English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 755
Total Views: 83 245 953
topics: 11 573
replies: 139 193
views: 39 341 225
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Elektriese voertuie

replies: 83
views: 1011
page 2 of 2
08 Nov 2019 @ 19:08:48 pm
Anonymous

Type of connectors and the charges to recharge R4.41 /kWh.

Wonder what the cost would be to fully charge a car from 0 to 100 %  I suppose it would be based on the battery capacity?

Perhaps some of the clever people can elaborate.

 

Charge car battery

 

I will definitely make solar powered "recharge" stations to charge cars at R4.40/kwh... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2019 @ 19:49:53 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Brian, Where does this info come from?  If this i estimated prices for South Africa, I am afraid as other members said, this project is born dead.  Off course, if you recharge at home, the cost will be substantially lower, but nobody will be able to use their cars for long distance travel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2019 @ 20:28:26 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Brian as you said it depends on the batt size. I hope the price per unit of power is wrong as paying the station owner to make a 100% profit can only happen in ZA. Such ventures come down to robbery. Sorry for those who bought EV and have to charge away from home. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2019 @ 22:41:34 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Brian, Where does this info come from?  If this i estimated prices for South Africa, I am afraid as other members said, this project is born dead.  Off course, if you recharge at home, the cost will be substantially lower, but nobody will be able to use their cars for long distance travel.

Fred from the link to the map of the charging stations I posted. Zoom into the map and click on one of the locations that window then pops up

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2019 @ 23:31:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hoe ver sal n gemiddelde kar kan ry op n 1kw/h charge?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2019 @ 00:32:20 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Geert volgens 'n toets met die Tesla sedan wat 'n 1300kg woonwa gesleep het teen omtrent 80km/h het dit sowat 2.1km gery vir elke kwh. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2019 @ 08:28:18 am
Anonymous

AS ek dit reg het is dit dus sowat R2 per km?

En as ek R16 per liter brandstof vat, en sleep my karavaan dalk teen 12.5L/100km wat so 8km/Liter is, teen R16 per liter is dit ook mos maar R2 per km?

En as jy 8km/L kry is dit nogal lig, hiers manne wat praat van 7 en 6km/L... Dan klink die som juis anders..

Weereens, iemand moet sy kragstelsel opstel, daar is kostes, dit moet betaal word, so die profyt is nie 100% nie.

Daar is verliese in laaiers, daar is aanvanklike kapitaal uitleg, daar is mense wat betaal moet word en instandhouding, R4.40 per kwH is nie so erg nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2019 @ 14:02:00 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Pieter ek stem saam die koste moet verhaal word maar gewoonlik verhaal mens die koste oor 'n lang termyn. In Jaquar se geval het hulle die R30milj betaal vir hul stasies.

Ja dit blyk nie ekonomies te wees as mens wil sleep nie want dan gaan mens 'n laai stasie benodig binne 250km en hulle kan dalk verder van mekaar af wees. Soos die artikel juis aandui dat as meer as 1 voertuig gelyk opdaag raak dit 'n bottelnek. So dis nou maar 'n begin.

Geert as mens na Jaquar se syfers kyk het hulle 'n 470km afstand deur die 90kWh battery leeg te maak wat dan 5km per kWh sal lewer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2019 @ 16:48:51 pm
Anonymous

Pieter ek stem saam die koste moet verhaal word maar gewoonlik verhaal mens die koste oor 'n lang termyn. In Jaquar se geval het hulle die R30milj betaal vir hul stasies.

Ja dit blyk nie ekonomies te wees as mens wil sleep nie want dan gaan mens 'n laai stasie benodig binne 250km en hulle kan dalk verder van mekaar af wees. Soos die artikel juis aandui dat as meer as 1 voertuig gelyk opdaag raak dit 'n bottelnek. So dis nou maar 'n begin.

Geert as mens na Jaquar se syfers kyk het hulle 'n 470km afstand deur die 90kWh battery leeg te maak wat dan 5km per kWh sal lewer.

Ek moet nou R10miljoen+ invest en moet dit oor hoe lank opmaak? Ag neewat dan hou die geld in die bank en verdien dadelik rente. Geen besigheid werk oor lang termyne nie, dis wanneer hulle toemaak. Jy moet van get go begin kostes delg om rente (as finansiering van toepassing is moet rente nog ook bykom) en jy moet lopende kostes kan betaal. Jy moet basies meer maak as wat die bank jou sou gee. Baie meer, vir al die moeite ens. Anders werk ekonomie nie.

