English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 168
Total Replies: 49 799
Total Views: 80 838 347
topics: 657
replies: 8 130
views: 3 046 360
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Beskerming vir Kuga

replies: 8
views: 354
Quick Navigation
14 Feb 2018 @ 11:12:34 am
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 1250
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Dit is onverstaanbaar dat SUV's soos my Kuga geen beskerming onder die masjien het nie terwyl sulke voertuie bedoel is om 'n bietjie grondpaaie te ry en die grondvryhoogte voor is nie baie groot nie.   'n Hoë middelmannetjie kan skade aan die masjien en ander dele veroorsaak.  Die Kuga het slegs 'n sagte veselskerm onder die masjien wat eerder bedoel is om olie op te vang as om teen klippe te beskerm.  Dit terwyl my BMW, wat nie vir grondpaaie bedoel is nie, 'n baie stewige staalplaat (sump guard) het.  Sulke plate is in Engeland beskikbaar maar dit help my nie veel nie.  Ek het op Internet gesoek maar ek kry nie so-iets nie.  Is daar dalk iemand wat weet waar so 'n item gekoop kan word?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Feb 2018 @ 15:53:49 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Offline
Posts: 3280
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

My voorstel is, haal die veselskerm af en vra 'n ingenierswerkswinkel om dit as 'n template te gebruik om 'n staalplaat vir jou te buig.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Feb 2018 @ 05:57:48 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 2496
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Fred

Die mense wat bullbars maak vir bakkies behoort jou te kan help. Ek kan nie die naam onthou nie, maar hulle het ge-adverteer op daai TV program Safari4x4 roetes. Hulle het sulke plate gemaak vir daai Amarok wat gebruik was in die program.

Ek het n "nudgebar" op my Grand Vitara gesit. Baie keer gestamp sonder om iets vd enjin the beskadig. Sal ook op n stadium na so iets kyk, maar moet by se ....ons is nie Groot in die 4x4 ding nie. Die kar kan, maar ek wil nie.

Geen Kamp die jaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Feb 2018 @ 06:01:09 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 2496
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Moet ook se, en dis veral VW's se plastic plate kom los. Dan wapper by dat dit bars. Die irreterend as hulle van vooraf aankom op die snelweg. Kyk  of hulle hard probeer om op te styg!

Geen Kamp die jaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Feb 2018 @ 09:06:42 am
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 1250
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Hannes, Ek besef my Kuga is nie 'n 4X4 nie en wil dit nie so gebruik nie, maar daar is belangrike dele wat baie laag sit soos die lugreëlaar kompressor wat nie beskerm word nie.  Ek kan dit nie eers waag om op 'n pad met 'n effense middelmannetjie te ry nie.

Ek het op 'n paar verskaffers afgekom wat wel sulke plate verkoop maar niemand maak dit hier by ons vir die Kuga nie. Een winkel waarmee ek gekorrespondeer het, het geantwoord dat die mark vir Kuga's net te klein is.  Ek kan op Alibaba een bestel wat glo van titanium allooi gemaak is en wat dus besonder lig is.  Dit sou ideaal wees, en die prys is ook redelik, maar ek is bietjie huiwerig om R3000 te waag en dalk nooit my bestelling te kry nie. My vrou wag nou nog vir sekere items wat sy maande gelede bestel het.  Dit is ook 'n waagstug om so iets deur die pos te bestel- miskien lieg hulle oor die metaal of dalk pas die plaat nie. Betroubaarder sal dalk wees om een van Engeland af te bestel. 

Ek oorweeg HM se voorstel hierbo.

So terloops, is jy ook op Pietersburg?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
15 Feb 2018 @ 15:41:25 pm
Danie-SLK
Saturn Member
92% Profile Strength
Offline
Posts: 2591
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred kyk na 17h00 na jou epos. Ek het riglyne wat ek sal stuur aangaande die risiko van nooit jou items wat jy invoer kry nie. Ek het nog altyd my goed gekry of verskaffer het dit weer gestuur as dit nie na 45 dae ontvang is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
15 Feb 2018 @ 21:24:34 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Offline
Posts: 2548
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Fred, sou jy n middelmannetjie raakry en soek iets wat sensitiewe komponente moet beskerm, beteken dit dat die plaat jou voertuig moet oplig om oor te gly.
Dit sal n bledie sterk item moet wees, en op behoorlike plekke gebout word.
Die plastiek oliebakke wat jy van praat, glo ek is maar meer om padrommel te keer. Bv n stuk papier, en beslis nie beskerming nie. Help seker met lugvloei onder die motor, indien dit vas is !!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
16 Feb 2018 @ 06:03:57 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 2496
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Fred

Ja eks ook in Pietersburg. 

Een ding wat jy ook na moet kyk is wat gaan gebeur met die hitte verspreiding onder die voertuig. Dit gaan hier oor beskerming onder die voertuig. Jy gaan moet kyk na materiaal wat vinnig kan afkoel en nie swaar is nie, maar tog sterk genoeg is om die beskerming te gee wat jy benodig.

Eks met jou oor die 4x4, maar jy kan jouself, veral wintermaande, bevind op plekke met lang droee gras. As jy n plaat onder het wat geweldig warm is, kan die gras aan die brand slaan en dis nie wat jy wil he nie.

Tydens 4x4 kursus wat ek met die Jimny gedoen het was ons juis daarteen gewaarsku tov exhaust hitte en lang gras.

Sterkte en laat weet ons waarop jy besluit.

Geen Kamp die jaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
16 Feb 2018 @ 08:44:14 am
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Offline
Posts: 1250
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Hannes en Herman, Wat julle sê hou water.  Ek het egter nog nooit sulke veldpaadjies gery nie en is ook nie van plan om dit te doen nie.  Ek hou maar op redelik goeie grondpaaie maar op sulkes het ek ook al redelike sandwalle gekry.  Miskien is ek net oorsensitief oor die saak.  My Kuga se lugreëlaar kompressor se bracket het 'n paar maande gelede gekraak en dis deur Ford onder waarborg vervang.  Dit was nie die gevolg van impak nie maar waarskynlik maar net 'n swak plek in die aluminium bracket. Maar toe ek onder die kar was, het dit my getref hoe maklik die ding en ander dele wel beskadig kan word.  Dalk sal die beste maar wees dat ek aanvaar die Kuga is reg soos hy is.  Ek het nog nie gehoor die dit probleme gee nie.  Ek sal oor die volgende paar maande in elkgeval nie aandag aan die saak kan gee nie en miskien waai die ywer om dit te doen, oor.  Baie dankie vir die advies van jou en ander lede..

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
Reply to Topic
You
Member
% Profile Strength
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First