English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 504
Total Replies: 234 939
Total Views: 82 555 212
topics: 586
replies: 3 630
views: 3 324 036
Share all those nice recipes with everybody...

Enamel vs cast iron pots

replies: 28
views: 532
30 Mar 2019 @ 11:17:14 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Diè van julle wat van die enamel potte gebruik maak....wat is jul ervaring van dit teenoor die standaard gietyster pot? Aanbeveelbaar of bly gietyster maar baas?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2019 @ 11:20:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2019 @ 12:08:06 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1760
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Tdie nuwe potte is verskriklik mooi maar ook baie duur. Ek het al gesien dat binnekant lelik vergeel het. Ek is natuurlik ook bekommerd dat daardie enamel op n stadium gaan afdop. Nee wat, gee maar vir my n gewone ysterpot wat lekker ingekook is. 

Sien annerdag een van hierdie mooi "la cr......" Potte wat ek nie eers kan spel nie wat R4500 kos. Vir een pot. Verkoopsdame sê my kinders kan dit eendag erf. Nee; soos ek my kindersken gaan hulle dit weggooi. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2019 @ 12:18:55 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Tdie nuwe potte is verskriklik mooi maar ook baie duur. Ek het al gesien dat binnekant lelik vergeel het. Ek is natuurlik ook bekommerd dat daardie enamel op n stadium gaan afdop. Nee wat, gee maar vir my n gewone ysterpot wat lekker ingekook is. 

Sien annerdag een van hierdie mooi "la cr......" Potte wat ek nie eers kan spel nie wat R4500 kos. Vir een pot. Verkoopsdame sê my kinders kan dit eendag erf. Nee; soos ek my kindersken gaan hulle dit weggooi. 

Stem saam jou. 

Swart pot was en is baie beter. 

My kinders is almal in die buite land en sal ook so duurpot nie saam vat nie. 

Net die een in Saudi Arabia maak vuur en braai die ander in Frankryk is op gas. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2019 @ 12:27:25 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2608
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die blink pot is ook potyster onder die glasuur en dis baie mooi, maar daardie prys?  As 'n mens glo die yster gee ekstra smaak, is die potysterpot natuurlik die ding.  Ek dink persoonlik dis sommer bygeloof- yster smaak gladnie lekker nie, so as dit waar sou wees, sou dit 'n sterk negatiewe wees.   As ek die blink pot kon bekostig, sou ek hom koop. Ek bly eger ver weg van die uluminiumpotte wat soos die potysterpotte lyk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2019 @ 12:36:34 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2334
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Ek/ons het van die emalje potte, maar die ou standaard swart, gebruik seker al vir 15jaar of langer. Nog geen probleme gehad. Ek/ons kon duidelik die verskil in kos proe tussen "onbehandelde" en emalje potte - en natuurlik die bonus van makliker skoonmaak. Ek weet daar sal puriste wees wat sweer by die onbehandelde potte, dis jou keuse!!! Nee dankie, NOOIT weer vir my nie.

Het die gewone gietyserpotte wat ons gehad het weggegee vir kerk om op basaar te verkoop.

Van die huidige potte/kastrolle (en panne) wat ons het, ook meer as die helfte in verlede jaar spotgoedkoop verkwansel aan pandjieswinkel. Dit het te swaar geraak vir daaglikse gebruik, Dit was AL wat ons in kombuis gebruik het vir 15jaar!!! Daar was meer as 12 items!! Sommige kastrolle was in stelle van 3, verskillende groottes.

Deesdae oorgegaan na die "koper" tipe panne/kastrolle wat nie olie nodig het, asook die ingeboude staal bodem vir gebruik op induksieplate vir kombuisgebruik.

Vir POTJIEKOS is/was die swart emalje volgens ONS gebruik baie beter en gereifliker vir skoonmaak.

Ek het ook paar jaar terug 'n CADAC broodpan laat (swart) emalje opsit met hulp van Hennie van Rensburg wat ook op hierdie forum is/was. Die kostes was nie so hoog, maar al die pad die moeite werd.

Groete.

Frans 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2019 @ 16:15:20 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2051
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Het vir my twee van die emalje potte van verskillende grotes gekoop twee week gelede by Makro se uitverkoping. Ons maak gereeld potjiekos en die nuwe potte is baie gerieflikker om skoon te maak en te vervoer en kos smaak dieselfde. 