As mercedes elke 5 tot 7 jaar 'n nuwe een uitbring, is die termyn om geld te maak letterlik 3 jaar. Nie lang termyn nie, 3 jaar. Besighede wat op solar invest, moenie geld maak oor lang termyn nie, dit moet in 5 - 7 jaar afbetaal wees, nie langtermyn nie, 5 - 7 jaar.

Gaan kyk na die winste op voertuie, op karavane, ens, hulle maak NOU hulle geld, nie lang termyn nie, nou... Salarisse moet betaal word, geboue, masjiene ens. Eienaar moet ook wins trek teen meer as wat bank sou kon gee of ander belegging.. Tans is jou goeie beleggings rondom 12-15%. Jy moet dit beat by verre of jy mors jou tyd

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2019 @ 20:09:33 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As jy 'n onderneming begin met 'n aansienlike kapitaal, doen jy vooraf baie navorsing en stel 'n langtermynplan op.  Jy kan onmoontlik verwag dat jy van dag een af wins gaan maak op 'n 30MR belegging. As jy daardie soort geld het is banke in elkgeval nie jou voorkeurbelegging nie.  Jy belê net eenvoudig nie honderde miljoene op 'n vastetermynbelegging oor drie jaar nie- jy wil baie beer as die moontlike 8%pa maar aan die einde van jou projek. Die berekening word dus oor 'n sekere tyd, sê maar vyf of tien jaar of selfs aansienlik langer  gemaak.  Takealot is reeds jare aan die gang en maak steeds nie wins nie, maar dit ontstel hulle nie- dis so beplan. Netso sal 'n myn wat honderde miljoene kos om te ontwikkel, of 'n motorfabriek wat 'n nuwe model op die mark stoot, eers na 'n aantal jare gelykbreek en dan begin wins maak.  Maar dis alles in die berekening.  As 'n ondernemer dit nie kan hanteer nie, sal hy nie betrokke raak nie.

Dis natuurlik heeltemal anders as jy 'n klein eenman onderneming vanaf jou huis begin bedryf met 'n minimale kapitale belegging.  Dan wil jy, nee, dan moet jy vinnig gelykbreek en begin wins maak want jy het waarskynlik nie juis 'n reserwe nie, so dis dryf of sink van die begin af.  Ek glo meeste sulke klein ondernemers het nie 'n langtermynplan gehad toe hulle begin het nie, maar dit verhinder hule nie om suksesvol te wees nie.  So 'n persoon ken sy bedryf en as hy goeie werk lewer, sal sy onderneming groei.

Dit beteken ook nie dat mense wat klein begin, klein bly nie.  Dink maar aan die hardeware onderneming naby OR Tambo, ek dink die naam is Noah's Ark.  Hulle het begin brandhout vanaf 'n bakkie verkoop en het gegroei tot een van die land se grootse hardeware ondernemings.

gin het nie, maar dit maak nie te veel saak nie- hulle ken waarskynlik hulle beroep en as hulle 'n goeie reputasie opbou, volg die uitbreiding mettertyd. En dis nie te sê hule by klein nie.  Dink mar aan die houtonderneming naby OR Tambo, ek dink dis Noahs Ark.  Hulle het begin brandhoud vanaf 'n bakkie verkoop en is vandag een van die grootste hardeware ondernemings in die and.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 11:54:12 am
Anonymous

Die punt wat ek gemaak het, is as dit jare en jare moet neem om wins te maak, dan los mens dit.. Jy sit ook nie daai geld in vir net 8% nie, en nee daars banke en ondernemings wat meer bied tussen 13 - 15% wat meer aantreklik dan is as om besigheid te doen vir mense wat suinig is nie.

Moenie myne onderskat nie....... Hulle maak baie goed vinnig geld... Veral in die verlede.. 

