English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 282
Total Replies: 230 205
Total Views: 82 387 150
topics: 10 832
replies: 124 989
views: 38 861 109
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sleep voertuig

replies: 22
views: 423
16 Sep 2019 @ 07:35:10 am
DANIE V T
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 06 May 2015

Goeiedag mense ek wil n sleep voertuig koop kyk na die Ford 2.2 XL of XLT ses spoed maar ek sien jy kry hul met n automatiese ratkas ook. Wat stel jul voor om lekker te sleep Automaties of Manual ratkas. Jul insette sal waardeer word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 07:48:07 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4253
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek ken nie die voertuig maar ek glo baie mense is gedoop en verkies die automatiese model. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 08:16:35 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek verkies auto seker om dat  ek nou oud word

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 08:27:35 am
Elleebee
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 02 Apr 2013
Experience: 40 years

Ek verkies auto seker om dat  ek nou oud word

stem saam 100%. automatic is the way to go - you can also override and change manually if you so wish

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 08:37:05 am
Fransie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 06 Mar 2014
Experience: 5 years

Hi

 

Ek het die auto, maar sleep slegs met die Manual override.  

Lekker hiervan is dat ek ratte kan verander sonder om my spoedkontrole te affekteer.  Met die manual, skakel die spoedkontrole af elke keer as jy die koppelaar trap.

Sover, nog net gelukkig met die voertuig.

WERK SE MOER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 09:16:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek was bevooreg om nou al met beide manual en auto ratkaste te sleep.  En ek sal by verre weg die Auto box aanbeveel.  Die sleep gevoel is soveel beter en gemakliker met die dat die voertuig self die gepasde rat kies.

Ek sleep wel my wa met die 3.2 ranger maar behalwe dit is dit soos Francios sê........... Jy kies die "SPORT" mode met die rat hefboom en skakel die speedo cruise aan die res doen die voertuig self.  As jy voel jy wil hê die voertuig moet 'n rat op of af wissel kan jy hom help deur self 'n rat op of af te kies.

Met manual wonder jy of dit goed is of die voertuig in 6de rat kan sleep.  Met die auto box skakel hy dit self en sal die voertuig dit nie doen as die torque vir daai rat te hoog is nie.  So voertuig beskerm homself.

Ja hy kos so effe meer maar dis uit en uit die moeite werd.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 09:37:05 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Hi

 

Ek het die auto, maar sleep slegs met die Manual override.  

Lekker hiervan is dat ek ratte kan verander sonder om my spoedkontrole te affekteer.  Met die manual, skakel die spoedkontrole af elke keer as jy die koppelaar trap.

Sover, nog net gelukkig met die voertuig.

Ummmm...dink nie jou Auto het 'n koppelaar om te trap nie? Hoop jy bedoel die rempedaal? Terloops die Ranger se auto ratkas het 'n sg. Sport mode waar die ratkas 'n rat langer hou voordat hy oorskakel. Dit word ook deur Ford aanbeveel as jy sleep. Dan doen die ratkas alles en maak net seker die neus wys in die regte rigting!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 10:07:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jorg ek dink wat Francois bedoel is in die "Sport" mode wat jy tereg noem kan jy die ratte fisies verander deur die rat hefboom vorentoe te druk om terug te rat of agter toe om op te rat.  Die ratkas bly dan in daai rat wat jy gekies het.

Om hom dan uit "manual mode" uit te kry sit jy hom terug in gewone auto en dan weer in sport dan is alles weer vol auto.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 10:17:36 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Hi

 

Ek het die auto, maar sleep slegs met die Manual override.  

Lekker hiervan is dat ek ratte kan verander sonder om my spoedkontrole te affekteer.  Met die manual, skakel die spoedkontrole af elke keer as jy die koppelaar trap.

Sover, nog net gelukkig met die voertuig.

Wat ek lees Fransie se.....

N Manual ratkas skakel die spoedkontrole af as jy clutch intrap en dis 100% korrek

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 10:34:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat ek lees Fransie se.....

N Manual ratkas skakel die spoedkontrole af as jy clutch intrap en dis 100% korrek

Stem saam dit is 100%

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 10:52:37 am
Charldp
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 20 Aug 2019
Experience: 30 years

Goeiedag mense ek wil n sleep voertuig koop kyk na die Ford 2.2 XL of XLT ses spoed maar ek sien jy kry hul met n automatiese ratkas ook. Wat stel jul voor om lekker te sleep Automaties of Manual ratkas. Jul insette sal waardeer word.

Hi Danie, Ek sleep met die 2.2 XLT Auto en my wa is n Conqueror companion (bietjie swaar). Die bakkie sleep baie gemaklik. Ek sit hom in sy "sport mode" en gebruik die "trip tronic mode". Dit help jou om jou eie ratte te kies wat dinge net makliker maak. 

