English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 270
Total Replies: 230 120
Total Views: 82 380 342
topics: 10 826
replies: 124 958
views: 38 858 299
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoeveel keer per jaar gebruik n gesin die karavaan?

replies: 51
views: 657
page 1 of 2
20 Aug 2019 @ 08:31:09 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Net vir interesantheid, hoeveel keer per jaar gebruik die avarage gesin hulle karavaan.

Ons kinders hou ons baie besig oor naweke met sport ens, en ja natuurlik is alle vakansies nie met die wa nie, soos huisie bly in Keurboomstrand in September en kuier by Koningin Liesbet in Ingeland in Desember, en die odd Clarens naweek of so.

Hier is ons traai vir Julie 2018 tot Augustus 2019:

  1. Edenpark
  2. Mbizi
  3. Waterberg Resort
  4. Weesgerus
  5. Voetpadkloof

Die opname is vir gesinne met kinders op skool.

Gooi hom!

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 08:40:16 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1746
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Frik so 4 keer per jaar maksimum. Ons hou ook daarvan om van ander tipe akkomodasie tussen tyd te gebruik.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 08:49:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons probeer om 1x per maand weg te kom.....ons het egter Julie oorgeslaan, omdat ons nie lus was vir die koue aande buite nie. Omdat tyd so verby vlieg voel dit soms baie opmekaar. November sal ons seker ook oorslaan weens skool eksamens

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 10:06:38 am
Karin*
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 15 years

Ons kamp ook so 4 keer per jaar. Met kinders wat sport doen en eksamens tussen meng dit in met kampsmile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 10:40:31 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Van November 2018 tot nou hier is ons trips

Einde Nov: Bloekompoort naweek

Des verlof: 17 dae graskop

Jan: Bloekompoort 

Feb: Sionsberg 

Feb: Koppisol Boremusiek 

Feb: 4x4 Baan bou by Koppisol

Maart: Eastco Parys

Paasnaweek: Koppisol

April: Goofy games Koppisol

Mei: Eastco Magalies

Junie: Aasvoelkrans

Julie: TavaLinga

Julie: Soetdoring

Aug: Koppisol

Aug Koppisol

Weet ek mis paar moet gaan krap maar gebruik wa redelik baie.

beplande kampe is soos volg tot des, kan nog verander

Sept: Kumo parys

Sept: Que Sera

Okt: Eastco Magalies

Okt: Wesvaal

Nov: Kaia Manzi

Des: Malonjeni

Des verlof Hiberdene

 

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 10:41:02 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Van November 2018 tot nou hier is ons trips

Einde Nov: Bloekompoort naweek

Des verlof: 17 dae graskop

Jan: Bloekompoort 

Feb: Sionsberg 

Feb: Koppisol Boremusiek 

Feb: 4x4 Baan bou by Koppisol

Maart: Eastco Parys

Paasnaweek: Koppisol

April: Goofy games Koppisol

Mei: Eastco Magalies

Junie: Aasvoelkrans

Julie: TavaLinga

Julie: Soetdoring

Aug: Koppisol

Aug Koppisol

Weet ek mis paar moet gaan krap maar gebruik wa redelik baie.

beplande kampe is soos volg tot des, kan nog verander

Sept: Kumo parys

Sept: Que Sera

Okt: Eastco Magalies

Okt: Wesvaal

Nov: Kaia Manzi

Des: Malonjeni

 

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 11:11:02 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons het seker gemaak dat ons ons karavaan ten minste een keer per maand gebruik om die belegging daarin die moeite werd te maak. Langer vakansies was maar gedurende skoolvakansies omdat ma in die onderwys was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 12:13:34 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ek het respek vir die manne wat een keer per maand kan weggaan. Jaloers man!

Ski, jy is in Ε„ ander klas maat!!! 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 13:03:54 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ja nee wragtag. Ons kom nou nie so baie meer uit nie. Ek dink na ek van Mahai af terug was in Januarie het my wa net in die erf rond beweeg........ Maar nou ja, bygesê ons het nou 'n baba vanaf April en saam met die ouer boetie en sussie is dit nie so maklik om vir naweek nou weg te kom nie, en ongelukkig is my naweke steeds vol met werk, ongelukkig is dit ons voorland vir die volgende paar maande en volgende jaar. 

Sal sien of ons meer sal wegkom as kleinsus hier rondom 2-3 jaar oud is.

Ek oorweeg selfs sterk om nie hierdie Desember weg te gaan nie.... So dit sal beteken dat my wa letterlik moontlik vir 2 jaar ongebruik sal staan..........


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 13:25:38 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek val in 'n ander kategorie. Ons kamp nie meer naweke nie. Inteendeel, as ek nie vir 10 dae of langer kan weggaan nie - dan kamp ek nie, want die op- en afslanery vir 'n naweek het vir my te veel geword. My wa staan dus soms vir etlike maande, maar as ek dit die slag gebruik, dan doen ons dit behoorlik. Danksy aftrede, is ons reeds op 17 Apr by die huis weg. Na o.a. 'n week in Karoo Nas Park en 'n maand en 'n half in Kruger, kuier ons sedert 15 Jun by Eiland Spa en beplan om eers 9 Sep te vertrek om eers 13 Sep by die huis te kom. Dan sal die wa waarskynlik weer vir etlike maande staan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 14:17:37 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ek val in 'n ander kategorie. Ons kamp nie meer naweke nie. Inteendeel, as ek nie vir 10 dae of langer kan weggaan nie - dan kamp ek nie, want die op- en afslanery vir 'n naweek het vir my te veel geword. My wa staan dus soms vir etlike maande, maar as ek dit die slag gebruik, dan doen ons dit behoorlik. Danksy aftrede, is ons reeds op 17 Apr by die huis weg. Na o.a. 'n week in Karoo Nas Park en 'n maand en 'n half in Kruger, kuier ons sedert 15 Jun by Eiland Spa en beplan om eers 9 Sep te vertrek om eers 13 Sep by die huis te kom. Dan sal die wa waarskynlik weer vir etlike maande staan.

Nee wat Chris, julle doen die ding absoluut reg, geniet dit!!

Brommer, jy gaan ontrekkings simdrome kry!!

 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 14:24:30 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Nee wat Chris, julle doen die ding absoluut reg, geniet dit!!

Brommer, jy gaan ontrekkings simdrome kry!!

 

Ja dis erg frustrerend.. Was baie meer gereeld weg voorheen...... 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:14:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink daar is verskillende faktore wat ook invloed kan hê in die hoeveelheid wat jy kamp. Een van hulle is of jou wa by jou huis staan of nie. Toe ons wa elders gestoor was, het ons baie minder gekamp.....moes alle klere en kos in tasse saam neem agter op bakkie....as jy by oord kom moet jy eers nog alles uitpak in kaste ensovoorts. Voor jy huistoe gaan moet jy weer eers alles in tasse pak, wa skoon maak, want hy gaan eers weer afgelaai moet word by stoorplek....dit het vir ons n slep geword en partykeer gedink dis lekkerder om dit rustiger by die huis te vat. Nou met die wa tuis gaan dit baaaaie beter vir ons. Donderdae begin al klere in kaste te pak...rustig op mens se tyd. Vrydag is basies net haak en ry....en as jy by oord kom is alles reeds op hul plek. As jy terugkom kan jy dit ook rustig op jou tyd weer uitpak en skoonmaak. Toe wa gestoor was weg van huis, het ons so 3 tot 4 maksimum keer die karavaan gehaak per jaar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:44:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7841
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hierdie jaar het die teenspoed ons n bietjie gery. 

Aangesien ek niks mag doen, mag ek nie bestuur nie, anders was ons êrens. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 16:04:57 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6406
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Toe ek by SAWA was het ons elke maand gekamp maar nou is die  anderhelfde in die skool bedryf so ons betaal nou skool vakansie tariewe en dit is rof.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 16:26:37 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Tot einde November verlede jaar het ons 30 maande aan een gekamp. Net soos jy Frik het ons ook Desember by Koningin Liesbet gekuier. Snaaks dat ons nie mekaar op die eilandtjie raakgeloop het nie.laughing

