English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 962
Total Replies: 225 137
Total Views: 82 161 168
topics: 4 328
replies: 29 022
views: 17 302 961
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:

Almega Karavaanpark, Dinokeng - GROOT teleurstelling

replies: 34
views: 3642
27 May 2017 @ 14:48:35 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1023
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dag my mede-kampeerders. Ons staan tans hier by Almega Karaanpark ....wat `n plek!

Pieter ontmoet jou by die hek, neem jou na jou staanplek, en is gedurig in die omgewing om te help indien nodig.

Elke staanplek het sy eie, persoonlike, private ablusieblok, met toilet (dubbellaag toiletpapier), wasbak (met kleinstoeltjie sodat Boetie of Sussie ook kan bykom), stort, skottelgoed was area, sluitbare area waar ek my fiets en los sakke kan bere ..... ai!

Groot staanplek vir die karavaan, groen gras (nie eers nodig vir grondseile nie), alles absoluut netjies en skoon. Jakkalse wat skree in die nag, sebra`s wat blaf,  wat wil jy meer he??

Die braairoosters word geWAS met seep en water, selfs die bak met as word uitgeskrop!

Pragtige swembad (alhoewel te koud om (vandag) te gebruik), groot sakke sekelhout om te koop (R15,00 `n sak) ... winskoop! Speelpark vir kinders, lekker area om bergfiets te ry, weer `n keer ... ai!

Wat het ek bedoel met die opskrif - GROOT teleurstelling?  Hierdie is gemik op die ander karavaanparke, want van nou af sal ons ALLE plekke meet met die Almega maatstaf- hulle gaan sterk tweede kom, dis verseker!

👍
10
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 17:07:25 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Nico, hoe langer ek lees hoe meer wonder ek wat die teleurstelling was.laughing   Dit klink regtig goed.  Dit is maar beter om nie ander plekke daarmee te vergelyk nie, om die teleurstelling te vermy.   Gelukkig het elke park sy eie karakter en dinge wat lekker is (en dalk sleg is).  Geniet die res van jul kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 18:11:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Wou nou net sê..watter teleurstelling kon dit wees! Dié plek het n goeie naam...die eienaars is self kampeerders...so hulle weet wat kampeerders verlang. Is jy deel van die Arende karavaan klub?...hulle is ook daar die naweek. Geniet dit verder!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 19:54:46 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years
Nico dankie vir die deel van alles by Almega. Klink wonderlik om daar te kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 21:49:43 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years

Eischhh hoe meer ek lees hoe jy die plek opbou toe wonder ek nou wanneer kom die teleurstelling dan in laughing Maar jy het ons belangstelling geprikkel

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2017 @ 09:15:45 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2673
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Dankie vir die deel. Klink baie goed...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2017 @ 19:25:29 pm
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 432
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years
Hulle midweek specials is egter van Maandag tot Donderdag en nie soos gebruiklik vanaf Sondag tot Vrydag nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2017 @ 20:58:13 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wou plek bespreek vir volgende maand.

Maar hulle is vol.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
29 May 2017 @ 11:52:16 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 116
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Mmmm, dankie vir die verslag, sal hulle virseker op my kamplysie plaas.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2017 @ 14:00:56 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 501
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Leon, ek het hulle vanoggend gebel en hulle het nog plek vir die naweek van die 9de Junie.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
29 May 2017 @ 15:23:46 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1023
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Hulle midweek specials is egter van Maandag tot Donderdag en nie soos gebruiklik vanaf Sondag tot Vrydag nie.

Johan, nee, dis nie heeltemal korrek nie. Ons het daar gestaan vanaf Vrydag tot vandag (Maandag). Naweek prys betaal vir Vrydag en Saterdagaand (R400) en week prys vir Sondagaand (R200).

Daar is blykbaar 'n prysverlaging vir die Wintermaande.

Daar is plek vir hierdie komende naweek, maar die lang naweek (16 Junie) is vol.

Weereens, soos genoem, regtig 'n pragtige plek. Daar is nou nog 4 ablusieblokke in aanbou (4 private ablusies per blok vir 4 karavane). dus 16 ekstra staanplekke vir die toekoms.