Mense bele nie geld in iets wat nie groot geld in gouer tyd maak nie. As jy 30jaar horison het, mors jy jou lewe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 16:02:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek bekyk vandag hierdie charger by n sentrum naby my.....nie lank nie dan gaan hulle daai kabels wat vanaf charger na jou kar gaan begin steel. Net 1x sny en jy het n hele klomp kg koper....daai kabel is dik en swaar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 19:45:32 pm
Anonymous

Ek bekyk vandag hierdie charger by n sentrum naby my.....nie lank nie dan gaan hulle daai kabels wat vanaf charger na jou kar gaan begin steel. Net 1x sny en jy het n hele klomp kg koper....daai kabel is dik en swaar

Mens moet kan laai op ander manier, soos die wireless laaiers van selfone. Jy moet letterlik jou kar net op die platvorm trek en dan laai dit.. Sal kabels vermy in SA

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 21:23:18 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Na ons bespreek het hoe 'n "hybrid" slegs laai as dit ry en die batterye nie ekstern gelaai kon word nie kan ons ook die Range Rover by die Toy Pruis plaas. Sy laaiprop sit in die sierrooster - oulik sou ek dink.

Die RR kan omtrent net 50km op batterye alleen ry. Die brein laat dit egter baie moeilik toe.

In sekere omstandighede kan dit tot 29km/L kry en is petrol/elek aangedrewe.

7kW aan boord laaier is ingesluit - sien regs bo op die foto.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:38:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het weer die Weg Ry en sleep no30 gister aand deurgeblaai.  Daarin het Ford 'n nuwe Mustang E bekend gestel.  Die artikel praat van 'n hopelose poging van Ford om basies 'n agterstand in die E tegnologie area in te haal of eerder te begin.

Baie mooi kar en onmiddelik 'n 4 deur gesins motor eerder as 'n sport 2 deur motor.

Agter of nie lyk my al die vervaardigers weet dat die E karre die toekoms is.  Sal maar sien wat gebeur gedurende die jaar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 14:07:07 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek kry die jitters by my rugstring af as ek dink aan elektriese motors.

Niks beter as die brul van n V6 of V8. 

Die elektriese karre is nou nog redelik stil maar ek dink soos hulle ouer gaan word gaan dit voel of jy by ouma sit terwyl sy naaldwerk doen as jy ry.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 19:53:59 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Nee wat John om in die stilte van masjien geraas te ry is te lekker. Ja op die regte tyd is dit lekker om die V8 te hoor. Ek self kan nie help as om te kyk of langs so motor te ry want dit klink so mooi. Dis seker al tyd wat ek dink sjoe maar hierdie ou moet dit geniet om sy Toy te ry. Ek sien nogal 'n paar ou helse stamperige Hiluxe met Lexus enjins in. Maar ja saam met dit is dit moeilik om te kies tussen die geknetter van 'n warm turbo en 'n V8.

Die gebrek van enjin geraas is dan ook een van 2 dinge wat vir my net meer "luuks" is vir my ou Landy as ek bv in iemand anders se SUV of DC klim en 'n ent ry. Natuurlik nie alle DC en SUVs nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 21:54:51 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Danie jy is heeltemal reg. Ek hou ook van stilte in normale bestuur want dit wys kwaliteit bo alle twyfel. Maar wanneer jy hom terug trek 2e of 3e toe en daardie V6 of 8 word wakker met n onderaardse gegrom wanneer jy hom poeier gee is net n nugget feeling wat my baie plesier gee.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 22:28:06 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 289
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 32 years

Ek vat bv die elektiese motorfietse Elek SA waaroor ons onlangs gesels het.  Ek dink regtig om so iets aan te skaf om werk toe mee te ry.  Want daar is 'n model wat op die pad geregistreer kan word. Teen R40 000.

Met daai geld kan ek naasteby drie Jonway scooters koop met brandstof verbruik van 22km/l.

Die krag pak vervanging van daai E motorfiets is R12000 as ek reg onthou.  Ek gaan redelik ver kan ry met R12000 se brandstof op drie scooters. En dit aan een met ongeveer 10min branstof aanvul tyd tussen in.

Dan seker die krag verbruik vir laai van battery, tyd wat dit neem, so ja mens moet eintlik baie meer detail navors om vergelyking te maak.

Vinnig gesê die batterye het nog so bietjie tegnologie  nodig om my by die elektriese kant uit te bring.

Leon

Ek stem saam jou. Daar is baie meer faktore en kostes wat ingedagte gehou moet word. Die charger gebruik krag wat duur is en 'n koolstof voetspoor soos 'n olifant het. Assuransie is ook hoêr a.g.v. baie hoër brangevaar. Die alternatief vir binnebrand motors gaan oor besoedeling en nie beperkte olie voorraade nie.