R300.00 per pot betaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 06:34:10 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek verkies maar die standaard swart pot. Jy kan maar rof met hom werk.

Alle potte is maar duur. Ons het van daai "non stick" potte in die huis. Alles "stick" lekker vas op hulleπŸ˜‚

As dit "non stick" was.....hoe stick die goed dan op die pot??????😲😲😲

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 08:34:19 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2608
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar is 'n groot verskil tussen "non-stick" en emalje of geglasuurde potte.  Laasgenoemde is beslis veilig en van die nuwer tipe bedekkings is baie duursamer as ouma se ou "erdepotte" , Die non-stick potte het 'n lagie plastiek, teflon, wat verondertel is om hittebestand te wees.  Geen plastiek kan onbeperkte hitte hanteer nie en as dit te warm word, begin dit afbreek en gee stowwe af. Teflon breek glo af teen 300 grade C en gee volgens internet giftige gasse of, maar selfs teen 'n normale kooktemperatuur wonder ek of die stowwe nie maar in die kos beland nie.  Die lagie hou in elkgeval nie permanent nie en is baie gevoelig vir skrape deur harde instumente. 

Ek onthou die ou erdepotte se emalje het maklik versplinter as die pot geval het maar ek weet nie of die huidige glasuring dalk duursamer is nie. Wat my betref is dit of vlekvrye staal of geglasuurde potte- niks anders klink vir my veilig nie.  'n Mens kan seker nie alles wat potensieël onveilig is vermy nie, maar jy kan darem probeer om dié wat vir jou gevaarlik klink, vermy.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 08:34:20 am

31 Mar 2019 @ 13:44:05 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2334
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Fred, ek kan net noem dat die nuwe generasie "non-stick" koper potte nie enige teflon bevat nie, maar eerder "ceramic" coated is , wat baie groot verskil maak. Derhalwe ook die prysverskil tussen dit en die outydse teflon goed.

Daarom ook gebruik hulle staaldbodem wat dit werkbaar maak vir induksie plate. Na 15 maande se gebruik op gasstoof is ons koperpotte nog 100%.  Gaan lees gerus op internet die Copper Chef se beskrywing - ons gebruik die goedkoper weergawe wat by Checkers beskikbaar is, maar die produkbeskrywing en info presies dieselfde.

Wat die emalje potte aanbetref, staan ek vas by ons swart emalje potte wat reeds 15 jaar diens doen, op gasstoof, en nog onbeskadigd is.

Groete.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 13:58:41 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2334
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Hannes, ek wil nie onnodig in enige verskille betrokke raak nie, maar ek kan slegs getuig oor wat ONS gebruik en ondervind, en sal NOOIT weer ander goed gebruik as wat ons huidiglik het nie, as jy na boonste kommentaar wil kyk.

Daar is produkte, en PRODUKTE. Ek is heel aktief betrokke in ons kombuisaktiwiteite, en sou eerder NIKS op die forum wou sê as 'n eerlike opinie van iemand wat die produk SELF gebruik, anders as op " hoorsê"  iets probeer sê, net terwille van kommentaar lewer. Derhalwe my BAIE MIN insette!!! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 15:20:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons het n teflon pan so 4jaar terug by Pick n Pay gekoop.....die lekkerste pan ooit. Ons hanteer hom met groot sorg. Ek is eerlik as ek sê daai pan het nog nooit olie of botter gesien nie....niks brand vas nie....bak ontbyte...eiers, scrambled, wors....al heelwat ander ook al gaargemaak. As hy koud is kan jy hom perfek skoon vee met een vee met n papertowel. Dit was destyds op n clearance special gewees vir R129. Dit het so lekker gewerk....het een vir die huis gekoop en een vir die karavaan en een spaar....sou een nie meer lekker werk. Die spaar een is nog steeds in boks, want die ander is nog 100%. Ek het die koper al gesien by hierdie "as seen on tv" winkels...lyk baie nice en lig....maar self nog nie gebruik nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2019 @ 18:34:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sal enige gietyster pot gebruik. Ek  het 3 verskeie grotes swart potte en 1 platboom pot.  Die gebruik ek buite en as ons kamp.

