English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 132
Total Replies: 227 693
Total Views: 82 279 846
topics: 10 754
replies: 123 427
views: 38 807 448
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

LED hoofligte

replies: 23
views: 267
12 Sep 2019 @ 15:45:02 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek kyk vanoggend na my swaer se nuwe Honda SUV met LED hoofligte.  Dis 'n ry klein LED's wat in stroke langs mekaar geplaas is met elkeen sy eie weerkaatser, gladnie meer 'n enkele hol weerkaatser soos ons aan gewoond is nie.  Ek is 'n voorstaander van LED ligte aangesien dit lewer wat nodig is, naamlik lig en nie hitte nie.  Die LED tegnologie maak baie nuwe moontlikhede oop wat verbeteringe beteken, soos hierdie ligte op die Honda.  Ek oorweeg al 'n ruk om die LED hoofligstelle vir ons voertuie aan te koop, maar na 'n bloutjie wat ek 'n aantal jaar gelede met Xenonligte geloop het, is ek bietjie skrikkerig.  Ek weer ook nie of die LED lampies gaan inskakel by die nuwe voertuie se elektronika nie.  Hulle trek 35W teenoor die hoofligte se 55 tot 60 W wat kan  beteken die voertuig se komper kan dit sien as 'n foutiewe lamp. 

Hoe dit ookal sy, ek twyfel of ons oor tien jaar, selfs vyf jaar, nog kwarts-halogeen of Xenonligte aan nuwe voertuie gaan sien.  Die voordele van LED's is net te oorweldigend.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 17:37:49 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek sien dat 4x4 Direct LED lampe verkoop. Lyk of dit net inskroef. Ook al gewonder of dit probleme sal gee as jy dit op n nuwe voertuig wil gebreuk. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 19:41:42 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 101
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Die karavane met die LED Ligte agter gee probleme op sekere voertuie .Ons het gesukkel met n Volkswagen wou gladnie werk op karavaan se LED ligte .Die LED ligte trek temin krag moes toe weerstande insit .Daar is blykbaar nog voertuie wat dit doen .Die ligte op karavaan flikker lyk soos n aard fout .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 20:51:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die karavane met die LED Ligte agter gee probleme op sekere voertuie .Ons het gesukkel met n Volkswagen wou gladnie werk op karavaan se LED ligte .Die LED ligte trek temin krag moes toe weerstande insit .Daar is blykbaar nog voertuie wat dit doen .Die ligte op karavaan flikker lyk soos n aard fout .

Op my Ranger ook.....die flikker lig flikker baie vinnig. Ford het blykbaar iets wat jy tussen die konneksies sit by sleephaak wat weerstand gee en probleem oplos. Laas toe ek navraag gedoen het was dit R500

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 21:49:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7606
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dit bly maar n skoon helder wit lig.

Het lekker sterk spots ook op.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 07:13:14 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 536
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

My spots is by Nuweland afgesteel. Outsurance stuur my toe na 4x4 Megaworld toe om dit te vervang. Hulle sit toe twee verspotte 150 watt spots op. Dis totaal teen die wet! Ek sweer hulle maak n kol een kilometer vêr. As n kar nie voor my gee pad nie smelt ek sy nommerplaat af. Ek sal seker nie weer daai gloeilampies iewers kan kry nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 08:05:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die wet sukkel baie om by die nuwe tegnologie by te bly.  Ek is ook 'n voorstander van die LED ligte wat so min krag gebruik en steeds goeie lig verkaf.

Het klaar vir my weer 'n LED staaf gekoop. Moet hom nog net opsit.

Buiten dit dink ek die LED hoofligte wat deesdae uitkom verskaf baie beter beligting as die ou tipe gloeilampe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 08:18:25 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dankie vir die reaksies.  'n Ander ding waaroor ek wonder, is of die LED's wat jy sou gebruik in plaas van die standaard gloeilampies, wel deur die weerkaatser gefokus kan word.  Weet iemand dalk?  Die Xenon lampies wat as plaasvervangers verkoop word, werk nie so nie.  Hulle gooi 'n groot verspreide ligkol reg voor die kar wat jou amper verblind maar 50 meter verder is dit donker.  Dis met ander woorde uiters gevaarlik.  Xenons kan jy slegs met 'n lens fokus en ek wonder hoe LED's sal werk in bestande hoofligte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 09:41:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek hou maar by die lampe wat deur die vervaardiger geinstaleer is.  Het al voertuie van voor gekry wat mens half verblind maar soos jy nader kom gaan die "verblindheid" weg.

