Dankie,lyk goed. Ek gaan dit defnitief probeer. My biltong wat ek self maak is nou soos ek dit wil he. Volgende op die lys is boerewors en droe-wors.
Piet, julle is darem oulik om jul eie wors te maak! As ek dit geweet het, sou ek gevra het vir 'n worsbraai by Willows. Hoop dit gaan goed met julle. Groetnis vir Susan.
Piet, julle is darem oulik om jul eie wors te maak! As ek dit geweet het, sou ek gevra het vir 'n worsbraai by Willows. Hoop dit gaan goed met julle. Groetnis vir Susan.
Klink so lekker. Ek is sommer nou lus en steek 'n vuur aan. Ongelukkig net Championship 2014 wors in my vrieser.
Herman ek geniet dit om self vleis te werk want jy maak dit soos jy daarvan hou. Ons werk vleis maar op n klein skaal want dit is hoofsaaklik vir onself.
Het opgehou om vark spek te gebruik in wors en gebruik net skaap. Vind dat die vark spek wors nie goed stoor nie want dit word galserig na n tyd en dan is die smaak nie lekker nie.
Gebruik partykeer 50 / 50 bees en vlakvark as ek salami maak.
Chris ek glo dat skaapstert vet moeilik beskikbaar sal wees in die stad. N voorstel sal wees om kontak te maak met klein boere wat skape verkoop en kyk wat kan jy kry.
Hier in die platteland is dit ook skaars in die winter want dan soek die jagters die vet vir wors maak.
Hier is n paar fotos van goed wat ek maak hier by die huis vir ons eie gebruik.
Die kaas wat ek rook kan jy net nie te koop kry nie, dit is super lekker. Nadat dit koud gerook is vir 2 tot 3 ure, "vacuum seal" jy dit ek hou in yskas, na 5 weke is dit reg en kan jy begin eet.
Die vleis wat gerook word is net so lekker. Hier is vark rib in die roker, amper gaar. Rib en gerookte artapel.
Salami is n proses om deur te gaan maar is die moeite werd.
Herman sal plesier wees om jou te ontmoed. Laat weet net wanneer jy in die geweste is en dan kom drink julle sommer koffie hier by ons.
Hier is n paar fotos van goed wat ek maak hier by die huis vir ons eie gebruik.
Die kaas wat ek rook kan jy net nie te koop kry nie, dit is super lekker. Nadat dit koud gerook is vir 2 tot 3 ure, "vacuum seal" jy dit ek hou in yskas, na 5 weke is dit reg en kan jy begin eet.
Die vleis wat gerook word is net so lekker. Hier is vark rib in die roker, amper gaar. Rib en gerookte artapel.
Salami is n proses om deur te gaan maar is die moeite werd.
Piet, jy het jou roeping gemis in die lewe. Jy moes in die kosbedryf gewees het.
Herman sal more vir jou al die detail gee.
Johan, Januarie is nog ver maar ons gesels later.
Ons gaan Buffelspoort toe oor twee weke saam met my broer vir n paar dae. As ons terug is gaan ons plan maak om by een of ander KZN kus te gaan kamp waar die kinders by ons sal aansluit vir n paar dae. Nog nie seker waar.
Herman hier is nog n paar fotos en antwoorde op jou vrae.
Foto 1 en 2 is van die rookmaker wat gekoppel is aan die rokerkas met n ligte aluminuin pyp wat die rook lug afkoel. Jy kan ook n klein waaier daarop laat waai.
Foto 3 Rookmaker direk op die kas gesit sonder die pyp. Nou kan hy gebruik word vir beperkte koel rook en warm rook. Daar is ook n 500 watt verhittings element in die rook kas wat gebruik word vir hoe temperatuur rook.
Foto 4 Hier kan jy sien die kas is ook heel swart van die rook. Jy moet dit ook nie skoonmaak nie, die gee beter smaak aan jou produk in die oond. Maak net die rakke gereeld skoon.
Foto 5 en 6 Hier is die fotos van die rookmaker. Op die voorkant is die beheer knoppies en aan die bokant is n lang pyp waarin jy die hout bisquette sit. Hulle word dan voorentoe gestoot tot die hoekie op die warm plaat kom waar die sal smeul vir 20 minute dan herhaal die proses hom weer, n nuwe een word ingestoot wat die uitgebrande een voor afstoot in die bakkie waarin water gesit word.
Foto 7 Die temperatuur beheerder van die roker wer nie baie akkuraat nie, toe bou ek een wat elektronies werk en dit hou die temperatuur binne +- 1C wat nodig is vir sekere goed.
As ek met rou wors werk, trek ek altyd 'n stukkie uit die derm om te eet. Nie omdat ek die wors wil toets nie, ek kry lus vir die rou wors.
ek het nog 10 persies wat ek so begin Junie gaan slag vir iemand wat belang stel vir daai lekker wors