English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 962
Total Replies: 225 137
Total Views: 82 161 008
topics: 585
replies: 3 584
views: 3 307 613
Share all those nice recipes with everybody...

Lekkerste Boerewors

replies: 32
views: 1876
28 Jul 2017 @ 18:08:58 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Snys hier is n baie lekker resep vir boerewors. Dit is n vleisland resep van Stefaan. Gaan kyk op sy facebook blad " Vleisland"

SUIDWES Boerewors resep....
Vleisland se LEKKERSTE Boerewors resep...
32kg vleis
8kg Vet
650gr sout
60gr Swart peper
50gr Fyn Naeltjies
50gr Fyn Neutmuskaat
300gr Koljander (Roasted)
300ml Woestersous
300Ml BRUIN ASYN
4 lt KOUE WATER...
Sny die Vleis en vet in Blokkies meng die speserys deur saam met die asyn
en woestersous...maal dan alles saam, en meng dan die kuoe water lekker
deur voor jy begin stop.
(Vir DROEWORS...los die Asyn, en die Water uit)...

Ek gebruik bees topside vir die vleis en dit is baie skoon, geen senings en geen vet nie en daarom maak ek die vleis 30Kg en sit dan meer vet in om die totale gewig reg te kry. Vet is dan 10Kg. Totaal vleis en vet 40Kg.
Ek sit ook 20 gram Pikanto (all spice) in wat ek self fyn maak.
Die lekkerste wors in die land.

Ek rook ook vleis en kaas wat baie lekker smaak.
Maak my eie Salami onder andere.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
28 Jul 2017 @ 18:16:49 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Ek het vergeet om te noem, wat belangrik is vir my, ek gebruik net Presie skaap stert vet. Dit maak die wors extra lekker.
Ek is nou al so bederf met my eie wors, ek eet glad nie meer slaghuis wors nie.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 18:30:06 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Dankie vir deel klink lekke
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 18:33:44 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Dankie,lyk goed. Ek gaan dit defnitief probeer. My biltong wat ek self maak is nou soos ek dit wil he. Volgende op die lys is boerewors en droe-wors.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 18:45:16 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Piet, julle is darem oulik om jul eie wors te maak!   As ek dit geweet het, sou ek gevra het vir 'n worsbraai by Willows.laughing   Hoop dit gaan goed met julle.  Groetnis vir Susan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 19:09:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
N Braai is nie n braai as daar nie n stukkie boerewors by is nie....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 19:17:03 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Piet, julle is darem oulik om jul eie wors te maak!   As ek dit geweet het, sou ek gevra het vir 'n worsbraai by Willows.laughing   Hoop dit gaan goed met julle.  Groetnis vir Susan.


As ons mekaar weer raak kamp dan maak ons wors en chop braai. Dankie dit gaan goed hier met ons.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 19:18:22 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
N Braai is nie n braai as daar nie n stukkie boerewors by is nie....

Stem met jou saam.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 19:44:05 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3576
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Klink so lekker. Ek is sommer nou lus en steek 'n vuur aan. Ongelukkig net Championship 2014 wors in my vrieser.frown

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 19:52:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Klink so lekker. Ek is sommer nou lus en steek 'n vuur aan. Ongelukkig net Championship 2014 wors in my vrieser.frown


Hy sal die ding doen....🖒
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2017 @ 22:15:41 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Piet, daai resep klink lekker!!
Toe ek nog diere aangehou het, was ons worsresep 1/2 varkvleis en 1/2 bees, varkspekblokkies. Von het die koljander en speserymengsel hanteer.
Jong ek geniet rou wors vreeslik, eintlik beter as gaar !!!

Vir droeéwors het ons die sterte van die Meatmasters gebere. Maar sonder die vark, die werk nie lekker nie, word rens.

Ongelukkig het die geslag my begin pla, nie lekker meer nie. Nou moet ons maar by die bure n lam kry, en vark en bees by die slaghuis.
Lyk my ek is een van die dae n vegetarier.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 09:38:53 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Piet, daai resep klink lekker!!
Toe ek nog diere aangehou het, was ons worsresep 1/2 varkvleis en 1/2 bees, varkspekblokkies. Von het die koljander en speserymengsel hanteer.
Jong ek geniet rou wors vreeslik, eintlik beter as gaar !!!

Vir droeéwors het ons die sterte van die Meatmasters gebere. Maar sonder die vark, die werk nie lekker nie, word rens.

Ongelukkig het die geslag my begin pla, nie lekker meer nie. Nou moet ons maar by die bure n lam kry, en vark en bees by die slaghuis.
Lyk my ek is een van die dae n vegetarier.

Herman ek geniet dit om self vleis te werk want jy maak dit soos jy daarvan hou. Ons werk vleis maar op n klein skaal want dit is hoofsaaklik vir onself.

Het opgehou om vark spek te gebruik in wors en gebruik net skaap. Vind dat die vark spek wors nie goed stoor nie want dit word galserig na n tyd en dan is die smaak nie lekker nie.

