English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 620
Total Replies: 220 501
Total Views: 81 950 780
topics: 837
replies: 11 171
views: 3 147 301
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Banddruk-monitors

replies: 63
views: 633
page 1 of 2
30 Jan 2019 @ 10:06:32 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 417
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years
Gebruik julle ouens banddruk-monitors? Ek gebruik hulle reeds al vir baie jare, ook op my bos-wa. Ek verseker julle dat net EEN pap band wat betyds opgetel word bespaar jou die koste van so n stelsel. Hulle waarsku jou dadelik indien die band abnormaal vinnig pap gegin raak en jy kan dan tilhou voordat die band in skerwe is en/of die band se stukke die karavaan begin opkou. Jy koop hulle in pakkies van vier, ses of selfs meer.
 
Ek het die batterye in die monitors al n paar keer vervang, so elke twee jaar, die stelsel waarsku jou wanneer daar nie meer n sein is tussen die monitors en die skerm nie. Die stelsel waarsku jou ook indien die band te warm word, bokant 30 grade C. Dit waarsku jou ook indien die band te hard begin word, myne is gestel op 3,5 bar. Vir veld-toestande is myne gestel op minimum .7 bar, sodra die band onder dit gaan gaan die alarmpie af.  

Die monitor word met n allen key gesluit sodat dit nie afgehaal kan word nie.

Jy kry ook die tipe wat binne-in die band geplaas word, maar dan moet jy elke keer die velling van twee bande afhaal wanneer jy die monitor na n ander band wil oorplaas, en as die band sou bars op n gruispad word die monitor vernietig.
You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 10:15:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12656
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek gebruik 'n soortgelyke stelsel op die wa met net tydens lang afstande en lang trippies. Het maar dit afgehaal want ek weet nie hoelank hou die batterye nie.  Teen 2 jaar per battery sal ek dit ook van nou af permanent op los.

Groot saak met die goed is om die sensor geregistreer/gekalibreër te kry met die monitortjie.  Die dat ek nie elke slag onthou hoe nie bly dit effens agterweë.

Maar ek sal hom weer uitsorteer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 10:33:47 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 417
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dis eintlik net oor die karavaan wat ek worry. Ek het een keer met n Venter treiler gery en eers agtergekom die wiel is pap toe stukke daarvan by my kantspieel verbygetrek het. n Vriend het ook stukke van sy karavaan se wiel-huis in Namibië agtergelaat toe die band dit stuk vir stuk opgekou het.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 10:39:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12656
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is groot skade soos jy sê.  Ek sit die sensors net op die karavaan. Want 'n papwiel daar kan eindig in R50 000 tot R60 000 se skade.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 11:12:39 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12286
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat is die beste stelsel om aan te skaf? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 11:25:24 am
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 53 years

 Dis nou iets wat mens, vir veiligheid , nodig het  . Ek het ook so 3 jaar gelede `n gebarste band gehad ....gelukkig geen skade nie. Kon catastrofic  gewees het .

Mag ons weet waar so iets gekoop kan word??

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 11:37:37 am
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Dansan watter stelsel gebruik julle? Ek wil self vir my n stelsel kry vir al 6 bande voor ons mei maand teen die ooskus opgaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 12:55:10 pm
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 417
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek het nie nou die produk se naam in die kantoor nie, sal sien of ek die pakkie by die huis het .... twyfel egter. Maar hulle is redelik maklik te kry. Kyk miskien by n plek soos Outdoor Warehouse, dis waar ek myne gekry het.  Dalk ook by Autozone. Hulle is nogal duur, jy mag dalk meer as R1800-00 betaal.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 12:57:50 pm
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 53 years

