English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 962
Total Replies: 225 137
Total Views: 82 161 192
topics: 585
replies: 3 584
views: 3 307 628
Share all those nice recipes with everybody...

Coke zero / Coke light?

replies: 68
views: 8920
page 1 of 2
27 Sep 2016 @ 12:04:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Miskien snaakse vraag. Wil bietjie afskaal met die suikers en gewone Coke los....wat is die "gesonder" opsie: Coke zero of Coke light?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 12:37:07 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Iemand het vir my gesê TAB is die beste om te drink.  Ek is al so gewoond daaraan.  As ek Coke Zero drink, proe dit vir my baie soet teenoor Tab.   Coke Light proe nie so soet nie, maar het vir my 'n nasmaak, maar miskien is dit maar net omdat ek gewoond is aan Tab.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 12:44:27 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1062
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Tab is die antwoord.   Dis kaffeine- en suikervry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 12:51:19 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 728
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
As jy lief is vir gewone Coke is Coke Zero se smaak die naaste wat jy daaraan sal kry en Coke Light die onaangenaamste ('n minder lekker nasmaak soos hierbo genoem). Ek het jare lank Tab gedrink totdat Coke Zero op die mark gekom het. Tab het die voordeel van "kafeenvry", maar kafeen pla my gelukkig nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 13:15:34 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Hehehe.
Ek glo nie julle drink coke in enige vorm sommer netso nie. Daar is n kinkel in die kabel.
Kinkel is nie dalk klippies niie.???
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 13:26:48 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1969
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Elmarie sê ek is verslaaf aan Coke en koop nou coke Zero. Die naaste aan coke smaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 13:31:15 pm
Anonymous
Die gesonder opsie is seker om heeltemal die gaskoeldrank uit te sny maar mens raak vinnig gewoond aan die smaak van tab en brandewyn.

Dit laat my dink aan 'n paar jaar terug toe my dokter ook vir my gese het ek moet gemors kos en sweets ens uitsny. Ek het binne 2 maande 3 plakboeke vol gehad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 13:33:04 pm
Anonymous

Hou maar by Coke, het al baie ander probeer net om weer terug te gaan na 'n heerlike glassie yskoue Coke wat jou keel so kekker kielie as jy daai eerste vinnige sluk vat.

Gaan sommer nou gou 'n glassie gooi en op die lekker bewolkte weer af sluk,laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 13:46:52 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Skoon coke ????
Laat n mens roes. ????
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 13:50:31 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6342
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek het suiker siekte gekry van coke kyk op die blikkie dit se vir jou hoeveel suiker daar in is en kyk bietjie na fanta grape

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 13:57:07 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Kyk ook na Coke Life. Dit is nogal baie lekker. Laag in suiker en in Kalories.
Het dit die eerste keer gedrink in Namibia en weer so 3 weke terug in die laeveld te koop gekry. Dink dit is nog baie nuut hier in SA.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 14:06:52 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1062
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Los al die kunsmatige goed.   Whisky (uit skotland) met vier druppels water.  Dan vervang ons sommer die daaglikse aspiriene wat voorgeskryf word om dioe bloed te verdun.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 14:16:15 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Los al die kunsmatige goed.   Whisky (uit skotland) met vier druppels water.  Dan vervang ons sommer die daaglikse aspiriene wat voorgeskryf word om dioe bloed te verdun.


Goeie plan.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 14:17:13 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 790
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 15:13:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Het Coke zero en light "artificial sweetners" in?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 15:20:59 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Los al die kunsmatige goed.   Whisky (uit skotland) met vier druppels water.  Dan vervang ons sommer die daaglikse aspiriene wat voorgeskryf word om dioe bloed te verdun.


Ek weet jy wil nou die vraag hoor nh.

Waarvoor die vier druppels water ??
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 15:43:45 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 728
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Coke Zero sowel as Light (asook Tab) word kunsmatig versoet met aspertaam. Indien jy laasgenoemde gaan "Google" sal jy 'n oneindige klomp negatiewe sogenaamde "studies" daaroor vind. O.a. dat aspertaam 'n karsinogeen is. Maar wat nie aan jou genoem word nie, is dat jy letterklik honderde liters kunsmatig-versoete koeldrank per dag moet drink om dieselfde hoeveelheid aspertaam in te kry as wat aan rotte en konyne in laboratorium-studies gevoer word.