Ek het ook al met n hand rat gesleep en daar is geen probleem nie. Ek het slegs die auoto gekies oor my daglikse verkeer wat ek moet ry. 

 Hoop dit help. 

STOP and smell the camp fire :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 13:34:49 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ons het `n hand rat en sou sê outomaties is beter. Het geen problem maar is nog maar altyd bang vir `n clutch brand teen helings met `n wa agter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 13:39:33 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1756
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

n toll plaza met baie verkeer en dit teen n heling maak clutch brand so maklik as om uit n boom te val met n hand rat.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 13:59:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Machadodorp se tolhek is so clutch brand tolhek veral in Paasnaweek tye.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 14:38:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het ook al met handrat en auto gesleep.

My tweede auto.

 

Auto is beter.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 16:38:03 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Wat ek lees Fransie se.....

N Manual ratkas skakel die spoedkontrole af as jy clutch intrap en dis 100% korrek

Uiteraard. Maar hy was besig om van manual oorskakel in die outo ratkas te praat toe hy verwys na manual en clutch intrap....het vir my gelees asof hy nog besig was om van die outo ratkas te praat....ek is maar pedanties as dit by sulke goed kom .... in Alice in Wonderland sê die Mad Hatter mos "you must say what you mean and mean what you say" :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 16:44:21 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 880
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Het al met alby gesleep. Verkies auto sonder twyfel.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 20:59:01 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1756
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Machadodorp se tolhek is so clutch brand tolhek veral in Paasnaweek tye.

Presies waar ek myne gebrand het. R25 000 later by Hyundai.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 06:14:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Presies waar ek myne gebrand het. R25 000 later by Hyundai.

Ek het iewers 'n foto waar die rooi ligte van die voertuie so lang slang maak teen die steilte op vroeg oggend toe dit nog donker was.

Kyk dit was 'n trip en 'n half daai.  Nie weer nie. Ry eerder 3 dae voor die tyd.

 

Dan hopenlik ry almal nie nou drie dae voor die tyd nie............................laughinglaughing

Back to the topic...................... Auto box makes towing a breeze! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 08:07:36 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13795
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het nog nooit n automatiese kar gehad nie....so inligting is vir my ook lekker om te lees. Ek dink die feit dat koppelaars klaar gery word het ook te doen met bestuur styl. Ek is met huidige handrat Ranger al 5x langnaweke deur daai tolhek terug vanaf KNP en koppelaar is nog fine. Maar info wat julle hierbo gee klink goed om automaties te oorweeg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 08:51:39 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ek moet erken ek het nog altyd met handrat gesleep (Nissan X-Trail, Suzuki Grand Vitara) en dit hoogs aanbeveel ......... Toe koop ek my eerste Diesel voertuig en dit nog outomaties ook - VW Touareg TDi V6. Nou besef ek wat ek vantevore gemis het ......

Hierdie "Geit" van my sleep die "Pophuis" met gemak, snelheidsbeheer aan - te lekker! Al die pad Namakwaland toe gesleep en terug (blomme toer - sal later verder berig lewer oor ons "trippie"). Die enigste tye waar ek oorgegaan het na self-skakeling was met baie steil afdraendes waar ek nie die remme wou ooreis nie. In totaal 3304 km gesleep, waarvan so 200 km sonder die karavaan was, teen gemiddeld 11,5 l/100 km - waar wil jy beter kry? 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:22:01 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek moet erken ek het nog altyd met handrat gesleep (Nissan X-Trail, Suzuki Grand Vitara) en dit hoogs aanbeveel ......... Toe koop ek my eerste Diesel voertuig en dit nog outomaties ook - VW Touareg TDi V6. Nou besef ek wat ek vantevore gemis het ......

Hierdie "Geit" van my sleep die "Pophuis" met gemak, snelheidsbeheer aan - te lekker! Al die pad Namakwaland toe gesleep en terug (blomme toer - sal later verder berig lewer oor ons "trippie"). Die enigste tye waar ek oorgegaan het na self-skakeling was met baie steil afdraendes waar ek nie die remme wou ooreis nie. In totaal 3304 km gesleep, waarvan so 200 km sonder die karavaan was, teen gemiddeld 11,5 l/100 km - waar wil jy beter kry? 

Veral met al daai gemak en krag. Daai Volla is 'n lieflike voertuig, kan net dink hoe moet die V10 sleep.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 10:36:57 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek het iewers 'n foto waar die rooi ligte van die voertuie so lang slang maak teen die steilte op vroeg oggend toe dit nog donker was.

Kyk dit was 'n trip en 'n half daai.  Nie weer nie. Ry eerder 3 dae voor die tyd.

 

Dan hopenlik ry almal nie nou drie dae voor die tyd nie............................laughinglaughing

Back to the topic...................... Auto box makes towing a breeze! ! ! ! !

Was ook in daai lang verkeer, 23uur 55min aaneen ry.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required