Dankie  , sal by Outdoor  Warehouse gaan kyk

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 13:44:54 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Tiger Wheel & Tyres verkoop ook sulke stelsels.  Ek het myne by The Deaf Shop in Durban gekoop en is na drie jaar heel tevrede daarmee.  Ek kan uit vorige besprekings onthou daar was ook iemand in Gauteng wat dit verkoop het en wat ook as ek reg onthou, dieselfde persoon is wat die batterye vir die stelsels, CR 1632, wat nogal skaars is, teen baie goeie pryse verkoop het.  Ek dink amper Danie weet van die ou as dit dieselfde persoon is.  Ek glo hy sal reageer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 14:05:08 pm
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Ek sien nou die een wat hulle by Outdoor Warehouse aanhou vir R3500 wat baie nice lyk is by takealot vir R3000.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 14:06:43 pm
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 53 years

Dankie lekker besparing  .....   ekstra bier vir my

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 15:03:21 pm
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 417
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Sorry Fred. Ken hom nie.

 

Ons het nog net een keer gesien hoe die monitors werk. Dit was tydens n rit op 'n bloedige warm dag deur die Tankwa toe my splinternuwe voor-band skielik n gaatjie kry teen ongeveer 100km/u op 'n erg-sleg klip-pad. Voordat die band halfpad pap was het ek reeds stilgestaan. Die lekkerte van die buite-monitors is dat jy dit dadelik kan oorplaas op die spaarband wat jy opgesit het.

 

Terloops, ek noem graag dat die druk wat op die monitor-skerm toon NIE noodwendig gekalibreer is met die band nie. Dis naastenby reg, maar mens leer later-aan dat as die monitor 2,4 bar wys jy eintlik op 2,7 bar sit. Dit gaan eintlik oor die waarskuwing-deel van die sisteem wat gerrustellend is.       

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 15:06:06 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12286
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Via internet kan mens Tireguard met 6 valves monitor koop vir R2450. Ken iemand dit....aanbeveelbaar?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 15:22:45 pm
ELU
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 578
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

Ek het albei stelsels, die Tyredog (ou naam) en die Tireguard. ek persoonlik verkies die Tireguard vir eie redes (seker so 3-4 jaar gelede die twee vergelyk, dus kan my opinie 'outdated' wees??).

 

Die Tireguard word verskaf deur Abraham Kruger in die Hennopsrivier distrik. Baie gawe man en baie geduldig en behulpsaam. Sy tel # is Nul82 9twee6 nul5agt5. Skakel hom gerus.

Andersins abraham@tireguard.{....}   of abrie@hoogland.{...}  en {....} word vervang met .co.za

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 15:30:20 pm
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 417
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek het nog altyd geglo daaraan dat n man maar moet koop by n plek naby jou huis en waar jy goeie diens kry. Die Ford en die Toyota se verkope word baie kere gekoppel aan die tipe diens beskikbaar in sy dorp. Ek het my monitors ook naby my huis gekoop. Ek het nog nie gehoor van iemand wat n probleem met n spesifieke produk gehad het nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 16:24:29 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jammer Danie (Dansan).  Ek het verwys na  Danie-SLK.  Hy was tot onlangs die enigste Danie op hierdie Forum.  Ek sien Egbert (ELU) het die man se besonderhede verskaf, maar ek glo nie dis die persoon met die batterye waarna ek verwys het nie.  Dit is dus twee verskillende mense.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 16:53:38 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12286
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 17:06:32 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12286
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Meet dit die temperatuur ook? ....vir bearings? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 17:12:25 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek sou nie die tipe koop wat in die sigaretaansteker se sok pas nie.  Dié is gewoonlik op so 'n plek dat dit moeilik sigbaar is.  Die een wat ek het, koppel wel met 'n lang draad na die sigaretsok, maar dis moontlik om dit op die paneelbord te monteer.  Ek het dit so gedoen, regs langs die voertuig se instrumente sodat dit netso maklik leesbaar is as my instrumentepaneel.  Dis gevaarlik om jou oë heeltemal van die pad af te wend as jy bestuur.   Pas ook op vir die tipe wat 'n enkele wiel se lesing een na die ander gee.  Dit beteken jy moet jou aandag vir 'n langer tydperk aan die monitor gee.  Kry eerder die soort wat al die wiele se lesings heeltyd gelyktydig gee.