Dieselfde was van toepassing op "daminosied" - 'n produk wat appelboere in sommige dele van die wreld gebruik het om sekere appelvarite (wat maklik van die boom val) beter te laat "kleef". Laboratorium-studies het klaarblyklik getoon dat daminosied karsinogenies is.

Die lanbou-industrie gebruik vir chemiese middels die sogenaamde LD50-waarde. Ten einde die LD50-waarde vir 'n produk te bepaal, doen hul studies op rotte en konyne en maak dit van toepassing op mense. Dit kom daarop neer dat die LD50-waarde verwys na die hoeveelheid (gemeet in miligram per kilogram lewende massa) wat aan die persoon 'n 50% kans op "Life"of "Death" gee. So is gewone tafelsout se LD50-waarde 3 300 mg/kg. Vir die betrokke oefening word die gemiddelde gewig van 'n mens gereken op 70 kg. Vir persoon van 50 kg staan jy 'n 50% kans om dood te gaan as jy meer as (3 300 x 70 =) 231 000 mg, oftewel 231 gram sout in te neem.

Met die hoeveelheid daminosied wat in 'n appel van 100 gram voorkom (na die vasgestelde onthoudingsperiode - die tydperk wat op die etiket aangedui word tussen bespuiting en oes), sal dit beteken dat 'n persoon met 'n gemiddelde gewig van 70 kg moet sowat 490 000 appels per dag eet om 'n 50% kans te staan om kanker op te doen.

Ek noem hierdie goed om mense bewus te maak van die absolute miskonsepsies wat aan mense voorgehou word t.o.v. die gebruik van sommige middels in hul voedsel en drank.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 15:56:36 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dankie, Chris.  Nou voel ek sommer beter oor my Tab, en kunsmatige versoeter in my tee en oor daai ekstra sout wat ek oor my kos gooi.   Colin sal eerder sy drankie skoon drink as om Tab by te voeg, hy weier, dit moet regte Coke wees.  Maar sout!   Hy sit behoorlik met 'n soutpotjie van sy eie langs hom as hy eet en bly sout byvoeg.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 16:13:54 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Ek lees ook al hierdie studies en verstom my as ek na die bontspringery kyk. Eers was dit eiers,toe rooivleis en so gaan dit aan,net om later te se sorry ander studies wys nou anders. My geloof is nou maar om te gebruik wat beskikbaar is,solank elke item net MATIG gebruik word. n Oormaat van enige ding het gevolge.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 16:20:19 pm
Anonymous

Beste is, drink maar eerder Energade of Powerade. Ek was ook baie lief vir Coke, maar nee dankie, nie weer vir my nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 16:20:29 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 728
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Jammer - vir daardie sommetjie oor die tafelsout-inname moes die gewig vir 'n gemiddelde mens 70 kg wees en nie 50 kg nie. Die 231 gram sout is gebaseer op 'n massa van 70 kg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 16:41:57 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1062
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Koos, die skotse whisky mense beveel daai druppels aan om die geur los te maak.   Hulle wil ook nie ys in dit sien nie.  Dis soos die brandewyn mense wat gril vir die gedagte aan iets soos Coke in daai 3, 5 of 10jr oud  sopie.   Met dit word die hele stook en verouder proses met die smake wat dit na vore moet bring, vernietig.

Maar ek skryf nie voor nie.   Gebruik dit soos dit vir jou genotvol is.   Die Namibiërs gebruik dan ook Coke in Whisky - dis nou rof maar dan het hulle minder water as ons !!!

groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 16:42:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Beste is, drink maar eerder Energade of Powerade. Ek was ook baie lief vir Coke, maar nee dankie, nie weer vir my nie. 


Kyk na Paul se tabel hierbo ......Powerade bevat ook maar baie suiker
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2016 @ 18:57:49 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Whisky met n soda loop mooi, Branna werk ook met soda vir my.
Kan my nie indink om n Captain met enigiets anders as Coke af te sluk nie. As jy hom reg gooi, maak hy so skuimspoor teen die glas, pure genot.
Nou waar val n Black Label op die tabel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 07:02:59 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

 

No Tab?????

