English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 308
Total Replies: 250 399
Total Views: 83 153 934
topics: 11 434
replies: 137 665
views: 39 291 947
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Eerste sleep ervaring met Bi Turbo Wildtrak

replies: 49
views: 810
20 Aug 2019 @ 07:41:44 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

So n paar weke terug het ek genoem dat ek my 3.2 Wildrtak ingeruil het op n nuwe Bi Turbo Wildtrak.

Het nou 4300 km al gedoen. Daar is wel n klien verskil in hoe die bakkie voel, ry en beheer. Maar, voor ek daar kom wil ek eers syfers deel.

Werk toe en terug is die diesel verbruik 10.77 km/lit. (70km per dag op die N3) uitgewerk op km gery en litters volgemaak by die pomp.

Alhowewel die computer 11.4 km/lit wys werk toe en terug, sak dit redelik vinnig van 11.4 km /lit na so 10.4 km/lit as ek in die dorp ry. Hoe meer ek in die dorp ry hoe meer sak dit - 9.8 km/l (volgens die kar se computer). Maar, soos genoem hier bo, by die pomp gemeet is dit 10.77 km/lit op n tenk.

Het ook nou al 2 keer solo gery (met n redelike vrag agter in) Bela Bela toe en terug en het 11.1 km/lit gekry (gemeet op km gery en litters volgemaak by die pomp). Gemiddelde spoed 125 km /h gestel op die spoedbeheer (GPS wys 120km/h).

Het die Augustus lang naweek vir die eerste keer n kans gekry om te sleep met die Bi Turbo. My Karavaan is n Bushlapa Boskriek (Droe gewig 840kg en GVM 1500kg). Normaalweg swaar gelaai met ook n 100 liter skoon drink water in sy tenk.

Het van Germiston oor Nelspruit, Hazyview, Phabeni Hek na Satara gesleep. 

  • Volgemaak op Hazyview - 51.414 lit
  • Afstand tot Hazyview – 409.96km
  • Km / liter met die karavaan = 7.966

In die park het ek 590km gery:

  • Volgemaak op Phalaborwa – 56.42 lit
  • Km / liter = 10.45
  • 264km met die karavaan
  • 326km sonder die karavaan

Huistoe het ek van Phalaborwa oor Magoepaskloof, Pietersburg na Germiston gesleep:

Afstand gery – 545.60

Volgemaak by die huis – 76.67 lit

Km/liter = 7.4km

Die bakkie ry regtig baie lekker. Maar, met die Bi Turbo (net soos die 3.2 wat ek gery het) sal ek nie baie drag races wen tussen roborts nie. Maar, dan is dit 00k nie waarvoor ek hom gekoop het nie.

Dit voel partykeer of die ratkas die engine bietjie terughou, veral as jy rustig ry vir a ruk en dan eweskielik wil versnel. Maar dit is beslis nie die geval in “S” mode nie of as jy met die spoedbeheer aan ry nie. Dan is die engine baie wakker en reageer ook dadelik.

Sekere pad toetse in Aus het gese dat as jy sleep die Bi Turbo baie tussen ratte search om spoed te hou. Dit is beslis nie my ervaaring gewees met die trip nie. Ek het gesleep met die spoedbeheer gestel op 120km/h (115 km/h op die GPS). Meeste van die tyd sleep hy in 10de of 9de rat. Net op sekere ligte opdraandes het hy terug geskakel na 8ste rat.

Het die spoedbeheer in die park ook gebruik op 30km/h (hy bly in 3de rat teen 1300 rev. met of sonder die karavaan).

Toe vroulief hoor dat die Bi Turbo net n 2l engine het, het sy dadelik gevra maar hoekom het ek ge “down grade”. Maar toe ons daar in die bergpasse was het sy gese die bakkie het baie meer woema as die voorige een. Die Bi Turbo sleep verseker baie beter as die 3.2. Verbygaan is baie makliker en vinniger en dit voel net veiliger om verby te gaan want die bakkie tel dadelik en lekker vining spoed op. As jy oorskakel na “S” toe om stadige voertuie verby te gaan voel jy hoe maklik die Bi Turbo spoed optel. Jy hoef nie die versneller teen die vloer te trap nie. Skakel oor na ”S” en trap die versneller net n bieitjie meer in, hou hom daar en hy tel vining spoed op.   

Die Bi turbo hou ook baie makliker spoed teen stuil opdraandes. Met die spoedbeheer aan, die laagste rat waarteen ek n stuil opdraande oorgegaan het (sonder om oor te skakel na “S”) was 6de rat teen 110km/h. Ek het net oorskakel na “S” om stadige voertuie verby te gaan en as ek beter beheer (terug hou op aftraandes / help rem en versneling) wou he om te help met skerp draaie in bergpasse, soos Magoebaskloof. Magoebaskloof was regtig n plisier gewees om uit te sleep. Dus is ek Magoebaskloof oor in die 2 x “S” - sports mode en n smile.

👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 07:48:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Baie dankie vir deeglike terugvoering {Tydskrifte kan maar hier leer hoe terugvoering moet lyk}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 08:39:24 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Goeie verslag, onthou net om eerlik te wees ook met die onbeplande besoeke aan die werkswinkel ook.

