English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 975
Total Replies: 225 378
Total Views: 82 172 591
topics: 585
replies: 3 584
views: 3 308 101
Share all those nice recipes with everybody...

Paasnaweek Kamp resepte

replies: 26
views: 481
09 Apr 2019 @ 20:30:25 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Met die Paasnaweek kamp tyd wat voorle wat beplan julle vir die kospotte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2019 @ 20:33:21 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7362
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Braai braai en braai. 

Moeg vir kafee en gaste huis kos. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2019 @ 20:57:07 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1543
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Toasted burgers oor die vuur. Potjie beslis, met mielie pap, gestoomde mielies in foil oor die vuur, behoorlike sous vir die pap.

No man,  nou net aand ete gehad en kla wee honger.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2019 @ 21:33:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13082
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Braai is maar gewoonlik die maklikste.....en die lekkerste.....en die geselligste. Ek doen dit maklik 4x aande in n ry. Bykosse: Pap en sous, braai broodjie en dan maar slaaie. Ek hou van pot maak sou dit reenerig of kouerig wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 04:03:41 am
Hennie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 14 years

Stem saam met jou Geert, braai vleisie, pap en sous en 'n braai broodjie vir nagereg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 06:57:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja wel oor die braai sal ons nou nie stry nie. Maar tydens ons trippie Eiland toe beplan ek 'n Pastei, Sal verseker Pot brood maak, Hou ook van die mielies oor die vuur maar nie in foelie nie, Skaap niertjies en uie gebraai, Peri peri hoender lewertjies, Heel hoender in braai oond met groente daarby, sal 'n potjie oorweeg maar dis makliker om die elektriese stoompot saam te neem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 13:55:50 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 296
Joined: 28 Feb 2018

Leon have also "discovered" the ease and comford of electrical steam popo, chicken 14 minutes, and the best is the setting, soft, intermediate, and chewable

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 14:29:55 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Komaan menere; Julle maak my honger.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 14:37:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13082
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat van n lekker braai pie!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 21:53:59 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Ek dink daar moet definitief n bees stert potjie met stamp mielies en groente ingewerk word. Wat van n skaap ribbietjie en rooibok boerewors en daai pap en sous. Bak Oor ek stem ook vir n kaas en eier burger op die kole met ma se tuisgemaakte patties dit kan ons sommer donderdag aand mee wegspring.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 22:13:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13082
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink daar moet definitief n bees stert potjie met stamp mielies en groente ingewerk word. Wat van n skaap ribbietjie en rooibok boerewors en daai pap en sous. Bak Oor ek stem ook vir n kaas en eier burger op die kole met ma se tuisgemaakte patties dit kan ons sommer donderdag aand mee wegspring.

Kobus.....ek dink ons almal moet daai naweek maar by jou kom eet....jou planne klink heerlikcool

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2019 @ 22:26:04 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1543
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kobus sit nou juis en werk aan kruideniersware vir paas naweek kamp. Daai bees stert potjie en stamp mielies so pas deel van my menu. Dankie ou maat.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 08:16:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dink ek gaan Herman se mielie tert die keer probeer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 08:24:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Naby die Eiland in Gravalotte is 'n slaghuis met die (So geadverteer) "Lekkerste Biltong in die LAND".

'n Groot gedeelte van my MENU is biltong geregte.

Pap en Biltong

Slap pap en fyn biltong

Biltong en avo toebies

Fyn biltong saam in 'n braai broodjie

BILTONG OP SY EIE

Ai en hulle CHILLIBITES beste ooit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 09:30:13 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Naby die Eiland in Gravalotte is 'n slaghuis met die (So geadverteer) "Lekkerste Biltong in die LAND".

'n Groot gedeelte van my MENU is biltong geregte.

Pap en Biltong

Slap pap en fyn biltong

Biltong en avo toebies

Fyn biltong saam in 'n braai broodjie

BILTONG OP SY EIE

Ai en hulle CHILLIBITES beste ooit.

Die jouself 'n guns en gaan koop hulle biltong "mix". Dit is fyngesnyde biltong, cabanosi, droeë word en die lekkerste speserye. Vra vir ekstra speserye...................dit is hemels.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 09:33:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die jouself 'n guns en gaan koop hulle biltong "mix". Dit is fyngesnyde biltong, cabanosi, droeë word en die lekkerste speserye. Vra vir ekstra speserye...................dit is hemels.

 

Imagine die biltong "mix" waarvan jy praat, ingewerk in 'n potjie rys of pap.

