English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 132
Total Replies: 227 693
Total Views: 82 279 849
topics: 10 754
replies: 123 427
views: 38 807 451
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Klein daklek / seel opsies - Sprite Swing

replies: 6
views: 101
12 Sep 2019 @ 07:57:37 am
Hennie1968
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 119
Joined: 26 Mar 2014
Experience: 6 years

More kampers.

Daar is n paar plekke bo die karavaan (nie die dak self) waar die seelaar (* so snoterige silikon gom gemors) wegtrek en oop is. Daar waar die dak uitgesny en geseel is. Ek weet nie hoe anders om dit te beskryf.

Wat is my opsies om te fix?

Haal ek al die ou (* gemors)  regrondom uit en seel met wat of patch ek nie op met wat?

We create opportunities to go camping.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 08:51:35 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hennie as ek reg is, is dit waarvan jy praat iets amper soos prestic.

Die beste manier is om dit alles te verwyder deur gebruik te maak van parafien.  Daarna moet jy die olierige /veterige laggie van die parafien verwyder deur spiritus of thinners.

Plak dan maskeer band weerskante van die las wat jy wil seel. Afhangende van die las se dinkte plus so 3mm na elke kant van die las.  Smeer dan die nuwe seelaar (sikaflex) wat UV bestand is op die las en trek dadelik die maskeerband af. Los die sikaflex verder om te set.

Let wel as jy die maskeerband eers na 'n rukkie aftrek kom van die reeds gesette Sikflax saam af en maak dit die las baie lelik.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 08:58:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die feit dat die een plekkie probleme gee is reeds 'n indikasie dat die res van die wa se seelaar nie meer goed is nie.

Ek sal jou aanraai om alles oor te herseel op bogenoemde manier.

Onthou Sikaflex/silicone seel net 'n kort rukkie bo oor ou sikaflex of silicone dan raak dit effe los en sit jy steeds met die lek.

Die sukses van die seel hang af hoe goed jy die ou seelaar verwyder het en die area SKOONGEMAAK het.  Soos ek reeds gese het. Parafien en vryf met lap haal oues af maar dis uiters belangrik dat die olierigheid van die parafien verwyder word.

Om voorbeeld te gee die skoonmaak en voorbereiding (plak van maskeer band) op hele karavaan neem ongeveer 'n dag en 'n half.

Die seel en aftrek van die maskeerband 30min.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 09:23:16 am
Hennie1968
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 119
Joined: 26 Mar 2014
Experience: 6 years

Dankie Leon, Ek gaan jou raad volg. Yes, daai stuff is soos prestic. 

We create opportunities to go camping.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 09:52:09 am
Hennie1968
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 119
Joined: 26 Mar 2014
Experience: 6 years

Die voorbereiding soos met alle take is die mees belangriskte en vat die langste. Soms stel mens uit omdat die voorbereiding so lank vat. 

Ek het so taak gehad nou. Ek moes die knotty pine vervang by kaggel wat vrot was. 5 jaar uitgestel en die week dit klaar gemaak. En nou is my vrou af my case. smile

We create opportunities to go camping.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 09:55:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sterkte met die joppie. Dis 'n naweek dan is alles weer tip top met die wa.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 12:20:53 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6381
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

As die vrou gelukkig is is dit Sha na Na Hennie

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required