Oor die temperatuur: Nee, dit kan beslis nie die wiellaers se temperatuur gee nie.  Dit is veronderstel om die bande se temperatuur te gee maar ek is nie seker hoe akkuraat dit is nie. Die binnegemonteerdes glo ek is redelik akkuraat maar die soort wat buite gemonteer is, tel waarskynlik eerder die lugtemperatuur op.  Ek vind ook met my voertuig is die regter voorste wiel se temperatuur oënskynlik so 'n vier of vyf grade warmer as die linker wiel wat waarskynlik die gevolg is van warm lug wat vanaf die verkoeler op die wiel blaas.  Ek het al sensors omgeruil om onakkuraatheid van 'n sensor uit te skakel, maar dit bly dieselfde.  So 'n "warmer" wiel se lugdruk is egter nie hoër as wat dit behoort te wees nie, wat 'n aanduiding is dat die lug binne in die wiel nie werklik warmer is as die ander nie.  Die trekwiele, in my voertuig se geval die voorwiele, se druk styg gewoonlik soos jy ry effens meer as die agterwiele wat wys die wiele werk harder as die agterstes. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 17:24:30 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jammer, ek het 'n fout gemaak.  My monitor is nie permanent aan die voertuig se krag gekoppel nie.  Jy kan seker dit so doen, maar ek herlaai die interne battery wanneer dit pap word sodat ek nie nog 'n lastige kabel het nie.  En die battery van die monitor hou lank, seker weke as dit permanent in gebruik is, so dit is nie 'n lastigheid nie. Die "dashcam" en die GPS is wel permanent gekoppel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 18:07:37 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1927
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

My Tyreguard bly permanent op wa se wiele en het ook na twee jaar batterye vervang. Het gelukkig ekstra batterye gehad en is baie tevrede met die toestel en die gemoedsrus wat dit my gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 19:04:34 pm
Dolrik
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 34 years

Pasop vir daai "Newfrog" verskaffer, het navorsing op hom gedoen weens sy goeie pryse en meeste van sy goed word nie afgelewer nie, of dit werk nie.

BidorBuy het een vir R999.00 wat se monitor met n sonpaneel werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 19:27:16 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12286
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie Erik!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 21:36:17 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1278
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek het Tyreguard stel met ekstra monitors as geskenk gekry.

Het dit dadelik op my mouter en wa gesit en ingestel volgens die instruksies.

Die goed het tydig en ontydig alarms laat afgaan. So erg dat ek elke 20minute moes stop om te kyk wat aangaan. Naderhand monitor afgeskakel tot volgende dag se reis. Dan weer dieselfde. Was reg volgens gebruikaanwysings ingestel.

Die gewig op die valve slinger jou valve rond as jy ry. Gaan kyk na die merke op jou velling.

Sien Dansan se foto bo. Die rim se verf wys al tekens van skade waar die verf geslaan word. My mouter se allooi rims is duike ingeslaan. Dit gaan mettertyd jou valve by die valve stam beskadig.

Ek het dit afgehaal, batterye uitgehaal en gebêre. As mens dit wil gebruik, is die binne-valve monitor sisteem seker beter en sal nie die rims en valve beskadig nie.

Nie te koop nie. Geskenk van wederhelfte af.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 21:46:06 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12286
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit lyk of hy net 1x band se lesing op n slag gee op die skerm.....is ek reg? Hoe verander hy tussen die verskillende bande se lesings.....moet mens dit manual op die skermpie doen deur n knoppie te druk of hardloop hy automaties heeltyd deur al die bande? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 21:56:35 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1278
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Geert

Die een wat ek op gehad het (Tyreguard) kon 18 bande se lesings hanteer.

