English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 158
Total Replies: 60 430
Total Views: 80 144 137
topics: 3 964
replies: 555
views: 17 072 370
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:

Satara - Krugerwildtuin

replies: 10
views: 278
24 Sep 2017 @ 12:33:43 pm
Chris Boucher
Platinum Member
Offline
Posts: 364
Joined: 30 Apr 2015
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Toyota Hilux DC 2.8 GD6
Camping: Gypsey Caravette 6B

Na 7 lekker aande in Onder-Sabie, het ons op 23 Mei Satara toe geskuif. Ek reken dat as dit nie was vir die Satara-omgewing se uitsonderlike wildlewe nie, sou hierdie kamp op die vlaktes maar min aftrek onder kampeerders gekry het. Dit is letterlik die kamp op die vlaktes wanneer jy veral die kampeerterrein beskryf. Skadu is eintlik maar min - en tensy jy uitsonderlik gelukkig is, is kragpunte meestal ver en yl verspreid. Hiernatoe gaan jy dus met 'n ekstra lang kragkabel.

Ons was gelukkig om vanjaar nogal 'n lekker staanplek onder 'n bosveld-valsdoring te kry. Ons het bykans die hele dag skadu gehad. Die ablusie (die onderste een in die kamp - vir diegene wat Satara ken) was redelik naby aan ons. Maar ek was verplig om die lang kragkabel uit te rol.

Die Satara-omgewing was in teenstelling met verlede jaar (toe jy amper kon glo jy is in 'n semi-woestyn) vanjaar oor die algemeen lowergroen. Of jy die wild verlede jaar makliker kon sien, en of die wild vanjaar ander weivelde gaan soek het, weet ek nie. Wat ek wel weet is dat ons verlede jaar baie meer rondom Satara gesien het as vanjaar. Verlede jaar het die teerpad tussen Satara en Kumanadam werklik "produce", maar vanjaar was jy eintlik gelukkig om so hier en daar 'n rooibok of 'n koedoe op daardie stuk pad te sien. Maar dit bly 'n belewenis en 'n baie groot voorreg om daar te kon wees.

Ons was vanjaar gelukkig om die veel geroemde Gudzani-trop leeus net noord van die dam op die S41 teenaan die pad te kry. Praat van sleg en dikgevreet. Al 19 van hulle het hulle nie gesteur aan die toeriste nie. Ongelukkig kon mens op geen manier al 19 op een foto kry nie.

Ons het vanjaar iets opgelet in die Satara-omgewing wat ons nog nie voorheen raakgesien het nie (dalk onoplettend gewees). Net suid van die kamp, waar jy meermale redelike groot getalle van die algemene wild sien - en ook op sommige plekke langs die S90 (die Ou Hoofpad) groei daar 'n plant wat die indruk skep dat dit 'n ongewenste indringer kan wees.

Van nader beskou is die lang dun peule gepak met klein saadjies.

'n Kuier by Satara kan nie verbygaan sonder 'n besoek aan N'wanetsi piekniekplek nie. Dit bly maar een van my gunsteling piekniekplekke. Ek weet nie of die aap- en/of bobbejaanvry is nie, maar ons het nog nooit 'n probleem met enige van laasgenoemdes by N'wanetsi ondervind nie. En om die Laeveld te bewonder vanaf die gerieflike uitkykpunt die hierdie piekniekplek, bly maar 'n voorreg.

Danie SLK - Dankie dat julle spesiale moeite gedoen het om my en Ralie te kom opsoek in Satara. Nog 'n forummiet wat ek nou-al in persoon ontmoet het.

24 Sep 2017 @ 14:03:14 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4339
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Chris baie dankie vir deel en mooi fotos
Haak daai wa kamp bly koning
24 Sep 2017 @ 15:37:02 pm
HM
Uranus Member
Offline
Posts: 2927
Joined: 06 Jan 2009
Province: Other
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 44 years
Vehicle: SUV
Camping: Caravan

Dankie Chris.

Nou verlang ek sommer baie.

 

The Happy Campers.
24 Sep 2017 @ 17:55:25 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2024
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Dankie vir jou goeie bedraes oor jou besoek. Ja dit was lekker om julle ook in persoon te ontmoet.

Dit is seker nog steeds vir julle 'n skok om te moes trugkom na al die dinge wat nou in julle dorpie al so lank woed en nie lyk asof dit kan bedaar nie.

Wel dit was hierdie jaar my 1e kuier in die Letaba en Satara omgeing maar ek moet se ek sal in die toekom weer meer tyd in die suide spandeer.

24 Sep 2017 @ 20:28:28 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1509
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive
Hi Chris - dankie vir jou verslaggie en mooi fotos.
Ons ry klokslag jaarliks die S100 na Gudzanidam opsoek na daardie mega-trop leeus, maar ons was nog altyd ongelukkig - ek beny julle ! Daardie pense lyk darem lekker dik gevreet. Daar is mos 'n witleeu ook onder hulle. Ons sal beslis weer volgende jaar as ons in Balule kamp, weer probeer en sal dan van die noordekant af op die S41 die Gudzanidam benader, dalk is ons hierdie keer meer gelukkig !