Ons sal weer gaan!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2017 @ 15:34:46 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 653
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Nico, hoe langer ek lees hoe meer wonder ek wat die teleurstelling was.laughing   Dit klink regtig goed.  Dit is maar beter om nie ander plekke daarmee te vergelyk nie, om die teleurstelling te vermy.   Gelukkig het elke park sy eie karakter en dinge wat lekker is (en dalk sleg is).  Geniet die res van jul kamp.

En ek het gedink, ag nee, hier kom weer `n gemounery en toe dit is `n advertensie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2017 @ 15:49:25 pm
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Dit klink lekker!!! Het by iemand wat al daar gekamp het gehoor dat die kampplek fantasties is maar redelik na aan die teerpad (die pad deur Dinokeng na Rust der winter) gelee is en dat die nagverkeer(veral) baie steurend is want skynbaar is daar een van daardie lastige spoedhobbels regoor/naby die kamp en al wat vragmotor en bus is moet feitlik stop om dan weer met 'n groot rumoer weer aan die gang kom. Wil egter nog self daar gaan kamp.
Groetnis!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jun 2017 @ 10:41:38 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ja die plek is baie gewild sal hom nog besoek
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 05:19:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Is daar spesifieke staanplekke wat julle sal aanbeveel of sekeres wat mens moet vermy of is almal maar ewe lekker?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 06:04:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Ons het die geleentheid om in Oktber daar te gaan kamp. Kannie wag nie! ! ! !
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2018 @ 06:49:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Is daar spesifieke staanplekke wat julle sal aanbeveel of sekeres wat mens moet vermy of is almal maar ewe lekker?

Enige voorstelle?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2018 @ 06:58:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As die staanplekke so lyk kan jy enige plek staan. Oral is kamp daar net 'n plesier.

Almega 1

Die gebou is die ablusie blok. Die hele gedeelte diekant van die ablusie was net my staanplek. Ek kon seker nog twee ander Maia en drie dome tente op die staanplek in kry.

Enjoy. Ek hou baie van die plek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2019 @ 16:43:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek wil miskien by Almega gaan kamp gedurende die winter. Dink julle dis te koud en sal liewer somer dae aanbeveel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2019 @ 06:58:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jy gaan die kamp daar geniet maar jy gaan verseker nie swem nie. Die swembad se water  laas wat ons daar was word nie warm gemaak nie.  Baie stil oord. Wild besigtiging slegs met gereelde toer op battery motorfietse. Of jy kan met jou eie voertuig in die Dinokeng reservaat gaan ry. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2019 @ 09:58:59 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ek dink Almega is 1 v d beste oorde wat ek nog by was. As mens by die nuwe boonste deel kamp wat lyk my meer gewild is kan vliee bietjie van 'n probleem wees asook die reuk van 'n voerkraal en dalk meer in die somer. Weens die spasie wat mens het is dit net mooi 'n droom. Dis nou waar mens 'n saamtrek wil hou sodat daar vir almal plek is vir hul tente ens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2019 @ 13:50:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert ek dink Almega is 1 v d beste oorde wat ek nog by was. As mens by die nuwe boonste deel kamp wat lyk my meer gewild is kan vliee bietjie van 'n probleem wees asook die reuk van 'n voerkraal en dalk meer in die somer. Weens die spasie wat mens het is dit net mooi 'n droom. Dis nou waar mens 'n saamtrek wil hou sodat daar vir almal plek is vir hul tente ens.

Het hulle uitgebrei?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2019 @ 14:24:42 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ek weet nie hoe dit voorheen gelyk het nie. Daar is nou die deel waar jy by die hek inkom met staanplekke aan weerskante. Dan as jy na die bokant toe ry is daar 'n lang ry staanplekke al langs die lyndraad na links. Dit is die nuwer deel.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2019 @ 06:54:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het hulle uitgebrei?

Soos wat jy by die kampplek se hek in ry is daar 'n pad wat links uitgaan. Die laaste 2 ablusi blokke met elk sy 4 staanplekke was 'n nuwe toevoeging toe ons laas daar was.

