-  Classifieds  -  Disc o Bed  -  Cadac tent  -  Gypsey Royale 1994  -  CI Escape 1 1996  -  Forums  -  Selfoor / Tablet Laaiers  -  Ons soek n veilige kampplek  -  Lus vir kamp  -  Campworld boekies  -  News  -  Aluminium Table Slide  -  Ford Ranger  -  Toyota Hilux  -  SM130 Beverage Cooler
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 444
Total Replies: 206 513
Total Views: 81 033 396
topics: 705
replies: 9 509
views: 3 078 659
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

EWIKS caravan mover

replies: 139
views: 18650
page 1 of 3
13 Oct 2015 @ 15:10:40 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Who has an Ewiks caravan mover installed? What is your experience?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 15:46:15 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5227
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Brommer
Hoe/lyk werk hy. Ek het nog nie n mover nie maar stel altyd belang.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 15:59:05 pm
Karel
Platinum Member
74% Profile Strength
Posts: 351
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 43 years
Brommer, ek het een aan my Classique. Raas dat die byle huil, maar hy was R10000 goedkoper as die Powr Touch. My swaer het die Powr Touch aan en die regter wiel het nou opgepak. Dit is 'n gese๋lde eenheid en ek vermoed dit gaan hom R10000 kos. Vir die verskil in prys is ek bereid om die lawaai te verdra vir die tyd wat ek hom gebruik. En dit is Suid Afrikaans.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 16:52:18 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5227
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Wat raas ... sit n cilenser op.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 16:56:51 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9992
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
My broer het so 3 maande terug Ewiks opgesit op dy penta. Hy s๊ hy lawaai nogal baie...maar is verder heel tevrede. Ek glo nie daai lawaai moet jou afsit nie...jy gebruik hom mos vinnig as jy by n kamp aankom en as jy vertrek
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 16:58:35 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9992
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Hulle kom na jou huis toe en doen instalasie....hoef nie wa erens heen te vat nie
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 17:22:43 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9992
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Brommer. Die ou wat my broer se Ewiks in Pretoria opgesit het is Willie van der Merwe 0827829132. Hulle reken as jy bietjie handig is kan jy dit self ook doen....dan spaar jy R2500...dis wat hulle vir arbeid vra
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 17:39:38 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Het Ewiks op my Swing en bly in 'n kompleks. Nog niemand het uitgehardloop gekom as ek die Swing skuif nie. Raas maar grassnyers raas ook. Een van my beter beleggings laughing en baie tevrede. Gebruik nou die battery ook vir tru kamara.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 19:06:39 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ek wonder of mense besef die lawaai wat n kar ook maar maak as jy hom met kar druk en skuif ens? Lawaai is nie probleem nie, belangriker is maar betroubaarheid en werking


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 19:25:12 pm
Anonymous

Op die enkel as ja, maar op die dubbel as doen jou navorsing, hier is al baie oor dit gesels.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 20:09:12 pm
Benna
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 16 years
Brommerek het n Ewiks op my Classique gehad en die lawaai het my nie gepla nie. Dit is baie goeie movers ek ek het nooit probleme daarmee gehad nie. Geniet!! Ek het huidiglig n mver aan wat deur Comet in Benoni geinstalleer is en sal maar sien hoe loop hy. Groetnis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 20:36:43 pm
Lewies
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 100
Joined: 22 Jul 2008
Experience: 16 years
Het een van Ewiks op my fleetline. As dit nie vir die mover was om die wa in en uit garage en op staanplek te skyf nie, sou ek met my rug probleme die karavaan tot niet maak. Ja die motors raas bietjie maar so doen baie van die sleep motors ook. Ek is n happy chappy.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 20:42:52 pm
Anonymous

Ek praat onder korreksie, maar sover ek weet kom die Ewicks nie met radio beheer uit nie, maar wel met kabel afstand beheer.

Die een wat ek by Comet twee jaar terug op gesit het, het radio beheer en werk vir enkel as baie goed.

Soos WilSur sê, vir dubblel-as karavane sou ek ook eerder vir die Powertouch of Purple gaan.

Die geraas waarvan almal praat is regtig nie steurend nie, jy trek mos net jou wa waar ma dit wil hê en haak op, en parkeer by die huis.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 20:45:02 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Who has an Ewiks caravan mover installed? What is your experience?

