English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 786
Total Replies: 209 421
Total Views: 81 315 822
topics: 585
replies: 3 242
views: 3 269 889
Share all those nice recipes with everybody...

Waatlemoen

replies: 14
views: 262
06 Dec 2018 @ 18:30:06 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Met die warm dae wat ons tans het, is waatlemoen lekker verfrissend. Die laaste paar wat ons gekoop het is redelik smaakloos. Is daar n manier waar mens vooraf kan bepaal of n waatlemoen lekker soet is of nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 19:56:40 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 14 years

Ek glo nie daar is eintlik n manier om uit te vind of die waatlemoen wat jy koop soet gaan wees nie

Ek toets altyd n waatlemoen sit dit op my kop en druk die waatlemoen dan hoor ek of die waatlemoen so n kraak geluid gee almal lag vir my as ek dit doen maar dit werk vir my.

Dan weet ek daardie waatlemoen het darem n smaak 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 22:17:18 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Soms koop ons maar die wat so lekker diep rooi is (moet dus halwe een koop) en dan kan jy goeie kans staan.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 06:13:22 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek glo nie daar is eintlik n manier om uit te vind of die waatlemoen wat jy koop soet gaan wees nie

Ek toets altyd n waatlemoen sit dit op my kop en druk die waatlemoen dan hoor ek of die waatlemoen so n kraak geluid gee almal lag vir my as ek dit doen maar dit werk vir my.

Dan weet ek daardie waatlemoen het darem n smaak 

Jip het dit by my oupa en pa geleer.  Het op die manier nog elkekeer een gekoop wat heel skaflik geproe het.

Of dit nou 'n onomwonde "fool proof" manier is om te bepaal of die waatlemoen soet is kan ek ook nie sê nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2018 @ 16:33:25 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Ook om die waatlemoen teen jou oor te hou en met jou vinger op hom te klop.

As die klop 'galm' (amper soos in weergalm) is die lemoen ryp en lekker.

As hy 'n dowwe plof maak, is hy nog nie ryp nie of oorryp en gegas.

Het altyd die kop ding gedoen wat snaaks lyk wanneer jy dit in 'n winkel met meer as een lemoen doen.

Toe vertel 'n waatlemoen boer van Thabazimbi my om hom teen jou oor te hou en te klop.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 04:30:46 am
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 32 years

Al jou supermarkte verkoop halwe waatlemoene deesdae. Ek koop dit eerder in helftes, dan kan jy aan die kleur van die binnekant n beter idee kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 09:28:59 am
Hannes
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 238
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 46 years

Baie interessant, soos altyd op die forums.

Die voormelde toetse vir rypheid is weliswaar goed bekend.

Een wat ek kan byvoeg is om met die vingernael op die skil te skraap.  Kom die boonste-skraap-laag maklik af kan die waatlemoen met redelike gerustheid aanvaar word as ryp.

NOU, vir die soet-toets: Een kant van die vrug is normaal groen terwyl die anderkant so 'n gelerige kleur het. Hoe groter daardie geelkleur so soeter sal die vrug wees WANT die geelkleur is afkomstig van die vrug se onderkant soos dit op die land le om ryp te word. Dus, hoe langer dit op die land le hoe grote is die geelgedeelte en des te beter is die rypword proses met 'n beter smaak. Hierdie toets is jare gelede deur 'n ou waatlemoenboer aan my gegee, ek gebruik dit met 'n redelike groot mate van sukses, maar 'n waarborg bly ??

Vrede en seen aan al ons forumlede vir die kersgety.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 10:16:21 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Baie interessant, soos altyd op die forums.

Die voormelde toetse vir rypheid is weliswaar goed bekend.

Een wat ek kan byvoeg is om met die vingernael op die skil te skraap.  Kom die boonste-skraap-laag maklik af kan die waatlemoen met redelike gerustheid aanvaar word as ryp.

NOU, vir die soet-toets: Een kant van die vrug is normaal groen terwyl die anderkant so 'n gelerige kleur het. Hoe groter daardie geelkleur so soeter sal die vrug wees WANT die geelkleur is afkomstig van die vrug se onderkant soos dit op die land le om ryp te word. Dus, hoe langer dit op die land le hoe grote is die geelgedeelte en des te beter is die rypword proses met 'n beter smaak. Hierdie toets is jare gelede deur 'n ou waatlemoenboer aan my gegee, ek gebruik dit met 'n redelike groot mate van sukses, maar 'n waarborg bly ??