Gebruik partykeer 50 / 50 bees en vlakvark as ek salami maak.

 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 10:03:50 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 501
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Piet, ek soek ook van daardie skaapsterte. Hier by ons kry jy net skaap/lam sonder sterte. Dit word glo op die koeltrokke gesteel. Wil nog altyd my eie wors maak want dit wat jy te koop kry is hopeloos te sout na ons smaak. Het al vir die slagters gevra om vir my wors te maak. Hulle is bereid, maar gebruik almal die vooraf gemengde speserye. Dit is hoekom jy orals dieselfde smake bv. kameelhout ens. te koop kry. Slagters is ook nie meer slagters nie. Hulle kan nie eers meer 'n skaap ordentlik opsny nie.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 14:31:23 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Piet, ek soek ook van daardie skaapsterte. Hier by ons kry jy net skaap/lam sonder sterte. Dit word glo op die koeltrokke gesteel. Wil nog altyd my eie wors maak want dit wat jy te koop kry is hopeloos te sout na ons smaak. Het al vir die slagters gevra om vir my wors te maak. Hulle is bereid, maar gebruik almal die vooraf gemengde speserye. Dit is hoekom jy orals dieselfde smake bv. kameelhout ens. te koop kry. Slagters is ook nie meer slagters nie. Hulle kan nie eers meer 'n skaap ordentlik opsny nie.

Chris ek glo dat skaapstert vet moeilik beskikbaar sal wees in die stad. N voorstel sal wees om kontak te maak met klein boere wat skape verkoop en kyk wat kan jy kry.

Hier in die platteland is dit ook skaars in die winter want dan soek die jagters die vet vir wors maak.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 14:44:16 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Hier is n paar fotos van goed wat ek maak hier by die huis vir ons eie gebruik.

Die kaas wat ek rook kan jy net nie te koop kry nie, dit is super lekker. Nadat dit koud gerook is vir 2 tot 3 ure, "vacuum seal" jy dit ek hou in yskas, na 5 weke is dit reg en kan jy begin eet.

Die vleis wat gerook word is net so lekker. Hier is vark rib in die roker, amper gaar. Rib en gerookte artapel.

Salami is n proses om deur te gaan maar is die moeite werd.

 

 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 15:19:18 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Jis ou Piet, jy is meester!!
Met my dogter nou in Jan Kempdorp gaan ons meer gereeld deur Kimberly ry.
Hoop jy vang my skimp. Sal bietjie Pekan neute by hulle kry vir ruilhandel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 16:08:53 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Jis ou Piet, jy is meester!!
Met my dogter nou in Jan Kempdorp gaan ons meer gereeld deur Kimberly ry.
Hoop jy vang my skimp. Sal bietjie Pekan neute by hulle kry vir ruilhandel.

Herman sal plesier wees om jou te ontmoed. Laat weet net wanneer jy in die geweste is en dan kom drink julle sommer koffie hier by ons.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 17:03:45 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Hier is n paar fotos van goed wat ek maak hier by die huis vir ons eie gebruik.

Die kaas wat ek rook kan jy net nie te koop kry nie, dit is super lekker. Nadat dit koud gerook is vir 2 tot 3 ure, "vacuum seal" jy dit ek hou in yskas, na 5 weke is dit reg en kan jy begin eet.

Die vleis wat gerook word is net so lekker. Hier is vark rib in die roker, amper gaar. Rib en gerookte artapel.

Salami is n proses om deur te gaan maar is die moeite werd.

 

 

Piet, jy het jou roeping gemis in die lewe.  Jy moes in die kosbedryf gewees het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 18:01:49 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Vertel bietjie van jou roker Piet, dit lyk dan blinkskoon aan die binnekant !
My rokers is altyd pikswart gevlek van die rook. Moet se dit is net n staalkas, dik staal, waaronder daar vuur kom met die hout saagsels wat binne op die vloer le.
Hoe doen jy die koue rook van die kaas, my buurman maak Gouda onder andere en probeer altyd iets nuut. Wil hom vertel van die rook.
Watse saagsels gebruik jy.
Ons gunsteling in die roker is n vissie, van Snoek, Geelstert tot Makriel, n Pepper roast van bees en n hoender net so lekker. Het selfs Oesters, daai grotes wat ons self afhaal gerook, nogal besonders.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2017 @ 21:25:09 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Herman sal more vir jou al die detail gee.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2017 @ 10:10:35 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Julle maak my darem nou lekker honger.
Piet ons gaan voorlopig Januarie by Riverside kamp as my dogter verjaar.
Lyk al ver my of ons moet saamkamp. 😎😎
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2017 @ 10:52:24 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Julle maak my darem nou lekker honger.
Piet ons gaan voorlopig Januarie by Riverside kamp as my dogter verjaar.
Lyk al ver my of ons moet saamkamp. 😎😎

Johan, Januarie is nog ver maar ons gesels later.

Ons gaan Buffelspoort toe oor twee weke saam met my broer vir n paar dae. As ons terug is gaan ons plan maak om by een of ander KZN kus te gaan kamp waar die kinders by ons sal aansluit vir n paar dae. Nog nie seker waar.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2017 @ 12:34:54 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Herman hier is nog n paar fotos en antwoorde op jou vrae.

