by Standard Bank .... trouens ek was van die eerste kliente wat "Toni" gebruik het. Ook was ek in besit van 'n Autobank kaart toe Standard Bank in Bedforview nog nie eers hulle Outo tellers in werking gehad het nie (sodoende het ek my eerste Outo bank transaksies in Bethal van alle plekke gedoen - lekker gespeel deur geld oor te plaas van een rekening na 'n ander, te onttrek, weer te deponeer ens - dink ek ly aan klein seuntjie sindroom.....)

Ewentwel, ek kom dus omtrent al 45+ jare saam met Standard ... nog altyd van hulle innovering, hulle tegnologie, hulle manier van bankwese ens. gehou

Maar ..... ek sal toegee dat Standard Bank agteruit gegaan het met rasse skrede, veral die afgelope 7 - 9 maande. Ewe skielik is alles stadiger en word dinge nie gedoen nie:

1. Ek moes 7 (sewe!!!!) keer my nuwe adres in Parys bevestig alvorens die nodige verandering aan my kontakdetails detail gedoen was

2. Ons het 4 (vier!!!!!) maande moes wag, na TALLE oproepe, 2 x besoeke aan die Bestuurder van Standard Bank, alvorens ons opgedateerde testament opgespoor is en geteken kon word.

3. Briewe aan Standard Bank Boksburg gaan net eenvoudig verlore, (of word nie gelees nie), totdat ek persoonlik moes oorry na die tak toe om hulle aan hul ore te ruk. Daar is byvoorbeeld openlik vir my gelieg omtrent sekere sake wat my (opbetaalde) finansiering van ons meenthuis aanbetref, net om daarna te vertel dat ek maar seker verkeerd verstaan het, want hulle sou NOOIT so se nie  ....... gelde wat egter afgetrek was vir die "verkeerde" ooreenkoms kan egter nie terugbetaal word nie!!!!!!

Ek is geensins verbaas dat kliente hulle motors deur die voordeur by die bank ry nie, en ook nie dat Standard bank blykbaar 95 takke gaan toemaak nie ...  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 12:41:21 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1438
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Kom ons erken nou maar dat die kwaliteit van dienslewering gelykmatig oor die laaste klompie jare afgeneem het. Maatskappye spandeer volgens my te min aan opleiding om klantediens te bevorder. Hulle spandeer eerder meer om om die klant oor te haal om sy sake op die internet te doen. Baie keer sit daar ook n ongedissiplneerde en ongemotiveerde individu wat n knoppie moet druk om nou navraag/opdrag te aktiveer. Ons as klante aanvaar heel dikwels maar die swak diens instede daarvan om daaroor te kla of om "geboue af te brand". 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 12:58:29 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6214
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Heindrich ek hou van die manier wat jy dink broer.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 12:58:53 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11580
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het epos gekry dat my tak gaan toe maak en dis dit....niks van watter tak van nou af dit gaan behartig nie. My rekening was by Menlyn. n ruk gelede was daar sprake dat dit die top tak in die land sou wees....nou maak hulle toe? Hoe hulle beplanning is weet ek nie....hulle het onlangs oor n miljoene spandeer om tak mooi te maak...nou maak hulle toe? Menlyn Maine het hul laas jaar oop ge maak...nou maak hulle alweer toe? Net agentskap in mall bly oor. As jy hulle vra hoekom is die antwoord: meer mense wil internet gebruik...te min voete in die tak....maar as jy navrae toe gaan staan jy meestal langer as n uur in die ry....hoeveel meer voete soek hulle, dat jy 4ure in n ry moet staan?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 13:14:09 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11580
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is al jare by Standard Bank .... trouens ek was van die eerste kliente wat "Toni" gebruik het. Ook was ek in besit van 'n Autobank kaart toe Standard Bank in Bedforview nog nie eers hulle Outo tellers in werking gehad het nie (sodoende het ek my eerste Outo bank transaksies in Bethal van alle plekke gedoen - lekker gespeel deur geld oor te plaas van een rekening na 'n ander, te onttrek, weer te deponeer ens - dink ek ly aan klein seuntjie sindroom.....)

Ewentwel, ek kom dus omtrent al 45+ jare saam met Standard ... nog altyd van hulle innovering, hulle tegnologie, hulle manier van bankwese ens. gehou

Maar ..... ek sal toegee dat Standard Bank agteruit gegaan het met rasse skrede, veral die afgelope 7 - 9 maande. Ewe skielik is alles stadiger en word dinge nie gedoen nie:

1. Ek moes 7 (sewe!!!!) keer my nuwe adres in Parys bevestig alvorens die nodige verandering aan my kontakdetails detail gedoen was

2. Ons het 4 (vier!!!!!) maande moes wag, na TALLE oproepe, 2 x besoeke aan die Bestuurder van Standard Bank, alvorens ons opgedateerde testament opgespoor is en geteken kon word.

