English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 951
Total Views: 82 374 533
topics: 10 823
replies: 124 876
views: 38 855 791
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

watter een: Fortuner / Hilux of Pathfinder / Navara. which type works best?

replies: 52
views: 765
page 1 of 2
21 Aug 2019 @ 19:27:42 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Gegroet!!

Jou insig asseblief.

Watter bakvorm werk die beste vir kampeer en algemene gebruik?

- double cab bakkie (Navara / Fortuner of soortgelyk), of

- SUV (Pathfinder / Fortuner of soortgelyk)

Ek sou dink 7 sitplekke sal jou swaai na die Fortuner/Pathfinder terwyl die pakplek van die dubbelkajuit vir ander meer sal beteken.

Dus.  vir die karavaansleper sal die +/- 800kg loonvrag van die bakkie beter wees as die ad-hoc 7-sitplekke.

waddinkjy??

dankiesolank!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 20:17:29 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Louis

Ek het baie jare met Hilux DC en Xcab gesleep. Was vir my n uitstekende sleep voertuig en jy gooi alles agter op die bak.

Sleep laaste 3 jaar met SUV. Nou wel net 5 sitplek, maar heelwat spasie.

SUV sleep heeltemal anderste. Ek het hom gehaat in die begin totdat ek hom gewoond geraak het. 

SUV baie lekker maar wat my betref is n DC bakkie beter, lekkerder meer robuust maar moontlik paar km/lt swaarder.

At last !!!!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 20:32:54 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi Louis. Ek stem met wat Hannes sê. Gaan vir DC

As ek mag vrs watter Tucson ry jy. Dis mos n lekker ryding

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 21:53:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het eers vir n klein rukkie met n Territory gesleep.....was lekker, maar verkies die DC - Seker maar persoonlike keuse, maar dit voel net altyd makliker om extras agter op die bakkie te gooi as om agter in n SUV te pak. Groter gesinne sal SUV weer meer geriefliker wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 06:03:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek is nou maar iemand wat 'n manie het om iets op te pas.  Dit gaan maar daaroor dat dit altyd vrugte af werp waanneer ek dit wil verkoop.

Wanneer ek kamp vat ek maar altyd my eie braaier saam en 'n paar ekstra dinge soos groot silver seil klomp army tent penne vir die seil. Gas braaier en sy staander en veral as dit winter is die Konka met 'n klomp hout.

Ek sukkel om dit oor my hart te kry om dit in 'n SUV te laai want dis nie lank nie daai lyk daai laai area soos sy gat.  Ek het 12 jaar lank met 'n Ford Saphire gesleep en dit was 'n mission om daai kar se boot op te pas en netjies te hou.  Dit was regtig 'n droom wat bewaarheid is toe ek met 'n Mazda Bakkie my karavaan kon sleep.

So ek skiet nie 'n SUV af nie.  Dis net ek laai goete veral in die winter wat nie in 'n SUV gaan pas nie.  So ek verkies maar altyd 'n Tippertjie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 06:38:47 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Hi Louis. Ek stem met wat Hannes sê. Gaan vir DC

As ek mag vrs watter Tucson ry jy. Dis mos n lekker ryding

dis 'n 2006 Tucson GLS 4x2.  selfde as 1e Kia Sportage.

baie gemaklik met die kar maar dit is te lig vir die karavaan (standaard kan Tucson slegs 75kg vertikale gewig op sleephaak dra).

dus kyk ek nou na 'n Navara of 'n Fortuner.

die Fortuner het 7 sitplekke en as dit opgeslaan is bly dit in die pad.  die Tucson sit net 5 en het nogals baie spasie agter.

die Navara sit ook 5.

en ek is met Leon in terme van die kar skoon hou as iets onwelriekend of baie vuil moet saamkom.

met 'n kappie op het ek dalk met die beste van albei wêrelde met die Navara (all things being equal) in lyn met wat Hannes en julle ander ook gedeel het ...

dalk is dit tyd vir my eerste DC ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 06:44:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het drie keer in die reen moes tent afslaan. Eenkeer met die Saphire se sleep en tweede met die Navara. Derde my vorige Ranger

Moes plan maak met swart sakke en dies meer die eerste keer vir die nat tent. Tweede en derde keer als net op die tipper gepak. No problem.