Kanse is seker goed dat hy nie die oorspronklike tipe gloeilampe in het nie.  Lig word dus verkeerderlik gedeflekteer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:23:49 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1295
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Oppas vir voertuie wat CAN-bus gebruik (dis die data bus wat alles beheer). In bv die Ranger se geval is daar 'n Body Control Module (BCM) wat alle hulpfunksies wat niks met enjin en ratkas te doene het nie beheer. Die blote vervanging van die standaard gloeilampies met LEDs lyk vir die BCM soos 'n fout en die "trip" dan die hoofligte. Kan dan slegs deur die handelaar weer aangesit word, net om na 'n ruk weer te trip. In die geval, dink iets soos 3 of so trips kan nog herstel word deur die handelaar se sagteware, daarna moet die hele BCM vervang word teen koste van 1000'e Rande. Mens kry wel sg. CAN-bus interface modules wat eers ingesit moet word wat die BCM gelukkig hou. Ekself sien egter nie kans vir die risiko nie en bly maar by standaard soos die tipper uitgekom het. Sou raai dat ander Ford modelle dieselfde argitektuur en CAN-bus gebruik. So ook oor tyd ander vervaardigers.....(CAN-bus is oorspronklik deur Bosch saam met Mercedes ontwikkel) Leon is ook reg wat die refleksie van die lig aanbeterf, die reflektor word ge-optimeer vir 'n sekere tipe gloeilamp en as jy dit verander kan dit verdere negatiewe gevolge hê

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:31:39 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 668
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Het gehoor van iemand (weet nie of dit waar is nie) wat met `n LED lightbar afgetrek is en die LED word afsonderlik getel as gloeilampe. d.w.s. as daar 20 LED`s is dan word daar 20 ligte getel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:41:16 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit lyk dus maar die veiligste om nie te krap waar dit nie jeuk nie.  Ek het nie oorweeg om die ligte op my Kuga te vervang nie- ek is bewus van die CAN komplikasies.  Ek wou dit op my vrou se ouer Corolla vervang wat nie so gesofistikeerd is nie.  Maar haar motor loop omtrent nooit saans nie, so dit is ook 'n klomp geld vir geen voordeel.  Ek gaan die ding net hier los.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:51:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het gehoor van iemand (weet nie of dit waar is nie) wat met `n LED lightbar afgetrek is en die LED word afsonderlik getel as gloeilampe. d.w.s. as daar 20 LED`s is dan word daar 20 ligte getel.

Enige iets om 'n boete te skryf of om koffiegeld te genereer.  Hy kan my maar die boete gee. Hy moet net seker maak hy lys die regte regulasie wat oortree is.

Want ek gaan hof toe soos wat gemaak is in Namibië.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:53:34 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

En met die klomp led liggies wat op Merc, Audi ens geplaas is. Wat van dit.  So dis reg ek sal my kans gaan waarneem in die hof.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 14:53:02 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 536
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek het verstaan dat LED ligte meer lig gee. Maar nie DISTANSIE nie.

En gepraat van. Ek lees dat Audi en Volvo voortaan nie DIM ligte gaan hê nie. Hulle gaan sensors op hê wat aankomende voertuie "sien" en dan draai hulle ligte outomaties weg van die aankomende kar. 

Ek wonder hoe gaan dit in die  stad werk met al die straatligte.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 14:56:05 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Danie, Ek woner darem of dit 'n feit is dat LED's nie ver skyn nie. Jy kry hierdie duur LED flitse wat 'n dun straal gooi so ver as wat 'n konvensionele motor se ligte.  As jy dit met 'n klein flits kan doen, behoort dit seker in 'n motor ook te kan werk.  Ek gaan bietjie oplees daaroor.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 15:05:33 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 536
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

In alle gevalle gaan dit nid oor die lig-bron nie. Maar oor die REFLEKTOR. Kyk maar na daai flits se hoog tegnologiese reflektor. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 15:13:06 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 536
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

N LED spotlight liggie pas in n 10mm reflektor. My kar se lig pas in n 150x130mm spesiaal ontwerpte reflektor. Net soos alle 55 watt ligte van ons karre vandag. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 16:30:10 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1845
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

So dit gaan my niks help om LED hoofligte in my 22jaar oue Bantam te sit nie. Ek ry baie min na donker met hom maar dit gebeur tog soms. Sy hoofligte is baie swak,seker maar omdat ek die Fortuner se goeie ligte gewoond is. Ek het nogal gedink om LED gloeilampe in die Bantam se hoofligte te sit net om beter saans te kan sien.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 16:52:34 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Die laaste drie maande ry ek elke oggend en aand in die Kalahari 4:30 in die oggend en kom so 7:30 in die aand by die huis.  Ek dink dat LED lig modifikasie een helse gevaar is. dit verblind die aankomende verkeer.  Ek is ook nie oortuig dat die lig beter is nie dit maak helder maar verbeter nie bruikbare lig nie.  Ek glo lens ontwerp gaan saam met die LED om dit meer bruikbaar temaak. om 'n LED saam met Helogeen lens te gebruik gooi jy jou geld in die water

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 17:55:00 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7606
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

LED spots gooi n mooi wit lig tot 450m.