3. Briewe aan Standard Bank Boksburg gaan net eenvoudig verlore, (of word nie gelees nie), totdat ek persoonlik moes oorry na die tak toe om hulle aan hul ore te ruk. Daar is byvoorbeeld openlik vir my gelieg omtrent sekere sake wat my (opbetaalde) finansiering van ons meenthuis aanbetref, net om daarna te vertel dat ek maar seker verkeerd verstaan het, want hulle sou NOOIT so se nie  ....... gelde wat egter afgetrek was vir die "verkeerde" ooreenkoms kan egter nie terugbetaal word nie!!!!!!

Ek is geensins verbaas dat kliente hulle motors deur die voordeur by die bank ry nie, en ook nie dat Standard bank blykbaar 95 takke gaan toemaak nie ...  

Ek weet presies hoekom jy soveel keer moes FICA. My vrou het amper 25 jaar vir hierdie plek gewerk...NAG!!!

Jy kom in om te FICA....bring al jou papiere. Hulle moet daai dokumente scan op hul stelsel. Ekstra lang lunches en tea times en vroeg tjaila maak nie genoeg tyd daarvoor nie. Tjaila tyd word daai dokumente in liaseerkas gesit. Môre kom nuwe FICA aansoeke in wat ook gelaai moet word....so daai ander kliente se FICA dokumente bly in die kas...so jou goed word nooit opdateer nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 13:49:19 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3681
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel goeie kommentare maar as Std Bank bv nie eers antwoord as jy wel kla maar doen wel navorsing met antwoord oor die foon of jy mense na hulle sal aanbeveel. Vir 2 dae sukkel ek dat internet bank my laat inlog en sodra ek 'n betaling wil doen dan is die diesns skielik nie beskikbaar. Ek het soos hulle noem kort kort probeer sonder sukses.Ek plaas die vraag hoe lank gaan dit neem voor dit beskikbaar is en nooit 'n antwoord gekry nie maar 'n uur later toe ek wel ingaan toe werk dit skielik.

Dis baie goed om te sien Capitec gaan na die mense toe en wil in elke Mall 'n tak he. Die ander banke maak hulle takke toe. My Std  tak het ook toegemaak maar die inligting van Std is so swak dat hulle nie laat weet het wat my nuwe takkode is en daar is steeds plekke wat vra vir 'n takkode al word EFT met 'n spesifieke takkode gedoen. So word die naam v d tak ook gevra en Std ook nie laat weet hoe hanteer mens die situasie nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 16:16:22 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6851
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Kan nie glo gat banke ook tot niet gaan nie. 

Waar gaan ons geld veilig wees. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 16:21:28 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1723
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

"Only in South Africa". Welkom in die land van melk en heuning" Bring net julle eie koeie en bye.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 17:57:18 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3681
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

As 'n baie dom en baie basiese gebruiker van FB kan iemand kan my inlig hoekom mens bv eers iemand moet "like" voor jy bv kan kommentaar lewer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 18:14:55 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1150
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

In die ou dae was Jan Marais se destydse weergawe van Capitec se diens baie goed (Trust Bank), na die spul alles saam Absa geword het was dit ook nie meer dieselfde nie (en selfs Oom Jan se mooi meisies met die kort rokkies was weg :).....tja die goeie ou dae....

Maar die ding is nie beperk tot net een besigheid nie, het byna 2 jaar gesukkel om Telkom sover te kry om my ADSL lyn toe te maak....sukkel nou al weer meer as 5 maande om die Poskantoor sover te kry om my posbus se slot te vervang na die sleutels saam met my RDP bakkie voete gekry het...al wat ek hoor is is "sorriee sir we do not have new locks, maybe we will have again next year...", 5 maande se kla het my darem by hoofkantoor 'n verwysings nommer besorg :(

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 19:02:11 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11580
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As 'n baie dom en baie basiese gebruiker van FB kan iemand kan my inlig hoekom mens bv eers iemand moet "like" voor jy bv kan kommentaar lewer.

Jy praat seker van geslote groepe Danie? Waar jy eers moet aansluit voor jy kommentaar kan lewer...andersins kan jy net lees en posts like/dislike?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 19:07:12 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2832
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

As jy sukkel om jou Bank in die hande te kry, hou op om n lening by hulle te betaal.

Dan krt hulle jou tjop tjop in die hande🀣

Std Bank irreteer die hel uit my uit met honderde polisse wat hulle aan my wil afsmeer!

Ek dag dis n bank?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 19:20:34 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 464
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Daar was destyds 'n advertensie wat gelui het.......Wie moet ek bedank, Boland Bank.

Vandag lui dit as volg....Wie moet ek blameer, BEE. Heinrich praat van daar word nie genoeg geld gespandeer aan Opleiding nie. Jammer om te sê, daar is nie meer die nodige kundiges wat weet wat Bankwese is en hoe dit werk nie.

Amptenare weet nie wat  die woord Pligsbesef beteken nie en het geen trots op hul werk nie. Hulle is net daar vir die salaris. Een van die redes hoekom die diens ook so stadig is, is as gevolg van al die bedrog binne en buite die bank moet elke liewe dingetjie wat op die rekenaar gedoen word deur 'n ander persoon ge "override" word. Dit het 'n rimpel effek op die stelsels wat dus oorlaai word en soveel stadiger reageer.