Sou jy nie jou eie ontwerp en bou nie Brommer?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 20:45:45 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9992
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Ek praat onder korreksie, maar sover ek weet kom die Ewicks nie met radio beheer uit nie, maar wel met kabel afstand beheer.

Die een wat ek by Comet twee jaar terug op gesit het, het radio beheer en werk vir enkel as baie goed.

Soos WilSur sê, vir dubblel-as karavane sou ek ook eerder vir die Powertouch of Purple gaan.

Die geraas waarvan almal praat is regtig nie steurend nie, jy trek mos net jou wa waar ma dit wil hê en haak op, en parkeer by die huis.

 


Dis reg Johann...hy werk met kabel
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 20:52:30 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Sou jy nie jou eie ontwerp en bou nie Brommer?

ja, maar my tyd is te min om nou daaraan te spandeer. Het 3 motors al gekry wat kan werk met goeie torque..

 

Ek moet intussen maar iets doen, ek kan nie die karavaan alleen onder sy dak in en uit kry nie, en nog minder met voertuig, draai spasie te knap.. 

 

Johann, ek is darem nie gebonde aan die kabel nie, ook nie die beheer wat hul gee nie, ek beplan om net die motors en rollers te gebruik. Het reeds motorbeheerstel gebou wat met remote werk, so al wat kort is motors.... die motors en roller meganisme is diemoeiliker deel wat tyd gaan neem, en ek het nie tyd nou vir dit nie. Daar is belangriker dinge wat tyd opneem (kliente) .....

 

 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 20:55:45 pm
Anonymous

Dankie Geert, ek was nie seker nie, maar onthou dat die eienaar gesê het dit gaan die kostes te veel op stood.

Pieter, daai Comet se mover werk met radio afstand beheer, maar die kabel op die Ewicks behoort sy besparing te regverdig??

Ek is regtig baie tevrede met die Comet mover.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 21:01:23 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Oorweeg om die kabel opsie te behou Brommer. Sou daar iets met die sender/ontvanger fout gaan het jy dan rugsteun. Die Powrtouch het die opsie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2015 @ 22:59:09 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Wat is die comet mover johann? Wat kos dit as ek mag vra? 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 06:35:11 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3143
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 46 years
Dis darem lekker so ń mover die lekkerste is as jy by die kamp kom gee die beheer aan jou vrou dan kan sy nie kla dat die karavaan op verkeerde plek staan nie
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 06:53:25 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Wat my net pla, is dat jy reeds 25kg per kant opsit, dus 50kg.. dan, die regte battery kan selfs 30kg weeg, dus 80kg alreeds, plus n laaier, ok miskien 6kg of so... die fleetline se loading capacity is maar 160kg, dan is 86kg reeds weg.. tent moet dus altyd in voertuig ry, so ook meesye ander goedte, jy kan basies niks dan wettiglik in karavaan pak nie. miskien paar klere en dogtertjie se bedjie en ons komberse op bed.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 07:01:03 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9992
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Wat my net pla, is dat jy reeds 25kg per kant opsit, dus 50kg.. dan, die regte battery kan selfs 30kg weeg, dus 80kg alreeds, plus n laaier, ok miskien 6kg of so... die fleetline se loading capacity is maar 160kg, dan is 86kg reeds weg.. tent moet dus altyd in voertuig ry, so ook meesye ander goedte, jy kan basies niks dan wettiglik in karavaan pak nie. miskien paar klere en dogtertjie se bedjie en ons komberse op bed.. 


Wil jy hom by oorde ook gebruik of is dit hoofsaaklik vir by die huis om dit onder jou afdak in te kry? As dit meer vir by die huis is kan jy daai movers kry wat op sleepstang pas en by die huis los of as jy dit op campsite gaan benodig agter op bakkie sit
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 07:22:26 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years
Brommer. Die ou wat my broer se Ewiks in Pretoria opgesit het is Willie van der Merwe 0827829132. Hulle reken as jy bietjie handig is kan jy dit self ook doen....dan spaar jy R2500...dis wat hulle vir arbeid vra

Willie het my mover ook gedoen in minder as drie ure by die huis, wat n beleging, en die raas is die moeite werd.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 07:23:17 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Die sleepstang een gaan bietjie sukkel in my opinie om hom op te druk..  die beste gaan maar op wiele sit... ek moet nou maar net met dit saamleef en die mindshift maak.. dit is basies net om hom onder die dak te kry. By oorde kon ek altyd nog met voertuig hom druk op n plek, ons is nie te erg op waar hy presies op oord staanplek staan nie.. ek het nou aan n ander plan ook gedink. Ek kan mos n 14V power supply saamry, prop hom in by krag en dryf die movers.. 100Amp power supply gaan ligter wees as n battery en laaier... goedkoper in die langtermyn ook.. kan goeie klompie kg score


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 07:27:12 am
Anonymous

Wat is die comet mover johann? Wat kos dit as ek mag vra? 