Almega 1

Van die krag draad by neus van my karavaan tot teen die wilds draad 'n ent agter my Tipper en van die dun boompie wat net uitsteek agter my wa tot  by die boom regs by JIN se karavaan neus is een staan plek.  Jy kan daar jou wa trek soos jy goed dink. Neem net in ag op die hoek van die ablusie blok is die krag punt.So bring 'n lang verleng koord as jy onder teen die draad wil staan.

Die foto wat ek vroeër in die onderwerp geplaas het is by een van die ouer gevestigde staanplekke geneem.

Mens kamp lekker vêr uitmekaar en die ablusie geriewe is pragtig binne.  Die ou se bou werk is regtig puik en van uitstaande kwaliteit en gehalte.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2019 @ 07:08:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie....dit lyk na heerlike groot staanplekke

Dis die oordplan wat ek gekry het....is daar sekere gunstelinge of is almal lekker?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2019 @ 13:53:55 pm
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years

2B, 5C,5D,6B,ag enige is lekker, maar die hier genoem het ons al op gestaan en het lekker koelte. Persoonlike gunsteling is 2B want jy het baie koelte en kan die wild vanuit jou kampstoel dophou en dis 'n besonder groot staanplek!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2019 @ 15:40:05 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Al probleempie maar dis gering is dat sekere staanplekke is die mobiele braai aan die agterkant v d woonwa. Hulle wil egter nie dat mens dit skuif want dan val die kole op die mooi gras.

Ons het op 3C en D gestaan en dis puik. Soos genoem het die C en B meer privaatheid.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2019 @ 22:41:27 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4878
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Jammer die swembad word nie verhit nie...?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 16:39:57 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 728
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Julle laat my nou baie uitsien na my 3 aande (26 - 28 Apr) by Almega - oppad wildtuin toe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 19:38:10 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Al probleempie maar dis gering is dat sekere staanplekke is die mobiele braai aan die agterkant v d woonwa. Hulle wil egter nie dat mens dit skuif want dan val die kole op die mooi gras.

Ons het op 3C en D gestaan en dis puik. Soos genoem het die C en B meer privaatheid.

 

Gelukkig braai ek waar ek wil ................................... GAS BRAAIER

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 19:44:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Jammer die swembad word nie verhit nie...?

El dink hulle ontspanning is meer gerig op die natuur....die swembad is seker daar om lafenis te gee op die warm somers dae....soos wildtuin. Langsaan is Dinokeng Resort wat al daai ekstra fasiliteite het soos verhitte swembaddens, supertubes en dies meer. Ek besig om te beplan vir n winterkuier hier...sal my 1ste besoek aan hierdie oord wees.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 14:09:36 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4878
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

El dink hulle ontspanning is meer gerig op die natuur....die swembad is seker daar om lafenis te gee op die warm somers dae....soos wildtuin. Langsaan is Dinokeng Resort wat al daai ekstra fasiliteite het soos verhitte swembaddens, supertubes en dies meer. Ek besig om te beplan vir n winterkuier hier...sal my 1ste besoek aan hierdie oord wees.

Sal net lekker wees as die "byt" uitgehaal word....

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 14:46:43 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4084
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

 

Gelukkig braai ek waar ek wil ................................... GAS BRAAIER

 

Die vlamme is maar net nie dieselfde op 'n gasbraai nie maar dit bly 'n lekker ding......

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 17:44:43 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 501
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Ek stem saam met jou Danie en die vleis proe ook nie naastenby soos braaivleis nie.

Verkies maar my houtvuur.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 20:32:22 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Nou net terug gekom van Pillanesberg, Manyane. Was baia aangenaam en het ook baia wild gesien. Baia Renosters en Olifante en ook leeus. Die kamp was omtrent leeg en met winterspecial is dit net oor R200 per nag vir tot 6 mense. Die geraas van die Mogwase shabeens is nog steeds daar en is niks aan te doen nie.

In Dinokeng kamp ons gewoonlik, deesdae, by Tshikwalo maar volgende keer gaan ons Almega probeer. Daar n' besoek afgelee met laaste Tshikwalo besoek en dit lyk baia aangenaam. Die hoof pad geraas is net baia naby.

KNP vir ons van einde Aug tot mid Sept. Lekker om afgetree te wees.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required