By die huis gaan oop hang om droog te word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 07:21:08 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek het DK bakkies gery, oorgeslaan na SUV (pajero, Land Cruiser en het nooit die extra sitplekke gebruik nie.) Het maar weer terug gegaan DK bakkie toe want jy kan soveel meer met n DK doen as met n SUV.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:06:12 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

dis 'n 2006 Tucson GLS 4x2.  selfde as 1e Kia Sportage.

baie gemaklik met die kar maar dit is te lig vir die karavaan (standaard kan Tucson slegs 75kg vertikale gewig op sleephaak dra).

dus kyk ek nou na 'n Navara of 'n Fortuner.

die Fortuner het 7 sitplekke en as dit opgeslaan is bly dit in die pad.  die Tucson sit net 5 en het nogals baie spasie agter.

die Navara sit ook 5.

en ek is met Leon in terme van die kar skoon hou as iets onwelriekend of baie vuil moet saamkom.

met 'n kappie op het ek dalk met die beste van albei wêrelde met die Navara (all things being equal) in lyn met wat Hannes en julle ander ook gedeel het ...

dalk is dit tyd vir my eerste DC ...

Ons was ook presies op die selfde plek.

Het `n Tucson GLS gery en karavaan gekoop. (snaaks genoeg ek kon `n sleepwa wat baie swaar was sleep sonder problem, maar die karavaan het hom ore aangesit. 5de rat was te vlou en 4de net te erg hier by 95Km/h en 4000Rpm(as ek reg onthou))

Ons het al alles gehad SUV, bus en nou op Dubbel kajuit (was nie my eerste keuse en ek moet sê dat ek altyd gespot het dat `n dubbel kajuit nie `n kar en ook nie `n bakkie is nie)

Ons het selfs die 7 sitplek SUV rigting gegaan. (baie nice as jy 7 mense moet vervoer...maar in meeste gevalle verloor mens of het jy geen bagasie ruimte as jy dit gebruik. Dit was `n XUV500. Ek dink dat hy net `n briefcase kan vat as die 7 sitplekke gebruik word.)

Die bus rigting- miskien die duurder rigting maar kan werk as jy nie `n dud koop.

5 sitplek SUV- het van die rigting gehou tot ek gesien het hoeveel ekstra goed mens met `n DK kan pak.

Toe ons op die DK besluit het, het ons oorspronklik gekyk na SUV`s (spesifiek die ouer shape Fortuner.). Ek het die DK net pe rongeluk gaan ry omdat die Fortuner wat ek wou toet ry vas parker was en ja.

Wat my geswaai het was dat die Fortuner om een of ander rede beknop gevoel het. (moenie my vra hoekom nie, ek weet nie. Inelke geval die DK het gevoel of daar meer spasie was)

Ek ry nou al 2 en `n half jaar die DK (dit is `n nuwe record) en is gelukkig.

Die groot ding is dat elke person se behoeftes verskil.

Terwyl ek nou besig is om tebieg. Ek is nog steeds nie `n diesel liefhebber nie (al ry ek een en hy gee niks problem)

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:15:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek was pro petrol enjins en met 'n kar sleep tot ek my eerste penta met my broer se KB 280 TDI Isuzu gesleep het.

Ja die Isak so so het die wa lekker gesleep maar die hoë revs in 4de rat het bietjie gepla. Toe kry ek my Mazda Tipper en hy het soos 'n droom gesleep.

Vandaar af was my kop in totaal gedraai.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:40:39 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5005
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek sou defnitief die Hilux gekoop het juis omdat die bak die vrag sou dra ens, al rede was dat 99.9% van die tyd is ons as gesin sonder die karavaan in die motor en ma was nie gelukkig met die min spasie agter van die hilux nie, omdat ons meer spasie gehad het in BT-50. Nou kom die 2de prys en ons het die Fortuner.. Ja jy kan steeds baie inlaai agter, veral as die agter sitplekke heeltemal uit is... 

Die som was gemaak en vir die 99.9% wat ons nie 'n wa sleep nie, was die Fortuner die enigste keuse en wenner.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:49:55 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Ons het ‘n Land Rover Defender (vier deure) gehad, na dit twee dubbel kajuit bakkies, toe ‘n Jeep Cherokee, en nou ons rweede Fortuner. Ek praat dus van byna dertig jaar en baie, baie kilometers.

My ervaring is dat ‘n dubbel kajuit meer prakties is indien jy met ‘n tent kamp. Indien jy egter karavaan sleep is die SUV vir my ‘n meer sinvolle voertuig om as alledaagse ryding te gebruik. Een van die baie redes is dat die bagasieruim met ‘n seil-tipe materiaal toegespan kan word wat diewe se kanse belemmer. Kappies is nie juis bekend vir hulle uitstaande sekuriteitseienskappe nie.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 09:15:50 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1313
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Het begin sleep met 'n Audi A4, toe die probleme begin gee oorgeslaan na Jeep toe, eers 'n Grand Cherokee en toe Cherokee (lg was die eerste outo ratkas, voriges almal handrat). Jeep is vervang met 'n Territory (ook Outo) waarna twee Ranger 3.2 Auto's gevolg het. Die DK wen uit en uit loshande, solank jy 'n ordentlike kappie ophet kan daai bak omtrent die hele huishouding hanteer, gevolg is dat wanneer ek sleep die karavaan omtrent leeg is. SWAMBO was aanvanklik glad nie beindruk met die DK nie maar is deesdae 'n groot ondersteuner veral toe sy begin besef wat mens alles met 'n DK kan doen. (terloops as agtrste beenruimte 'n issue is wen die Ranger omtrent alle ander modelle). Laaste paar kampe met die DK was stresloos as dit by reen kom, ek het altyd die weer begin monitor hoe nader dit aan opslaan kom uit vrees dat ek nat tente en goed agter in enige van die SUVs moes pak, nou pla dit glad nie meer nie, soos Leon opmerk as die goed nat is gooi jy dit net agter in en laat dit by die huis droog word, geen kans dat enige nat goed gaan skade maak nie. Terloops die Territory was destyds by die paneelkloppers gewees en ons moes teen wil en dank oorle' skoonpa se diesel Tucso leen vir 'n lang naweek kamp wat al geboek was....dit was regtig 'n straf gewees, min pakplek, papperige enjin, en plein onplesierig. Al ding wat die nuwer groot DKs mee pla is parkering, het 'n rukkie gevat om te weet hoe om daai Ranger in 'n parkeerplek in te kry (en hy pas net-net in my motorhuis), so raai die nuwe HiLux asook Amarok sal ook so wees. Hou egter ook in gedagte dat die Isuzu eintlik nog die ou (kleiner) geslag is en dus minder pakplek het. Stel voor jy toetsbetsuur soveel as jy kan (SWAMBO sal jou dalk verbaas, sy sal maklik "hooked" raak op meeste van die DKs wat te kope is)

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 09:31:03 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het lank met n DC Hilux gesleep en is nou met my tweede Fortuner. 

DC is gerieflik tov wat hier bo genoem word vir sy BAK. 

Fortuner se sitplekke byde het ek uit gehaal en het baie pak plek.

Darm het ek nie nat tente en seile nie. 

Die Fortuner se aledaagse gebruik word die kruideniers ware en wat nog agter in gelaai. 

Met die DC was dit op die agterste sitplekke gepak en die BAK het niks in nie. 

Met my baie ry vir werk is my tasse en klere als op die agterste sitplekke gepak. BAK weer leeg waar ek dit nou agter hang en my tasse sit. Niks op die sit plekke en dis veilig. 

Sal weer sê, soen jou vrou soos jy wil. Dit bly lekker. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 10:04:03 am
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 36 years

Ek sleep met 'n Navara en my vriend het 'n Pathfinder en hy kamp met n tent.  Ek het geen klagtes oor my Navara nie en hy sleep soos 'n droom en het lekker baie spasie binne die kajuit sowel as agter in die bak.  My vriend is baie gelukkig met sy Pathfinder en sleep gewoonlik net 'n waentjie met n paar veld motorfietse op.  Probleem met die Pathfinder is dat ek gewoonlik opeindig met van my vriend se kamptoerusting agter in my bakkie weens 'n spasie probleem in sy SUV....so my keuse sal bly by die DC weens die hoeveelheid wat jy kan laai en die gemak van die rit.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 10:21:59 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Amper vergeet om by te voeg - die "just in case" faktor. Baie mense het lorries nodig want hulle karwei mos omtrent die hele huishouding saam, "just in case" hulle iets nodig kry.

Ons het by Tsipise gesien hoe van die Swaeltjies twee keer terug huis-toe ry om al die "just in case" goeters te kan saambring. Die eerste keer met die karavaan daar aangekom, en die tweede keer met 'n groot sleepwa. Die wasmasjien, die skottelgoed masjien, die brood bak masjien, die pasta masjien, die elektriese pizza oond, die elektriese Weber, die strykmasjien, 'n yslike yskas, 'n yslike frieskas, 'n voedsel verwerker, toaster, koffie masjien, tuingereedskap en wat nog alles. Party ouens maak mos tuin en plant groente. Ek het begrip as jy ses maande op 'n plek staan, maar vir 'n tien dae kamp? Ek weet darem nie so mooi nie.

Ons glo in die engelse uitdrukking "less is more". As 'n platboompot ook as 'n pan kan diens doen, waarom albei saam piekel. Ons glo daaraan dat ons wil kan stop en oorslaap sonder dat oortollighede uitgepak hoef te word. 

Ons het een keer in Van Rijnsdorp se karavaanpark gesien hoe 'n Duitse paartjie met 'n piepklein Fiat Panda op pad terug huis-toe is nadat hulle deur Afrika gekom het. Al wat op hulle dak was, was plastiese sandleertjies vir vassit in die woestyn.

Gevolgtrekking - hoe meer "just in case" katoeters jy wil saam karwei, hoe groter moet jou laairuimte wees.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 11:01:11 am
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Vir my sleep die SUV meer stabiel, veral Pathfinder. Dis omdat die agter wielle nader aan die haak is, so die wa het minder krag op jou voertuig.

Maar DC is maar net meer prakties vir my. Gooi net in en nie te veel worry oor pakplek nie. Werk, speel, kamp, alles.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 11:24:19 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1313
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Vir my sleep die SUV meer stabiel, veral Pathfinder. Dis omdat die agter wielle nader aan die haak is, so die wa het minder krag op jou voertuig.

Maar DC is maar net meer prakties vir my. Gooi net in en nie te veel worry oor pakplek nie. Werk, speel, kamp, alles.

Nog nooit stabiliteits probleme met my DKs gehad nie? Maar dan het die Fordjie en meeste nuwer geslag DKs ook anti-sway control en ek gebruik in alle geval ook 'n Tando...ek byt moeilik daaraan dat die DK "minder" stabiel is nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 13:44:54 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

As ek kyk na al die reaksies hierbo, lyk dit asof die meerderheid voorkeur verleen aan 'n DK eerder as SUV. Alhoewel ek nie ervaring van 'n SUV het nie, onderskryf ek ook al die pluspunte van 'n DK. Sonder om uit te brei oor ander aspekte waarom ek 'n DK verkies (terloops my 7de DK waarmee ek ry), is dit na my mening die meer praktiese sleepvoertuig.

Maar nou vir die volgende aspek waaroor L&M insette verlang - Hilux of Navara. Ek het nie ervaring van die Navara (eintlik enige Nissan-produk) nie, maar o wee, jy kan nie fout maak met die Hilux nie. Kyk maar na die verkoopsyfers en inruilwaardes. Ek het 2 Ford's, een Mazda, een Colt gery, en nou my derde agtereenvolgende Hilux. Ford/Mazda het puik diens gegee. Ek bly liewer stil oor die Colt. Maar met my huidige ervaring sal jy my waaragtig moeilik wegkry van Hilux af.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 14:16:01 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6405
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek het al met alles gesleep maar verkies die bakkies om mee te sleep my2ic

How great is our GOD
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 19:32:31 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

ek is dankbaar vir die insigte gedeel!!  so baie punte om te oorweeg.  maar baie waardevol.

dankie vir elkeen se insette!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 21:53:25 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Gegroet!!

Jou insig asseblief.

Watter bakvorm werk die beste vir kampeer en algemene gebruik?

- double cab bakkie (Navara / Fortuner of soortgelyk), of

- SUV (Pathfinder / Fortuner of soortgelyk)

Ek sou dink 7 sitplekke sal jou swaai na die Fortuner/Pathfinder terwyl die pakplek van die dubbelkajuit vir ander meer sal beteken.

Dus.  vir die karavaansleper sal die +/- 800kg loonvrag van die bakkie beter wees as die ad-hoc 7-sitplekke.

waddinkjy??

dankiesolank!

Nie een nie. Koop n Ford 👍 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
22 Aug 2019 @ 22:30:48 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Nie een nie. Koop n Ford 👍 

Everest of Ranger?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 05:57:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk ek was baie gelukkig met my 2007 model 2.5 Tdi Navara.  Ou Mufasa het my Penta en Classique met 'n groot gemak gesleep.

Ek kan nie praat van die nuwe Navara's nie. Nog nie gery nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 09:00:24 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Everest of Ranger?

Hang van jou vroutjie af belangrikste. Gaan sy hom ook ry. 

Ranger lekker om goed net agter op te gooi. Beide fantastiese voertuie maar jy moet besluit wat jy van hou en wat vir jou gaan werk. Verseker van die beste ry gehalte on en off road. Sterkte 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 14:19:51 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Ek het vandag besluit op 'n DK as volgende sleepvoertuig.

groot waardering vir die inligtig gedeel - voel vir my of ons almal rondom 'n stapel hardekool staan en gesels ...!

tyd vir 'n Koue Een ....

Groete!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 15:50:04 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Louis van nuuskierigheid is kerke leeg en tronke vol maar wat het jy gekies

Hoe dit al sy wens nou net voorspoed en baie myle toe.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 19:49:42 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Louis van nuuskierigheid is kerke leeg en tronke vol maar wat het jy gekies

Hoe dit al sy wens nou net voorspoed en baie myle toe.

Begroting was 180k-190k.  so dis nie nuwe sleepding se prysklas nie.

op die lys was alle fabrikate en modelle ...

het vandag op 2012 2.5 Nissan Navara (4x2) besluit.  126k op die klok.  Toyota se premie is net te veel ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 00:17:07 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Begroting was 180k-190k.  so dis nie nuwe sleepding se prysklas nie.

op die lys was alle fabrikate en modelle ...

het vandag op 2012 2.5 Nissan Navara (4x2) besluit.  126k op die klok.  Toyota se premie is net te veel ...

Baie geluk! Mag daai Nissan vir jou vele plesier en km's verskaf

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 08:12:25 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Ek het vandag besluit op 'n DK as volgende sleepvoertuig.

groot waardering vir die inligtig gedeel - voel vir my of ons almal rondom 'n stapel hardekool staan en gesels ...!

tyd vir 'n Koue Een ....

Groete!

Baie geluk en voorspoed met die Navara! Jy sal nie spyt wees nie.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 21:55:11 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Louis. Ek sien presies wat jy gedoen het en dink jy het n goeie keuse gemaak. Kilometers nog laag en die Navara n bakgat bakkie. Baie geluk weereens en glo jy sal baie gelukkig wees. 👍👍

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 08:57:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Begroting was 180k-190k.  so dis nie nuwe sleepding se prysklas nie.

op die lys was alle fabrikate en modelle ...

het vandag op 2012 2.5 Nissan Navara (4x2) besluit.  126k op die klok.  Toyota se premie is net te veel ...

Ek dink jy het 'n puik keuse gemaak.  Daai Navara gaan jou baie vreugdevolle kilo's gee.

Dis 'n "Chapperige" Tipper daai.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 08:59:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Pasop net jy gaan daai onderstel onder daai Raven uittrek as jy net te vinnig weg trek.

laughinglaughinglaughingGeniet hom! ! !laughinglaughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:25:03 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Pasop net jy gaan daai onderstel onder daai Raven uittrek as jy net te vinnig weg trek.

laughinglaughinglaughingGeniet hom! ! !laughinglaughinglaughing

ek is versigtig vir rekmerke op die Raven ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 12:50:51 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

ek is versigtig vir rekmerke op die Raven ...

Asook plooie in die karavaan se  boude. Trek maar mooi weg 😯

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 13:44:17 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Ai tog, hoe gemaak met 'n draad se opskrif sodat sinvolle reaksies ontlok kan word?

Ek mag as 'n suur pruim bestempel word, maar wanneer 'n draad gevolg word en 'n e-pos pols jou om na die jongste inset te gaan is daar tog 'n verwagting dat daar 'n toevoeging sal wees wat sin maak en waaardeer kan word.

Dit lyk my die oplossing is dalk om nie meer die"follow the topic" blokkie te merk nie, want wat die oog nie sien nie, maak die hart nie suur nie. 

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 16:30:22 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

@Kanneman

twee dinge:  

1. die opskrif het ‘n verwagting en die draad is soos ‘n “reality show”: g’n idee watter rigting dit inslaan nie.  In hierdie geval het dit jou teleurgestel.  Jy vat maar jou kans met die keuseblokkie

2. Hierdie draad was awesome in terme van ‘on topic’ terugvoer gegewe die opskrif.  Ek het groot waarde hier gekry.  Jy vat maar jou kans met die keuseblokkie

groete vanuit my ‘nuwe’ DK ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 16:41:58 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

L&M, ek dink jou onderwerp is heel van pas, ek het waardering vir jou siening, en dat jy waarde uit sommige insette kon kry.

Die "Top 50 Forum Users" se verstommende aantal insette laat my egter soms wonder. Hoeveel waarde baie  bydraes gelewer het tot die uitbouing, waardering en genot van die karavaan gemeenskap. Sommige van die insette in jou draad het my dit weereens laat opval.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 19:01:57 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

As al die onderwerpe geen humor in he klim ek van die forum af. Alles in die land is problematies, daar is niks meer om oor te lag. 

Hierdie forum gee baie waardevolle inligting en bystand so tussen die grappies, manne wat warm onder die koller raak en maak dit lekker om te lees. Ek onder andere geniet elke onderwerp al word ek ook geroskam.

Maar net soos jy mense kry wat langs jou kamp en verwag jy moet nie op jou staanplek jouself geniet sal daar ook mense wees wat dink die forum is n hoogeregshof. Sit stil en shut up. 

No man get a life ek glo wat ook al inligting hier benodig word sal ieder een sy bes doen om te help al is dit met so bietjie knypery, handle dit.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 07:45:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Louis en Bak Oor ................. julle moet Pieter (Kanneman) maar vat met 'n knippie sout.  Jare terug het ek 'n onderwerp begin van "Wat is jou wa se naam?"

Daaraan het meeste lede deel geneem en die eerste opmerking wat Kanneman gemaak het was dat hy het 'n kleintjie dood aan hierdie tipe van ding en dat die kom ons sê troetel naampies van die karavane vir hom basies 'n pot strooi is.

So  kanneman se lewens ingesteldheid was en is nog altyd eerder aan die negatiewe kant as positief en dis hoe ek hom hier op die forum leer ken het.  {Dis nie ek wat so sê nie lees net sy insette by meeste onderwerpe}.  Dit is sy reg en keuse as hy die lewe so sien.  Ek lees verby dit en aanvaar hom so.  Met een of twee geleenthede het sy negatiewe siening 'n ander siening op 'n onderwerp gelig.  Dis maar weinig maar dit het gebeur.

Elke ou het sy reg op 'n opinie ..........................maki saki wat wie daarvan dinki.......laughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 08:01:09 am

Stem 100% saam met Leon....vat hom met n knippie sout. Soms dink ek hy skryf sulke dinge ook maar net omdat hy graag iets wil tik, maar nie eintlik weet wat om te tik nie. Sy "signature" was ook op n tyd gewees iets van "klip in die bos gooi". Hy het my ook al uitprobeer.....maar ek boul hom gou weer uit. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 08:05:31 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

ek volstaan met my vorige stelling:

groot waardering vir die inligtig gedeel - voel vir my of ons almal rondom 'n stapel hardekool staan en gesels ...!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 09:11:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Stem 100% saam met Leon....vat hom met n knippie sout. Soms dink ek hy skryf sulke dinge ook maar net omdat hy graag iets wil tik, maar nie eintlik weet wat om te tik nie. Sy "signature" was ook op n tyd gewees iets van "klip in die bos gooi". Hy het my ook al uitprobeer.....maar ek boul hom gou weer uit. 

Hierdie klagtes van hom oor swak insette van forum lede kom al n paar jaar. Hoekom nog jaar in en jaar uit nog steeds inlog op forum as insette swak is volgens jou. Maar wat.....sommige mense leer maar moeilik

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 10:15:10 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1739
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Leon / Geert.

Hoor wat julle sê. Ek moet ook leer om om nie te oor reageer

Elke ou sien n ding anders, maar net soos vir ons almal kies ons self om onderwerpe te volg en te lees en om op die forum te wees. Ek geniet die informasie, die kameraadskap, die humor en ek kry altyd so n lekker smile op my potret as die manne se bloed kook. 

Lekker boys, en dankie vir n puik forum

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2019 @ 14:10:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Laatweet maar as Chuck moet kom help............. 🧔💪👊

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 21:06:54 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

dis nou 'n week met die 'nuwe' Navara.

ek ek ervaar eerstehands die voor- en nadele van die DK.  die raad gegee in hierdie 'draad' is pretty much spot-on soverre die praktiese en onpraktiese kant van die uitleg- die bakkie werk nie noodwendig lekker met Ma se inkopies nie (wat nogals irriteer is die 2 sleutels vir die agterklap en die kappie se agterdeur).  Maar ek kan ook sien hoe hierdie spasie gaan skitter met die 'van agterna, gepak met al dit wat nooit in 'n SUV sal pas nie ....)

nou net om die kappie stofdig te kry ..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 07:41:49 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4237
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Louis die stofdag bly maar 'n probleem en als in sakke sit is maar jou voorland. Dit kan wel effens help om 'n inlaat te skep om 'n positiewe druk in die kappie te kry maar stof kom steeds by die agterklap in weens die turbulensie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 08:19:49 am
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Ek pak shopping maar op die agter die sitplekke. As jy dit agter in die bak sit is dit geneig om uit te val en te verspry :)

Wat kan help is om so 2 of 3 plastiek brood kratte ater in te sit. Dan kan jy shopping inpak sondaer dat dit rondval.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 12:32:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

dis nou 'n week met die 'nuwe' Navara.

ek ek ervaar eerstehands die voor- en nadele van die DK.  die raad gegee in hierdie 'draad' is pretty much spot-on soverre die praktiese en onpraktiese kant van die uitleg- die bakkie werk nie noodwendig lekker met Ma se inkopies nie (wat nogals irriteer is die 2 sleutels vir die agterklap en die kappie se agterdeur).  Maar ek kan ook sien hoe hierdie spasie gaan skitter met die 'van agterna, gepak met al dit wat nooit in 'n SUV sal pas nie ....)

nou net om die kappie stofdig te kry ..

Louis daai Navara gaan jou nog groot sleep plesier veskaf.  Ek het die Alpha Sports Cover op die bak agter gehad.  Hier is 'n foto.  Die Sports Cover ongelukkig nie so duidelik sigbaar nie.

Die het 'n "lip" gehad wat oor die agterkant van die klap gegaan het. Dus het ek net sport cover gesluit want hy het op sy beurt die klap gesluit gehou.

Ek het die Tipper die naam Mufasa gegee.  Hy het gat geskop net waar ek gekom het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 12:57:09 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hier is 'n plek in Guateng wat stof dig kits en matte verkoop vir die verskeie make bakkies.

Dink hulle is in Edenvale.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 20:12:57 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Ek het stofdig 'kits' raakgeloop via 'n kollega: 4x4direct.  Moet nog kyk.  Die kappie (ALWIN op die skarniere) het luginlate onder die agterste kantvensters en ook uitlate binne.  Dalk net bevestig dat alles oop is wat oop moet wees.  

Die glas agterdeur raak nie orals die bokant van die agterklap nie (glas is reguit, agterklap het kurwe in met die groot plastiek rondom die handvatsel).  Sal maar moet spons plak ...

het juis twee broodkratte agterin (by WesRandPack) en dit werk perfek met die groceries ...

sou net dink Nissan sou die agterklap beter op die bak laat pas het!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2