Pieter, ek het R12000.00 betaal twee jaar gelede, ek vermoed dit is die Ewicks wat net die opgradering na koordlose afstand beheer by het, met die nodige sagteware. Kontal hulle gerus in Boksburg jy kan met Johan, ek dink Potgieter, praat.

Hoop jy kom reg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 07:27:26 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Brommer
Hoe/lyk werk hy. Ek het nog nie n mover nie maar stel altyd belang.
hy is op www.ewiks.co.za  werk oorspronklik met 2 toggle switches wat elke motor of vorentoe of agtertoe laat draai... druk jy albei, draai albei motors.. die eenvoudigheid van skakeling en die koste om te eksperimenteer maak dit vir myn goeie keuse.. 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 07:31:31 am
Anonymous

Pieter, ek het die bestaande batery behou saam met die Herculus 10 laaier wat saam die wa gekom het, en ons kamp elke maand ten minste een naweek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 07:47:00 am
Anonymous

ja, maar my tyd is te min om nou daaraan te spandeer. Het 3 motors al gekry wat kan werk met goeie torque..

 

Ek moet intussen maar iets doen, ek kan nie die karavaan alleen onder sy dak in en uit kry nie, en nog minder met voertuig, draai spasie te knap.. 

 

Johann, ek is darem nie gebonde aan die kabel nie, ook nie die beheer wat hul gee nie, ek beplan om net die motors en rollers te gebruik. Het reeds motorbeheerstel gebou wat met remote werk, so al wat kort is motors.... die motors en roller meganisme is diemoeiliker deel wat tyd gaan neem, en ek het nie tyd nou vir dit nie. Daar is belangriker dinge wat tyd opneem (kliente) .....

 

 

 

Bou die mover na ure...naweke?wink 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 10:23:35 am
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 34 years
Ek het so 3 maande terug n Ewiks mover op my Sprite Sprint geinstaleer. Het dit bestel van Erik en binne 3 dae by my huis afgelewer. Instruksies baie duidelik. Het my n halwe dag geneem en het my tyd gevat en was alleen. Die battery wat Erik aanbeveel is n Deltec 18ah Gel battery en n CTEK 3.8A laaier.
Mover was R10500.00.Vervoerkoste was R630.00 Durban na Kaapstad. Battery en laaier was R1300.00
Wat die geraas van die mover aanbetref, het ek persoonlik met Erik gepraat en hy
se dat dit die werkende dele is wat die geraas maak. Die woord geraas doen n afbreek aan die produk. n Elektriese haarknipper raas ook.
Parte en diens is beskikbaar indien nodig en bekostigbaar.
Persoonlik is ek baie tevrede met die produk. Dit werk baie goed. Ek kan alleen die karavaan uitbring, n volle 90grade draai maak en opdraande uitgaan. Ek bring die wa to bo die bal en laat sak hom net. Die beste belegging en smile al die pad. My moermeter bly in die groen en Ma gelukkig.

Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 13:55:58 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Eric het my mover vir my gedemonstreer nadat hy dit geinstaleer het en my gevra om die woonwa aan te hak en die kar in neutraal te sit met handrem af. Die mover het wa en kar teen bultjie uitgestoot.  My battery is 28ah.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 14:42:32 pm
Anonymous

'n Mover op die wiele is beslis 'n belegging wat ek weer sou betaal sou dit nodig wees. Of dit met kabel of remote werk, dit is ver beter as die een wat op die jockey werk. Nie dat die jockey mover gemors is nie, net minder krag as die op die wiele.

Ek is net verbaas oor die lae amp per uur baterye wat gebruik word, heng 18 of 28 ah is min.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 14:46:17 pm
Anonymous

Eric het my mover vir my gedemonstreer nadat hy dit geinstaleer het en my gevra om die woonwa aan te hak en die kar in neutraal te sit met handrem af. Die mover het wa en kar teen bultjie uitgestoot.  My battery is 28ah.