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
28 Sep 2016 @ 07:25:30 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1969
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Stem saam met Piet Goosen. Matigheid!!!!  Na 20 Comrades marathons en Dusi's, Argus fiets toere bly die beste maar steeds coke en water. My beste comrades is gedoen met coke en water en drie sakkies "cornsyrup". Tim Noakes verander gedurig wat goed is en wat nie. Selfs hierdie jaar se dusi het die juniors wat gewen het slegs coke gebruik. Al die duur produkte wat op die mark is is geld mors.     

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 07:28:02 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1062
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

David,   No Tab = No Sugar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 09:08:48 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6342
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Praat met die captainlaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 09:57:37 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5577
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Surette sê ook vergeer die suiker kyk va nie ander bymiddels soos Caramel. 

Hou net matigheid voër oë. 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 13:46:36 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5583
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
J & B loop ook lekke met ginger ale.

Ag nee wat. Drink and be happy.

A.g. v. Die advert van Antagolin op die binnelanders vra ek toe my dokter vriend. Seg hy jip dis goed vir die insulien weerstandigheid. Beste is om alles matig te gebruik.
Seg die man ve my om op my ouderdom met maag oefeninge te begin. Ga.. ek sukkel al jare der jare om hom in hierdie toestand te kry en nou moet ek hom afwerk.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 14:43:04 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

No syrup - no sugar????

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 18:16:10 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 35 years
Sal nogal interesant wees om te sien of hulle Tab en die ander suikervrye koeldranke ook gaan suiker belas. Jare terug op die grens was Brandewyn so goedkoop dat jy n enkel Coke gegooi het en opgevul het met brandewyn. Ek mis daardie tye.
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 19:58:50 pm
Andal
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 6 years

Al is dit droogte, probeer eerder bietjie water..

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2016 @ 10:35:41 am
JohanJ
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 173
Joined: 09 Jan 2014
Experience: 30 years
Nee wat.. niks so lekker as 'n coke... verkieslik in a glas bottel ( nie soos hier in die noorde in plastiek bottels ... op pad Kaap toe by die eerste platteland dorp in die Karoo koop ek my eerste coke in 'n glasbottel ('n koue stoney in a glas bottel net soo lekker)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2016 @ 08:40:34 am
Jakes
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 30 May 2016
Experience: 25 years
Solank jy n dubbel skink en die glas vol ys maak voor jy die Coke bygooi proe almal dieselfde - en die suiker inname word beperk!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb 2017 @ 13:49:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Iemand grap nou die dag en s sy liefdeslewe is soos COKE....eers was dit lekker....toe was dit LIGHT....en nou is dit ZERO..😆😎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2018 @ 13:46:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Is ek reg as ek sê n 2liter Coke word nou met 'n addisionele R2.77 belas?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2018 @ 07:13:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dan is daar geen ekstra belasting op Coke Zero nie want dit het niks suiker in nie.

Moet die pryse dop hou in die winkels.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2018 @ 08:54:54 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 352
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Baie dankie Chris vir die inligting! Was vir jare lank vertel deur albei my skoonsusters om weg te bly van kunsmatige versoeters en gaskoeldranke soos Coke wat aspartame bevat, aangesien dit verseker kanker veroorsaak en tot jou dood kan lei...
Ironie van die saak is dat hulle albei stook soos stoomtreine teen 'n steil bult.... Nou hoe nou??
A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2018 @ 09:02:46 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat iemand my vertel het is dat hierdie artificial versoeters n groot aanhitser is van Alzheimer...weet nie hoe waar dit is nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2018 @ 09:37:59 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1409
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Wat iemand my vertel het is dat hierdie artificial versoeters n groot aanhitser is van Alzheimer...weet nie hoe waar dit is nie?



Ek verneem van myn vrouw, dat dit wel so is.
Waaroor was dit nou weer?