Jy installeer per band en dit het dan die lesings deurlopend bygehou.

Die alarm sal per spesifieke band wees wat dan duidelik aangedui word.

Ek het 4 gehad voor vir my voertuig en twee vir die wa. Die ander dan 'delete'.

Al 6 wiele baie duidelik op die monitor gewys. Jy pendel net tussen banddruk en temperatuur. Ek het die herlaaibare monitor sommer voor my stuurwiel teen die toereteller se glas laat lê. Uit die pad uit en naby genoeg om af te skakel wanneer die alarm afgaan.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2019 @ 22:53:25 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie Egbert. Ek sal ook Abraham Kruger aanbeveel. Hy kom elke dag in om kinders op te tel by die skool in Centurion so dis maklik om iets met hom te reel.

Ja Fred daar is staaltjies waar mense tot R100 'n battery betaal omdat hulle so skaars is en kan ook ou pap batterye wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 05:48:06 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12286
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Baie dankie Proffie. Ek hoor hulle stal uit hierdie naweek by Dube....sal bietjie gaan loer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 06:08:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12656
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As ek nou reg onthou is die een wat ek het ook 'n Tyre guard produk.  Ek het net 6 sensors en net die sensors op die wa geplaas.  Myne het puik gewerk tot hede toe die kere wat ek dit gebruik het.  Een keer 'n vals alarmpie gekry toe ek grondpad met die wa gery het. Dadelik gestop niks gesien nie. En toe verder nie weer pyne met hom nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 06:10:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12656
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sal weer bietjie kyk vir merke op die rim. Tot hede niks gesien of opgemerk nie. Maar dan moet ek by sê die wa het alloy Mags op en die Valves is van die staal tipe wat vas draai. So hulle is stewiger as die gewone rubber valve.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 06:16:22 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12286
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja....dis iets wat my bietjie bekommerd maak....dat dit jou valve op die ou einde beskadig. Jy sit iets op om te monitor dat die band nie pap word nie en op die ou einde is dit juis dìt wat die oorsaak gaan wees van n pap band.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 06:29:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12656
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die S/steel valves behoort die gewig(gie) beter te hanteer......... En dan vir die manne wat die gewone rubber valves gebruik.................................

 

 

RY STADIGER JY SLEEP 'N KARAVAAN

 

 

Ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 09:49:15 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die teorie oor die monitors wat die naaf tref en beskadig, klink vir my bietjie vergesog.  Sentrefugale krag sal wel die stingel laat ombuig- iets waaraan ek nog nooit gedink het nie, maar dit sal gebeur ook sonder die monitor- miskien bietjie verder met die monitor op.  Dat dit sigbare skade aan die naaf sal veroorsaak, dink ek nie kan waar wees nie. Dit sal nie die naaf met 'n slag tref nie. Ek twyfel ook of die stingel so ver sal buig.  Hoe ookal, die monitors op my voertuig is al meer as vier jaar permanent op en op die karavaan, wat ons amper drie jaar gelede gekry het, het reeds 29,000 kms gedoen, beide sonder enige probleme.  Ek het gou gaan kyk, en daar is geen teken dat die stingel ooit die naaf geraak het nie.  Ek dink ons kan aanvaar die rubber waarvan die stingels gemaak is, maak voorsiening vir 'n mate van buiging sonder skade.  Sorg net dat dit saammet die bande vervang word.

Oor die alarm wat gereeld afgaan: Dit ondervind ek net as dit besonder koud is wanneer ons begin ry en die druk onder die minimum gedaal het waarvoor die monitor gestel is.  Maar die stelling is nie in die fabriek permanent gedoen nie- dit is deur die gebruiker verstelbaar, so al dit te veel pla, stel net die druk effens laer.  Die alarm kan egter tydelik gekanselleer word deur enige van die knoppies te druk op my stelsel.  Binnekort is die bande warmer en die druk hoër sodat dit nie meer skree nie.

