-  Classifieds  -  NEW 2007 Jurgens Classique Patio  -  2017 Armadillo  -  2015 Echo 5   -  2018 Sprite Swing  -  Forums  -  Things are bIgger in the USA  -  army dae  -  Neus blaas in storte  -  Gasbottel verf  -  News  -  Iveco 35S13 4 Berth  -  5 nights camping at R1000  -  Take Time Off!  -  Ongelooflike Naweek Aanbod!
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 801
Total Replies: 223 003
Total Views: 82 059 200
topics: 869
replies: 11 673
views: 3 171 106
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Rapid awn

replies: 12
views: 320
11 Apr 2019 @ 12:58:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hier is paar fotos van die Rapid awn....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 22:51:13 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Nou, jou indrukke Geert?laughing

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 23:11:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Om die eerlike waarheid te sê: ek was teleurgesteld....het heelwat meer verwag. Daar is nie vir my nie een punt wat n voordeel bo die leisure awn uitsteek nie.

1. Soos hy daar op display staan is hy baaaaie flimsy. {Seker oor die dun materiaal en konneksies?} 

2. Afwerking is vir my bietjie afgeskeep....amateur agtig

3. Die dun square tubing doen dit nie vir my nie

4. Lyk nie of seil bo mooi styf gespan kan word nie....hoop nie water dam op aan karavaan se kant waar daar geen nok is nie.

5. Lyk of hy klomp los pale het waar leisure awn alles mooi invou in voorste strut

Ek vergelyk nou alles met die leisure awn wat n baie netjiese ontwerp is en stewige materiaal gebruik is. 

Kampeerders sal seker verskil met keuses, maar ek sal dit nie oorweeg om my leisure awn vir n Rapid awn te ruil nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 23:31:08 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Dankie Geert, ek gaan dit bietjie die naweek opslaan en kyk.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2019 @ 01:36:33 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1144
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Ek het met verkoopsdame gesels oor die Rapid. Hulle het baie probleme met hom deurdat kliente dit terug bring. Volgemd haar is Leisure n beter maak en het baie langer lewens duur.

Maar, wat vir my werk, werk nie noodwendig vir jou nie. Is maar eie keuse.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 07:55:07 am
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Om die eerlike waarheid te sê: ek was teleurgesteld....het heelwat meer verwag. Daar is nie vir my nie een punt wat n voordeel bo die leisure awn uitsteek nie.

1. Soos hy daar op display staan is hy baaaaie flimsy. {Seker oor die dun materiaal en konneksies?} 

2. Afwerking is vir my bietjie afgeskeep....amateur agtig

3. Die dun square tubing doen dit nie vir my nie

4. Lyk nie of seil bo mooi styf gespan kan word nie....hoop nie water dam op aan karavaan se kant waar daar geen nok is nie.

5. Lyk of hy klomp los pale het waar leisure awn alles mooi invou in voorste strut

Ek vergelyk nou alles met die leisure awn wat n baie netjiese ontwerp is en stewige materiaal gebruik is. 

Kampeerders sal seker verskil met keuses, maar ek sal dit nie oorweeg om my leisure awn vir n Rapid awn te ruil nie.

Dankie Geert, ek gaan dit bietjie die naweek opslaan en kyk.

Ek het toe so gemaak gister. Ongelukkig was dit n windlose dag, so dit het my nie eintlik veel verder gebring nie.

Repliek op jou punte hierbo Geert:

1. Ek stem saam, dit is baie stewiger met die 3de paal in die middel en as dit geanker word met penne, maar dis nie rock solid nie. Ek twyfel of dit konstante sterk wind  sal kan verduur. 

2. Ek stem saam, ek moes self 'n poprivit aan die regterkantse vertikale paal aanbring waar dit nie gedoen was nie. Die gat was geboor maar geen rivit nie.

3. Dit het my nie gepla my nie.

4. Ek stem gedeeltelik saam, ek kon die seil stywer gespan kry as wat dit in die winkel was. Ek dink nie hulle het baie moeite daarmee gedoen in die winkel nie. Maar die water opdam moontlikheid bestaan, sal maar sien as mens nou eers met dit gekamp het in die reën. 

5. Dit is so, maar dit  het my nie gepla nie, dis in die sak en maak nie die opslaan moeiliker nie.

Ek het nog nooit n Leisure Awn gehad nie, nog net gesien, maar het wel gelees dat die water op dit opdam tydens reën. Die Rapid Awn het ek om die rede gekoop, omdat dit die water opdam probleem na bewering aanspreek.

Ek het baie gewik en geweeg of ek dit nie maar net moet gaan teruggee nie. Toe maar besluit om dit n kans te gee die volgende 12 dae wat ek gaan kamp.

Ek dink as jy iets ordentlik wil koop, dan is die Tule die atwoord.  Maar dis 2x die prys. Dis soos n Tata en 'n Benz.

 

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 09:09:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons boere sal 'n plan maak met enige probleempie.  Die groot ding is dan as jy die awning gebruik is die gemaklikheid daarmee heen want mens se voorsorg maatreels raak van so aard dat jy op die ou einde maar 'n gewone rally kon gebruik het.

Meeste van die awnings val in die selfde klas. Hy slaan vinnig op maar sonder die nodige penne toue en styf trek middele wat dan die gou gou opslaan kortwiek is hulle maar uitgelewer aan die elemente.

Ek hou dop wat julle doen en kyk wat se oplossing kom julle mee vorendag.  Hoop ek kan 'n awning vir my wa opsit eendag.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2019 @ 13:36:06 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1361
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

So gekyk na Geert se fotos en eerste wat by my opgekom het was wind!