By die Platinum Week in London 3 jaar terug was dit net elektiese motors en binnebrand motors gaan binnekort geskiedenis wees. 'n Professor van Japan het 'n lesing gegee en gesê sy regering het hulle 'n begroting van $100mil gegee om 'n alternatief te kry (elektries toe) vir binnebrand motors, want Japan se ekonomie kan nie bestaan met 'n ru-olie prys van meer as $60. Hierdie jaar was almal dood stil. Die analyst het nie hulle huiswerk gedoen nie. Dit gaan nog lank vat voor daar 'n werkbare goedkoop elektries motor gaan wees wat jou van Johannesburg na Kaapstad toe gaan vat sonder om oor te slaap.

Fuel Cell tegnologie is die werklike antwoord. Die produksie koste moet nog net afkom. Dit is "skoon" tegnologie wat waterstof gebruik as brandstof met geen besoedeling. Nie swaar batterye nie en die tenk vat die plek van jou branstof tenk. Baie fabrieke begin nou hulle eie krag vervaardig met die tegnologie. Waterstof is by baie fabrieke eintlik 'n afvalstof. Daar is reeds 'n waterstof pyplyn van Sasol by Sasolburg na Springs (Oosrand)met 'n goedgekeurde EIA om 'n waterstof "garage" op te sit.

As ons net ons mense kan leer motor bestuur en by die wet hou, kan bromponies 'n baie goedkoop alternatief wees vir stedelike vervoer soos in baie lande. My dogter bly in Bemuda en daar ry die meeste mense met 125cc bromponies. As jy nie 'n burger is van Bermuda mag jy nie 'n motor besit nie. Dit gaan om die verkeer minder te maak op die eiland.

 

 

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 22:33:10 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

John toe ek op skool was het ek bv amper elke plat kar se torsie en kraglewering uit my kop uit geken. Soos die jare aanstap het ander dinge my getikkel. Self toeskouer wees by tydrenne en baan wedren e moes maar 2e viool speel. Vandag kyk ek in die verbygaan as ek ry maar kom maar min in 'n vertoonlokaal. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 21:22:06 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 289
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 32 years

John toe ek op skool was het ek bv amper elke plat kar se torsie en kraglewering uit my kop uit geken. Soos die jare aanstap het ander dinge my getikkel. Self toeskouer wees by tydrenne en baan wedren e moes maar 2e viool speel. Vandag kyk ek in die verbygaan as ek ry maar kom maar min in 'n vertoonlokaal. 

Ek bly ook weg uit vertoonlokale, dit maak jou net jeuk waar jy nie kan krap nie ook nie kan bekostig niesealed

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 19:03:40 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek bly ook weg uit vertoonlokale, dit maak jou net jeuk waar jy nie kan krap nie ook nie kan bekostig niesealed

Dit is my swakheid. As ek n mooi Kar sien moet ek inhardloop en gaan ondersoek instel.

Destyds le ek in die Garden City kliniek. Soos die mense buite toe stap vir n smoke brake glip ek straat op en kyk na karre in vertoon lokale om net betyds terug te wees as dokter sy rondtes kom doen.

Die local dealerships by ons dink seker al ek is een van hul security guards do baie sien hulle my en my pelle wat my ken verstaan nie hoekom ek al ooit oorweeg het om liewer n car salesman te word.

Ek is net eenvoudig erg oor karre, trokke, sleepwaens. As Hy wiele het like ek hom

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 11:28:03 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

En so begin ons nader beweeg aan LI-ION tegnologie waar ons bv 'n 7kg battery vir movers en start van petrol voertuie kan gebruik i.p.v. die 28kg vir 'n 102Ah. Dus 20kg meer van die koues kan gelaai word. Die spasie wat dit gebruik is omtrent 50% wat 'n loodsuur sou gebruik. Dit kan teen 400A gelaai en ontlaai word. Dus binne 6 min is dit gelaai. Die koffie is nog nie eers op die tafel en die batterye is vol. Selfs 'n vinnige pulse lading kan gegee word @ 800A .

Leeftyd as dit tot net 80% v d beskikbare energie ontlaai word is 25 000 siklusse wat as mens 300km per lading kan ry goed is vir 7.5milj km. Nooit nodig om na die negatiewe kant te verwys wat betref die koste om batterye te vervang nie asook die lang tydperk om te laai. Nou moet daar nog net genoeg krag wees om dit te kan laai in die 6min tyd?

Die prys kon ek nie vasstel nie maar dit lyk besonders. Selfs vir alternatiewe krag kan mens die tegnologie baie goed gebruik.