Geert, Dis waarom ek nie dink die tipe wat een band se lesing op 'n slag gee, is aan te bevele nie.  Ek aanvaar hulle is goedkoper maar ek betaal eerder meer en kry 'n produk waarmee ek gemaklik kan werk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 09:50:01 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 417
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years
Proffie, jy moet net na die settings van jou monitors kyk. Dalk is jou stelsel gestel om te kla as die baddruk onder, sê maar, vier bar gaan. Dan sal die monitors gedurig vir jou waarsku dat daar n pap band is. Jy moet die druk-waarskuwing net verstel. Myne is gestel om te waarsku wanneer ek onder punt agt bar gaan. Ek verstel dit weer wanneer ek gaan 4x4 na punt sewe bar. Ek het nog nooit gevind dat die monitor die valve beweeg nie, en het ook nog nooit gevind dat klippies my monitors tref nie. En ons ry bitter-baie grond/gruispad. Die band op die foto is van my karavaan wat ek maar nog net vier maande het en nog nooit grondpad mee gery het nie.  
You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 10:40:32 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Om te bepaal of die monitor moontlik kan skade aanrig aan 'n stukkie verf op die velling kan ek die volgende vertrek. Die massa is 11g vir 'n monitor. Die radius vanaf die middelpunt v d band is 160mm op 'n 14 duim velling. As die spoed 108km/h is draai die band teen 910 o.p.m. volgens my berekening. Dit sou 'n krag van 43N na buite veroorsaak wat op 4.4kg te staan kom sou die monitor 15g weeg.

So kan ons met 'n trekskaal gaan vasstel of 4.4kg die klep kan laat buig tot op die velling. In my geval glad nie. Gelukkig is dit 'n egalige krag soos mens spoed optel. Ons kyk nie na die krag wat 'n slaggat veroorsaak en dan sal die krag baie meer wees en wel moontlik.

Sou mens die regte gewig van 11g gebruik is die krag slegs 3.2kg.

Ek dink regtig ons moet ons nie bekommer oor iets wat miskien kan gebeur nie.

Terloops ek gebruik myne glad nie meer omdat ek gevind het dat die 1 sal 38 grade lees en die ander 19 grade teen 23h00 as die omgewings temp bv 18-23 grade is. Ook het ek gevind dat dit bv 180 drukking wys dan pomp ek die band na 300 en ry ure lank en dit wys steeds 180. By tye kom dit op na 340 en mag dan daar bly. Ek het ook gereeld strepies gesien ipv 'n druk wat aandui dat die battery nie kontak maak nie. Te veel moeite om met die goed te sukkel. Natuurlik is die nadeel dat ek nie meer 'n lesing kry nie en met dit in gebruik is die kans wel daar om 'n alarm te kry. Ek is dus maar terug by toets van temp v d bande en laers en nie staatmaak op die tegnologie nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 10:57:22 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Danie, Die probleem is dat statiese toetse jou nie dek vir die geval waar jou band pap word terwyl jy ry nie.  Ek het in die verlede twee bande so verloor voor ek die monitors aangeskaf het.  In beide gevalle het ek eers bewus geword dat daar 'n probleem was toe ek die stukke rubber in my kantspieëltjie gesien vlieg het.  Op daardie stadium is jou band verlore en dalk ook die naaf. Enige toerusting het maar 'n sekere leeftheid en joue het duidelik die einde daarvan bereik.  Tyd om 'n nuwe stel te koop.  Soos hierbo genoem is, as jy een band kan red, het jy waarskynlik jou stelsel betaal.  Daarby nog die ongerief om 'n ander band op pad te bekom.  Ons het eenmaal buite Upington op 'n openbare vakansiedag 'n band verloor.  Ons het 'n spaar gehad maar ek wou nie sonder een verder ry nie.  Ons kon nie die regte grootte kry nie, dus moes ek twee bande koop en boonop nog 'n ekstra fooi betaal vir die oopmaak van bandewinkel op 'n openbare vakansiedag.  As ek betyds geweet het my band word pap, kon ek dit waarskynlik teen 'n BAIE laer koste laat herstel het en ook die lang vertraging by die bandewinkel vrygespring het.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 12:00:50 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Fred jy is moontlik reg. Omdat ek nie haastig is as ek sleep stop en minstens elke uur vir temp lees. Ja as dit 'n skielike lek is sal ek probleme he. Ek dink egter in baie gevalle sal ek kan agterkom iets is nie lekker nie en kan dan stadiger ry. Die hitte kom baie vinnig as as mens bv 80 sou ry ipv 100.