Kyk nou kan die einde van die maand maar aanbreek hoor.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 09:41:21 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Jy kry nie beter nie Leon.........................ek het al vêr gesoek. 'n Baie goeie kampvriend van ons, oom Willie Fourie  (hulle noem hom die "judge" by die Eiland) het my 'n paar jaar terug hieraan voorgestel. Hy was jare lank streeklandros in daardie omgewing. Ons sal elke week Phalaborwa toe ry en "mix" koop en dan vis en chips by die Spar (in die dorpsgebied, nie op pad Kruger toe nie) gaan koop. Oom Willie is verlede jaar Oktober oorlede maar ons het gister met tannie Marthie bevestig dat sy alleen gaan kamp.  Die my 'n guns en gaan gee vir haar 'n drukkie by A92.

Ai, ek gaan die Eiland mis hierdie jaar. Dit is ons mense daardie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 09:52:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jy kry nie beter nie Leon.........................ek het al vêr gesoek. 'n Baie goeie kampvriend van ons, oom Willie Fourie  (hulle noem hom die "judge" by die Eiland) het my 'n paar jaar terug hieraan voorgestel. Hy was jare lank streeklandros in daardie omgewing. Ons sal elke week Phalaborwa toe ry en "mix" koop en dan vis en chips by die Spar (in die dorpsgebied, nie op pad Kruger toe nie) gaan koop. Oom Willie is verlede jaar Oktober oorlede maar ons het gister met tannie Marthie bevestig dat sy alleen gaan kamp.  Die my 'n guns en gaan gee vir haar 'n drukkie by A92.

Ai, ek gaan die Eiland mis hierdie jaar. Dit is ons mense daardie.

Ek sal so maak as ek onthou. Sal op die forum wees so gooi net 'n reminder.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 17:51:23 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13082
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Teen hierdie pryse gaan ek maar by die Spur eet...😜

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2019 @ 18:40:00 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Daai slaghuis het baie lekker snoeperye daai biltong mix is ook lekker. Miskien moet jy uitvind of hulle kaiings het dit kan werk saam met pap. Die volgende oggend dalk n sny  potbrood met die uitgebraaide vet en stroop of appelkoos konfyt op vir die soet tande. Vir die sout tande n sny gemaalde kaiings met marmite op of net met sout en peper. Kyk hoe water my mond nou.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2019 @ 09:49:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13082
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het baie lanklaas n vleisie op die rotisserie gesit.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2019 @ 16:35:32 pm
Piet Husky
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 25 Feb 2016
Experience: 10 years

Vir die wat lus is om hulle hande vuil te maak hier is n makilike rooster koek resep,

1KG Self Raising Flour

Eetlepel sout, bruin suiker so a halwe hand vol,

Dan fyn biltong poeier en gerasperde kaas na smaak,

Een bottel karringmelk,

Maak die flour oop en gooi so drie kwart in mengbak, voeg sout en suiker by en voeg die karringmelk by, biltong poeier en kaas en meng goed.

Maak bak toe en laat rys, vir so twee to drie uur,

Waneer reg sprinkel bietjie van die flour wat gebere is oor die deug en knie goed deur,

Plaas op rooster en maak die roosterkoek gaar en bedien met appelkoos konfyt en steak van die vuur af.

Lekker eet!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 17:45:58 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het baie lanklaas n vleisie op die rotisserie gesit.....

Het my ma en suster oorgenooi vir 'n hoender op die spit volgende Sondag.  Die Weber moet maar sy ding doen.

Nou is ek opsoek na 'n lekker groot plaas hoender. Nie die kuikens wat ons in die winkels koop nie.

Free Range Plaas Hoender

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2019 @ 08:13:07 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13082
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Kan werk.....😎

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 10:29:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Lyk lekker ja...

Ek en Ma stel die menu die naweek op vir ons trippie. Sal al julle idees oorweeg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 16:32:21 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1156
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Leon daardie hoender op die rotisserie is n wenner. Smaak net anders as gwone gebakte hoender en is vir my meer sappig as gewone hoender. Beplan self een vir Sondag, soek ook nog na die regte een. 

Geert "what is missing" .........pap en vingers wat kos eet.laughing

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 17:04:37 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Van al my kos voornemens het ek toe by die volgende uitgekom:

Toasted egg&cheese burgers met ma se tuisgemaakte patties lekker man lekker.

Skaap tjoppies op die kole met braai broodjie en slaai.

Uitgebraaide vark kaaijings en pap.

Bees T been met pap tert, tamatie smoor en slaai.

En toe die naweek afgesluit met n skaap skenkel en beesmurg potjie met groente en pot brood.

Hoe het julle met die kospotte gevorder.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required