Specs is vir die 37Ah model. Jammer dit lyk maar dof as mens dit oplaai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 15:28:47 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink ons is op die punt om in die elektriese motorbedryf te sien waarvoor ek gehoop het, naamlik 'n baie goedkoop elektriese voertuig.  Halfmiljoen rand voertuie met allerhande lastighede gaan net nie massas kopers lok nie. 

Mahindra het pas hulle Atom bekendgestel.  Dis 'n lelike klein bussie-agtige voertuigie wat vier persone kan huisves met 'n gereguleerde topspoed van 70k/u het.  Prys en reikafstand is nog nie bekend nie, maar die plan is om dit nog vanjaar in Indië op die mark te plaas. Ek hou duime vas.

Dis nie die soort voertuig wat juis in ons land veel byval sal vind nie, maar 'n mens weet nooit.  Wat wel vir my opwindend is, is dat dit 'n baie basiese voertuig is wat sekerlik baie goedkoop sal wees.  Die battery kan ook omgeruil word sodat jy nie hoef te wag vir die laaiproses nie.  

Daar is geen rede waarom die konsep nie vir 'n meer aanvaarbare ontwerp en hoër spoed ingespan sal kan word as dit eers bewys is nie.  Ek glo nog altyd die groot deurbraak sal kom met bekostigbare elektriese voertuie wat geskik is vir pendel en nie noodwendig vir lang afstande nie, en hierdie kan dalk net die katalisator wees wat ook ander ondernemings sal oorreed om die idee te volg.

Die huidige baie lae olieprys werk natuurlik negatief in op so 'n voertuig, maar dit is waarskynlik van verbygaande aard.

Sien https://www.motorbeam.com/mahindra-atom-ev-revealed-at-2020-auto-expo/

en

https://auto.ndtv.com/mahindra-cars/atom-electric

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 16:17:01 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Hierdie syfers bewys op 'n sedan EV dat mens deur die hele 400Nm en 150kW te gebruik so min as 18kWh gebruik wat teen R2 per kWh neerkom op R36 per 100km. Dis beduidend goedkoper as brandstof.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 17:48:27 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Toe ek vir die eerste keer gesien het dat die mense hier hulle eletriese karre “charge” in die openbare parkeer area terwyl hulle inkopies doen was dit vir my ongewoond    Daar is ‘n paar parkeerplekke waar jy jou kar kan laai, ek skat so 5 - 6 plekke , nou wonder ek hoe gaan dit oor 10 jaar lyk.?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 18:01:36 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Toe ek vir die eerste keer gesien het dat die mense hier hulle eletriese karre “charge” in die openbare parkeer area terwyl hulle inkopies doen was dit vir my ongewoond    Daar is ‘n paar parkeerplekke waar jy jou kar kan laai, ek skat so 5 - 6 plekke , nou wonder ek hoe gaan dit oor 10 jaar lyk.?

Hopelik teen daai tyd Kan jy jou Kar met wifi connection charge.

Te veel drade wat gebruik word om te charge gaan gesteel Kan word.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 20:06:45 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hopelik teen daai tyd Kan jy jou Kar met wifi connection charge.

Te veel drade wat gebruik word om te charge gaan gesteel Kan word.

laughinglaughing ............ veral hier in SA

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 21:32:43 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

In hierdie Hyundai kan mens van 'n normale muurprop (16A) genoeg laai per nag as jy sowat 60km per dag ry sonder om teen betaling by 'n ekstra sterk punt soos 'n herlaaistasie te herlaai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 21:49:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Met my kort geheue gaat ek elke more met my electrical cord en DB board die straat af ry. Gaat lyk soos daai "just married" sterte agter my Kar. 🤪

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 21:50:47 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Ek het gelees daar is nou ‘n nuwe petrol wat gebruik gaan word,ongelukkig kan ek nie onthou wat dit genoem word   Kan iemand dalk meer inligting gee?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 22:01:02 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek het gelees daar is nou ‘n nuwe petrol wat gebruik gaan word,ongelukkig kan ek nie onthou wat dit genoem word   Kan iemand dalk meer inligting gee?

Biofuels such as bioethanol (which can be used instead of petrol), are made from corn and sugarcane, whereas biodiesel is made from vegetable oils and animal fats.  Both replace non-renewable crude oil-derived fuels.  The best types are second generation biofuels which are produced from sustainable sources rather than those grown for food.  Many consider them the best medium term solution to sustainable fuels

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 2 of 2
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za