Genoeg om als te sien.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 09:02:56 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Nee LEDs kan vrek ver skyn. Ekt 'n klein 10W LED hier met 'n lens wat ek kan verander tussen 45grade en 10grade. As jy daai 10grade lens opsit skyn ek 'n goeie wit kol wat buurman skuins oorkant straat se hele boom verlig en lyk soos 'n spotlight van 'n kar..

Die Fortuner en Hilux kom uit met LED ligte sowel as die RAV4, hulle het wat Toyota noem die BI-BEAM en man, ek koop nie weer 'n kar as dit nie met ordentlike ligte uitkom nie, en dis nogal wat ek hou van die Toyotas op die stadium, nagbestuur is nie meer 'n issue nie.

Koop 'n Ford en jyt swak ligte om mee te begin, was almal se klagtes sover en ook een van myne met die Mazda BT-50, dan moet jy gloeilampe vervang en en en.. En soos Fred noem, Ford se computers is so sensitief jy kan net mooi niks maak nie, dis so "gesofistikeerd" dat hul sommer blaas as jy ander ligte insit... 

LED ligte is 'n ander tipe ontwerp as jy die tegnologie wil gebruik. Jy moet jou lense aanpas ens om dit reg te laat werk.

 

Ek het vir my misligte vir die Fortuner LED replacements gekoop en gaan dit opsit, gelukkig is Toyota nie so sensitief vir dit nie, en sal ek die effek sien of dit werklik lig maak en of ek net die gewone lampe na die mooi wit verander (nie dat ek juis misligte mee ry nie - dis nie eers nodig nie....)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 11:53:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nee LEDs kan vrek ver skyn. Ekt 'n klein 10W LED hier met 'n lens wat ek kan verander tussen 45grade en 10grade. As jy daai 10grade lens opsit skyn ek 'n goeie wit kol wat buurman skuins oorkant straat se hele boom verlig en lyk soos 'n spotlight van 'n kar..

Die Fortuner en Hilux kom uit met LED ligte sowel as die RAV4, hulle het wat Toyota noem die BI-BEAM en man, ek koop nie weer 'n kar as dit nie met ordentlike ligte uitkom nie, en dis nogal wat ek hou van die Toyotas op die stadium, nagbestuur is nie meer 'n issue nie.

Koop 'n Ford en jyt swak ligte om mee te begin, was almal se klagtes sover en ook een van myne met die Mazda BT-50, dan moet jy gloeilampe vervang en en en.. En soos Fred noem, Ford se computers is so sensitief jy kan net mooi niks maak nie, dis so "gesofistikeerd" dat hul sommer blaas as jy ander ligte insit... 

LED ligte is 'n ander tipe ontwerp as jy die tegnologie wil gebruik. Jy moet jou lense aanpas ens om dit reg te laat werk.

 

Ek het vir my misligte vir die Fortuner LED replacements gekoop en gaan dit opsit, gelukkig is Toyota nie so sensitief vir dit nie, en sal ek die effek sien of dit werklik lig maak en of ek net die gewone lampe na die mooi wit verander (nie dat ek juis misligte mee ry nie - dis nie eers nodig nie....)

Dit wat jy sê rakende die swak ligte van 'n Ford is jou persepsie en is nie nood wendig waar nie.

Ek bv ry nou al twee Fords die afgelope 7 jaar. My broer trek by sy 4de een weens die baie kilos wat hy ry. My dogter se vriendin het 'n nuwe shape Fiesta.  My vrou het 'n ou Fiesta gehad. Vriende van ons ry met nog 'n Ranger en 'n Eco sport. 

Nie een van ons kla dat die ligte swak is nie.  Ja as ek bv spotlights op my vorige tipper gehad het en niks op die huidige nie sal die nuwe se ligte swak voorkom weens dit waaraan jy gewoond is.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 11:57:26 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek self hou baie van die LED's. Blote feit dat dit minder krag trek en kom ons noem dit moeite op die stelsel van die voertuig plaas.

Dit is maar 'n opleidings kurwe en aanpasing wat almal moet ondergaan weens die nuwe tegnologie.  

Ongelukkig dink alle Jan rap en sy maat nie noodwendig aan die verskille, opleiding en korrekte gebruik van bv halogeen en LED ligte nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required