Vrou het onderwerp diep gaan Google, nou drink ons water.
Moet sê, dit is beter om gewone Coke matig te gebruik, gegewe jy aktief is (suiker is vinnige koolhidraat wat energie gou vrystel), as om matig asparteme in te kry.
Dit is natuurlike versoeter (suiker) teen chemiese trickery (asparteme) om jou soet te laat proe.
Vriende het dieet kola gebruik. Sy vrou het begin anders optree en daar is vasgestel dat die volume asparteme wat hulle ingekry het, tot haar gedragversteuring gelei het. Hierdie persoonlik sien gebeur.
Die kunsmatige versoeter gelos, probleem binne 'n week uitsorteer.
As jy suiker wil uitsny en van soetsmaak hou, gebruik eerder stevia gebaseerde versoeters sonder asparteme. Stevia is 'n natuurlike versoeter met minder kalorieë as rietsuiker en kom van die stevia plant.
Selati het 'n stevia gebaseerde versoeter op die mark.
(Beide self en vrou het in die suikerbedryf gewerk)
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2018 @ 07:47:06 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 352
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Gebruik tans self die "EETLESS SUGANON" wat geen Aspartame of "Cyclamates" bevat nie. Moet net bysê dat ek al 'n paar van diê tipe versoeters probeer het, maar elkeen los maar 'n nasmakie in die mond - niks kan ooit die regte ding vervang nie... Suganon kom naby.
Sou dit dan nou die Aspartame in hierdie kunsmatige versoeters wees wat moontlik Alzheimers kan aanhits?
A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2018 @ 14:09:52 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1409
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
Gebruik tans self die "EETLESS SUGANON" wat geen Aspartame of "Cyclamates" bevat nie. Moet net bysê dat ek al 'n paar van diê tipe versoeters probeer het, maar elkeen los maar 'n nasmakie in die mond - niks kan ooit die regte ding vervang nie... Suganon kom naby.
Sou dit dan nou die Aspartame in hierdie kunsmatige versoeters wees wat moontlik Alzheimers kan aanhits?


Joe
My vrou is erg ingelig oor hierdie goete aangesien sy onder andere met voedselveiligheid gewerk het in die suikerbedryf.
Sy bevestig dat sy deur Dr Google op inligting afgekom het wat die verband tussen asparteme, alzheimers en baie ander siektes bevestig.
Natuurlik ontkenning in die betrokke bedrywe.
Ons had hier op die forum ook die inligting ontvang dat die volumes asparteme wat jy deur koeldrank inkry te min is vir negatiewe impak.
Baie kenners verskil hieroor.
Die een wat sin maak korreleer die langtermyn inname van klein hoeveelhede asparteme ook met negatiewe effekte op die liggaam. Blykbaar te doen met die mikrobiologise veranderinge in die lyf en die deurmekaarkrap daarvan deur die vreemde stowwe asook opbou daarvan as gevolg van beperking op die onmiddelike uitskeiding daarvan uit die liggaam.

My kop is te klein vir die goed, daarom vra ek maar de vrouw.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2018 @ 06:56:36 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 352
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Dankie Pottie, lyk my dan is die enigste/ veiligste oplossing om aspartame en daai klas van goete maar heeltemal te vermy om die langtermyn gevolge daarvan vry te spring. Mens kan seker nooit te versigtig wees nie né.
A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2019 @ 20:26:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Op n lid se fb blad gesien....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2019 @ 20:28:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Op n lid se fb blad gesien....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2019 @ 21:43:49 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dankie vir die inligting. Net baie baie bekommerd want ek gebruik sweetners laat die rook trek, tee , koffie, etes you name it.

Tab is my keuse, het al die ander al gebruik en hou my uit die slaap uit. Met TAB slaap ek beter. Te veel suiker is gif bo alle twyfel. Gesondheids probleme kom soos n dief in die nag dan kom spyt te laat. Ek preek nie ek ek state facts.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2019 @ 07:22:58 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 352
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Interressante kombinasies...wonder hoe smaak dit? Verkies maar nog steeds om my spek en knoffel te eet pleks van te drink.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2019 @ 07:32:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nee wat dankie.

Ek hou by Coke Zero.  En as ek dit reg kry drink ek eerder water. Of water met Slimsy aanmaak koeldrank.  Gaan goed in die week maar dit sukkel maar as die naweek aanbreek en veral as ons kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2019 @ 07:39:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13052
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat van n Coke en Bacon vir ontbyt?

Miskien is daai garlic Coke gemaak vir mix.....dan kan mense nie ruik jy het gedrink nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2019 @ 13:42:47 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As ek so kyk na die name op die Coke blikkies wonder ek wie se naam is Bacon of Garlic.

 

Ha ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2