Goeie dag,
Ons kamp elke jaar vir 'n maand gedurende Augustus by Die Eiland, Tzaneen, maar wil hierdie jaar erens anders probeer.
Kan enigiemand goeie kampe in Limpopo of Noordwes aanbeveel, asseblief. Wou by Hartbeeshoek kamp, maar is ongelukkig reeds vol bespreek. Ons het nou gedink aan Constantia, Silver Rocks of Eden Park.
Groete
Wilfre
Limpopo: Ons gunsteling is Weesgerus. Verkieslik buite seisoen. (7 April tot 18 April).
NW: Kokoriba en Dube, ook buite seisoen.
Bosveld Oase, Klein Paradys en Drie Berge, akkomodeer nie vir buite seisoen kampeerders nie.
Julle sal Edenpark geniet. Constantia is 'n ou oord en ek was nog nie by Silver Rocks nie.
Probeer Thabamonate ook.
As jy by Eiland gekamp het sal julle van Klein Kariba ook hou.
Weesgerus mag n goeie opsie wees aangesien hulle gewoonlik spesiale tariewe het vanaf Mei tot September
Ons gaan staan vir 11 dae by Weesgerus vanaf 7 April tot 18 April teen R 227-00/nag wat 'n totale verblyfkoste van R2500-00 is vir die 11-dae.
Dankie sover vir jul terugvoer
Dube het maand tarief dink so R3200
Dinokeng resort het ook maand tarief nie seker van hom nie
Ons was paar keer by Kleine Bela Familie-oord, so 7,5Km oos van Klein Kariba.
Die oord kan baie beslis aanbeveel word, die eienaars Koos en Annemarie, stel werklik belang in elke kampeerder met opregte belangstelling, eerlikheid en vriendskap.
Daar is daagliks inspeksies en die oord is deurentyd netjies en skoon.
As jy lief is vir die natuur, is hierdie die plek om te kamp.
Dan is daar ook Modimolle vakansie oord wat voorheen Die Tempel was.
Ook in Bela Bela, is Marula Oase.
In Modimolle, is ook daar ook 'n oord Klein paradys en naby is ook Bosfontein.
Per geleentheid twee Desembers by Silver Rocks deurgebring.
Stil, klein, effe stywe prys. Weet nie nou met nuwe eienasrs nie.Nie veel fasiliteite nie, maar seker een van die beste ablusieblokke in die land. Meer as 5 ster en skoon.
Was laaste in 2016 Desember daar.
Klein Paradys naby Nylstroom Baie bekostige oord vir Pesionarisse en baie stil Een van my gunstelinge
Aan die weste kant van Warmbad (omtrent 20km) is Mabalingwe, ons het November 2018 daar gekamp en dit baie geniet.
Gedurende 'n Vrydag middag na werk, moet jy alweer 'n ''U-Turn'' maak en huiswaarts keur sodra jy deur Gilloleys Interchange is.
Indien jy 'n volle naweek Noord wil geniet, moet jy alreeds vroeg oggend ure ry op 'n Vrydag of jy moet jou beplanning so reel dat jy eers die Maandag terugkeer vanaf Noord na Suid.
Ons het hier in GP 'n groot verskeidenheid van oorde, maar hulle is baie vrek moeilik bekombaar indien jy aan die Suide van GP woon en jy wil vir 'n naweek kamp Noord beweeg.
Gedurende 'n Vrydag middag na werk, moet jy alweer 'n ''U-Turn'' maak en huiswaarts keur sodra jy deur Gilloleys Interchange is.
Indien jy 'n volle naweek Noord wil geniet, moet jy alreeds vroeg oggend ure ry op 'n Vrydag of jy moet jou beplanning so reel dat jy eers die Maandag terugkeer vanaf Noord na Suid.
Dis waar. Ek wou ook al n hele paar keer plekke soos Sionsberg ensovoorts besoek het....maar sien nie kans vir daai verkeer nie. Besoek ook net eintlik oorde noord en oos van Pretoria vir naweek wegbreke
Goeie dag,
Ons kamp elke jaar vir 'n maand gedurende Augustus by Die Eiland, Tzaneen, maar wil hierdie jaar erens anders probeer.
Kan enigiemand goeie kampe in Limpopo of Noordwes aanbeveel, asseblief. Wou by Hartbeeshoek kamp, maar is ongelukkig reeds vol bespreek. Ons het nou gedink aan Constantia, Silver Rocks of Eden Park.
Groete
Wilfre
Kyk na die veiligheid van enige oorde soos hier genoem.
Baie het nie die fasiliteite soos by die Eiland nie mbt winkel geriewe en jy ver sal moet ry.
Ek het al by van die oorde gekamp wat ons die enigste kampeerders was oor n naweek.