Hierdie jaar nog net vir een week gaan kamp.frown

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 16:34:26 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Ons kamp net 2 keer per jaar, Febr en Maart by Dibiki naby Hartenbos .Dan weer Mei tot Aug Swadini ,maw so 6 maande van n jaar kamp ons .Dit is vir ons genoeg .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 16:51:55 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ons kamp naweke so 6 keer per jaar maar met vakansie 2 keer per jaar vir 15 dae aaneen. Hierdie jaar eerste keer Kaap toe gesleep want gewoonlik gebruik ons ander akkomodasie op lang ritte. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 19:37:35 pm
George
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years

we live in our caravan .........all year round at different locations.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 20:08:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink daar is verskillende faktore wat ook invloed kan hê in die hoeveelheid wat jy kamp. Een van hulle is of jou wa by jou huis staan of nie. Toe ons wa elders gestoor was, het ons baie minder gekamp.....moes alle klere en kos in tasse saam neem agter op bakkie....as jy by oord kom moet jy eers nog alles uitpak in kaste ensovoorts. Voor jy huistoe gaan moet jy weer eers alles in tasse pak, wa skoon maak, want hy gaan eers weer afgelaai moet word by stoorplek....dit het vir ons n slep geword en partykeer gedink dis lekkerder om dit rustiger by die huis te vat. Nou met die wa tuis gaan dit baaaaie beter vir ons. Donderdae begin al klere in kaste te pak...rustig op mens se tyd. Vrydag is basies net haak en ry....en as jy by oord kom is alles reeds op hul plek. As jy terugkom kan jy dit ook rustig op jou tyd weer uitpak en skoonmaak. Toe wa gestoor was weg van huis, het ons so 3 tot 4 maksimum keer die karavaan gehaak per jaar

n Ander faktor wat my hoeveelheid kamp beinvloed het was die toerusting. Met die oorspronklike Splash het ek net n voltent bygekry.....voorkant kon ook nie afzip soos Jurgens sin nie......so as mens nie iets anders by koop nie, moes mens elke keer die hele voortent opslaan......as jy Vrydag middag klaar opgeslaan het, sien jy al klaar daarteen op om Sondag alles weer op te slaan. Leisure awn maak dit vir ons veel lekkerder.....2-3 minute teenoor geswoeg met voltent. So ek kyk maar altyd uit vir idees wat kamp meer moeitevry maak.....maar steeds gerieflik

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 06:08:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons het seker gemaak dat ons ons karavaan ten minste een keer per maand gebruik om die belegging daarin die moeite werd te maak. Langer vakansies was maar gedurende skoolvakansies omdat ma in die onderwys was.

Toe ons kinders op skool was het ons ook een van die vakansies 'n lang een gemaak by die see.

Tussen in het ons probeer om een keer per maand 'n naweek weg te gaan met die karavaan.  Meestal maar naby oorde om kostes laag te hou.

Nou doen die kinders hulle eie ding en as ek by die huis is kamp ons steeds een keer per maand.  Ons maak nie sommer van enige ander akkomodasie gebruik nie.  Dis of my karavaan of ons gaan nie weg nie.

Van die begin af wat ek karavaan gekoop het was ons MOTO. "Hy kos 'n klompie Rande so ons moet hom gebruik" en met die seëninge van bo was dit nog altyd moontlik selfs nou met die moeilike tye van my werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 11:59:04 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 318
Joined: 28 Feb 2018

When TV started a economist (Think Jerermy Schuutema), reported on rands and cents on a comparison in timeshare, and caravanning, sort of remembers that it it work out cheaper on time share if you do not use your caravan 4 times or more a year, anybody ells done the calculation  ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 15:41:13 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

I did the calculation many years back with a comparison to renting a holiday flat or house. Was nearly crucified by the caravaning fraternity.wink

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 16:09:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7841
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

I did the calculation many years back with a comparison to renting a holiday flat or house. Was nearly crucified by the caravaning fraternity.wink

 

Met my sleep kombinasie kos dit goedkoper. 

Ek dis lekker om so voor jou wa n vleisie te braai en n koue te geniet. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 17:21:01 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Stem volkome saam met jou tweede sin Chuck.smile

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 19:42:11 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Gaan nie vir my om die kostes nie. Ek het die geld spandeer en daar staan dit nou. Ek kan dit weer gebruik, of verhandel en gaan tien teen een in "Rand waarde" nie veel verloor nie. 

My karavaan aankoop het nooit vir 'n oomblik as 'n ekonomiese besluit gekom nie maar uit 'n plesierige besluit. Of ek dit nou een keer 'n jaar of een keer in 2 jaar gebruik maak nie saak nie, my wa is daar as ek dit gaan gebruik. As dit uit ekonomiese besluite geneeem moes word het ek dalk 'n karavaan maar gehuur die een keer in 'n jaar wat ek tans kamp.

Hier het dit nie om geld gegaan nie, maar om ons eie wa te he vir die jare wat voorle, om dit te maak soos ons dit wil he, vir die tye wanneer ons dit wel gaan gebruik.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 21:00:44 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Ek dink Brommer som dit mooi op. Om 'n woonwa te koop om mee vakansie te hou is dalk nie die goedkoopste opsie nie. Dit gaan oor jou voorkeure.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 07:07:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Verseker gaan dit oor my manier van vakansie voorkeur. Maar met die eerste wa is dit nogal 'n groot stap en koste tussen die tente en 'n wa. Toe was die motivering ook daar om die wa meer te gebruik want hy kos baie en kannie net daar staan nie.

Nou is dit 'n leef wyse en elke maand is dit 'n inding om met hom weg te gaan.  Soos ek reeds gesê het ek verkies die wa bo enige chalet of ander akkomodasie.

Met werk situasie bly ek in baie hotelle dwars oor die wereld.  Dit is nou maar net nie so lekker soos my karavaan nie al is dit vir die werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:00:58 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Lekker manne!

Onthou nou net dat ek Koro Koro op my lysie vergeet het.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:04:50 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het respek vir die manne wat een keer per maand kan weggaan. Jaloers man!

Ski, jy is in Ε„ ander klas maat!!! 

Lekker manne!

Onthou nou net dat ek Koro Koro op my lysie vergeet het.

As jy al die oorde gaan onthou wat jy besoek het, gaan jy ook miskien sien dat jy een van die gelukkige manne is wat 1x per maand weggaan....LOLlaughing

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:08:21 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

[quote]1012,250175038[/quote]

As jy al die oorde gaan onthou wat jy besoek het, gaan jy ook miskien sien dat jy een van die gelukkige manne is wat 1x per maand weggaan....LOLlaughing

My genade, sien nou eers ek kamp 6 maande van die jaar, nie sleg nie!!!!

Dankie Geert! Voel nou sommer minder dipresief.cool

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
23 Aug 2019 @ 06:21:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel ek werk nog aan my vrou vir die Saam kamp in September wat Oom johan reel.

Die is 'n geleentheid om paar forum manne te leer ken. En dis dan nog 'n kamp vir die jaar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 07:42:24 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1197
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Ons kamp hopeloos te min. Hierdie jaar nog net een keer. Het die kilometers gedoen met woonwa opgetel en sien dat dit maar n skamele 3754km is oor 3jaar. Baie swak van my. Gelukkig klaar plek vir Sept lang naweek en vir Oktober.

Die inset koste om te begin kamp is baie hoog afhangend van wat jy koop. Sodra jy egter nie meer betaal aan woonwa of sleep voertuig nie is dit die moeite werd. Die samesyn met mede kampers en die natuur maak egter by vere op vir die inset koste. Veral die eerste koppie koffie in die oggend of skemer met sy diere geluide wanneer alles tot ruste kom.

Man, nou is ek sommer lus vir kamp.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 07:49:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons gaan einde die maand by Elephant Hole kampeer....hierdie keer in n tent. Lanklaas in tent alleen gekamp....sien nogals uit.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 07:58:32 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1197
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Geert, tent kamp is lekker. Het nog ons tent, Maar o wee, ek hou deesdae daarvan om lekker knus te slaap en stretcher en die opblaas matrasse doen dit nie meer vir my nie. Die kniee moet maar goed ge olie word in die oggend.laughing

Julle moet dit geniet.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 18:53:46 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1527
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Toe kind nog op skool, moes sy hoërskool in koshuis bly. So, sy wou ook naweke bietjie by die huis wees en ons wou ook so tyd saam spandeer.

Ons kon nie baie kamp deur die jaar nie.

Kon darem die odd naweek inkry in die KNP of Badplaas.

Maar Desember skoolvakansie gaan kamp vir die duur van die vakansie.

Moes baie agter sport aanry. Sussie het bisley geskiet op provinsiale vlak. So ons het gery.

Nou is dit 'n ander saak. Ons kamp so 10 maande van die jaar! Maak nou op vir die tye wat ons nie kon kamp nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:10:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons gaan einde die maand by Elephant Hole kampeer....hierdie keer in n tent. Lanklaas in tent alleen gekamp....sien nogals uit.

Waar is die Olifant Gat waarvan jy praat Geert.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:18:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Okay het hom gaan soek.  Dinokeng Reservaat.

Lyk na 'n entjie grondpad om te ry.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:21:39 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Waar is die Olifant Gat waarvan jy praat Geert.

Dis in Dinokeng....in die reservaat self. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:24:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Okay het hom gaan soek.  Dinokeng Reservaat.

Lyk na 'n entjie grondpad om te ry.  

Ja....dis maar een van die redes hoekom ons die tent gaan gebruik.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:35:29 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Julle moet die trip geniet.  Soos altyd kom vertel meer oor die plekkie na die tyd.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:36:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek moet ook nog 'n kamp in kry voor volgende maand se amperse langnaweek. Want Ma wil daaityd Kaap toe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 22:51:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Okay het hom gaan soek.  Dinokeng Reservaat.

Lyk na 'n entjie grondpad om te ry.  

Ja....lyk so 7km

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 12:17:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het vanoggend met n kampeerder gesels en met die gesels het ek weer agtergekom hoe bevoorreg mens is om te kàn kamp.....ek praat nie nie net van finansieel nie, maar dat jou ligaam dit toelaat. Mens kan vandag nog uitsien na die naweek se kamp en pret hê....môre kan jou lewe so drasties verander het, dat jy niks meer kan doen nie.....ligaamlik nie reg vir kampeer nie. Dieselfde met vakansies soos Desembers wat ons soms ver vooruit bespreek.....ons moet besef dat as daai tyd kom en jy nog gesond genoeg is om dit te kan doen, mens maar net moet besef dat dit genade van Bo is...daar is so baie elemente buite ons beheer wat ons kan verhoed van ons planne. Daarom probeer ek maar as ek die geleentheid kry om te kamp, te kamp.......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 12:26:12 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ware woorde Geert!

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 17:17:52 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1527
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek glo nie mens kan te veel kamp nie.

Ons is nou in ons vierde maand by Eiland en nog nie uitgekamp nie. Ek sien reeds op na die afbreek en oppak van die kamp.

Ongelukkig gaan ons eers weer in Februarie 2020 kamp. Dus 3 maande by die huis (dit sluit ander wegwees uit bv. by kinders in Pretoria, Dullstroom op 'n plaas). Deel van Oktober, November en Januarie 2020 tuis.

Darem loop die tyd op hierdie stadium teen 'n ongekende pas en is die tyd vinnig verby voor ons weer kamp.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 19:15:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Na afgelope naweek het vrou gesê dat dit die laaste naweek kamp van die jaar is voor ons Desember op lang vakansie wil gaan aangesien die skool eksamen oor 2 weke begin en skole vroeg Desember sluit. 

My seun het vandag sy voorlopige eksamen rooster gekry. Ek is beindruk met die skool....sy eksamen rooster is heel kamp vriendelik. As die rooster so bly wil ek nog arms draai om nog einde November vinnig weg te breek. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 06:47:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Oom Pottie ek stem heelhartig met jou saam.  Mens kannie te veel kamp nie dis net goed vir die siel.

Ek en JIN is uitgenooi na 'n Kerk kamp toe vir die naweek wat kom.  Sou ek die een ook mee maak was dit drie kampe binne 4 weke.

Maar o wee die "regering" het besluit NEE.................. daar is glo werk by die huis.  So nou mis ek uit op die een.

Maar dis nie laaste sien van kamp die jaar nie. Ek moet soos Geert nog een oefen sessie in kry voor die Des vakansie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 07:05:23 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Kamp vir die jaar is uit soos dun wiele op n Cortina XR 6 en n Ranger sonder n bonnet scoop in Boksburg.

Gaan wel die eerste een flou kap in Weesgerus vroeg in Januarie as daai earie se wiele die teer tref op Jan Smuts van soutieland af.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 07:09:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Kamp vir die jaar is uit soos dun wiele op n Cortina XR 6 en n Ranger sonder n bonnet scoop in Boksburg.

Gaan wel die eerste een flou kap in Weesgerus vroeg in Januarie as daai earie se wiele die teer tref op Jan Smuts van soutieland af.

Lol....nou lekker gelag hoe jy dit stelπŸ€£πŸ‘ŒπŸ˜ƒ

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 07:18:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sterkte daar in die buiteland.  As die kamp nood druk koop 'n een man tent en slaan hom op in die erf daar.

Steek 'n vuurtjie aan in 'n staal verf blik en speel kamp.  Dalk sal dit help.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2