Vrede en seen aan al ons forumlede vir die kersgety.

Dankie...ek gaan dit volgende keer probeer....die meer geelerige een neem. Mens is maar gewoonlik geneig om die een met die mooi donker groen skil te neem. Ek het gister weer n kwart waatlemoen gekoop....binne was hy pragtig rooi gewees, maar smaakloos....so die mooi rooi kleur is nie altyd soet nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 14:01:14 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 32 years

As jy die donker groenes(rond) kry wat van die Noorde af kom,Naboom se kant en verder, maak jy gewoonlik nie n fout nie. Dit wil voorkom of die grond daardie kant baie geskik is vir waatlemoen, want hulle is gewoonlik uitstekend. Ek ry nooit daar verby sonder om waatlemoene te koop nie en ek het nog nie tot dusver onsmaaklikes daar gekoop nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 14:02:36 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 32 years

Nou is ek so lus vir n lekker waatlemoen, ek ry sommer van Roodepoort af Polokwane toe om een te koop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 17:26:16 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 450
Joined: 26 May 2013
Experience: 44 years

hoe geeler op die punt hoe soeter

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 22:50:26 pm
Kamp is Koning
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 20 years

Ek stem daar is soveel rate om te bepaal wanneer hy ryp soos wat daar waatlemoene is maar ek stem saam met die geel kleur aan die bokant want hoe weet ons wanneer is vrugte ryp mens kyk na die kleur dieselfde geld vir n waatlemoen. Ek gee hom maar gewoonlik ook n klop net om seker te maak. Voel ook maar die punt wat nie die stingel aan het nie en as dit sag is wanneer mens dit druk is die waatlemoen verlep of te vroeg afgepluk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2018 @ 23:49:33 pm
Kamp is Koning
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 20 years

Ek moet julle die staaltjie uit die kinderdae vertel van wat heel moontlik die grootste pak slae van my lewe was en dit het alles begin by n waatlemoen. My pa was n groente boer en het altyd maar n gedeelte waatlemoen en spanspek ook geplant. Ek en my broers se lus kon dit nie meer hou vir die waatlemoene nie maar ons het nie geweet wanneer hulle ryp is nie en wou ook nie vra nie. Toe maak ons maar die volgende plan en dit was soos volg. As ons dink daar is een wat ryp was draai ons dit om en steek n vierkantige blokkie daarin met die knip mes en trek dit uit om te kyk of dit rooi was. Maar ons het nooit gedink aan die nagevolge nie. Toe dit oes tyd raak kom my pa agter van die blokkie onder van die waatlemoene wat toe veroorsaak dat dit nie ryp was nie maar vrot. Man ons het darem lekker slae daaroor gekry en moes  ook al die vrotes op die land bymekaar maak en gaan weg gooi.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2018 @ 06:29:48 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10353
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ek moet julle die staaltjie uit die kinderdae vertel van wat heel moontlik die grootste pak slae van my lewe was en dit het alles begin by n waatlemoen. My pa was n groente boer en het altyd maar n gedeelte waatlemoen en spanspek ook geplant. Ek en my broers se lus kon dit nie meer hou vir die waatlemoene nie maar ons het nie geweet wanneer hulle ryp is nie en wou ook nie vra nie. Toe maak ons maar die volgende plan en dit was soos volg. As ons dink daar is een wat ryp was draai ons dit om en steek n vierkantige blokkie daarin met die knip mes en trek dit uit om te kyk of dit rooi was. Maar ons het nooit gedink aan die nagevolge nie. Toe dit oes tyd raak kom my pa agter van die blokkie onder van die waatlemoene wat toe veroorsaak dat dit nie ryp was nie maar vrot. Man ons het darem lekker slae daaroor gekry en moes  ook al die vrotes op die land bymekaar maak en gaan weg gooi.

Hahaha...nice storie. Eintlik so onskuldig.....😂

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2018 @ 07:42:51 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 258
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 40 years

Het eendag op die dorpie De Rust anderkant Meiringspoort gestop en waatlemoen gekoop. Die eienaar van die destydse winkeltjie sê toe jy toets hom vir rypheid met 'n koeldrank strooitjie wat jy dwars oor die waatlemoen lê in die middel, en as die strooitjie swaai sodat hy parallel met die lengte van die waatlemoen is, dan is hy lekker ryp en soet.

Het dit probeer, en was nie terleurgesteld nie. Al die ander rate hierbo werk ook.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous