English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 949
Total Views: 82 374 427
topics: 10 823
replies: 124 875
views: 38 855 742
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Weskus

replies: 10
views: 277
23 Aug 2019 @ 06:57:14 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Is daar besonder lekker plekke aan die Weskus. Dit is ‘n alternatief vir die suid Kaap. Was al by Augrabies, Goegap, en Leentjiesklip. Almal baie lekker. Ek begin vroeg beplan vir Oktober volgende jaar. Al die opsies smokkel  met my kop! Dankie

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 07:44:38 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 812
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 28 years

More ek dink Dwarskersbos was vir ons baie lekker gewees. Die ander plekke het ons nie getrek nie. Ook Rondeberg naby Clanwilliam.

Diederik Strachan
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 08:11:47 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Kyk bietjie op Flip en Tilla se website. 

Dalk kry jy daar iets of dalk kan Edge help.

Sterkte 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 09:16:01 am
Weskus klong
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 28
Joined: 10 Nov 2016
Experience: 35 years

Ons was die lang naweek by Rondeberg, Clanwillaim en ek kan dit sterk aanbeveel.  Probeer ook Club Elani, Misverstand dam 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 13:06:34 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14046
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Mc Dougalsbaai 2 km suid van Port Noloth.

Ek is mal oor daai plekkie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 14:29:30 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek is waarskynlik bevooroordeeld t.o.v. kampeerplekke teenaan die Weskus. Ek het al 'n paar besoek, maar tensy die Weskus onder jou vel ingekruip het en jy nie omgee vir 'n bietjie laer standaarde nie, kon die Weskus-oorde my nie "tickle" nie. Meer na die binneland toe kan ek egter met gemoedsrus The Baths by Citrusdal en Rondeberg naby Clanwilliam aanbeveel. Sanddrif in die Cederberg is ook 'n wonderlike bestemming, maar dan moet jy bereid wees om 'n hele ent gruispad te ry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 02:08:16 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Dankie Almal. Toevallig toe ons so twee jaar terug by Sanddrif was het hulle ‘n brand daar gehad net voor ons daar aangekom het. Die plek het sleg gelyk. Dit het seker nou herstel 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 10:12:24 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2468
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

'n Weskusoord wat ons besonder aangenaam vind, is Strandfontein naby Vredendal (daar is 'n soortgenaamde een in Valsbaai).  Die dorpie is nogal ietwat primitief maar met baie atmosfeer.  Die Weskus is meer ongerep as die Suidkaap, so dit val seker nie in almal se smaak nie, en dit is nie so vakansie-georiënteerd as die Suidkaap nie, maar het 'n bekoring van sy eie.  En as jy natuurlik in die blommetyd gaan, wat nou is, is dit ongelooflik mooi- fotos vertel nie die hele storie nie.

'n Ander interessante plek met baie atmosfeer is Elandsbaai.  Dit is ietwat primitief maar heel anders. Die hotel het so ses staanpleke wat nou nie juis iets besonders is nie, maar met 'n uitsig op die see en heel goeie ablusies.  Die munisipale karavaanpark net langsaan is bietjie dicey aangesien daar nie toegangsbeheer is nie, en enigiemand kom gebruik die ablusies.  Ek het nie gehoor van misdaad nie, maar dit lyk nie vir my te veilig nie.

Wat ek ook kan voorstel, is om nie weg te skram van grondpaaie nie, mits jou karavaan dit wel kan hanteer.  Ons ondervinding is dat die grondpaaie in die weskus meestal goed is en jy ontdek interessandhede op onverwagte plekke.  Om sommer op so 'n pad te stop, ver van alles, en 'n koppie koffie te drink, gee ons groot plesier.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 09:04:00 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Ons het Leentjiesklip by Langebaan geniet. Reg op Saldanhabaai se oewer en die Weskus Nasionale Park is 'n kort ent daarvandaan. Baie om te sien in die omgewing.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 09:09:44 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ons het Leentjiesklip by Langebaan geniet. Reg op Saldanhabaai se oewer en die Weskus Nasionale Park is 'n kort ent daarvandaan. Baie om te sien in die omgewing.

Daar is lekker staanplekkemet privaat ablusies. Die een waar ons gestaan het is ook redelik teen die wind beskut 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 10:25:13 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sal met die lang verlof daar uitkom. 

Nog net met werk daar verby. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required