Ek vind dit bv vreemd dat mense bande gebars kry binne 10km begin van rit as druk reg was. Maar hoop net ek kom dit nie self oor nie. Ek sou dink mens moet verder ry voor die temp genoeg opbou om te bars.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 12:13:43 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Danie, Ons het die nag by die Eiland op Upington geslaap en toe ons vertrek het, was die karavaan se bande reg.  Iets het egter gebeur en sowat twintig kilos buite Upington het die band gedisintigreer.  Dit het waarskynlik iets op die pad opgetel.  Voor ek die monitorstelsel gekry het, het ek elke slag as ons stop, sowat elke twee uur, al ses bande nagegaan en met die hand ook gevoel hoe warm hulle was.  Die eerste slag wat ek 'n band verloor het, het ons tussen Colesberg en Kroonstad gestop om koffie te drink en met die vertrek was al die bande nog reg.  So 'n paar kilos voor Kroonstad, met ander woorde, waarskynlik na sowat 'n uur, het die band ingegee.  My punt is dus weer dat 'n statiese ondersoek jou nie vrywaar van sulke mishappies nie- slegs 'n dinamiese monitering van die bande is goed genoeg.  Stadige lekke is een ding, skerp voorwerpe wat bande op die pad optel weer heeltemal iets anders.  Selfs daarmee sal jy moontlik vinnig genoeg kan stop om die band te red as jy net daarvan bewus is, wat so te sê onmiddelik is met 'n monitorstelsel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 12:42:11 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1278
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek lees al die spekulasie oor  die moontlikheid van skade of nire asook teorie oor egalige kragte wat op die valve inwerk. Elke keer as die wiel oor 'n onegalige oppervlakte beweeg dan versteur dit die egalige sentrifugale krag en die monitor kap teen die wiel.

Ek sluit 'n foto van die permanente duik op my voertuig se allooi velling in asook die skade aan die verf (sekerlik oppervlakkig teen ek die monitors verwyder het) op my wa se wiele. Al vier my motor se vellings het permanente duik op en beide die wa se vellings is die verf reeds tot teen die metaal afgeslaan.

Ek hoop die fotos kom duidelik uit.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 12:56:28 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Wel Proffie, jy het jou stelling bewys.  Die effense skade aan die wiel is egter negeerbaar klein teen die skade as jy 'n band verloor.  En soos ek reeds genoem het, lyk dit nie of die  buig agv sentrefugale kragte die gorreltjie beskadig nie, dus is ek tevrede dat die stelsel baie meer voordele inhou as nadele.  Ek sal beslis nie daarsonder sleep nie.  Ek het ook al as gevolg van my liefde om op grondpaaie te ry, verskeie van die sleepvoertuig se bande verloor wat ook verhoed kon gewees het as ek monitors gehad het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 13:05:58 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1278
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek stem saam dat die skade aan die vellings sekerlik nie die voordele oorskry nie. 

Sal seker per geleentheid weer probeer om met die monitors reg te kom.

My frustrasie daarmee was egter van so 'n aard dat die 47 jaar wat ek sonder dit gery het meer geweeg het as die maand met die monitors.

