English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 969
Total Replies: 50 459
Total Views: 80 728 259
topics: 639
replies: 7 947
views: 3 038 074
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Verskil tussen Campworld takke

replies: 7
views: 266
4 days ago @ 06:41:28 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
Online
Posts: 8501
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 18 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Verbasend hoe die Campworld takke van mekaar verskil. Ek as Pretorianer hou meer daarvan om na n plek soos Outdoor Warehouse te gaan aangesien die Campworld takke hier in my omgewing se verskeidenheid en vooraad maar teleurstellend is. Saterdag was ek in Boksburg omgewing en besluit toe sommer om bietjie te gaan inloer by Comet Karavane. Wat n verrasing....pragtige winkel, iets van alles beskikbaar. My nuwe gunsteling kampwinkel. Ek wou net deurstap en loer....maar verleiding was weer te groot en stap toe met onbeplande aankope van R900 se voorraad daar uit. Die vriendelike diens was ook baie opmerklik....hulle sien my definitief weer in die toekoms! HOU DIT SO COMET!!!
4 days ago @ 06:54:32 am
Dick
Moon Member
Offline
Posts: 795
Joined: 12 Feb 2008
Province: Gauteng
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Ford Rangers 2.5TD
Camping: Karavaan
Moet se ek verkies ook hulle winkel ry deur van Roodepoort om daar te gaan rondloop
Diederik Strachan
4 days ago @ 08:31:33 am
Brommer
Neptune Member
Offline
Posts: 4064
Joined: 13 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 28 years
Vehicle: SUV
Camping: Karavaan

Dit is so.. Ek was Desember in die berge en het een van my klein paaltjies vermis... (Het toe onder boetie se bedd by die huis gekry...)

Ek skakel toe vir Midlands en hulle reel toe solank vir my paaltjie...

Toe ons daar aankom, is dit reen en weer is nie lekker.. Ek trek in by midlands.. Stap in, kyk toe mamma en kiddies die winkel tref, is daar nuwe stoeltjies (wat ons nie in Pretoria kon kry nie), daar is sommer toe ook 'n rally awning beskikbaar vir my fleetline, koop hom toe dadelik, plus hulle fit toe die bracket vir my.

Stap toe met oor R8k daar uit.. Pretoria kon net op bestelling als reel en wag vir hoe lank...


4 days ago @ 08:49:59 am
pietpotjie
Gold Member
Offline
Posts: 142
Joined: 02 Oct 2017
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 58 years
Vehicle: Pajero 3.2 DIDC SWB
Camping: Echo Namib
Ek was 'n ruk terug af Pinetown toe om 'n karavaan te gaan haal. Moes 2 uur wag vir mense om huistoe te kom. Ry by Campworld Pinetown in. Wat 'n plesier. Vriendelik hulpsaam. Ek het nie genoeg geld by my gehad!

Campworld op Lynnwood weg ook baie gooie diens gehad.

Ek het gelees dat mense al ontevrede met Comet se diens was. Ek het nooit 'n probleem gehad. Soos genoem 'n ongelooflikke verskeidenheid vooraad. Almarie is jaare daar en altyd baie hulpsaam met enige telefoniese navraag.
4 days ago @ 20:25:17 pm
WilSur
Pluto Member
Offline
Posts: 5457
Joined: 20 Jan 2003
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Ford Territory ST
Camping: Exclusive

Kempton Karavane het ook vir my 'n nice winkel.  Net jammer hulle is nie meer soos in die verlede oop op 'n Sondag nie.

Oppad na die volgende kamp.
3 days ago @ 04:25:12 am
Tonki
Moon Member
Offline
Posts: 883
Joined: 31 Jul 2011
Province: Gauteng
First Language: Other
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Mazda BT50
Camping: Fleetline

Het nog altyd goeie diens ontvang by Campworld Kennis en Loftus woonwaens. Daar sal seker n dag wees wat die verkoopsman se onderbroek hom bietjie druk maar gelukkig is dit van verbygaande aard.

Ontvang ook goeie diens van Outdoor Warehouse.

Solank hy het wat ek wil he of dit gou kan kry is ek tevrede.

I am just a donkey, guess who rode on my back.
3 days ago @ 06:14:19 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 9006
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 54 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Ek hou ook baie van Comet Karavane se diens en die winkel.  Ek wil 'n opmerking maak en is oop vir kommentaar maar, by die plek kry jy alle onderdele te koop.  Byvoorbeeld as jy die sluitskroef van die stut arm van een van die karavaan vensters verloor dan sal jy dit by Comet te koop kry. By ander handelaars moet jy 'n nuwe arm koop.

Die mense wat daar werk weet waar wat in die winkel is en as jy vra word jy in 'n japtrap gehelp.

ViVa Comet

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
3 days ago @ 06:38:11 am
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 6032
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4x4 Auto 2017
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014

Sal bietjie daar gaan oë wys. Net die crediet kaart by die huis los as ek so van als lees.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First