As ek in 'n tak in stap, dan gaan lê my moermeter onmiddellik in die rooi want eki weet wat gaan kom. "n Bank is so goed of sleg afhangende van die personeel in daardie betrokke tak.

Ek en Ma het begin werk in die Bankwese toe alles nog met die hand gedoen is en geen rekenaars gehad het nie. Het menige aande gesit en werk sonder enige oortyd vergoeding.  

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 19:33:55 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3681
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jy praat seker van geslote groepe Danie? Waar jy eers moet aansluit voor jy kommentaar kan lewer...andersins kan jy net lees en posts like/dislike?

Geert wel ek weet nie of Std Bank gesien kan word as 'n geslote groep nie. Ander privaat groepe soos Kamp-Mal weet ek hoe dit werk. Is daar dus iets hoekom Std Bank geslote wil wees?

Chris so gepraat van korrupsie en geld wat gesteel word. Iets wat ek nie kan verstaan is dat banke mens verplig om bv lae sekuriteit toe te pas deur jou epos te gebruik as login naam. Daar is tog duisende wat alreeds jou naam en epos ken. So word dit makliker gemaak vir scams. Selfs die aanstuur van epos scams na banke se sekuriteitslyn wat geen aandag trek nie laat mens net dink hulle verloor niks nie so hoekom sal hulle iets doen om die tipe van dinge te keer.

Ek moet se Capitec se sekuriteit laat mens meer gerus voel. Hoop egter hulle bou so voort.

Wat SAPO aan betref het ek behalwe etol nog geen pos gekry in seker 18 maande nie. Selfs stadsraad rekening word elke maand by my straatadres afgelewer vir 'n ander eiendom maar my eie huis het ek vir die 18 maande nog nie eers met 'n glipsie 'n rekening ontvang nie. Dit wil dus voorkom asof posbusse uitgekontrakteer is en dis waar die probleem le.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 19:50:24 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11580
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nee Danie...dan weet ek nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 20:06:24 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 464
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Danie, sovêr my kennis strek is dit net Std Bank wat van epos adres gebruik maak. ABSA moet jy rekeningnommer, PIN en password gebruik en jy kry onmiddellik 'n SMS om te sê iemnad het  ingeteken.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 09:10:56 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11892
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Maar jou geld onder jou matras gaan bêre.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 11:26:36 am
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1438
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Miskien moet 'n mens maar een van hierdi nuwe "lae/geen-koste" banke gebruik waar jy byvoorbeeld by 'n bekende supermark kan geld trek vir jou transaksionele besigheid en die res van jou geld by Investec waar jy ten minste billike rente kan verdien.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:30:54 pm
Piet Ford
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek was jare terug by Volkskas en toe het dit ABSA geword. Nog steeds by ABSA. Ek  stem saam,  daar is net nie meer trots of omgee in die diens wat jy as klient kry nie. En dit is nie net Standard bank of Telkom nie. 

Ek het van Vodacom 3 weke terug n SMS gekry wat se daar is "vetting"  wat plaas vind teenoor my rekening met Vodacom. Ek het gebel en daar is bevestig dat daar niks aangaan teenoor my rekening. Maar, hulle sal kyk hoekom ek die SMS gekry het. N week later kry ek n SMS dat RAM gaan my order aflewer. Het weer gebel en gavra wat aangaan. Weer is daar vir my gese dat daar geen aktiwitiet neenoor my rekening wys nie, maar hulle sal kyk hoekom ek die SMS gekry het.  Drie dae later is daar n router afgelewer by my huis waarvoor my seun toe teken.  Aangeheg is n Vodacom faktuur. Weer bel ek, niemand kan my vertel wie by Vodacom het die router vir my gestuur nie. 

Toe ek my maandlikse elekroniese rekening van Vodacom ontvang sien ek die faktuur verskyn op my rekening. Weer bel ek maar niemand kan my vertel wie het dit vir my gestuur nie.  Die pakkie is nog steeds by die huis (onoopgemaak) en niemand het dit tot nou toe probeer opeis nie.

Gelukkig is die faktuur n R0.00 faktuur. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 16:03:44 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3681
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

En so gaan my vrou se storie aan. Iemand van Std Bank bel haar vandag en maak groot onverskoning omdat iemand haar betaling na Capitec "reverse" het en dat hulle dit nou sal oorbetaal. So gemaak maar eers na hulle weer 'n R35 aftrek want volgens hulle is daar 'n verandering aan die betaling gemaak. So betaal mens vir 'n fout deur die bank gemaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 18:28:45 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3681
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Miskien moet 'n mens maar een van hierdi nuwe "lae/geen-koste" banke gebruik waar jy byvoorbeeld by 'n bekende supermark kan geld trek vir jou transaksionele besigheid en die res van jou geld by Investec waar jy ten minste billike rente kan verdien.

Wel nou dat mens self weet wat Capitec se kostes is en net R5 fooie per maand betaal nou hoef mens nie te kyk na die geen koste rekeninge nie. R8 hierdie jaar om 'n EFT dadelik te laat wys teenoor Std se R50 en ja dit was R10 verlede jaar. Sekerlik is dit dieselfde moeite vir albei.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First