Selfde as ek bandskade oor dieselfde tydperk in ag neem. En dit sluit rowwe overlanding in na plekke waar daar nog nie eers paaie was nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 14:23:44 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 344
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Sit die sag foam tubing (wat hulle verskaf in die pakkie) om die valve se rubber - dit verhoed die beweeging en beskerm die rim. Ongelukig het ek nie n foto nie.

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2019 @ 15:31:28 pm
ELU
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 578
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

Twee stompe wat ek graag op die kole wil gooi:

1. Betreffende die skade van die sensors (nie monitors nie) aan die wiel velling {meestal veroorsaak deur ongelyke padoppervlak wat sensor laat heen en weer skud tot teen velling} is daar twee moontlike oplossings:
- soos reeds genoem, plaas 'n spons 'sleeve' oor die rubberklep en beperk daarmee die beweging van die klep. alternatiewelik kan jy ook 'n 'O-ring' op die klep sit (rubber op rubber klou goed) wat die klep se beweging beperk.

- die ander oplossing is om staal kleppe te laat installeer - dit is natuurlik die beste opsie, maar kos 'n paar rand en is nie altyd moontlik op alle tipes vellings nie?
Die ander probleem met die stamp van die sensor teen die velling is dat die sensor uiteindelik beskadig word en dan 'n nuttelose 'No Sensor' boodskap op die monitor gee!!

2. Die onderliggende grootste rede vir bande wat bars is nie noodwendig die swak padoppervlak van meeste van SA se paaie nie - ja, dit is wel ook 'n rede, maar meeste bars-van-bande vind plaas wanneer die sykante ('sidewalls') disintegreer!! Die probleem is as volg: Die sykante van die band 'dra' die gewig van die voertuig/wa. Die sykante is natuurlik ook veel dunner (alhoewel versterk) as die loopvlak, dus faling op die 'swakste' plek. Wanneer 'n band 'n klein of stadige lekplek kry terwyl jy ry, kom jy dit nie noodwendig agter nie want die verandering in hantering, indien enige waargeneem sou word, is baie stadig en met klein inkremente. Die band word nou al hoe papper en soos dit papper word, werk die sykante swaarder en word warmer en warmer. Die band word dan só pap dat dit op die punt kom waar die sykante oorverhit en nie die las meer kan dra nie. Die kombinasie van hoë hitte en harder 'werk' veroorsaak dan dat die band se sykant ingee en sodiende disintegreer. Op spoed sal daardie rubber dan uitmekaar skeur en in flardes opeindig!! (My Pa het jare terug gesê dit lyk dan soos my Ma se hare as sy die oggend opstaan - hy berou dit nou nog!!smilesmile). In elk geval, my punt is dat die banddruk monitor stelsel sal jou vroegtydig waarsku van buitengewone drukverlies op 'n band wat lek en dan kan jy stop en daaraan aandag gee alvorens die band 'bars'!! Band kan dan gespaar word en die veiligheidsrisiko van 'n band wat bars en bestuurders beheer word verminder.

Die slotsom van 'n banddruk stelsel is dus:

"TPMS's are not a waste of money - same principle as that of a parachute - If you don't have it when you need it, chances are you might not need it again. For this kind of money, it is worthwhile."

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2019 @ 07:09:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12656
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Stem heelhartig saam. 

Die aanvanklike koste wat dit gee gemeet teenoor dit skade wat kan voorkom, is onvergelykbaar klein.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2019 @ 10:36:54 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon al wat my bang maak is as jy dink die eenheid gaan jou waarsku en dit werk glad nie. Ek het met myne gesien hoe dit geensins ander lesings vir druk  gee tydens ritte. Dan behoort dit eerder 00 of __ strepies te wys dat mens weet daar is fout.

