English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 330
Total Replies: 204 972
Total Views: 80 957 922
topics: 688
replies: 9 203
views: 3 065 249
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Mark verwante verkoop prys

replies: 17
views: 391
13 Sep 2018 @ 10:24:58 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1033
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Wat sal julle reken is die karavaan se moontlike verwante verkoop prys.

Sprite Swift, 1994

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2018 @ 10:26:50 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1033
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2018 @ 12:02:21 pm
Hurricane
Moon Member
74% Profile Strength
Posts: 948
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 19 years

Ek sou raai rondom sowat R45 - 50k? Daai Swifts bly gewild omdat hulle lig genoeg is om deur baie kleiner voertuie gesleep te word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2018 @ 12:43:55 pm
Expo / Jan
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 507
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 26 years

so R40 000 - R 45000. toestand lyk baie goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2018 @ 15:51:36 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5978
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Ek reker R40-R45 as hy mooi is. mower of nie mower gezer of nie fol tent of ralley

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2018 @ 20:39:15 pm
Karoo Klong
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1441
Joined: 22 May 2014
Experience: 5 years

Die Somer is nou met ons, kopers begin nou uitkyk R45000.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 06:07:45 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Die wa lyk in 'n goeie kondisie en aanvaar daar is geen erenstige probleme nie. Dan is die prys wat ek op hom lê tussen R35 000 en R37 000. Bloot vir die feit dat hy 'n 1994 model en al 24 jaar oud is.

Maar dan is ek ook nie 'n kenner op die gebied nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 07:56:54 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Met tweedehandse karavane, anders as met motors, dink ek die toestand is eintlik baie belangriker as die ouderdom.  Ek het nog nie 'n tweedehandse karavaan gekoop nie,maar indien ek sou, sou die jaar wat hy vervaardig is nie veel saak maak nie.  Ek al eerder kyk na moontlike sigbare skade en veral houtvrot.  Ek het al baie ou karavane gesien wat in 'n puik toestand was en wat ek eerder sal wil besit as een van die nuwer karavane waarmee almal weet daar baie probleme is.  Ons 1984 Sprite Supersport, dis 32 jaar oud, wat ons twee jaar gelede verkoop het, het byvoorbeeld altyd in 'n toe garage gestaan wanneer ons nie gekamp het nie en sy bakwerk het nog geblink.  Daar Daar was ook gen skade binne of buite nie en ons het pas nuwe gordyne en bande opgesit.  Die gordyne net omdat ons hom bietje wou opvrolik- die oorspronklikes, selfs die kantgordyne,was nog in 'n puik toestand.  Hoekom sal die ouderdom nou so 'n verskil maak?

Oor die vraag na die waarde van die Sprite hierbo, as die toestand is soos ek hier beskryf, sou ek bereid wees om R50,000 vir hom te betaal en voel ek het 'n winskopie gekoop.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 08:27:27 am
Expo / Jan
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 507
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 26 years

die jaarmodel in my opinie dra swaar gewig met die aankoop van 'n wa. ek is nie 'n tegniese outjie wat kan sien of daar probleme met die onderstel of moontlik houtvrot aanwesig is nie en dan speel die jaar by my 'n belangrike rol. bygesê met die nuwe waens (3 -4 jaar oud) is baie se toestand slegter as 20 jaar+ ouer modelle.

die mark waarna mens hier gaan kyk is kontantkopers, want jy gaan nie finansiering kry vir die wa nie. so jy moet die prys aanloklik maak versus die toestand (hoe goed ookal) van die wa. die koper gaan 'n bargain kry weens die toestand van die wa.

ek kon vir my 1990 Supersport niks meer as R 25k kry nie en sy toestand was puik. het die voltent nog nooit gebruik nie.

so in my opinie....al staan 'n wa toegemaak, onderdak en binne in 'n garage, toegesluit en was nooit gebruik nie (wat hoogs onwaarskynlik is) en die ouderdom van die wa is redelik hoog, gaan jy nie die prys kry wat jy voor gehoop het nie, ongeag sy toestand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 08:42:35 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Daardie model Swift was en is steeds baie gewild. My dogter hulle het onlangs hulle Jurgens Fleetline 1984 model vir R30000.00 verkoop. Hy was nog baie mooi en het baie vinnig verkoop. Die mark is daar Dennis wees net geduldig.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 09:07:22 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1033
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Met tweedehandse karavane, anders as met motors, dink ek die toestand is eintlik baie belangriker as die ouderdom.  Ek het nog nie 'n tweedehandse karavaan gekoop nie,maar indien ek sou, sou die jaar wat hy vervaardig is nie veel saak maak nie.  Ek al eerder kyk na moontlike sigbare skade en veral houtvrot.  Ek het al baie ou karavane gesien wat in 'n puik toestand was en wat ek eerder sal wil besit as een van die nuwer karavane waarmee almal weet daar baie probleme is.  Ons 1984 Sprite Supersport, dis 32 jaar oud, wat ons twee jaar gelede verkoop het, het byvoorbeeld altyd in 'n toe garage gestaan wanneer ons nie gekamp het nie en sy bakwerk het nog geblink.  Daar Daar was ook gen skade binne of buite nie en ons het pas nuwe gordyne en bande opgesit.  Die gordyne net omdat ons hom bietje wou opvrolik- die oorspronklikes, selfs die kantgordyne,was nog in 'n puik toestand.  Hoekom sal die ouderdom nou so 'n verskil maak?

Oor die vraag na die waarde van die Sprite hierbo, as die toestand is soos ek hier beskryf, sou ek bereid wees om R50,000 vir hom te betaal en voel ek het 'n winskopie gekoop.

Baie dankie Fred vir jou positiewe inset.