Ek beplan om n stel gekleurde platboom potte vir die kombuis te koop

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 06:24:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Enige ander potte se handvatsels op die gas plate hou nie juis lank nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 07:21:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Tdie nuwe potte is verskriklik mooi maar ook baie duur. Ek het al gesien dat binnekant lelik vergeel het. Ek is natuurlik ook bekommerd dat daardie enamel op n stadium gaan afdop. Nee wat, gee maar vir my n gewone ysterpot wat lekker ingekook is. 

Sien annerdag een van hierdie mooi "la cr......" Potte wat ek nie eers kan spel nie wat R4500 kos. Vir een pot. Verkoopsdame sê my kinders kan dit eendag erf. Nee; soos ek my kindersken gaan hulle dit weggooi. 

Le Creuset

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 07:24:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Le Creuset

Nee wat dis te duur.

Ek het ander by Makro gesien. Het net nie 'n spesifieke handels naam nie. R1800 vir hele stel lyk amper dieselfde.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 07:50:45 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nee wat dis te duur.

Ek het ander by Makro gesien. Het net nie 'n spesifieke handels naam nie. R1800 vir hele stel lyk amper dieselfde.

Kyk ook by Checkers Hypers 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 07:59:07 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2608
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Frans, Ons het so 'n keramiek-bedekte pan en dit lyk baie duursaam.  Dit lyk vir my soos 'n verbetering op die emalje en erdeware.

Oor die waarde van die sogenaamde koperpotte is ek nie so seker nie.  Koper is wel 'n baie goeie geleier van hitte maar koper is giftig en gee af en daarom kan dit nie netso gebruik word nie en word 'n lagie wit metaal aan die binnekant neergeplaas.  Maar is die koperpote werklik koper?  Van die wat ek al gesien het, lyk asof dit maar net 'n lagie koper het om mooi te lyk. Dit was net te lig om van soliede swaar koper te wees.  Koper is 'n sagte metaal soos suiwer aluminium en dit buig maklik, so dalk in elkgeval nie juis geskik vir kookware in suiwwr vorm nie.

Magtie- ons begin soos 'n huishouklub klink!wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2019 @ 08:18:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Op Takealot kry jy drie grotes potte met deksels en 'n pan vir R1530.

Al wat mens nodig het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2019 @ 17:25:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit lyk baie netjies...alluminium

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2019 @ 18:58:52 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2334
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Fred, ja, eintlik is daardie maar, soos hulle sê: Forged aluminium - met koper lagie -seker maar ook oorgeverf? - dan met die Keramiekbedekking, geen PTFE od so-ites nie.

Geert, ja, ons sin kom van Checkers af, en soos genoem - reeds 15 maande in gebruik en nog 100%. Dit het ongeveer 25% gekos van die "ware Jakob"  maar beskrywings op verpakking is BAIE naby aan die duurder produk!!!

Leon, ons gebnruik slegs gas in huis vir afgelope 10 jaar, en met enige tipe kastrol of pot, metr enige handvatsel, nog geen probleme gehad, Dit hang maar seker af van hoe die gasbranders teenoor mekaar geplaas is, of BAIE geluk!!!

Fred, HUISHOUKLUB - ek hou van daai een!!!!

Ons moes kamp laat vaar so 5jaar terug, as gevolg van kwale en skete ( ek sê niks verder) en dan raak ou maar meer betrokke by HUISHOUDING!!! Na 60 begin ou soos huishen voel, en wragtag na 70 BAIE BESLIS!!!!! Gelukkig het ek baie betroubare, bekwame tuiningenieur wat buite rond baie kan doen (maar ek sweis nog self!!!). 

Met die langhaargeslag wat ook maar paar stampe en stote gehad het, moes ek probeer dinge vergemaklik, soos van die duursame emalje ystepotte ontslae te raak, was net te swaar om te hanteer. Het so paar gehou. Ek gebruik so twee/drie spesifieke groottes in "sonoond"wanneer die geleentheid hom voordoen.

Vir potjie het ek twee kleintjies gehou, een platboom vir binne gebruik op stoof, en ander een met afgesaagte pote vir gas as ons met vakansie gaan. Daardie produkte se geklyke is daar nie.

Wat die  "sogenaamde" koper goed aanbetref, het ek spesifiek gekoop omdat die induksieplaat vriendelik is, en derhalwe beter benut kan word, as die heel goedkoop aluminium goed met GEEN staalbodem.