Ek hou die fred dop......

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 08:48:36 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Frikadel, sal so maak. Met die 3.2 het ek 78000km gery met net dienste wat in die werkswinkel gedoen is. Hoop dit sal weer so wees met die Bi Turbo. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 08:50:50 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek is bekommerd oor die spanning op die enjin, tyd sal leer, het gewerk vir die Amarok.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 08:53:10 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Piet ek wag al lank vir so tipe terugvoering. Ten minste is die verslag nie aangepas om Borge happy te hou. 

Daar is en sal altyd met enige kar ietsie wees wat krap. Maar ek is oortuig jou Fordtjie is n bo-baas lorrie en jy gaan baie happy wees. 

Ek het met my splinternuwe Corolla vir ses maande elke maand terug gegaan werkswinkel tie tot dit uitgesort was. As jy n probleem of twee optel, so what jy het n fantastiese waarborg in plek, jy ry die mooiste trok op die pad, beste ritgehalte reg deur die mark, moontlik die veiligste bakkie ook. 

Nee wat met daai bakkie is die Kaap weer Hollands en die kind se naam is wit Willem.

Geluk met jou lorrie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 09:22:47 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Dankie Bak oor.

Ek dink dit is soos enige kar. Moet nie n engine "abuse" nie, veral nie teen opdraandes nie. Jy voel en luister na die toere en die engine. As hy te hoog rev sak die spoed tot die engine weer gelukkig klink, al moet jy teen 30km /h teen n stuil  opdraande uitsleep.  So word n kar nie somer warm nie en die engine sal langer hou.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 12:11:56 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 961
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Baie goeie terugvoer. Geniet daai trokkie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:51:04 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9559
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dankie, geluk en veilig ry. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 06:26:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Baie dankie vir die terug voer.  Baie bly jy het melding gemaak van Magoebas kloof want ek het die Maia gemaklik daar deur gebring met die 3.2 Wildtrak.  Klink of die 2.0 Bi-turbo hom self goed gekwyt het van sy taak.

Ek sou graag die verandering wou maak maar omstandighede hou my nou so bietjie vas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 18:09:47 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1058
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Kry die Everest ook die biturbo en ratkas..?

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 07:28:00 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ja, Gaan toetsbestuur hom, dis n wonderlikke voertuig. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 06:24:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My broer het hulle almal gaan ry/toets bestuur.  Hy is ook heel beindruk.

Baie bly die nuwe tipper sleep 'n wa ook baie lekker.

......................................... Eendag! ? ! ? ! ? ! ? ? ? 

Droom droom droom drooom

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 18:32:12 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1819
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Dankie vir die volledige terugvoer Herman. Vertrou jy gaan baie gelukkige myle met die tipper hê.

Jou brandstof verbruik lyk beter as die data wat ons voorheen hier gesien het. Meer in lyn met wat mens sou verwag.

Sal graag van ander eienaars wil hoor wie groter waens as die Boskriek gehaak het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 18:21:25 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

So n paar weke terug het ek genoem dat ek my 3.2 Wildrtak ingeruil het op n nuwe Bi Turbo Wildtrak.

Het nou 4300 km al gedoen. Daar is wel n klien verskil in hoe die bakkie voel, ry en beheer. Maar, voor ek daar kom wil ek eers syfers deel.

Werk toe en terug is die diesel verbruik 10.77 km/lit. (70km per dag op die N3) uitgewerk op km gery en litters volgemaak by die pomp.

Alhowewel die computer 11.4 km/lit wys werk toe en terug, sak dit redelik vinnig van 11.4 km /lit na so 10.4 km/lit as ek in die dorp ry. Hoe meer ek in die dorp ry hoe meer sak dit - 9.8 km/l (volgens die kar se computer). Maar, soos genoem hier bo, by die pomp gemeet is dit 10.77 km/lit op n tenk.

Het ook nou al 2 keer solo gery (met n redelike vrag agter in) Bela Bela toe en terug en het 11.1 km/lit gekry (gemeet op km gery en litters volgemaak by die pomp). Gemiddelde spoed 125 km /h gestel op die spoedbeheer (GPS wys 120km/h).

Het die Augustus lang naweek vir die eerste keer n kans gekry om te sleep met die Bi Turbo. My Karavaan is n Bushlapa Boskriek (Droe gewig 840kg en GVM 1500kg). Normaalweg swaar gelaai met ook n 100 liter skoon drink water in sy tenk.

Het van Germiston oor Nelspruit, Hazyview, Phabeni Hek na Satara gesleep. 

  • Volgemaak op Hazyview - 51.414 lit
  • Afstand tot Hazyview – 409.96km
  • Km / liter met die karavaan = 7.966

In die park het ek 590km gery:

  • Volgemaak op Phalaborwa – 56.42 lit
  • Km / liter = 10.45
  • 264km met die karavaan
  • 326km sonder die karavaan

Huistoe het ek van Phalaborwa oor Magoepaskloof, Pietersburg na Germiston gesleep:

Afstand gery – 545.60

Volgemaak by die huis – 76.67 lit

Km/liter = 7.4km

Die bakkie ry regtig baie lekker. Maar, met die Bi Turbo (net soos die 3.2 wat ek gery het) sal ek nie baie drag races wen tussen roborts nie. Maar, dan is dit 00k nie waarvoor ek hom gekoop het nie.

Dit voel partykeer of die ratkas die engine bietjie terughou, veral as jy rustig ry vir a ruk en dan eweskielik wil versnel. Maar dit is beslis nie die geval in “S” mode nie of as jy met die spoedbeheer aan ry nie. Dan is die engine baie wakker en reageer ook dadelik.

Sekere pad toetse in Aus het gese dat as jy sleep die Bi Turbo baie tussen ratte search om spoed te hou. Dit is beslis nie my ervaaring gewees met die trip nie. Ek het gesleep met die spoedbeheer gestel op 120km/h (115 km/h op die GPS). Meeste van die tyd sleep hy in 10de of 9de rat. Net op sekere ligte opdraandes het hy terug geskakel na 8ste rat.

Het die spoedbeheer in die park ook gebruik op 30km/h (hy bly in 3de rat teen 1300 rev. met of sonder die karavaan).

Toe vroulief hoor dat die Bi Turbo net n 2l engine het, het sy dadelik gevra maar hoekom het ek ge “down grade”. Maar toe ons daar in die bergpasse was het sy gese die bakkie het baie meer woema as die voorige een. Die Bi Turbo sleep verseker baie beter as die 3.2. Verbygaan is baie makliker en vinniger en dit voel net veiliger om verby te gaan want die bakkie tel dadelik en lekker vining spoed op. As jy oorskakel na “S” toe om stadige voertuie verby te gaan voel jy hoe maklik die Bi Turbo spoed optel. Jy hoef nie die versneller teen die vloer te trap nie. Skakel oor na ”S” en trap die versneller net n bieitjie meer in, hou hom daar en hy tel vining spoed op.   

Die Bi turbo hou ook baie makliker spoed teen stuil opdraandes. Met die spoedbeheer aan, die laagste rat waarteen ek n stuil opdraande oorgegaan het (sonder om oor te skakel na “S”) was 6de rat teen 110km/h. Ek het net oorskakel na “S” om stadige voertuie verby te gaan en as ek beter beheer (terug hou op aftraandes / help rem en versneling) wou he om te help met skerp draaie in bergpasse, soos Magoebaskloof. Magoebaskloof was regtig n plisier gewees om uit te sleep. Dus is ek Magoebaskloof oor in die 2 x “S” - sports mode en n smile.

Het die nuwe Tipper enige tekens van warm word getoon toe jy die wa gesleep het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 07:55:27 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het gedink ek ken die Rangers tot ek gister die nuwe Biturbo gaan toetsbestuur het.  Ek is in die mark vir 'n nuwer bakkie.  My 3.2 XLT 4x4 auto is warm gemap en kan twee olifante rondskuif sonder moeite.  Met 'n groot bang het ek wakkergeskrik toe ek die ou klein 2.0L Biturbo plattrap.  Hy brul nes die 3.2 en het hope krag.  Ek moet bieg ek was verbaas oor die krag en rygerief.  Ek voel nie die ratkas oorskakel nie.  

Die ekstras soos Adaptive cruise control, 7 airbags, Pre collision assist, smart keyless en ander funksies maak die keuse nog makliker.  Die prys van R700+ is 'n bietjie rof maar ek glo Brommer sal help met 'n agent wat R100 000 afslag gee.    Komaan Brommer help 'n bietjie 'n Ranger man.

Ek was in die mark vir 'n ander 3.2 maar die 2.0 het alles kom deurmekaar krap.  Tyd sal leer.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 11:20:34 am
Anonymous

Selfs R400k is te veel in my opinie, maar ja, klop aan by die agente en stry maar die prys af... Hulle kom vinnig af.

Hou FB dop en daar sal ook advertensies opkom, gou-gou.

sterkte

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 11:41:39 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hoekom kry n persoon sulke opregte terug voering van Ford eienaars wat nie sal skroom om die slegte kant van die saak (so min ook al) ook te noem en n ware weergawe vir die lesers te gee. Dankie vir dit.

Met Toyota is dit anders. Die groot meerderheid praat "en dis moeilik om te beskryf" die grootste klomp twak met so called feite wat nie regtig self gevind is maar hulle ore uit leen aan hoor sê. 

Toyota is waaragtig n uitstekende betroubare voertuig maar het ook sy foute en wat my grief is dat meeste Toyota eienaars dit nie oor hul self kan kry om dit te erken. Ek kan nie dink dat ek al ooit iets negatief gehoor het buiten in drie gevalle waar ek verskillende handelaars in n hoek gepraat het maar ek gaan nie nou daar in anders moet mense weer rond skarrel vir knippies sout.

Ek self oorweeg dit om my kar te vervang met n SUV en Toyota is tans bo op die lys. Sou dit gebeur verseker ek dat ek terug sal  rapporteer en se 'I've done it" maar ek het gesettle vir second best. Best is duurder en ook n hoër risiko.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 11:43:50 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Brommer ek gebruik nie meer FB nie. 

Laat my asb weet as jy iets sien of enige iemand asb.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 14:07:19 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1819
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek het gedink ek ken die Rangers tot ek gister die nuwe Biturbo gaan toetsbestuur het.  Ek is in die mark vir 'n nuwer bakkie.  My 3.2 XLT 4x4 auto is warm gemap en kan twee olifante rondskuif sonder moeite.  Met 'n groot bang het ek wakkergeskrik toe ek die ou klein 2.0L Biturbo plattrap.  Hy brul nes die 3.2 en het hope krag.  Ek moet bieg ek was verbaas oor die krag en rygerief.  Ek voel nie die ratkas oorskakel nie.  

Die ekstras soos Adaptive cruise control, 7 airbags, Pre collision assist, smart keyless en ander funksies maak die keuse nog makliker.  Die prys van R700+ is 'n bietjie rof maar ek glo Brommer sal help met 'n agent wat R100 000 afslag gee.    Komaan Brommer help 'n bietjie 'n Ranger man.

Ek was in die mark vir 'n ander 3.2 maar die 2.0 het alles kom deurmekaar krap.  Tyd sal leer.

 

Al die terugvoer oor díe bakkie lyk goed, net die prys maak mens bang.

Wat se wringkrag (Nm torque) lewer die bi-turbo en op watter toere wydte is dit beskikbaar?

Wat se waarborg kry mens? Die probleem kom wanneer daardie tweede turbo gaan begin moeilikheid gee. Die tegnologie word darem reeds vir geruime tyd gebruik deur oa. Jaguar en Land Rover, so dit is seker getoets teen hierdie tyd.

My vorige Disco (SE) het twee turbo's ingehad en was 'n plesier om te ry. Geen turbo "lag" nie, blitsvinnig met wegtrek en met 600nm wringkrag 'n plesier met 'n wa agteraan.

Dis die wrinkrag wat my wa sleep.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 14:31:44 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Proffie die Biturbo 2.0L lewer 157KW teen 500NM tussen 1750 en 2000rpm.  Die twee turbo's werk in serie net soos by die amarok.  Die eerste turbo werk op lae spoed om krag te lewer en die grootter turbo vat dan later oor vir max kraglewering.   Dis hoe ek dit verstaan. 

Ek dink die 10 spoed ratkas is die groot geheim hier.  Dit hou glo die kraglewering hoog op die regte kurwe as jy swaar sou sleep. Op die auto box voel nie die ratte wissel nie.

Die prys is 'n bietjie mal, ek stem saam.   Hulle is laas week weer met 3% op.  Dis net oor die R700 vir 'n Wiltrack 2.0 biturbo 4x4 Auto.  Hulle bied my 'n demo aan vir R640 000 wat nog steeds te veel geld is.  Ek dink Ford se hoe pryse benadeel sy verkope.  Dis darem baie geld vir 'n bakkie. 

Die beste is om maar vir 'n toetsrit te gaan en self 'n gevoel te kry. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 15:38:44 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 729
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

1500 tot 2000 revs, dit is waar die Wildtrak se kragkurwe van 500 nm lê. Dis 'n baie nou kurwe-band (een derde minder) in vergelyking met die 3,2 liter engine. Daarom die 10-spoed ratkas want jy gaan die hele tyd ratte verander wanneer die pad bietjie styl raak. Jy moet tot by 'n almintagge 3750 revs hardloop voordat jy 157kw haal, maar dan is jou trek-krag (nm) lank-al by 2000 revs op. So jy gaan vind dat jy met krag sit maar nog geen spoed nie of spoed wat radikaal verminder sodra jy trek-krag nodig het. 

Die 2,1 se ratkas loop in sy SEWENDE rat eers op ratio een teen een, dis wanneer die trek-rat en die krag-rat dieselfde grootte is. Enige rat NA dit is soos overdrive, die 10de rat het 'n ratio van 0,6 teen 1, geen, absoluut geen krag, net spoed. Dus, as jy krag wil hê gaan die ratkas die hele tyd ONDER die 7de rat loop.    

Ter inligting, Die Wildtrak se engine is die oorspronklike Volvo engine wat getweek is om by die nuwe ratkas te pas, en so vêr ek weet was daai Volvo 'n wakker kar gewees. 

Die 3,2 liter se kragkurwe strek al die pad vanaf 1000 revs tot by 2500 revs. Dus sit jy met dieselfde rat vir 1500 revs. En jy kan teen 1000 revs idle en net jou voet neersit teenoor die 2,1 waar jy waarskynlik sal moet af-rat na derde of vierde om 1750 revs te handhaaf.

Daarom verstaan ek nie Piet Ford se 120km per uur in 10de rat nie. Iets gaan breek want om' n krag-rat wat 40% groter is as die trek-ratte vra om te trek vra vir breek.

Ek kon die afgelope vakansie vir lang-lang ente teen 1100 revs in 5de rat ry (110km/u) omdat die 4 liter se kragkurwe reusagtig lank is en eers by 5000 revs begin afplat.

Die kleiner engins van vandag verrig wonders, die nuwe turbo-tipes is reusagtig gesofistikeerd, maar hulle werk die hele tyd hard. Net tyd gaan leer of die kleiner engins die toets gaan slaag. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 08:25:10 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Piet of enige persoon wat die Wildtrak 20 Bi Turbo ry,

Is jy nog tevrede met die bakkie?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2020 @ 23:11:17 pm
Anonymous

1500 tot 2000 revs, dit is waar die Wildtrak se kragkurwe van 500 nm lê. Dis 'n baie nou kurwe-band (een derde minder) in vergelyking met die 3,2 liter engine. Daarom die 10-spoed ratkas want jy gaan die hele tyd ratte verander wanneer die pad bietjie styl raak. Jy moet tot by 'n almintagge 3750 revs hardloop voordat jy 157kw haal, maar dan is jou trek-krag (nm) lank-al by 2000 revs op. So jy gaan vind dat jy met krag sit maar nog geen spoed nie of spoed wat radikaal verminder sodra jy trek-krag nodig het. 

Die 2,1 se ratkas loop in sy SEWENDE rat eers op ratio een teen een, dis wanneer die trek-rat en die krag-rat dieselfde grootte is. Enige rat NA dit is soos overdrive, die 10de rat het 'n ratio van 0,6 teen 1, geen, absoluut geen krag, net spoed. Dus, as jy krag wil hê gaan die ratkas die hele tyd ONDER die 7de rat loop.    

Ter inligting, Die Wildtrak se engine is die oorspronklike Volvo engine wat getweek is om by die nuwe ratkas te pas, en so vêr ek weet was daai Volvo 'n wakker kar gewees. 

Die 3,2 liter se kragkurwe strek al die pad vanaf 1000 revs tot by 2500 revs. Dus sit jy met dieselfde rat vir 1500 revs. En jy kan teen 1000 revs idle en net jou voet neersit teenoor die 2,1 waar jy waarskynlik sal moet af-rat na derde of vierde om 1750 revs te handhaaf.

Daarom verstaan ek nie Piet Ford se 120km per uur in 10de rat nie. Iets gaan breek want om' n krag-rat wat 40% groter is as die trek-ratte vra om te trek vra vir breek.

Ek kon die afgelope vakansie vir lang-lang ente teen 1100 revs in 5de rat ry (110km/u) omdat die 4 liter se kragkurwe reusagtig lank is en eers by 5000 revs begin afplat.

Die kleiner engins van vandag verrig wonders, die nuwe turbo-tipes is reusagtig gesofistikeerd, maar hulle werk die hele tyd hard. Net tyd gaan leer of die kleiner engins die toets gaan slaag. 

Stem, ek sou steeds die 3.2 verkies as ek weer in daai rigting sou koop.

Maar nou ja, so gaan dit, my opinie, is die 2.0 BiTurbo eintlik net vir stadsgebruik.... Eintlik om te speel..

Ek self sukkel om by 6de uit te kom met Fortuner onder 130km/h... Solo ja, dan teen 100km/h is jy op 1500RPM en teen 140 dink ek is jy maar by 1800RPM...?

Sleep nou karavaan? Ek haal 5de rat slegs as ek oor 120km/h sleep en dan is die revs ook laag.. Maar dis darem in die torque se kurwe, 4de rat werk net nie vir my nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 07:46:53 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Stem, ek sou steeds die 3.2 verkies as ek weer in daai rigting sou koop.

Maar nou ja, so gaan dit, my opinie, is die 2.0 BiTurbo eintlik net vir stadsgebruik.... Eintlik om te speel..

Ek self sukkel om by 6de uit te kom met Fortuner onder 130km/h... Solo ja, dan teen 100km/h is jy op 1500RPM en teen 140 dink ek is jy maar by 1800RPM...?

Sleep nou karavaan? Ek haal 5de rat slegs as ek oor 120km/h sleep en dan is die revs ook laag.. Maar dis darem in die torque se kurwe, 4de rat werk net nie vir my nie. 

Dis duidelik Dansan en Brommer het nog nie agter die stuur van 'n 2.0 Bi turbo ingeklim en hom selfs bestuur nie, wat te sê iets gehak met hom nie.  

Gaan toets bestuur hom en vra om jou karavaan te hak vir 'n toets en kom gee jou eerlike opinie.   Die engine is baie stiller as die 3.2 maar met krag is spoed staan hy steeds voor.   Jy kan die 10 spoed ratkas gebruik en manupuleer dat hy by jou sleepvermooe en pad kondisie (steil op en afdraaandes) aanpas.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 07:54:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dis duidelik Dansan en Brommer het nog nie agter die stuur van 'n 2.0 Bi turbo ingeklim en hom selfs bestuur nie, wat te sê iets gehak met hom nie.  

Gaan toets bestuur hom en vra om jou karavaan te hak vir 'n toets en kom gee jou eerlike opinie.   Die engine is baie stiller as die 3.2 maar met krag is spoed staan hy steeds voor.   Jy kan die 10 spoed ratkas gebruik en manupuleer dat hy by jou sleepvermooe en pad kondisie (steil op en afdraaandes) aanpas.

 

Dis dieselfde ondervinding wat my broer my meegedeel het.  Hy het die Des wat verby is gesleep af Pletenbergbaai toe met die Ranger Raptor swaargelaaide Sleepwa.

Sy pertinente opmerking was die puik kombinasie van die krag lewering tussen die Bi-turbo enjin en 10 spoed ratkas asook die gebruik van daai 10spoed ratkas veral met sleep in die bergpasse.

Nee wat ek is oortuig dat daai enjin en ratkas ideal is vir sleep.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 07:59:52 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Verseker Leon.   Jy maak van daai 10 spoed ratkas 'n 6 spoed ratkas.   Dis tegnologie waarvan die toyota manne nie weet nie. 

Die lim funksie kan jy maklik steil afdraandes aanpak deur jou gekeuse spoed te kies wat veilig is.  die enige doen die briekwerk (beter as die ou 3.2) en jy bestuur net

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 08:29:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek self het met 'n 2.5 Navara gesleep wat 402Nm krag gehad het in die tyd wat die 3liter toyas vas gehaak het op 380Nm krag.  So jaar of wat daarna is die Navara se krag verhoog na 420Nm en die 2L Amarok met sy 420Nm as ek reg onthou.  Steeds met die 3L's wat vashaak op 380Nm.

Manne wat die 3L's gery het het maar aanhou spot met die 2L Enjins.  En sonder enige issues stap die 2,5 Navara en 2L Amarok saam met die manne met die groot enjins

Toe kom Ford se 3,2 met 470Nm.  Dit het nou meer aanvang gevind want dis nie meer 'n klein enjin nie.  Tenspyte van dit bet Amarok steeds gehou by die 2L enjin en steeds gatgeskop.  Bietjie later ingeval met 'n stewige V6 diesel enjin maar daai 2L hou net aan en doen sy ding.

Nee wat ek dink die kleiner enjins met die nodige tegnologie soos Bi turbos en dies meer, skop stof en sand in hulle kompetiesie se oë.  En VW se Amarok het bewys dat die reliability van die "kleiner" enjins is net so goed soos die ou groter donkies.

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 09:06:51 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Baie waar Leon.  Kleiner engines is meer effektief met meer performance.   Wat Formule F1 ---dis deesdae 'n 1.6 wat meer lewendiger is as die ou V8.

Ek dink die Die Hard Toyota manne sal 'n hartaanval kry as hulle voel hoe sleep 500nm ingelyke met hulle 380 to 420nm.

 

Een van die dae sal die ander vervaardigers volg wat kleiner engins betraf op bakkies.  Hulle doen dit al reeds met die 1.0 en 900cc motors.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 14:49:57 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

As die manne so praat oor Groot en klein engins kan ek nie help om aan die army te dink. Wie is die outjies wat altyd voor gehardloop het, selfde kit,s selfde geweer. Dynamite kom in Klein pakkies

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 15:12:47 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek gebruik my biturbo Maandag tot Vrydag (75km per dag) plus een keer elke 2 tot 3 weke Warmbad toe (partykeer met n sleepwa).  Die terugvoer wat ek in Augustus gegee na my trip wildtuin toe wil ek iets byvoeg ....dis n flippen lekker bakkie!! 

Wat ek in my terugvoer gese het is hoe ek dit ervaar het nadat  ek my 3.2 ingeruil het en die syfers wat ek gegee het is hoe dit gebeur het.

Het hom vandag vir sy eerste 15000 km diens ingevat. Hy het ingegaan net vir die diens. niks om reg te maak of om vas te maak nie. 

Ek het die stainless canopy self oorgespry  (van die 3,2 oorgeplaas), voorste roofrak self gemaak, die bokse in die canopy self gemaak en n duel batery agter in die canopy gepas. 

Het n paar fotos aangeheg.  verskoon maar hoe dit lyk, hulle is besig om te paint en paving oor te doen.  

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 15:24:11 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Nou daai lyk mooi, well done !

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 15:31:49 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek is bly om dit te hoor Piet.  Ek hou baie van jou bakkie  en jou idees.  Ek het myne eergister gekry.  Ek het met 'n nuwe onpartydige oop gemoed die Toyota Legend 50 en die Wildtrak 2.0 BT getoets.  Die Ranger het weer my hart gesteel met dinge soos rygerief, veiligheid, funksies en performance.  Al waar die Legend hom klop is dat hy R15000 goedkoper is as die Ranger.  Wat my pla is die 2.8 van Toyota.  Hulle gaan binnekort die mark volg met kleiner engins in bakkies. 

Ek het 'n Super deal by Human Auto in Bloem gekry en kan hulle met 'n oop hart aanbeveel.  Hulle het my R300 000 vir my 2013 XLT 4x4 Auto met 199 000 op die klok gegee.  Ek het sommer ook saam my CDI 250 2013 ingeruil maar dis storie vir 'n ander dag.

Ek glo ek gaan baie tevrede wees. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2020 @ 17:01:31 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons is maar geneig om aan bekende dinge vas te kleef.  Ons het grootgeword met die idee dat meer krag net verkry word deur groter enjins en meer brandstof.  Nou moet ons gewoond raak daaraan dat jy omtrent soveel krag betroubaar uit 'n klein enjin kan kry as wat jy wil hê sonder om werkverrigting of 'n lang lewe in te boet en meestal ook met 'n heelwat laer verbruik as die ou enjins met soortgelyke krag.  Mense is geneig om dit te probeer ontken deur allerhande teorieë en argumente terwyl die rede eintlik maar net is dat ons moeilik dinge wat ons as waarheid aanvaar het, prysgee.

Ek het die afgelope vakansietyd heelwat saammet my skoonseun in hulle 2 liter Amarok gery.  Ek het weereens tot die gevolgtrekking gekom dat dit deur en deur 'n puik voertuig is met heeltemal genoeg krag en 'n ongelooflike goeie brandstofverbruik asook 'n ongelooflike gemaklike rit vir 'n bakkie.  En dit terwyl dit 'n besonder groot bakkie is. Jy vergeet amper dat jy in 'n bakkie ry.  Dis soveel anders as die 2.2 liter bakkie waarmee ek moes ry toe my Kuga 'n paar maande gelede herstel is.  Die dink het soos 'n regte bakkie gery met 'n brandstofverbruik wat my sou bankrot maak. Ek dink nie die Amarok is uniek wat die krag vir enjingrootte betref nie, maar ek twyfel of daar ander bakkies op die mark is wat alles in so 'n gebalanseerde pakket aanbied.  Ek is beslis nie 'n bakkiemens nie, maar dit verbaas my steeds dat die Amarok nie een van die drie topverkopers is nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 06:48:33 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Fred, ek is ook mal oor die Amarok. Ek dink dit is die beste bakkie te koop. Ek het n paar vriende wat die 2l en V6 ry. Die probleem is koste. Duur om te koop. duur om extras (wat standaard op ander bakkies is) by te sit en dit klink ook duur om te onderhou. Ek het voetspore gevolg toe hulle die 20000 km trip in Afrika gedoen het met die 3 Amaroks. Bewys dat dit is n uitstekende bakkie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 08:24:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek gebruik my biturbo Maandag tot Vrydag (75km per dag) plus een keer elke 2 tot 3 weke Warmbad toe (partykeer met n sleepwa).  Die terugvoer wat ek in Augustus gegee na my trip wildtuin toe wil ek iets byvoeg ....dis n flippen lekker bakkie!! 

Wat ek in my terugvoer gese het is hoe ek dit ervaar het nadat  ek my 3.2 ingeruil het en die syfers wat ek gegee het is hoe dit gebeur het.

Het hom vandag vir sy eerste 15000 km diens ingevat. Hy het ingegaan net vir die diens. niks om reg te maak of om vas te maak nie. 

Ek het die stainless canopy self oorgespry  (van die 3,2 oorgeplaas), voorste roofrak self gemaak, die bokse in die canopy self gemaak en n duel batery agter in die canopy gepas. 

Het n paar fotos aangeheg.  verskoon maar hoe dit lyk, hulle is besig om te paint en paving oor te doen.  

 

 

Terug by die 2L Bi-turbo van Ford dink ek dis maar net weereens 'n aanduiding dat mens maar jou kop moet swaai en inval by wat in die toekoms gaan gebeur.

Eending is seker.  Die enjin saam met die 10spoed ratkas is 'n puik kombinasie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 08:37:55 am
Anonymous

Soos voorheen genoem, hulle kon nie eers die 3-spoed, 4 spoed, 5-spoed, of die 6-spoed regkry nie, nou wat van 10-spoed? Nee dankie daai drama nie vir my nie, ek bly maar by ou betroubaar, Toyota... Het my les geleer dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 09:46:37 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Piet

Ek het gister die eerste keer my boot gehak agter die Wildtrak.   Ek was baie in my noppies.  My eerste waarneming is dat die nuwe Wildtrak verseker harder geveer is agter en sak minder deur. 

Ek het so tussen 100 en 110km'h gehou en agter gekom die ratkas is gemaklik met 8 ste rat wat so nou en dan na 9de oorgeskuit het.   Met opdraandes het die ratkos teruggeskakel na 6 de sonder dat jy dit agterkom.  Daar was geen merkbare hunting tussen die ratte nie.  Ek is verstom dat seker rebriek skrywers noem dat die ratkas baie tussen ratte skakel wat ook nie in my geval gebeur het nie tydens die sleep.  Ek het self die ratkas aangepas en beperk tot 8ste rat wat sleep 'n lekker ondervinding gemaak het. 

Om eerlik te wees ek mis die 100NM+ verskil tussen my ou warm 3.2 en die nuwe 2.0 maar bygesê die nuwe 2.0 Bi turbo staan nie 'n mm terug vir 'n std 3.2 nie.  Die ander groot verskil is die stilte in die kajuut as jy sleep.  Die engine lawaai is baie minder.

ek kan ongelukkig nie baie terugvoering gee oor die dieselverbruik nie want die afstand was te kort.   Sonder sleep kry ek gemaklik tussen 12 en 12.5 as ek by die spoedgrens hou wat aanvaarbaar is.  In die dorp kry ek so 11.4 L/100km wat so 8.6 km/L is. 

Die groot plus punt is ------Ek bly smile laughing

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 10:11:33 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Rubriekskrywers moet seker maar iets sê om die bladsy vol te maak.  Daarom lees ek eerder wat gebruikers oor 'n artikel sê.  Hulle het ook uit die aard van  die saak meer ondervinding met 'n voertuig of watter artikel ookal, as die rubriekskrywer wat die voertuig maar vir 'n paar uur of miskien vir 'n paar dae het om te 'toets'.