Ja dit is, as jy goed omsien na jou bates kan jy dit verkoop teen baie meer as waarvoor dit aangekoop is.

Ek wil nie die prys bekend maak waarvoor dit 4 jaar gelede aangekoop is nie, maar wat relatief baie minder as wat verwys word hierbo en is aangekoop sonder houtvrot wat tot dusver ook nog nie voorkom nie.

Hy word 2 jaarliks ge-herseel wat ek self doen.

Die vloer onder het ek myself ge-rubberise, binne het ek die vloer myself heeltemal oorgedoen met die ''skirtings'' wat aangebring is.

Al die handvatsels en air vents is afgehaal en weer oorspronklike wit oor gespuit verf en weer ge-herseel.

Onlanges is die ry ligte met LED's vervang.

Die gordyne is vervang met nuut. 

Dit wit ''mags'' is vervang met ordentlike mags wat ek nog by Tjaart oorgekoop het.

Ek het onlangs die 3,5mt Leisure awning aangebring wat nog nooit in gebruik was nie gesamentlik met die voor en kant seile.

Die karavaan word na elke kamp goed gewas binne en buite waarvan ons motbolle binne plaas om die vars reuk te behou.

Voor elke kamp word ie wa ordentlik gespit en polish omrede dit teen my beleid is om te gaan kamp met 'n vuil karavaan asook om te ry met 'n vuil voertuig.

Die wa word gestoor onder 'n ''tripple shadeport'' op plaveisel waarvan ''jacks'' onder die as geplaas word om die drukking vanaf die bande te hou asook vir beskerming teen die wiellaers.

Asook soos bogenoem, die wa is relatief baie lig en dit was vir my inteendeel 'n verlies om so sterk voertuig aan te koop vir hom. Tans sleep ek hom met 'n X-Trail 2,0lt Dci waarvan my brandstof verbruik in die gemiddeld tussen 9,5 tot 10 km/lt (9,8lt/100) is vol gelaai teen 'n gemiddelde spoed van 120 km/h.

Huidiglik wil ek tans nie verkoop nie, maar doen 'n blote mark toets indien ek van plan sou verander.

 

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 10:53:28 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 170
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 3 years

Sjoe die Swift lyk nog baie mooi. Ek het my 87 Caravette 4 jaar terug vir 35k gekoop.

So vir daardie toestand behoort die swift seker vir ver bo 40k te gaan.

 

As ek nie so baie spandeer het op my ou wa nie, sal ek die Swift oorweeg het.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 11:14:35 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Daar het mens ooglopende verskillende opinies oor wat mense bereid is om te betaal vir 'n Wa.

Jy moet maar vra wat jy dink reg is en vir ons hier kom laat weet waarvoor hy toe gegaan het. Sal interresant wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 11:39:30 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1033
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Daar het mens ooglopende verskillende opinies oor wat mense bereid is om te betaal vir 'n Wa.

Jy moet maar vra wat jy dink reg is en vir ons hier kom laat weet waarvoor hy toe gegaan het. Sal interresant wees.

Dankie Leon, soos genoem is dit slegs net eers 'n lopie van mark toets.

Ek moet byvoeg, gedurende 2015 Desember by Smilin Thru het een kampeerder my gevra of hy in die karavaan kan loer en was ernstig toe hy uitkom en vra of ek nie wil verkoop nie.

In 'n grap sê ek ja en kom met 'n prys van R49k uit, die ou was so ernstig en wou hom op die daad koop. Ek het bykans van my kampstoel afgeval om te dink dat ek nou my vakansie moet kortkniplaughing.

Op daardie stadium was daar nog nie soveel verbeteringe gedoen en ekstras aangebring nie.

Maar ook soos bogenoem, dat die ouderdom en jaar ook 'n verskil kan maak, maar huidiglik weet ek wat ek het en weet nog nie wat te wagte is of wat ek gaan kry nie.

 

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 14:32:45 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

DK, pasop maar vir daardie motbolletjes- dis giftig.  Die reuk is ook vir my uiters onaanvaarbaar en ek sal waarskynlik nie 'n karavaan wil hê wat daarna ruik nie, so ek sou aanraaai dat jy hom eers goed uitvars voor jy hom bemark.  Die reuk vat baie lank om te verdamp.   Maar na jou beskrywing glo ek jy sal 'n goeie prys wat ek hierbo genoem het, lan kry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 14:44:10 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1033
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Ek kom nou op hierdie advertensie af. Ek vlieg eersdaags Kaap toe en sal gaan loer.

Hy staan in Helderberg, Strand.

@ Fred, dankie ek is bewus van die giftigheid, maar die reuk het nog altyd vir my skoon en vars geruik, maar soos jy noem, nie alle mense hou van die reuk nie.

As ek verkoop sal ek sorg dat die reuk verwyder word, afhangende van die koper, maar ek wil eers gaan loer na die Swift EK. Dit is die eerste keer wat ek so een raaksien.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 16:44:39 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Dis naastenby wat jy nou het.  Wil jy hom net met jone vergelyk om 'n beter ide te kry wat joue werd is?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 18:05:26 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1033
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Dis naastenby wat jy nou het.  Wil jy hom net met jone vergelyk om 'n beter ide te kry wat joue werd is?

Nee, glad nie.

Wat ń bonus op bogenoemd is, is dat hy ń queen grootte bed het met die badkamer gedeelte.

Die queen bed kan omskep word tot dubbel bed, waar jy dan twee sitplek banke het vir binne eet of aantrek.

Ek het vanmiddag toevallig op die ad afgekom, maar die persoon reken, kontak vir prys.

So ek sal hom kontak sodra ek in die area is en as hy nog beskikbaar is.

Soos genoem, ek het nog nooit so Swift gesien nie, asook ek weet wat ek het.

 

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First