Jan ek het eenkeer vergeet om die mover te ontkoppel, toe ek wil weg trek steek my kar net vas, gelukkig snap ek dadelik wat die probleem was. (Ek sê toe maar so verlee vir my vrou, ek wou net die mover se rem vermoe toets)innocent

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 16:41:44 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 34 years

Eric het my mover vir my gedemonstreer nadat hy dit geinstaleer het en my gevra om die woonwa aan te hak en die kar in neutraal te sit met handrem af. Die mover het wa en kar teen bultjie uitgestoot.  My battery is 28ah.


Jammer vir tikfout. Die battery is 28ah
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 17:20:18 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Wonder wat is die spesifikasie van die Ewiks se motors?

Die Powrtouch trek gemiddeld 20 amp maar kan tot 80 amp trek afhangend die omstandighede. 'n 28 a/h battery gaan te lig in die broek wees en word daar aanbeveel om nie minder as 'n 85 a/h battery te installeer nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 17:23:31 pm
Anonymous

Hendrik, vandaar my vraag, die Penta se batery is 105a/h. Dalk het ek oorboord gegaan?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 17:38:26 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Eerder te groot as te klein Johann.

My beperkte kennis van gelykstroom motors is dat hulle nie daarvan hou om teen laer volts te werk as waarvoor hulle ontwerp is nie. Veral wanneer hulle hoe amps trek. Dalk kan Brommer se of dit waar is of nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2015 @ 19:01:03 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Kleiner batterye kan moontlik 80Amp lewer vir kort tye.. MAAR die spanning val drasties hoe kleiner die kapasiteit. Motors wat beter spanning kry deur groter en beter batterye te gebruik, het meer wringkrag, meer spoed, en sal natuurlik koeler loop aangesien motor minder "sukkel"...

Dis hoekom ek 100Amp power supply metgenoeg oemf die jobbie doen, of alternatief n sterk genoeg battery.. die ewiks kan 30Amp per motor stoot, dus 60Amp.. So n 70 tot 80Ah battery help, 100 is beter..

 

Kyk na volts wat by motor uitkom en hoe battery val ten stroom.. soms sal motors maar 8V tot 9V kry met klein battery, maar groter battery kan jy dalk by 11.5V draai teen groot las, baie beter

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2015 @ 22:45:30 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ander verskil wat dalk genoem kan word is die slowstart van die ingevoerder produkte.

Ek het baie van die eienskap gehou veral waar ek die Penta aanvanklik moes in en uit beweeg by die huis. As die Jockey wiel in verkeerde rigting kyk en die karavaan begin skielik beweeg kan jy skade kry. Die slow start gee jou die geleentheid om sulke klein foutjies reg te stel voordat dit met geld herstel moet word.

Ek weet nie of die EWIKS dit het nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2015 @ 23:07:47 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Leon, soos genoem, sal ek beheer oor motors uitvoer.. ek twyfel ook of die ewiks slowstart het, wat dit vir my so aantreklik maak is juis die ongekompliseerde ontwerp, sodat ek byvoegings kan maak soos nodig


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2015 @ 20:35:11 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ekt nou standaard ewiks mooi getoets... ja, hy raas bietjie... en hyt nie n slowstart nie.. en jy moet n gat boor, en hy kan bietjie gly op n stewige trappie..

 

MAAR, dis n baie eenvoudige, ongekompliseerde stelsel.. werk vir my doel baie goed.. jy kan hom presies oor bal laat stop en net haak op voertuig.. die wegtrek is nie van so aard dat mens die karavaan teen muur sal stamp nie..

 

Wat ek wel gedoen het, is om 75Ah battery te gebruik... hyt goeie krag en doen 'n goeie jobbie om die motors goeie torque te gee met genoegsame spanning op motors...

 

Ekt ook bietjie meer spike protection ingebou.. my battery is nue permanente installasie  op die stadium nie, aangesien ek nie weet of ek my karavaan permanente batterykrag gaan gee nie.. so als hang nou af van besluite...

 

Sal ek dit aanbeveel? Ja, met minimum moeite het jy n werkende mover, wat billik geprys is


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Dec 2015 @ 14:12:54 pm
Camping Fanatic
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 155
Joined: 30 Dec 2013
Experience: 13 years

Ander verskil wat dalk genoem kan word is die slowstart van die ingevoerder produkte.

Ek het baie van die eienskap gehou veral waar ek die Penta aanvanklik moes in en uit beweeg by die huis. As die Jockey wiel in verkeerde rigting kyk en die karavaan begin skielik beweeg kan jy skade kry. Die slow start gee jou die geleentheid om sulke klein foutjies reg te stel voordat dit met geld herstel moet word.