Foto 1 en 2 is van die rookmaker wat gekoppel is aan die rokerkas met n ligte aluminuin pyp wat die rook lug afkoel. Jy kan ook n klein waaier daarop laat waai.

Foto 3 Rookmaker direk op die kas gesit sonder die pyp. Nou kan hy gebruik word  vir beperkte koel rook en warm rook. Daar is ook n 500 watt verhittings element in die rook kas wat gebruik word vir hoe temperatuur rook.

Foto 4 Hier kan jy sien die kas is ook heel swart van die rook. Jy moet dit ook nie skoonmaak nie, die gee beter smaak aan jou produk in die oond. Maak net die rakke gereeld skoon.

Foto 5 en 6 Hier is die fotos van die rookmaker. Op die voorkant is die beheer knoppies en aan die bokant is n lang pyp waarin jy die hout bisquette sit. Hulle word dan voorentoe gestoot tot die hoekie op die warm plaat kom waar die sal smeul vir 20 minute dan herhaal die proses hom weer, n nuwe een word ingestoot wat die uitgebrande een voor afstoot in die bakkie waarin water gesit word.

Foto 7 Die temperatuur beheerder van die roker wer nie baie akkuraat nie, toe bou ek een wat elektronies werk en dit hou die temperatuur binne +- 1C wat nodig is vir sekere goed.

 

 

 

 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2017 @ 12:42:54 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Het nie genoem, het n Bradley roker. Het hom direk by invoerders gekoop, hier is hulle link vir meer inligting.
http://www.bradleysmoker.co.za/products/

Hier is ook n baie goeie link na die Bradley forum in Amerika, ek is ook lid daar.
http://forum.bradleysmoker.com/
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2017 @ 18:32:23 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Piet, ek is skoon in n hakkel stomgeslaan. Praat van " High tech !!" Julle Kalahari manne is myle vèr voor ons klomp hier in die dorre Karoo.
Daai voerder wat soos n masjiengeweer die rook brikette invoer, die LED skerm, en die akuraatheid van als is seker die manier om dinge reg te doen.
Vandag het ek op kole n hoendertjie onder n deksel gerook met n klomp vars Roosmaryn takkies.
Het sommer vorentoe gesmaak, bly maar uit die oude doos, wel miskien net partykeer.

Hier was n man so ent weg wat sout gerook het op die koue manier. Dit was n kamertjie soos n oudtydse longdrop waar die sout op rakkies lé, dan was daar n klomp ou pype begrawe in n sloot wat voor so gaatjie in die grond uitkom, die ander punt was so effe opdraed in die kleinhuisie. N vuurtjie gemaak in die gaatjie en Renosterbostakkies op gegooi. So flou rokie het dan deur die pype getrek tot in die huisie.
Het vertel dat jy maar n goeie boek moet saamvat om te lees terwyl die vuurtjie en takkies aan die gang is.
Groetnis.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2017 @ 15:38:23 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Herman dit is baie interesant vir my om te hoor van die sout rook. Wat word daai sout voor gebruik? is dit vir iets spesiaal of in plek van gewone sout?
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2017 @ 17:33:06 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
http://www.smokingmeatforums.com/t/125996/the-great-smoked-salt-experiment
Gaan loer daar Piet, die persoon het klaar die huiswerk gedoen.
Hier is Swepie le Roux by sy koue roker, die man n legende in ons omgewing, sy wynmakery daar naby de Rust is alom bekend.
Ons het n boek hier wat sy dogter geskryf het "A Farm in my heart" dit het wonderlike resepte en kos idees in, sien daar is ook n goeie droeèwors resep in.
Ongelukkig skryf sy nie van sy sout rook nie,maar wel van die ander oa neute. Die sout met Renosterbos rook was lank gelede op n tv program.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 06:48:03 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Wie proe ook altyd aan n rou stukkie boerewors voor hy op die vuur gaan?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 08:08:23 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Wie proe ook altyd aan n rou stukkie boerewors voor hy op die vuur gaan?

Ek eet nie row wors of vleis nie. Wors moet net nie droog gebraai word nie en bees vleis moet nog lekker rooi/pienk wees.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 08:37:32 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Wie proe ook altyd aan n rou stukkie boerewors voor hy op die vuur gaan?

As ek met rou wors werk, trek ek altyd 'n stukkie uit die derm om te eet.   Nie omdat ek die wors wil toets nie, ek kry lus vir die rou wors.laughing

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 09:13:58 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Lekker lekker.
As julle so aanhou is on een van die dae karnivore. !!!
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2017 @ 13:52:30 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
N braai vir my moet wors by he maar bygese lekke boere wors skaars deesdae
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 15:29:41 pm
Alec Vleis
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 16 May 2019
Experience: 37 years

ek het nog 10 persies wat ek so begin Junie gaan slag vir iemand wat belang stel vir daai lekker wors

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required