Ek reken wind gaan jou besig hou met díe man.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 18:10:19 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Vanaf John se "Caravan awning support" draad, wil ek nog bietjie uitbrei oor die Rappid Awn.

Hoewel die Rapid Awn ook positiewe aspekte het, soos dat dit lekker lig is en maklik en vinnig opslaan, weeg die negatiewe aspekte egter swaarder.

Ek dink alles wat hier en op die ander draad gesê is, tesame met my ondervinding die 12 dae wat ek dit gebruik het kan saamgevat word in die volgende:

Dit is swak vervaardig

Soos ek elders gesê het, het dit spinternuut uit die sak gekom sonder dat al die "rivits" aangebring was en het ek dit self aangebring.

Eerste keer wat ek dit opslaan het 'n "rivit" van die paaltjie wat die nok maak afgebreek.

Tweede keer het die ander "rivit" van daai paaltjie afgebreek en die een ankertou het losgekom.

Lig wat deur die gaatjies in seil gesien kan word waar daar stikwerk gedoen is.

Tensy die middel vertikale paal met 'n "koppiekie" of so iets onder op die voet in plek gehou word, swaai dit die hele tyd uit en val uit.

Water syfer deur die ropeline of zip van die sak, want ek het dit droog opgerol en gebêre en na 'n reënbui was die binnekant van die sak sopnat.

Die konstruksie is baie wankelrig tensy die ankertoue gebruik word, wat dit beter maak maar nie uitermate stewig nie.

Alle "brackets" is van 'n tipe plastiek wat losserig aan mekaar pas en aan die horisontale aluminium "beam" vas "gerivit" is.

John het ook 'n tou gehad wat afgeskeur het by die lussie en ook genoem van die sonlig wat deurskyn.

Dit doen nie wat dit geadverteer word om te doen nie

Die nok, wat dit vir my verkoop het, word geadverteer dat dit water laat afloop, maar dit doen nie omdat die seil elders so slap hang dat dit in elk geval opdam.

Ekstra kostes moet aangegaan word deur bv bykomende pale horisontaal in te sit waar die seil slap hang, wat ook nie die probleem regtig oplos nie.

Dit gaan nie wind kan weerstaan nie

As "rivits" kan afbreek, toue kan losgaan en lussies kan afskeur sonder wind, is ek bevrees dat die plastiek tipe "brackets" wat alles bymekaar hou die volgende is wat gaan breek in wind, veral as 'n mens beter "rivits" sou aanbring, want dan word die stres verplaas van die "rivits na die "brackets".

Ek het regtig probeer om die produk 'n kans te gee en ek is jammer om te moet sê wat ek het, maar ek hoop dat iemand anders eers mooi sal oorweeg voor hulle koop en ook dat die vervaardiger die produk sal verbeter.

Ek dink daar is 'n goeie mark vir awnings en die idee van die nok is ook goed en dit vertoon nogals mooi. Die vervaardiger moet nou net die produk op 'n standaard kry wat mens kan vertrou.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 21:41:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12663
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek weet nie of hulle nou met die Rapid awn wegbeweeg vanaf die een met die nok nie, maar die nuutste van hulle sien ek is ook nou net plat bo soos leisure awn. Maar weereens probeer hulle lyk my met die minste materiaal wegkom en blink weer uit in hul amateur afwerking. Kan sommer sien hy is net so flimsy soos hulle vorige poging. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 06:39:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het die indruk gehad dat die nok dalk kan help met die water probleem. Maar ja daar is seker 'n rede dat hulle wegbeweeg het daarvan af.

As ek die awnings so kyk dink ek die beste gaan wees 'n Rally wat binne 'n sak so aan die kant van die wa hang. Tenminste spaar dit jou die tyd om die deur ryg te doen.

Zip oop, rol af, sit jou regop pale in, trek styf met toue en anker penne.

Op die manier spaar jy bietjie tyd maar die water gaan jou nie pla nie en die wind gaan nie die awning weg waai as jy nie daar is nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 06:47:08 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 680
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

"Zip oop, rol af, sit jou regop pale in, trek styf met toue en anker penne.

Op die manier spaar jy bietjie tyd maar die water gaan jou nie pla nie en die wind gaan nie die awning weg waai as jy nie daar is nie."

Leon, hoeveel tyd. Miskien 'n minuut of twee. Die rally slaan vir my so vinning op dat ek maar eerder dit sal doen as om so 'n swak produk te koop.

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 07:19:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis waar wat jy sê Hennie.

Daar is 'n trade-off tussen die opslaan spoed (Opslaan tyd wat jy spaar) en die stewigheid van die struktuur.  Jy is nie die heeltyd by jou kamp opset om dit te beheer nie.

Ek wil graag so awning koop maar wat maak jy as 'n klein storm jou kamp plek tref terwyl jy gou moes inkopies doen as voorbeeld.

My vraag is................. is die tyd gespaar die moontlike skade werd.

Ek sal verseker belê in 'n full Auto awning van Fiamma.  Hy rol automaties uit en as die wind erg raak is daar 'n sensor wat die terug trek aktiveer wat hom so beskerm as jy nie daar is nie.  Dit het ook 'n override funksie sou jy besluit om die kamp meer permanent te maak deur pale en anker toue. Nadeel is die ding is vrek duur.

Vandat ek kan onthou maak Jurgens en Ci gebruik van die Rally konsep op die karavane.  Dit bly maar die wen resep in SA se omstandighede.  Die enigste manier om dit te verbeter is om die rally in 'n sak te sit wat aan die kant van die wa hang.  So spaar jy darem 5 min van opslaan tyd.

Kom ons kyk maar wat die mense mee uit kom. Net dalk is daar 'n nuwe patent.

Hopenlik kom iemand met iets beter vorendag in die toekoms.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First