Ek weet nie of die EWIKS dit het nie.


Leon jy moet vir jou n ordentelike jocky wiel koop wat nie so swak is soos die een wat jy het.
Die "slow start" is net"sales talk"om die duur produkte te verkoop. Toets die EWIKS self en jy sal self agter kom.
n Mens het niks duurder as n EWIKS nodig behalwe as jy wil brag.
My vrou gebruik die EWIKS alleen om die karavaan te parkeer op die staanplek presies waar sy dit wil sit, voorheen moes 4 mense ons help stoot en trek en dan nog steeds nie waar ons dit wou sit nie..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Dec 2015 @ 14:26:39 pm
Camping Fanatic
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 155
Joined: 30 Dec 2013
Experience: 13 years
Die voordeel van die EWIKS is dat daar niks is wqat kan fout gaan behalwe n gewone fuse wat kan blaas. Ek het met teveel mense gepraat wat die Powrtouch het wie circuit boards beblaas het en dan moet die karavaan al die pad Villiers toe moet sleep om dit te laat herstel...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Dec 2015 @ 15:41:08 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Eks naie tevrede met ewiks.. nie die beste nie, maa meer as goed genoeg


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 07:41:12 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Ek het teen die installering van die Ewiks besluit om die volgende redes :-

  • Vir 'n Exclusive MOET 4 motors op elke wiel gemonteer word. Erik het my telefonies so uit Durban meegedeel
  • Die PowrTouch het net twee motors nodig wat op die voorste of agterste wiele gemonteer kan word
  • Die PowrTouch se rollers aktiveer en de-aktiveer outomaties vanaf die "remote" terwyl die Ewiks fisies op elk van die 4 motors met 'n slinger ge-aktiveer moet word
  • Die PowrTouch het 'n koordlose "remote" wat baie handig te pas kom om rondom die Exclusive te loop waar dit in nou gangetjies moet in- en uitbeweeg.  Die Ewiks het 'n koord met beperkte lengte
  • Die Ewiks se kontroleerder word in die neuskas gemonteer waar die beheerder se koord gekoppel is. Die PowrTouch word saam met die 102Ah battery onder 'n bankie in die wa gemonteer wat die neuskas heeltemal vry laat.  Al wat jy van laasgenoemde sien is die koordlose "remote"
  • Die prysverskil tussen 'n 4-motor Ewiks en 'n 2-motor PowrTouch geïnstalleer vir 'n Exclusive, is omtrent R2000 duurder vir laasgenoemde
  • Die Ewiks kom uit met 'n 1-jaar waarborg en die PowrTouch met 'n 5-jaar waarborg
  • Die PowrTouch-agent en installeerder hier in die Kaap se perseel is 3km vanaf my huis hier in Kaapstad en die verspreiders in Villiers, Vrystaat is nie ter sprake nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 08:08:00 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Trent die kondisie van my karavaan se Jockey wiel het niks te make met die rigting waarin die jockey wiel kyk nie.

Toe ek die karavaan aanvanklik by die motorhuis moes inbeweeg was daar letterlik 4cm aan die kante speeling en as die jockey wiel in net bietjie skewe rigting kyk SAL ek skade gekry het met die skielike beweging wat die EWIKS toepas. Alle ingevoerde produkte het die slow start want meeste van die europese lande se erwe is maar klein en die eienaars het nie baie spasie vir bergplekke nie. Dit maak die slow start daar 'n moet.

"Brag" het niks daarmee te doen nie dit hang af van wat is elke persoon se behoefte. Die Ewiks werk vir kleiner karavane goed maar ondervinding van lede op DIE forum het ons geleer jy gebruik hom nie op dubbel as karavane nie. Nie eers 4 motors nie want Comet karavane het 'n lid se geld alles terugbetaal nadat die Ewiks met 4 motors steeds nie perform het op sy karavaan nie.

Nou as die Pwrtouch 'n Exclusive rondskuif met net 2 motors en die Ewiks sukkel met 4 moet mens maar vir jouself besluit wat koop jy.