Maar, mens moet maar koop en toets, en die wat nie werk nie, weggooi!!! Ek moet egter noem dat hierdie wat ek gekoop het, enige tyd die duursaamheid van die oorspronklike "Teflon"goeters oortef, by verre.

Manne (en vroue) lekker bak en brou!!!

Groete.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2019 @ 16:25:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek/ons het van die emalje potte, maar die ou standaard swart, gebruik seker al vir 15jaar of langer. Nog geen probleme gehad. Ek/ons kon duidelik die verskil in kos proe tussen "onbehandelde" en emalje potte - en natuurlik die bonus van makliker skoonmaak. Ek weet daar sal puriste wees wat sweer by die onbehandelde potte, dis jou keuse!!! Nee dankie, NOOIT weer vir my nie.

Het die gewone gietyserpotte wat ons gehad het weggegee vir kerk om op basaar te verkoop.

Van die huidige potte/kastrolle (en panne) wat ons het, ook meer as die helfte in verlede jaar spotgoedkoop verkwansel aan pandjieswinkel. Dit het te swaar geraak vir daaglikse gebruik, Dit was AL wat ons in kombuis gebruik het vir 15jaar!!! Daar was meer as 12 items!! Sommige kastrolle was in stelle van 3, verskillende groottes.

Deesdae oorgegaan na die "koper" tipe panne/kastrolle wat nie olie nodig het, asook die ingeboude staal bodem vir gebruik op induksieplate vir kombuisgebruik.

Vir POTJIEKOS is/was die swart emalje volgens ONS gebruik baie beter en gereifliker vir skoonmaak.

Ek het ook paar jaar terug 'n CADAC broodpan laat (swart) emalje opsit met hulp van Hennie van Rensburg wat ook op hierdie forum is/was. Die kostes was nie so hoog, maar al die pad die moeite werd.

Groete.

Frans 

As mens jou huidige swart pot inneem om emalje laag te laat opsit, moet mens hom ook dan so versigtig hanteer soos om byvoorbeeld geen metaal items in hom te gebruik nie / geen growwe skoonmaak spons te gebruik nie? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2019 @ 18:14:16 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2608
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Oor die koperlagie op 'n aluminium pot: Ek wonder of dit regtig koper is.  Koper ook giftig wat die hele oefening vernietig en klink my reageer nog makliker met sure.  Ek wonder of dit nie maar een of ander kunsmatige lagie is soos die wat aan bv sommige tentpale ge-elektroplateer word nie.  Miskien is daar iemand hier wat meer van metale af weet wat 'n beter antwood kan gee.   Ons het 'n ou aluminiumpan met teflon binne wat buite koper lyk, wat lankal nie meer gebruik word nie maar in teenstelling met rooikoper, nie aanslaan nie, so ek is nie seker dat dit wel koper is nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2019 @ 08:36:54 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2334
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Geert, ek het net broodpan laat emaljeer. Dit was met swart gedoen. Ons gebruik hom baie minder. Die potte wat ons .gekoop het wat reeds gedoen was hou nou seker 15 jaar some genoem, met geen tekens van gebruik of beskadiging, met gebruik van houtlepels of soms staal. Maak nog net so maklik skoon, en net op gasstoof nog gebruik Al die pad.

Groete. Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2019 @ 10:03:47 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert, ek het net broodpan laat emaljeer. Dit was met swart gedoen. Ons gebruik hom baie minder. Die potte wat ons .gekoop het wat reeds gedoen was hou nou seker 15 jaar some genoem, met geen tekens van gebruik of beskadiging, met gebruik van houtlepels of soms staal. Maak nog net so maklik skoon, en net op gasstoof nog gebruik Al die pad.

Groete. Frans

Skuus...sien nou eers u terugvoering....baie dankie. Ek sien in die winkels verkoop hulle daai swart potte met enamel laag...lyk baie gladder binne em is seker beter teen roes? Seker n beter opsie om voor te gaan as mens skrikkerig is vir chipmerke en geel binne kante.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2019 @ 23:37:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14527
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Baie goeie prys.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 08:28:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die gekleurde pote gaan net nie goed lyk na 'n tydjie op die vuur nie.  Swart pot bly swart op die vuur of van hom af.

Ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 14:42:42 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Goeie middag.

Bly maar by die ou swart potte. Kom al van ouma grooitjie se dae af. Het een wat in die familie deurgekom het. Hulle bly die beste. Pure Afrikana!

Groete. Jan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required