Dalk moet myne net weggegooi word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2019 @ 10:46:01 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Danie, dit klink soos 'n probleem met die sensor.  As ek sonder die karavaan ry, wys die monitor nie 'n fout op die twee wiele nie- dit wys niks.  Wanneer ek weer die karavaan gehak het, wys hy ook die twee wiele.  Dit klink dus of jou sensor(s) aan die wiele of foutief is of die batterye is pap.  Ek dink dis 'n goeie idee om die hele stelsel te vervang as joue onbetroubaar geraak het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2019 @ 13:40:25 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Fred die batterye is wel almal vervang en ek het ook gekoop by die ou by wie jy joune sou kry hier in Centurion. Ja daar is 'n duidelike indikasie as die sein nie opgetel kan word weens afstand of as die sensor wel opgetel kan word maar nie 'n lesing uitgee nie. Nie vir my is die groter probleem as dit voorkom asof 'n lesing uit geheue gegee word en nie soos wat dit is nie. Soos die voorbeeld wat ek genoem het as jy die band pomp na die sensor uitgedraai is en na die oppomp lees dit steeds dieselfde. Omdat mens net 'n enkel as het het ek die 2 ander sensors op die sleepvoertuig. Ek gebruik die skerm egter meeste v d tyd net as ek sleep.

Selfs die temp word gegee maar daal met tye glad nie in die loop v d aand nie. Ook word daar meer as 10 grade verskillende temperature gegee laat in die aand waar dit nie die gebruiklike son op een wiel kan wees wat die verskil kan veroorsaal nie. As die karavaan staan onder die afdak kry nie een v d wiele son nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2019 @ 14:17:27 pm
ELU
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 578
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

Danie (Danie-SLK),

As jy die stelsel by Abraham gekry het (nie seker by wie jy dit gekoop het volgens jou skrywe hierbo nie..) dan stel ek voor jy skakel hom en verduidelik jou probleem - hy was nog altyd baie behulpsaam en geduldig om aan my te verduidelik.

Sterkte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2019 @ 17:36:23 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3868
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Egbert nee dis 'n ouerige stelsel wat ek by iemand hier gekoop het. Ek is die 3e eienaar wat ek van weet maar sien dit in die lig van hy het sy dae gehad. Wat ek na verwys het is die tipe van lesings wat ek kry met nuwe batterye in. Ek het net die batterye by Abraham gekoop toe ek dit in ontvangs geneem het.

Ek kan dus nie hierop staatmaak nie en verkies my digitale temp meter om gereeld te lees met elke stop elke uur.

Diegene wat in Pta is sal weet vandag was dit bewolk. Die foto is nou net geneem terwyl dit saggies reen en temp buite is omtrent 23. Die een sensor met die __ maak die battery nie kontak en ek glo die 42 verwys na 'n temp toe ek laas gesleep het wat my laat dink met tye lees dit uit 'n geheue en nie die werklike nie.

Ek glo ook met die huidige banddruk wat meer as 100 verskil op die 1 band en 'n druk aandui meer as wat ek my bande pomp.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2019 @ 17:50:53 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2061
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja-nee Danie, jy kort beslis 'n nuwe stelsel.  Die Tyredog wat ek gebruik het geen van die eienaardighede wat jy ondervind nie.  Sos jy sê, die stelsel is oud so 'n mens verwag agteruitgang en waarkynlik is die tegnologie van die nuwer stelsels ook al beter. Myne monitor ook ses wiele so die voertuig en die karavaan word beskerm.  Ek skakel nie die stelsel aan vir kort ritte nie, maar wanneer ek langpad vat, ook met net die Kuga, hou ek hom vir die hele rit aan.  Dit gee gemoedsrus. Dit lyk of hy nogal  banddruk akkuraat meet want die lesings met hom en my elektroniese lugdrukmetertjie kom sterk ooreen, so nou en dan as ek die bande se lug bietjie moet aanvul.

As van die wiele afwesig is, soos wanneer die karavaan nie gehak is nie, of as een van die sensors se batterytjie pap is, wys hy net geen lesing vir die betrokke wiel of wiele nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First