Ek skiet nie die Ewiks af nie "Hy werk" maar nie so goed soos die ingevoerde produkte nie.  Ondervinding van mense hier op die forum en my eie mover het my tot die slotsom laat kom. Dus is die raad wat ek gee gebaseer daarop. Die besluit wat elke individu koop lê by homself.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 08:08:11 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek het die MotorGlider wat presies werk en sterk is soos die Pwrtouch.  Sy prys op die stadium wat ek om laat instaleer het was onder R15000 ingesluit die 104Amph battery. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 08:46:35 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Leon, die skielike beweging van ewiks is glad nie so erg nie. Ek beweeg hom in baie klein afstande, minder as cm op n slag met n puls.. ek trek my karavaan nou die dag letterlik teen die heining, kon nie eers my vinger daardeur druk nie..

Met 4cm speling aan elke kant sou jy regtig nie skade gekry het nie.. daai jockey wiel kan staan soos hy wil, hy draai fisies op die paving om.. Sonder dat karavaan draai.. die rede daarvoor is dit die motors die bande fisies vasklem en rotasie is nie moontlik nie.. enigste manier vir daai jockey wiel is draai soos power steering.. jy sal regtig nie probleem gehad het nie, ekt daai teorie al goed getoets.

Ek sal ook nie Ewiks sommer op exclusive sit nie.. maar 

 

Die ewiks is so eenvoudig, 1 jaar waarborg sal nie eers pla nie.. want 20 jaar waarborg gaan jou nie help as jy vassit by kampplek nie.. of nie uit jou erf kan kom nie. Vir my is die eenvoudigheid daaraan defnitief die moeite werd, want ek kan direk op motor n 12V lyn koppel en hy gaan draai as daar bv met kontroles sou foutgaan..

 

Voordeel van kabel na mooi denke, raak remote batterye pap terwyl jy op kritiese punt le, daar staan jy..

Kabel is lank genoeg om letterlik 3m agter my karavaan en 3m voor hom te kan staan, so beweging om karavaan is nie probleem nie.. jy moet wel pasop dat jy nie oor kabel ry nie..

Ek het nie eers extension kabel gekoppel nie... dit le nog in garage.. as jy hom nog bygevoeg het kon ek dalk maar op my stoep sit, dis baie lank..

 

Jy kan die ewiks beheerder mos installeer waar jy wil? Jy hoef nie in neuskas te installeer nie...? Ekt myne bv onder yskas monteer, ons pak nooit iets in daai kassie nie, toe installeer ek als van mover daarin..battery is langs wheelarch in kassie langsaan.. ekt wel my eie battery gekies van 75Ah en nie n 28Ah nie..

Die slinger aktivering, ja ok, dis nie issue nie, maar eks maar n bang jan as dit by te veel outomatiese goed kom vir baie redes.. soinger is tog vinnig en maak n baie secure lock.. 

 

Meeste punte hier bo genoem kan ek nie mee saamstem nie, omdat my ondervinding met die stelsel dit glad nie"wys" nie.

 

Ek gee toe, penta sou grootste karavaan wees wat ek ewiks sou opsit.. ook nie 4 wiele nie... yes, daarmee stem ek saam, en Lennie, ek dink dis jou enigste oortuigende rede, die res sou my nie laat afwyk nie.. dis juis daai dinge wat ek van dit gehou het.. 

 

Maar dis soos genoem elke ou se behoefte, vir 1 ou is n outo ratkas n droom, en vir n ander ou n nagmerrie

 

 

 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 09:02:11 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Brommer, ek stem saam, baie van die punte wat ek hierbo genoem het is "nice to haves". In my geval is die twee produkte se pryse so na aanmekaar dat ek gekies het om die "nice to haves" in my besluit in te sluit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 09:24:44 am
Anonymous

Die eending wat my gepla het met die slinger aktiveering van die rollers was dat my karavaan teen die huis muur staan en as hy op sy plek is moes ek hom reguit vorentoe ry met die movers tot die kant verby die muur is, dan moes ek die rollers ont koppel en met die hand terugstoot.

 cry undecided

Hierdie web het my laat dink en besluit wat om op te sit.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 09:45:50 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4363
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Wilsur, ek los die movers geaktiveer by die huis en kamp.. ry in en los hul net so..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 15:04:46 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Brommer, teen watter druk druk die Ewik rollers op die band   -  kan dit nie dalk ook 'n "flat spot" op die band laat as dit gekoppel bly nie ?

By die PowrTouch druk die rollers baie ferm teen die band, trouens die band gee iewat mee. Die instruksies sê spesifiek as jy klaar ge-"move" het, MOET jy die rollers ontspan, maar dit hoef seker nie vir ander fabrikate te geld nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 3
View First