Stem saam oor N'wanetsi Piekniekplek, altyd pragtig en aangenaam. Nou dat jy dit noem, ons het nog nooit blouape of bobbejane daar opgemerk nie. Op jou foto lyk dit baie stil en rustig daar wat dit nog meer fantasties maak.
Lennie
Brackenfell, Cape Town
24 Sep 2017 @ 20:52:58 pm
Chris Boucher
Platinum Member
Offline
Posts: 364
Joined: 30 Apr 2015
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Toyota Hilux DC 2.8 GD6
Camping: Gypsey Caravette 6B
Len - Ons het juis van die noordekant af op die S41 (Gudzanipad) gekom. Ons het ingedraai by Gudzani-Oossuiping om sommer 'n ligte ontbyt en koffie te geniet in die bakkie. Ons net stilgehou, toe 'n paartjie in 'n Amarok langs ons stilhou en vra of ons die groot trop leeus gesien het. Volgens hulle was daar 22, maar ons het slegs 19 gesien (waaronder die witte - wat ek slegs op video het).

Daardie hele omgewing (naby Gudzanidam) lewer meermale wonderlike "sightings" op. By die eerste indraai op die S100 (komende van Gudzani se kant) het ons al gesien hoe 'n luiperd 'n waterskilpad probeer vang. Nadat jy regs gedraai het op die S41 by die S100/S41-aansluiting (m.a.w. in die rigting van N'wanetsi) het ons ook al 'n luiperd gesien wat 'n likkewaan gevang het.

Dit voel vreemd om op hierdie stadium nog nie 'n wildtuinbespreking vir volgende jaar te hê nie, maar ons is nog besluiteloos of ons wel vir die kinders in Roemenië gaan kuier al dan nie.
25 Sep 2017 @ 09:36:45 am
Bushbaby
Silver Member
Offline
Posts: 49
Joined: 21 Jun 2017
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 32 years
Vehicle: Kia Sorento Auto Diesel 2.2
Camping: Gypsey Royale

Hi Chris and Len we arrived at Satara on Sunday the 13 August this year after Punda Maria .Shingwedzi and Letaba.For the first time ever we got a spot next to the fence at the lower part of the camp with a bit of shade. Unfortunately in the 9 days we where there at the fence we only saw the nightly visits of the 2 hyenas ,no game at all very strange.

However on day 2 ,Monday within 3 hours we saw Leopard and cubs ,Lions and cubs and too crown it all a  Cheetah on route to Tshokwane .Satara and Skukuza in terms of viewing are my favourites and seldom let me down .The only additional excitement was the spotting of a Rhino on the same road a view days later. During our total trip of 22 days exciting at Crocodile bridge  we only saw one Rhino?

By this time we had not seen the wild dogs and left for Skukuza ,as luck would have it we saw them on our first day on the road too Pretoriuskop and more sightings of a pride of Lions and a Leopard on the road to Lower sabie. The big problem in this area as we all know by now are the open safari trucks there are simply toooo many of them.Speaking too one of the guides/drivers at Lake Panic hide they bring in a lot of money for SANPARKS  ,so its not going to change. You simply have to make the best of it and leave camp at day break too avoid some of the congestion.

As a general statement I would say that most of our rewarding  sightings were south of Olifants .The North is lovely and quiet and we saw large herds of animals and the lite up water hole at Punda Maria is a wonderfull attraction.

So for next year our plans are visit the children in OZ and NZ  Feb and March( confirmed)  and 2 weeks at Skukuza and Satara  each during May and June(confirmed) and then in Aug to the UK to visit my son (if the Rand holds) otherwise he can come here with R18 to 1 pound  its like for nothing.

All in all we had a fantastic trip with the north of the park being new to us.I must say we have visited the park on many occasions  I would guess at least 60 times over 20 years,  and love it.

 

 

25 Sep 2017 @ 13:30:08 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2024
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Harry on my recent trip to KNP we saw a lot of rhino including with calves. I have never seen so many in all my visits to KNP. Around Pretoriuskop was where we saw rhino every day we went for drives.

25 Sep 2017 @ 14:45:59 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1509
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Danie/Harry, interesting to note that during 1961 (I was in St 7) two rhino bulls and two cows were reintroduced to Kruger after an absence in the old Tranvaal since 1896. In total until 1972, 341 rhinos were reintroduced. The original boma where they were initially kept is still visible from the H2-2, the Voortrekker Road, between Pretoriuskop and Afsaal on the right hand side. According to the 2015 census the number grew to 9290 !

Lennie
Brackenfell, Cape Town
25 Sep 2017 @ 17:03:24 pm
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2247
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 39 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Ons ry klokslag jaarliks die S100 na Gudzanidam opsoek na daardie mega-trop leeus, maar ons was nog altyd ongelukkig - ek beny julle ! Daardie pense lyk darem lekker dik gevreet. Daar is mos 'n witleeu ook onder hulle.

Thanks for sharing. We ere also there in August for three weeks and also saw the white Lion near the waterhole in that area. The elephants actually flushed them out for us and had running cats scattered over a large area...
On The Road Again
15 Oct 2017 @ 19:26:33 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7657
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Daar was nounet op Satara se webcam 2x klein luiperde wat water drink en net bietjie agtertoe staan n rooibok ....dit het gelyk of hulle nie mekaar gewaar het nie. Ek wou n screenshot neem...maar toe verander webcam se kamera en toe hy weer in regte posisie was, was luiperde weg en net rooibok nog daar. Dis jammer ek het hom nou gemis.😭
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First