Ek sou nie die outomatiese ratkas 'over ride' nie.  Hy is geprogrammeer om maksimaal te opereer en die beste werkverrigting en ekonomie onder enige toestand te haal en kan dit beter doen as ek en jy.  Ek meen jou voertuig het ook 'n 'S' keuse op die ratte vir Sport.  Dit laat die enjin toe om hoër te toer voor die oorskakel en is daaroor baie geskik vir sleepdoeleindes.  Sien dit as 'S' vir 'Sleep'.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 10:16:13 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Zack. Die Ford se 10 spoed auto ratkas is daar niks mee fout jy sal hom nog baie geniet. Hierdie ratkas is deur Ford en saam met General motors ontwerp wat dit n wereld klas ratkas maak.

Dit werk alreeds vir n geruime tyd in die Ford F150, mustang, Commaro en het beslis al sy stoffasie gewys.

En ek glo as Hy deur ratte (search) soos met enige Kar moet die rekenaar eers aanpas met sy vrag, terrein en bestuurs persoonlikheid as ek dit so Kan stel.

Laat daar maar opinies wees van alle kante, Ford is n vrek lekker, super skerp mooi bakkie en hy doen wat jy hom vra om te doen, en n plesier om te ry.

Daar is n spreek woord. Quality remains long after the price is forgotten. Ek wil by voeg, qaulity and superior comfort remains ..............

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 08:40:16 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het 'n bietjie langpad gery en my gemiddeld was 11.3 km/l met 'n spoed van tussen 120 en 135km/h.  Ek het 'n bietjie beter verwag.

Iets wat ek negatief teenoor die nuwe Wildtrak kan noem is dat daar geen pakplek agter die agterste sitplekke is nie.  In die vorige model het ek my brandblusser, noodhulpsak en sleeptoue gebere sonder probleme.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 09:55:41 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Zack. Erens anders benefit jy weet met spasie as daar minder plek agter die seat is. Of die Bak is groter of been spasie by die agter seat is groter. Het jy Al daarna gekyk.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 10:40:26 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Daar is verseker meer beenspasie soos jy noem.  Ek moet nou egter 'n houerbak agter op die bak vasmaak vir hierdie goedtjies.  Gelukkig sluit die agterklap saam met die bakkie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 11:39:43 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Geniet hom Zack. Daai is top klas bakkie wat jou baie plesier gaan gee asook van die beste veiligheids aspekte.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 12:38:49 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Weet nie hoekom Ford dit gedoen het nie, maar die spasie wat jy na verwys agter die agterste sitplek het geskuif na die laaibak. Jy sal dit dadelik sien as jy agter in die laaibak kyk (gelyk met waar die spasie sou wees agter die sitplek) is waar die spasie een is.  

Dit beteken dat jy langer "goed" agter in die laaibak kan laai.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 12:41:25 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Dankie Piet.   Ek sal die laaibak vanaand meet teenoor die 2016 model sin.  Dit maak nie vir my sin nie want jy gebruik 'n dc se bak nie so baie nie.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 08:47:46 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Piet jy is 100% reg.   Dit was stupid van Ford om dit te doen.   Jy het altyd iets was jy wil wegpak agter 'n sitplek.

Ek kry amper die gevoel hulle het die laaibak verander om by die bakkie liner aan te pas.  frown

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 11:37:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Toe ek na die nuwe Ford gaan kyk het was die terugvoer aan my dat die uitvoer belasting in 'n mate of op 'n manier bepaal word deur die vierkante meter of kubieke meter van die binne ruim van die kajuit.

Deur die kajuit die vorm van die agter sitplekke te laat neem word daai spasie gespaar en as jy gaan kyk na die grote daarvan is dit op die ou einde 'n redelike besparing.  Gesien in die lig van Ford Tippers wat uit SA uitgaan kan dit 'n aansienlike bedrag uitmaak.

Die verkoops persoon by Lazarus Ford het die verandering pertinent aan my uitgewys sonder dat ek dit opgemerk het.

Nou hoeveel waarheid in die verduideliking steek kan net by ander handelaars bevestig word.

Ek self verkies ook dat die domkrag en wiel sleutels daar agter die agter sitplekke geberg word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 11:40:53 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Thanks Leon.   Dit maak sin.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 23:13:42 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hi Leon. Ek dink daardie man het verwys na maatskappye met voertuie. Jy Kan belasting byvoorbeeld op n dubbel kajuit bakkie nie terug eis. n Cab and a half sover my kennis strek Kan jy belasting terug eis as n maatskappy. Iets met die grote van die cab te doen wat bepaal of dit n familie ry ding is of n werks bakkie.

Onder is wat export taxes ongeveer sal wees en wat hulle na kyk om te tax

PRETORIA – Toyota South Africa Motors (Tsam) maintains that taxes account for about 42 percent of the purchase price of vehicles with an average price of between R200 000 and R900 000 and was seeking government intervention to improve the availability of mobility in the country.  Andrew Kirby, the president and chief executive of Tsam, said yesterday that the tax payable on vehicles in this price range was “dramatic” and include import duties, ad valorem tax, VAT, the CO2 tax on vehicle emissions and the tyre levy. Kirby said the majority of vehicles sold in South Africa were within this price range.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za